EPISODE · Aug 17, 2022 · 2 MIN
Wat spelteorie ons kan leer oor die reaksie op bek-en-klouseer
from Die ekonomie minuut · host Waldo Krugell
Dit is die beste om aan die begin van hierdie episode te sê ek is nie ʼn landboukundige nie. Ek volg wel die nuus dat die Minister van Landbou gister aangekondig het dat as gevolg van bek-en-klouseer word daar vir 21 dae ʼn verbod ingestel op die verskuiwing van beeste. Dit beteken dat boere nie beeste kan skuif tussen weidings nie en dat geen veilings gehou kan word nie. Waar die kontanvloei dun is gaan dit druk plaas op individuele boere en vir die res van ons kan dit die verskaffingsketting van beesvleis ontwrig. Dit het verseker ekonomiese gevolge, maar kan ekonomie dalk andersins lig ook op die saak werp? * Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.
Embed this episode
NOW PLAYING
Wat spelteorie ons kan leer oor die reaksie op bek-en-klouseer
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.