Wat Vorm Jou? episode artwork

EPISODE · Sep 1, 2026 · 3 MIN

Wat Vorm Jou?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. Het jy al ooit voor ’n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? ’n Siekte. ’n Verlies. ’n Mislukking. Verraad. ’n Finansiële krisis. ’n Verhouding wat skipbreuk gely het. Dit voel asof ‘n gevaarlike reus reg voor jou staan; jou pad versper en alles binne-in jou wil net weghardloop. Maar soms is dit daardie reuse vir wie ons so bang is, wat God wil gebruik om ons voor te berei vir dít wat voorlê.Hudson Taylor, ’n negentiende-eeuse sendeling in China, het sy eie reuse gehad wat hy in die oë moes kyk. Hy moes teen siekte baklei; hy moes die dood van sy vrou en kinders verwerk. En hierby moes hy nog die mense wat met hom gespot het omdat hy Chinese klere en gewoontes aangeneem het, hanteer. Sy sendingwerk was meer as een keer op die randjie van ineenstorting.Maar deur daardie beproewings was God besig om hom te vorm. Uit sy swaarkry is die China Inland Mission - ’n organisasie wat duisende sendelinge uitgestuur het en miljoene mense met die Evangelie bereik het - gebore. Die reuse in sy lewe het hom voorberei vir die doel wat God vir hom beplan het.Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.En dit is waaroor dit gaan. Hierdie reuse uitdagings is nie straf nie. Hulle is voorbereiding. Hulle vorm ons, hulle maak ons sterk en kry ons gereed vir die roeping wat God op ons lewens geplaas het. Toe God vir Dawid koning wou maak, het Hy nie vir hom ’n kroon gegee nie. Hy het vir hom ‘n Goliat gestuur. So kom ek vra jou - watter reus staan vandag voor jou? In plaas daarvan om op moedverloor se vlakte te gaan sit; oorweeg die moontlikheid dat God besig is om dit te gebruik. Want in sý hande is jou grootste uitdaging dalk net die ding wat jou gaan vorm.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 1, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. Het jy al ooit voor ’n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? ’n Siekte. ’n Verlies. ’n Mislukking. Verraad. ’n Finansiële krisis. ’n Verhouding wat skipbreuk gely het. Dit voel asof ‘n gevaarlike reus reg voor jou staan; jou pad ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Wat Vorm Jou?

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 1, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!