Watter Tipe Mens is Jy? episode artwork

EPISODE · Jul 15, 2025 · 2 MIN

Watter Tipe Mens is Jy?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV) ‘n Mens hou nie daarvan om ander mense te etiketteer nie, maar kom ons wees eerlik, sommige mense is sommer net onaangenaam. Jy ken hulle, ek ken hulle … maar die vraag is, ontmoet jy elke oggend een wanneer jy in die spieël kyk?‘n New Yorkse eiendomsmagnaat en hoteleienaar, Leona Helmsley, het in die vorige eeu die reputasie as een van die onaangenaamste openbare figure van haar tyd ontwikkel. Saam met haar man het sy 'n groot hotelindustrie ontwikkel.Leona was veral bekend vir haar genadelose sakevernuf, die manier waarop sy haar werknemers mishandel het en haar bekende neerhalende houding. Haar ondergang het gekom toe sy in 1989 aan belastingontduiking skuldig bevind is. Tydens haar verhoor het een van haar voormalige werknemers getuig dat sy gesê het: "Ons betaal nie belasting nie. Net die gewone onbelangrike klein mensies betaal belasting." Sjoe! Dis darem neerhalend, nè?Daar word gesê dat elkeen van ons die mag het om iemand anders gelukkig te maak. Sommige doen dit deur die kamer binne te kom, ander deur dit te verlaat. Die vraag wat ons onsself redelik gereeld moet afvra, is watter een is ek?Terwyl jy daaroor nadink, kyk hierna; dit is goed, baie goed.Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV)Wanneer iemand ander persone aanmoedig, is dit ‘n teken van ‘n goeie hart, 'n goeie mens. Die soort mens wat mense gelukkig maak wanneer hulle by die kamer instap. Deur ‘n ander persoon te help … bied jy 'n kragtige teenvoeter vir die onaangename een. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 15, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV) ‘n Mens hou nie daarvan om ander mense te etiketteer nie, maar kom ons wees eerlik, sommige mense is sommer net onaangenaam. Jy ken hulle, ek ken hulle … maar die vraag is, ontmoet jy elke oggend een wanneer jy in die spieël kyk? ‘n New Yorkse eiendomsmagnaat en hoteleienaar, Leona ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Watter Tipe Mens is Jy?

0:00 2:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 15, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!