Wees Entoesiasties episode artwork

EPISODE · Jan 25, 2026 · 2 MIN

Wees Entoesiasties

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Dis so lekker wanneer jy jou unieke gawes en vermoëns tot voordeel van ander kan gebruik, nè? Jy geniet dit wanneer jy besig is om iets te doen wat so reg in jou kraal is. Dit gee jou sommer nuwe energie en ywer om nog meer te doen. Maar wees versigtig: ywer kan 'n tweesnydende swaard wees. Wanneer jou ywer op die verkeerde ding gefokus is, word dit verskriklik vernietigend. Maar dis fantasties wanneer dit op die regte ding gefokus is en jy iets doen wat by jou vermoëns pas en ‘n positiewe bydrae tot hierdie wêreld lewer.Jy het dalk nog nooit hieraan gedink nie, maar ek skryf elke jaar 365 van hierdie daaglikse VARS-boodskappe. Dis ongeveer 140 000 woorde, meer as 'n PhD-tesis. Ek skryf hierdie boodskappe al vir tien jaar lank – en vandag s'n is die 3 255ste boodskap. Elkeen word in 'n radio-ateljee opgeneem. Elkeen word in 'n TV-ateljee verfilm. Mense vra my dikwels hoe doen jy dit? Hoe kom jy met die idees vorendag? Hoe hou jy dit, dag na dag na dag, jaar na jaar vol?Ek sal jou vertel hoe. Ek doen slegs dít waarvoor God my geskep het. Wanneer ek soggens voor my rekenaar gaan sit om die volgende boodskap te skryf, is ek opgewonde. Ek is absoluut mal daaroor. En dis hoe werk veronderstel is om te voel.Romeine 12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV)Die oorspronklike Griekse woord wat hier as "entoesiasties" vertaal word, skilder die prentjie van kookwater. Wees warm, passievol, wees borrelend, gee stoom af. En my vriend, dis wat gebeur wanneer jy gehoorsaam is aan die God wat jou gemaak het om dít te doen, waarvoor Hy jou geskape het.Wees opgewonde om Hom te dien!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 25, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine12:11 Moenie sleepvoet wees in julle toewyding nie; wees entoesiasties; wees werklik diensbaar vir die Here. (NLV) Dis so lekker wanneer jy jou unieke gawes en vermoëns tot voordeel van ander kan gebruik, nè? Jy geniet dit wanneer jy besig is om iets te doen wat so reg in jou kraal is. Dit gee jou sommer nuwe energie en ywer om nog meer te doen. Maar wees versigtig: ywer kan 'n tweesnydende swaard wees. Wanneer jou ywer op die verkeerde ding gefokus is, wor...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Wees Entoesiasties

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 25, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!