Wees Geduldig in Tye van Teëspoed episode artwork

EPISODE · Feb 8, 2024 · 3 MIN

Wees Geduldig in Tye van Teëspoed

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV) Beleef jy tans teëspoed? Wat is dit wat aan jou vreet? Wat beroof jou van jou lewenskwaliteit? En sê my, hoe goed hanteer jy dit?Dit lyk, ten minste so op die oog af, asof sommige mense 'n idilliese lewe het. Maar weet jy, niemand verstaan dat hulle soms met 'n leegheid, 'n diepe ontevredenheid wat hulle nie mooi kan verklaar nie, geteister word.Dan is daar die ander groep, wat vir ons lyk asof hul lewens 'n totale gemors is. Maar snaaks genoeg, is dit asof hulle ‘n absolute vrede oor hulle het. Hulle glimlag dikwels sommer sonder rede. Daar is 'n diepe, innerlike vreugde, wat vir ons onlogies lyk – ja, dis eintlik regtig onverklaarbaar. Hoe kan dit wees?Jakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV)Aanvaar jou probleme geduldig en volhard. Dit is 'n moeilike opdrag, maar Jakobus sê dit aan die vervolgde Christene wat oor die hele bekende wêreld versprei was, deur hulle te herinner aan die verskriklike probleme waarmee Job in die Ou Testament te kampe gehad het. Inderdaad verskriklike probleme!En wat het God gedoen? Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as aan die begin. Dit was ‘n duidelike bewys dat die Here ons God vol barmhartigheid en goedertierenheid is.Hoe kan jy geduldig wees te midde van jou teëspoed? Deur eerstehands die diep waarheid, dat God inderdaad genadig en goedhartig is, te ervaar. En by Hom is daar vreugde, daar is geduld, daar is vrede, daar is … sy seën. Wees net geduldig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 8, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV) Beleef jy tans teëspoed? Wat is dit wat aan jou vreet? Wat beroof jou van jou lewenskwaliteit? En sê my, hoe goed hanteer jy dit? Dit lyk, ten minste so op die oog af, asof sommige mense 'n idillies...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wees Geduldig in Tye van Teëspoed

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 8, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!