Wees Gereed om Sprakeloos te Wees episode artwork

EPISODE · Sep 13, 2024 · 3 MIN

Wees Gereed om Sprakeloos te Wees

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV) Ek weet nie hoeveel kerkdienste jy al in jou lewe bygewoon het nie, maar ek kan eerlik nie sê hoeveel ek al bygewoon het nie. Dit het alles vir my as 'n jong kind begin. Om vir 'n uur in ‘n diens stil te sit, was ondraaglik. Die ou wat daar voor gestaan het met sy eindelose, eentonige gebrom het my eindeloos verveel.Ek gee toe dat ek nog jonk was en dat my negatiewe herinneringe seker aan my onvolwassenheid toegeskryf kan word. Maar deesdae, met die media binne ons bereik, en met al die Christelike programme waartoe ons nou toegang het … moet ek ongelukkig sê dat daar steeds baie kragtelose en lewelose prediking is.Kom ons kyk na voorbeelde: Sommige preke is daardie gebrom wat ons almal al tot vervelens toe gehoor het; ander weer, is ‘n aanhoudende geskree; of in nog ander gevalle is dit die gekielie van ons ore deur die prediker met die dinge wat ons graag wil hoor. Maar uiteindelik ontbreek die krag wat ons lewens moet transformeer. En dit is niks nuuts nie.Markus 1:21,22  Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV)Het jy al ooit gewonder wat die doel daarvan is om te preek? Die doel is om ons met die lewensveranderende Woord van God te konfronteer. Die punt is dat ons lewens getransformeer word. Die punt is om ons in staat te stel om ons lewens af te lê, ons kruis op te neem en Jesus te volg. Dit is die punt. Daarom moet jy baie versigtig soek na waar jy die ware boodskap sal hoor. Kyk, as jy nie uitgedaag wil word nie, en jou lewe nie radikaal verander wil hê nie, gaan speel eerder op ‘n Sondagoggend gholf. Maar as jy ernstig is, het jy nie doellose, lewelose verkondiging van die wet nodig nie. Jy het iemand nodig wat met gesag onderrig … soos Jesus.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Send us Fan Mail Markus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners. (NLV) Ek weet nie hoeveel kerkdienste jy al in jou lewe bygewoon het nie, maar ek kan eerlik nie sê hoeveel ek al bygewoon het nie. Dit het alles vir my as 'n jong kind begin. Om v...

NOW PLAYING

Wees Gereed om Sprakeloos te Wees

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

HOMELAND HOMELAND The Church is a body not a building. It's the bride of Jesus Christ! Jesus is coming back for a mature bride. That means it's time for the church of Jesus Christ to move from milk to meat. This is the hour of maturity!HOMELAND is an announcement that the church is being set free. Only the church has the ability to transform the world. The kingdom's of this world will become the kingdoms of our Lord and Savior!All of creation has been waiting for this moment! Sons and daughters of God are rising up and taking their seat! The Field Priest Methodius Chwastek The Field is a place of cultivation and of battle. In the Church, we learn to cultivate a life pleasing to God. This life is shaped in the spiritual battle. This series examines, chapter by chapter, the Christian classic The Field, by Saint Ignatius Brianchaninov. Please join me as I explain this great work in terms the modern Orthodox Christian can understand.  Sermons | Countryside Bible Church Countryside Bible Church At Countryside Bible Church, we equip believers to joyfully live holy lives, to serve one another, and to share the gospel of Jesus Christ, all to the glory of God. We are committed to a high view of God, and a high view of Scripture. Tweens and Dreams Anna B 💕 Hi! I’m Anna, a 12 year old in seventh grade! I’m a theater kid! (HAMILTON IS GOD!!) I post about a variety of things; some of these things include journaling, TV shows/movies, music, shopping, theater, books, etc. If you have any episode requests please comment and I will do my best to do them! If you have any movie, TV show, book, or music recommendations I would love to hear them so please comment!! I’m always looking for more TV shows, movies, books, and music artists to watch/read/listen to! But anyways, I hope you enjoy listening 💕💕

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 13, 2024.

What is this episode about?

Send us Fan MailMarkus 1:21,22 Jesus en sy dissipels het in Kapernaum aangekom. Op die Sabbatdag het Hy dadelik na die sinagoge toe gegaan en Hy was besig om daar onderrig te gee. Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos...

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!