Wees Heilig episode artwork

EPISODE · Nov 10, 2024 · 3 MIN

Wees Heilig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 1:15,16 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig! (NLV) Ek verwonder my oor die fantastiese prestasies wat top atlete behaal. Ek weet hulle sou dit nie sonder natuurlike talent kon doen nie, maar ek weet ook dat dit ongelooflike toewyding en harde werk van hulle vra.Die eerste mens wat die rekord vir die myl in onder vier minute verbeter het, was Roger Bannister. Op 6 Mei 1954 het hierdie vyf-en-twintigjarige mediese student van die Oxford-universiteit by die baan aangekom vir die jaarlikse atletiekbyeenkoms.Die weerstoestande was ver van ideaal. ’n Sterk dwarswind het oor die baan gewaai toe die wedloop begin het. Die afsitter het die skoot geskiet en drie minute nege-en-vyftig punt vier sekondes later, het Bannister die wenstreep oorgesteek. Die skare het in ekstase gespring en geskree toe sy tyd aangekondig is. 'n Baie spesiale man; 'n baie spesiale oomblik.Ek wonder of jy al ooit aan jouself gedink het as 'n baie spesiale persoon? Iemand, wat juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie, uitgesoek is met ‘n baie spesiale doel? Moontlik nie. Sal dit jou verbaas om te weet dat dit presies is hoe God jou sien? Hy het jou uitgekies; jy’s ongelooflik spesiaal, ongelooflik geliefd.En so dikwels maak ons ons eie slim plannetjies en mis ons God se planne. Sou Bannister ooit die vier-minute-myl-rekord gebreek het deur in die kroeg te sit en tiermelk drink, in plaas daarvan om op ‘n baan te kom en te oefen?Kyk wat het God gesê:1 Petrus 1:15,16 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig! (NLV)Dit is een ding om spesiaal in God se oë te wees, maar dis heeltemal 'n ander ding om dit uit te leef. Wees heilig, want die Here jou God is heilig.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 10, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:15,16 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig! (NLV) Ek verwonder my oor die fantastiese prestasies wat top atlete behaal. Ek weet hulle sou dit nie sonder natuurlike talent kon doen nie, maar ek weet ook dat dit ongelooflike toewyding en harde werk van hulle vra. Die eerste mens wat die rekord vir die myl in onder vier minute verbeter het, was Rog...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wees Heilig

0:00 3:04

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 10, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!