Wees Meelewend, Wees Lig. episode artwork

EPISODE · Feb 28, 2026 · 3 MIN

Wees Meelewend, Wees Lig.

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees Ons moet in hierdie lewe alte dikwels moeilike besluite neem. Ons word gekonfronteer met morele dilemmas, en op die ou end moet ons die opsie kies wat die minste sleg is. Dis nie maklik nie. So, wat kies jy in daardie kritieke oomblikke wat jy keuses moet maak wat reuse gevolge kan hê? Wat is jou wenresep wanneer dinge onduidelik en duister lyk?In 1940 het Joodse vlugtelinge wat van Nazi-vervolging gevlug het, vir ‘n Japannese konsul, gesmeek om vir hulle visums te gee. Japannese wetgewing het dit egter verbied om enige visums sonder behoorlike dokumente, uit te reik. Die konsul het 'n ernstige morele dilemma in die gesig gestaar: gehoorsaam hy sy land se wet of red hy hierdie Joodse vlugtelinge se lewens.Hy het uit empatie die laasgenoemde gekies en vir weke het hy duisende visums met die hand geskryf, dikwels vir 18 uur per dag; ál het hy geweet dat dit hom sy loopbaan kon kos. Maar weet jy, as gevolg van sy besluit is daar na raming 6 000 Jode se lewens gered.Is dit nou nie dapper nie? Wat sou jy in sy skoene gedoen het? Die probleem is dat wanneer jy daardie moeilike besluite moet neem; het jy die moed van jou oortuiging nodig.Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.Daardie woord "uitverkore" beteken om vir 'n goeie doel afgesonder te wees. Dit beteken om anders te wees; om in die duisternis te oorleef en alleen te moet staan wanneer jy 'n lig moet wees. Daardie woord "uitverkore" rol so maklik van die tong af, maar in die onheilige wêreld waarin ons leef, het ons ‘n baie belangrike lewensroeping.Empatie, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld hang nie af van omstandighede nie; dis deel van die Christen se daaglikse mondering. Plaas jouself in die ander een se skoene wanneer jy onseker is oor hoe om te reageer.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 28, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees Ons moet in hierdie lewe alte dikwels moeilike besluite neem. Ons word gekonfronteer met morele dilemmas, en op die ou end moet ons die opsie kies wat die minste sleg is. Dis nie maklik nie. So, wat kies jy in daardie kritieke oomblikke wat jy keuses moet maak wat reuse gevolge kan hê? Wat is jou wenresep wanneer ding...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wees Meelewend, Wees Lig.

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 28, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!