Wees Versigtig! episode artwork

EPISODE · Oct 23, 2024 · 2 MIN

Wees Versigtig!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 6:1,2 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.” Trots is 'n lelike ding. Mense wat dinge in die openbaar sê of doen, net sodat ander mense dit sal sien en goed van hulle sal dink, is verwaand. Hoekom doen hulle dit?Ek het onlangs 'n ‘selfie’ gesien wat iemand van hulself op Instagram geplaas het, waar hy kos aan 'n arm persoon gee. Kan jy dit glo? As dit darem nie selfverheerliking is nie, dan weet ek regtig nie!Maar ongelukkig is die ironie daarvan dat ons almal daarvan hou om goed en edel te lyk. Ja, moenie stry nie. En in hierdie kitswêreld waarin ons leef, waar elkeen met 'n selfoon in ons hand gereed is om tot aksie oor te gaan, is dit inderdaad bewys van hoe die mensdom al hoe meer wêrelds geword het.Al sal ons nie dink dat trots dit dryf nie, moet ons erken dat wanneer jy na mense se sosiale media-plasings kyk, jy oor die algemeen net kiekies van die heel beste oomblikke in hul lewens sal sien.Daar is 'n fyn lyn tussen die natuurlike begeerte om jou bes te doen, en kras selfverheffing - 'n streep wat deesdae so maklik oorgesteek word. Daarom het Jesus ons gewaarsku in: Matteus 6:1,2 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 23, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 6:1,2 “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.” Trots is 'n lelike ding. Mense wat dinge in die openbaar sê of doen, net sodat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wees Versigtig!

0:00 2:36

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 23, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!