Wees Versigtig Wie Jy Vertrou episode artwork

EPISODE · Aug 25, 2025 · 2 MIN

Wees Versigtig Wie Jy Vertrou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 20:6  Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is? (NLV) Een van die grootste behoeftes wat ons elkeen het, is om liefgehê te word. En 'n belangrike voorwaarde daarvoor is ‘n wedersydse vertroue. As jy dit mooi deurdink, kan jy sien dat liefde sonder vertroue onmoontlik is. Maar ek dink nie daar is een van ons wat nie al beleef het dat hy deur iemand, wat hy vertrou het, verraai is nie.Brutus was een van Julius Caesar se mees vertroude vriende en bondgenote. Tog het hy by 'n groep senatore aangesluit wat Caesar se groeiende mag en ambisie gevrees het. In 44 v.C. het hulle hom vermoor. Daardie verraad het Rome so geskok dat dit uiteindelik gelei het tot die val van die Romeinse Republiek en die opkoms van die Romeinse Ryk.Nou wel, so iemand wat vir my of vir jou verraai, sal waarskynlik nie so 'n radikale uitwerking op wêreldgebeure hê nie, maar hulle sal beslis 'n enorme uitwerking op ons lewens hê. Daar is steeds 'n letsel op my hart van die grootste verraad van my lewe. Kan jy ook getuig van ‘n vriend se verraad?Spreuke 20:6 Jy mag dalk baie mense jou "vriende" noem, maar dis moeilik om iemand te vind wat werklik vertrou kan word.Op 'n afstand lyk suiker en sout dieselfde. Dis eers wanneer jy nader kom, en jy dit proe, dat jy die verskil ervaar. Wees versigtig en wees oordeelkundig wanneer jy jou vertroue in mense plaas. Ek sê nie dat ons niemand moet vertrou nie, maar soms is diegene wat lyk asof hulle ons vriende is, alles behalwe dit!Jy mag dalk aan iemand as jou vriend dink, maar onthou, dis moeilik om iemand te vind wat werklik vertrou kan word.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 25, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 20:6 Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is? (NLV) Een van die grootste behoeftes wat ons elkeen het, is om liefgehê te word. En 'n belangrike voorwaarde daarvoor is ‘n wedersydse vertroue. As jy dit mooi deurdink, kan jy sien dat liefde sonder vertroue onmoontlik is. Maar ek dink nie daar is een van ons wat nie al beleef het dat hy deur iemand, wat hy vertrou het, verraai is nie. Brutus was ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wees Versigtig Wie Jy Vertrou

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 25, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!