Wie se Fout is Dit? episode artwork

EPISODE · May 15, 2024 · 2 MIN

Wie se Fout is Dit?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede.Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. "Ek was verkeerd," is een van die moeilikste en pynlikste dinge om aan onsself te erken, en dis nog baie moeiliker om dit teenoor ander te bely.Dit is baie makliker om iemand anders te blameer. En weet jy dit is so maklik om God te blameer, dit is mos net logies, want Hy is tog in beheer van alles. Here, hoekom het U dit laat gebeur? Hoekom het U my nie gewaarsku nie? Hoe kon U my toelaat om so 'n gemors van dinge te maak?Dit maak tog sin. Ja, ons mense blameer Hom vir ons ellende  -selfs net deur sulke vrae te vra. Kom ons kyk wat Salomo met sy goddelike wysheid oor hierdie hele blameer-ander-speletjie gesê het:Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.Of, as jy na 'n meer letterlike vertaling van die oorspronklike Hebreeuse teks wil kyk … Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here.Kyk, God is 'n onwankelbare God en Hy gaan nie van sy troon afval, wanneer ons Hom blameer vir iets waaraan ons skuldig is nie. En wanneer ons uiteindelik tot ons sinne kom, is Hy getrou. Hy sal ons vergewe. Maar kom ons word wys, kom ons kom tot ons sinne voordat ons God die skuld wil gee.Die gevolge van die dom dinge wat ons doen, is nie God se skuld nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 15, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor. Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede. Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. "Ek was verkeerd,...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wie se Fout is Dit?

0:00 2:51

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 15, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!