Winskopies na Kersfees episode artwork

EPISODE · Dec 27, 2025 · 2 MIN

Winskopies na Kersfees

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?”“Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom.Vandag is 'n paar skoene xRand werd. Môre op die uitverkoping is hulle skielik vir halfprys beskikbaar. Wat het verander? Dit is tog dieselfde paar skoene. Die groothandelprys aan die kleinhandelaar het beslis nie verander nie. En tog is hulle gedevalueer, afgemerk, net om hulle vinnig te verkoop. Hoe bepaal die wêreld ‘n persoon se meriete? Met watter standaard meet hulle jou waarde? Johannes 1:46 … Maar Natanael sê vir hom: "Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?""Kom kyk," het Filippus hom geantwoord.Sien jy? Dít was die algemene gesindheid van die mense wat hier in Natanael se woorde weerspieël word. Jesus het nie alleenlik ‘n nederige geboorte in 'n krip gehad nie, maar sy ouers het geen status gehad nie. Om alles te kroon, is Hy in die obskure werkersklas dorp, in Nasaret (ver van Jerusalem, die sentrum van godsdienstige elite), grootgemaak.Uit die wêreld se perspektief het Jesus geen getuigskrif, geen stamboom, geen gesag gehad nie. Tog is Hy "Verlosser, Christus die Here" genoem (Lukas 2:11).Jesus was deur mense ‘afgemerk’ soos 'n item in ‘n na- Kersfees-uitverkoping. Dit was ‘n fout! Hy bly tot vandag toe die Verlosser van die wêreld, want Hy het deur sy kruisdood en opstanding die mens van sy sonde kom verlos.Mense sal jou ‘afmerk’. Hulle sal jou verkleineer, jou ignoreer, jou selfs verag. Maar moenie vrees nie – God sien jou, Hy is lief vir jou en Hy het 'n plan om, ten spyte van wat ander mag dink, magtige dinge deur jou te bereik.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 27, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 1:46 Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. Ken jy Na-Kersfees-uitverkopings? Dis interessant om te sien dat hierdie verkopings ook in lande, wat nie tradisioneel Christelik is nie; lande soos China, Japan, Suid-Korea en selfs in dele van die Midde-Ooste, voorkom. Vandag is 'n paar skoene xRand werd. Môre op die uitverkoping is hulle skielik vir halfprys beskikbaar. Wat het verander? Dit is t...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Winskopies na Kersfees

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 27, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!