Wonderlike Goeie Nuus episode artwork

EPISODE · May 31, 2024 · 2 MIN

Wonderlike Goeie Nuus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. Gehoorsaam jy die reëls? As jy 'n rybewys het, sê my, wanneer laas het jy gery sonder om die spoedgrens met 'n enkele kilometer per uur te oorskry? My eie onvermoë om die padreëls na te kom, het my nog altyd verstom. Ek is in 'n gedissiplineerde, Duitse gesin grootgemaak. Ek is vir vier jaar in die leër met streng dissipline opgelei om ‘n weermagoffisier te word. As iemand veronderstel was om te weet hoe om die reëls te gehoorsaam, sou jy tog gedink het dat dit 'n ou soos ek was, nè?Maar o nee, net soos jy, het ek al baie kere die padreëls oortree. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (Romeine 3:23) Hoekom kan ons nie die reëls volg nie? Ons wil dalk, maar dit lyk asof ons net nie in staat is om dit te volg nie. Hier is die rede waarom:Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.Ek het dit altyd 'n bietjie verwarrend gevind, totdat ek hierdie eenvoudige verduideliking van Martin Luther, die 16de eeuse Hervormer, gelees het: “Die wet ontdek die siekte. Die Evangelie gee die geneesmiddel.”God het gedoen wat die reëls nie kon doen nie. Hy het die lewe van Jesus aangebied om ons sonde te vernietig. Dis goeie nuus; ongelooflike goeie nuus.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 31, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees. Gehoorsaam jy die reëls? As jy 'n rybewys het, sê...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Wonderlike Goeie Nuus

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 31, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!