Word Gemaklik Met … episode artwork

EPISODE · May 18, 2026 · 3 MIN

Word Gemaklik Met …

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.Niemand hou daarvan wanneer hulle nie hulle sin kry nie. Niemand nie! Dit begin al op 'n baie jong ouderdom wanneer ‘n kind homself in woede op die grond neergooi en skop en skree as hy nie sy sin kry nie. Kom ons wees eerlik, ons voel soms steeds lus om sulke woede-uitbarstings te hê, nè?!In die 12de eeu het Thomas Becket, die Aartsbiskop van Canterbury, ‘n meningsverskil met Koning Henry II gehad oor die kerk se gesag. Hulle was aanvanklik goeie vriende, maar nadat hy Aartsbiskop geword het, het Beckett grootkop gekry en geweier om aan die koning se wense toe te gee, selfs oor onbenullige dinge wat regtig nie saak gemaak het nie.Uiteindelik het sy aandrang om sy sin te kry, tot ‘n sluipmoord op sy lewe gelei. As Becket nederig was en vrede wou maak, sou hy sy lewe behou het, en die verhouding tussen die kerk en die staat sou waarskynlik ook baie beter gewees het.Om ons eie sin te kry in ‘n skermutseling lyk so ontsettend belangrik dat ons alte maklik dié dinge wat werklik saak maak, uit die oog verloor.Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.’n Snaakse ding gebeur wanneer ons kies om toe te gee; wanneer ons ons selfsugtige trots uit die pad kry; wanneer ons die ander persoon opreg begin eer ... dan breek vrede werklik deur.Natuurlik moet ons nie toegee wanneer dit nie om die regte rede is nie. Maar maak seker dat dit nie dalk jou eie koppigheid is wat die konflik in die eerste plek aangeblaas het nie! Dink mooi: is daar op die oomblik ‘n konflik waarby jy betrokke is, waar jy met ‘n skoon gewete kan toegee? Dink net hoe dinge sal verander indien jy wel besluit om die nederige een te wees?... moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.Maak vrede met die feit dat jy nie altyd jou eie sin hóéf te kry nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 18, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Niemand hou daarvan wanneer hulle nie hulle sin kry nie. Niemand nie! Dit begin al op 'n baie jong ouderdom wanneer ‘n kind homself in woede op die grond neergooi en skop en skree as hy nie sy sin kry nie. Kom ons wees eerlik, ons voel soms steeds lus om sulke woede-uitbarstin...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Word Gemaklik Met …

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 18, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!