Word ‘n Gewillige Dienaar episode artwork

EPISODE · Jul 19, 2024 · 2 MIN

Word ‘n Gewillige Dienaar

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Miskien het jy al van ensieme gehoor, maar onthou jy wat hulle doen? Wel, dit is proteïene wat as biologiese katalisators optree deur chemiese reaksies te versnel. Trouens, in sommige gevalle kan die reaksie nie sonder die ensiem plaasvind nie.Toemaar, ontspan. Dis nie 'n hoërskool wetenskapklas nie, net 'n bietjie van 'n gelykenis. Ensieme is wonderlik. Hulle neem nie deel aan die chemiese reaksie nie, maar hulle maak dit moontlik en bespoedig dit.In 'n baie werklike sin, is dít wat die Heilige Gees in ons lewens doen. Hy maak dinge, wat ons op een of ander manier nie op ons eie kan laat gebeur nie, moontlik en versnel dít wat behoort te gebeur. 2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.Alles wat God vir ons sê om te doen, is goed vir ons. En die dinge wat Hy vir ons sê om nie te doen nie (en daar is nie so baie van hulle nie), maak ook sin. So hoekom dink jy dat ons nie in staat is om die dinge te doen wat Hy ons beveel nie, en weg te bly van die dinge wat Hy vir ons sê om nie te doen nie? Dis waar die Heilige Gees inkom. Hy is die ensiem, die katalisator na heiligheid, na gehoorsaamheid - Hy maak die reaksie moontlik en versnel dit.Hy stel ons in staat om sy dienaars te wees. Nie deur die reëls te volg nie, maar deur sy Gees. Want die wet bring dood, maar die Gees maak lewend!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 19, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. Miskien het jy al van ensieme gehoor, maar onthou jy wat hulle doen? Wel, dit is proteïene wat as biologiese katalisators optree deur chemiese reaksies te versnel. Trouens, in sommige gevalle kan die reaksie nie sonder die ensiem plaasvind nie. Toemaar, ontspan. Dis n...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Word ‘n Gewillige Dienaar

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 19, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!