Wysheid in die Wagtyd episode artwork

EPISODE · Jul 31, 2026 · 3 MIN

Wysheid in die Wagtyd

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV) Het jy al ooit besef hoe hardkoppig ons kan wees? Ons spandeer ure om elke klein detail van ons "perfekte" toekoms uit te werk, amper asof ons die heelal met 'n lysie instruksies kan beheer en dan voel ons gefrustreed as dinge nie volgens ons plan verloop nie.Kom ons kyk na Steve Jobs. Op dertig is hy by Apple, die maatskappy wat hy self gestig het, afgedank. Volgens alle berigte was dit 'n vernederende ervaring. Maar jare later het hy erken dat sy ontslag hom vrygemaak het om meer kreatief te dink. Daardie terugslag het gelei tot sy ontwikkeling van Pixar, en sy uiteindelike terugkeer na Apple - waar hy die wêreld van tegnologie hervorm het. Wat na die einde van 'n belowende loopbaan gelyk het, was 'n noodsaaklike afspringplek na sukses. Dit is die perfekte voorbeeld van hoe ‘n oomblik van vernedering eintlik ‘n belangrike bousteen geword het.Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV)Wysheid beteken om toe te gee dat ons nie alles weet nie. Dit beteken om nederig genoeg te wees om te luister – na God se Woord, na godvrugtige raad en selfs na die dissipline wat seermaak. Uiteindelik is dit nie ons slim strategieë en sorgvuldig opgestelde planne wat die uitkoms bepaal nie. God se doelwitte seëvier. Altyd.In Christus sien ons daardie waarheid in die vlees. Mense het sy ondergang beplan. Judas het Hom verraai. Die leiers het teen Hom gedraai. Maar, deur die kruis en opstanding, het God se groter plan - ons verlossing - geseëvier.Beplan wys - dis die geheim. Maar moenie krampagtig aan jóú planne  vasklou nie, want uiteindelik is die enigste plan wat saakmaak, God s'n ... en daardie plan is Jesus.Dis sy Woord. Vars ... Vir jou... Vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 31, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 19:20-21 Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het. (NLV) Het jy al ooit besef hoe hardkoppig ons kan wees? Ons spandeer ure om elke klein detail van ons "perfekte" toekoms uit te werk, amper asof ons die heelal met 'n lysie instruksies kan beheer en dan voel ons gefrustreed as dinge nie volgens ons plan verloop ni...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Wysheid in die Wagtyd

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 31, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!