PODCAST · kids
Bybelstories in Afrikaans
by Carin Conradie
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.Geniet die Woord!
-
319
Boeke van die profete 36: Die profeet Nahum
In die boek Nahum word beskryf hoe God die stad Nineve van die Assiriërs gaan wegvee, omdat hulle God se mense wreed mishandel het.God straf skuldiges, maar sien om na sy mense.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
318
Boeke van die profete 35: Die profeet Miga
In die boek Miga lees ons hoe God vir Miga gebruik het om te profeteer dat Israel en Juda weggevoer gaan word, omdat hulle God vergeet het. Juda het wel vir 'n tyd teruggedraai na God toe. Miga het ook geprofeteer dat Jesus weer gaan kom.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
317
Boeke van die profete 34: Jona gaan na Nineve
In hoofstukke 3 en 4 lees ons hoe Jona toe tog in Nineve gaan preek het, maar hy was kwaad oor God se besluit daarna....Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
316
Boeke van die profete 33: Jona kry 'n opdrag by God
Jona 1 en 2 vertel ons hoe God vir hom 'n opdrag gegee het om na Nineve toe te gaan, maar hy hardloop weg van God af en beland in 'n vis se maag.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
315
Boeke van die profete 32: Die profeet Obadja
In Obadja lees ons van die profesie teen Edom, of Esau, die broervolk van Israel.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
314
Boeke van die profete 31: Die boek Amos
Amos was 'n skaap- en vyeboer wat God se strawwe vir Israel moes gaan vertel. Sy boodskap eindig met God wat tog 'n deeltjie van sy volk weer sou herstel.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
313
Boeke van die profete 30: Die profeet Joël
Joël was 'n profeet in Juda, maar ons is onseker wanneer hy opgetree het. Hy het straf aangekondig, maar ook God se liefde en geduld vir die mense wat na Hom toe kom.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
312
Boeke van die profete 29: Die profeet Hosea
Die boek Hosea vertel die storie van hoe God sy profeet se huweliks- en gesinslewe gebruik het om vir Israel te vertel wat Hy vir hulle wil sê.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
311
Boeke van die profete 28: Daniël kry prentjies van die toekoms
In Daniël 7 tot 12 lees ons van visioene wat Daniël by God gekry het oor wat in die nabye en verre toekoms gaan gebeur. Vir ons is die belangrik om te weet: God is steeds in beheer!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
310
Boeke van die profete 27: Daniël in die leeukuil
Ons lees hierdie wonderwerk in Daniël se lewe in Daniël 6. God het ook beheer oor sy diere wat Hy gemaak het!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
309
Boeke van die profete 26: Belsasar en die hand teen die muur
In Daniël 5 lees ons van koning Belsasar wat 'n boodskap van God gekry het - geskryf teen 'n muur.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
308
Boeke van die profete 25: Nebukadnesar se droom van 'n boom
In Daniël 4 lees ons van 'n brief wat koning Nebukadnesar van Babel vir sy hele ryk geskryf het nadat hy vir sewe tydperke sy verstand verloor het, maar teruggekom het om God te loof en te eer.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
307
Boeke van die profete 24: Daniël se drie vriende word in 'n vuuroond gegooi
In Daniël 3 lees ons van die wonderlike storie van God wat drie gehoorsames van vuur gered het, en Nebukadnesar moes erken dat geen ander God so kan red soos Hy nie!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
306
Boeke van die profete 23: Nebukadnesar droom van 'n blink beeld
Koning Nebukadnesare het 'n droom gehad, maar wou nie sy wyse manne vertel wat dit is nie. Hulle moes kom met die droom EN sy uitleg. God het vir Daniël gebruik in die storie om te wys wie is God. Ons lees dit in Daniël 2. Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
305
Boeke van die profete 22: Daniël en sy vriende in die koning se paleis
Ons begin met die boek van Daniël. In Daniël 1 lees ons van die vier jongmanne uit Juda wat vir 10 dae net groente geëet het - met positiewe gevolge!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
304
Boeke van die profete 21: Esegiël sien hoe God alles wil nuut maak
Esegiël 24 tot 48 bevat baie profesië wat Esegiël moes vertel. Daar is ook die storie oor die droë bene wat lewendig geword het.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
303
Boeke van die profete 20: God se oordeel oor Israel
In Esegiël 12 tot 24 lees ons van klomp voorbeelde en stories wat God vir Esegiël gegee het om vir Israel te waarsku om op te hou sondig en terug te kom na God toe. In hoofstuk 18 is daar 'n uitroep van God dat Hy nuwe lewe vir alle mense wil gee!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
302
Boeke van die profete 19: Die Gees wys Jerusalem vir Esegiël
In vandag se storie gaan Esegiël in die Gees na Jerusalem. God wys hom die redes hoekom die volk gestraf gaan word. Maar God se genade aankondiging word ook gedoen! Ons lees dit in Esegiël 8 tot 11.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
301
Boeke van die profete 18: Esegiël hou konsert in die straat
In Esegiël 4 - 7 lees ons van die profeet wat vir Juda daar in Babel met straattoneeltjies moes wys wat met die stad Jerusalem gaan gebeur, omdat hulle weggedwaal het van God af.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
300
Boeke van die profete 17: Esegiël word 'n profeet
In die eerste drie hoofstukke van Esegiël hoor ons hoe hy 'n glimps van God gesien het, die dag wat hy geroep is as profeet.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
299
Boeke van die profete 16: Klaagliedere van Jeremia
Die boek Klaagliedere is net vol huil-liedere na die ballingskap van Juda na Babel. Tog is daar pragtige verse waar Jeremia uitroep na God.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
298
Boeke van die profete 15: Jeremia
In hierdie episode gee ons 'n kort weergawe van die lange Jeremia boek (52 hoofstukke). Jeremia het sy lewe gegee vir 'n boodskap wat mense nie wou hoor nie. God het hom vir 40 jaar gehelp om hierdie boodskap te verkondig.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
297
Boeke van die profete 14: Jesaja 40 tot 66
In die tweede deel van Jesaja lees ons baie meer van hoop en herstel. Die koms van die Messias, Jesus, word ook baie duidelik geprofeteer.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
296
Boeke van die profete 13: Jesaja 13 tot 39
In hierdie hoofstukke gaan dit oor oordeel en hoop teenoor volke rondom Juda en ook oordeel en hoop vir Juda. 'n Kern vers is : "Julle krag lê in stil wees en vertroue hê."Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
295
Boeke van die profete 12: Jesaja 1 tot 12
In die eerste deel van Jesaja word vertel hoe God sy volk gaan oordeel en die hoop wat daar is as hulle gaan terugkom na Hom toe. Die kern is Jesaja 1: 18: "Kom nou, laat ons die saak uitmaak, sê die Here..."Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
294
Boeke van die profete 11: Die boek Jesaja
In hierdie episode gee ons 'n oorsig oor die boek Jesaja en vertel van sy roeping as profeet.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
293
Wysheids- en gedigteboeke 9: Hooglied
In hierdie episode gesels ons oor die boek Hooglied: 'n boek wat vertel van die liefde tussen 'n man en vrou. Dit help ons om te verstaan hoe ons met ons hele lewe voor God moet leef hier op aarde: soos Hy dit bedoel het!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
292
Wysheids- en gedigte boeke 8: Prediker
In hierdie episode probeer ons verstaan wat die Prediker skrywer vir ons wil sê as hy skryf: "alles is 'n gejaag na wind".Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
291
Wysheids- en gedigte boeke 7: Die boek Spreuke - deel drie
In hierdie episode vertel ons meer van Spreuke 30 en 31 en wie die skrywers was. Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
290
Wysheids- en gedigte boeke 6: Die boek Spreuke - deel twee
Ons praat oor Spreuke 10 - 30 en lig enkele spreuke uit. Baie spreuke vertel hoe wysheid die teenoorgestelde is van dwaasheid.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
289
Wysheids- en gedigte boeke 5: Die boek Spreuke - deel een
Ons begin met die boek Spreuke : hoofstukke 1 - 9. Daarin leer ons dat die boek ons wysheid wil leer en: wysheid begin met die dien van die Here.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
288
Wysheids- en gedigteboeke 4: Die Psalms
Vandag gesels ons verder oor die wonder van die Psalms wat vir ons behoue gebly het.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
287
Wysheids- en gedigteboeke 3: Die boek van die Psalms
Die boek van die Psalms is gedigte wat gesing of gebid is. Dis handige, klaar uitgeskryfde gebede wat ons vandag nog elke dag kan gebruik.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
286
Kersfees 2025
'n Kort kersboodskap vir 2025.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
285
Wysheids- en gedigteboeke 2: Job leer in sy lyding
Hierdie storie handel oor die tweede en laaste deel van Job. Hy het baie geleer van God. En nadat hy vir sy vriende gebid het, het God sy lewe herstel. Ons lees dit in Job 3 tot 42.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
284
Wysheids-en gedigteboeke 1: Die man Job
In hierdie storie begin vertel ons van Job soos in Job 1 en 2. Job, Spreuke en Prediker word wysheidliteratuur genoem.Ons sal die Boeke van die profete later verder vertel.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
283
Boeke van die profete 10: 'n Nuwe wet help die Jode
In ons laaste storie uit die boek Ester (Ester 8 - 10) hoor ons hoe die Jode hulleself kon beskerm op die dag wat die vyand hulle aangeval het.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
282
Boeke van die profete 9: Die tweede ete van koningin Ester
Haman wou die Jode uitwis, maar in hierdie storie hoor ons hoe hy tot 'n val gekom het. Ons lees dit in Ester 5 tot 7.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
281
Boeke van die profete 8: Haman wil die Jode doodmaak
In Ester 2 tot 5 lees ons van Haman wat net niks van Mordegai gehou het nie. Die gevolg was dat hy die koning gevra het om 'n wet te skryf dat die Jode op 'n sekere dag almal uitgewis kon word.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
280
Boeke van die profete 7: Ester word koningin
Ons begin vertel die storie van Ester, 'n jong Jodin wat die koning van die Mediërs en Perse se vrou geword het. Ons lees dit in Ester 1 en 2.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
279
Boeke van die profete 6: Nehemia kom weer terug na Jerusalem
In Nehemia 13 lees ons hoe kwaad Nehemia vir die Judeërs geword het omdat hulle dinge gedoen het wat hulle weet verkeerd was.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
278
Boeke van die profete 5: Juda vier fees
In Nehemia se tyd het die volk gehonger na die wet van die Here en het vir ure daarna geluister. Hulle het byeengekom en die huttefees gevier en 'n vasdag gehou. Die muur is ook ingewy met 'n lekker fees. Ons lees daarvan in Nehemia 7 - 13.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
277
Boeke van die profete 4: Jerusalem se muur word klaar gebou
In Nehemia 5 tot 7 lees ons hoe die Judeërs deur al die moeilikheid tog die muur klaar gebou het in net twee en vyftig dae.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
276
Boeke van die profete 3: Nehemia gaan na Jerusalem
In Nehemia 1 - 4 lees ons hoe dit gekom het dat Nehemia na Jerusalem is en die mense aangemoedig het om die muur rondom die stad te begin herbou.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
275
Boeke van die profete 2: Priester Esra gaan na Jerusalem
In hierdie storie uit Esra 7 - 10 leer ons van die tweede groep mense wat terug is na Jerusalem saam met die priester Esra. Hy was 'n geleerde man wat die mense moes leer van die Wet van God.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
274
Boeke van die profete 1: Serubbabel vat Juda terug na hulle land
Ons begin vertel nou die stories uit die boeke van die profete. Hierdie storie kom uit Esra 1-6 toe die eerste klompie mense uit Juda terug is na hulle land.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
273
Stories uit Kanaän 110: Die laaste vier konings van Juda
Hierdie is die laaste storie in die reeks: Stories uit Kanaän, want hierdie storie vertel hoe die laaste mense weggevoer is uit Juda. Ons lees dit in 2 Konings 23-25 en 2 Kronieke 36.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
272
Stories uit Kanaän 109: Konings Amon en Josia van Juda
In die tyd van koning Jerobeam 1, het 'n profeet voorspel dat 'n jong koning, Josia, die land van afgodery sal skoonmaak - ongeveer 300 jaar later. Ons lees die storie van Josia in 2 Konings 21 tot 23 en 2 Kronieke 33 tot 35.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
271
Stories uit Kanaän 108: Koning Manasse van Juda
In 2 Konings 22 en 2 Kronieke 33 lees ons van Hiskia se seun Manasse. Hy het sleg begin en goed geëindig. Genade!Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
-
270
Stories uit Kanaän 107: God maak vir Hiskia gesond
Ons lees in 2 Konings 20, 2 Kronieke 32 en Jesaja 38 van Hiskia wat siek geword het en God wat hom gesond gemaak het.Boodskappe per epos is baie welkom!Support the show
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Tannie Carin en Tobias, 'n groen "puppet",-seuntjie, vertel Bybelstories in Afrikaans. Ons wil al die stories in die Bybel vertel - so Bybelgetrou as wat dit moontlik is op 'n kind se vlak.Geniet die Woord!
HOSTED BY
Carin Conradie
CATEGORIES
Loading similar podcasts...