Doxa Deo Auckland Afrikaans

PODCAST · religion

Doxa Deo Auckland Afrikaans

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

  1. 148

    Drie Pilare van Liefde // Jaques van Wyk // Verhoudings Deel 2

    Deur die verhaal van die vrou wat in owerspel betrap is in Johannes 8, wys Jesus ons dat liefde op drie onderskeibare maniere uitgedruk word: deur Genade, deur Waarheid en deur Geregtigheid. Hierdie drie pilare werk saam en roep ons op om 'n fundamentele verskuiwing te maak: van 'n ek-gefokusde ingesteldheid na 'n mekaar-gefokusde ingesteldheid, want dit is die grondhouding waaruit liefde groei.

  2. 147

    Hoe Lyk Ware Vriendskap? // Jaques van Wyk

    Ons leef in 'n tyd met meer verbindings as ooit tevore. Volgelinge, kontakte, kennisse. En tog ervaar meer mense as ooit diep eensaamheid. Vandag se boodskap vra 'n eenvoudige vraag: Hoe lyk ware vriendskap? Deur die merkwaardige verhouding van Dawid en Jonatan ontdek ons dat ware vriendskap gebou word op drie pilare: lojaliteit wat in die gaping staan, kommunikasie wat die moeilike gesprekke voer, en toewyding wat aanhou opdaag.

  3. 146

    Wanneer Liefde Werk Deel 2 // Jaques van Wyk

    Ons weet almal dat ons moet liefhe. Ons lees dit in 1 Korinthiers 13. Ons hoor dit in preke. Maar hoe? Hoe leef jy dit uit wanneer die verhouding moeilik is, wanneer die gesprek seer maak, wanneer jou eie krag opgeraak het? Hierdie week ontdek ons die een ding wat Paulus aan die einde van sy brief aan die Korinthiers noem as die geheim agter alles: die gemeenskap van die Heilige Gees. Hy wil jou help om liefde prakties te laat werk, nou, in jou huis, jou huwelik, jou werksplek.

  4. 145

    Waneer Liefde Werk // Jaques van Wyk

    Almal praat oor liefde. Maar werk dit regtig in jou lewe? Nie as 'n warm gevoel nie, nie as 'n vae idee nie, maar as 'n werklike, praktiese, daaglikse werklikheid? In hierdie boodskap kyk ons na 1 Korintiers 13 nie by 'n troue nie, maar reg in die middel van werklike konflik, werklike verhoudings en werklike lewe. Ons ontdek dat liefde 'n bewese rekord het, dat dit tans aktief in jou werk, en dat dit deur jou lewe wil vloei om die wereld rondom jou te verander.

  5. 144

    Lewendig // Jaques van Wyk

    Hoe het die 40 dae gelyk wat Jesus nog op aarde spandeer het na hy uit die dood uit opgestaan het en wat kan ons daaruit leer? Vandag kuier Jaques met ons oor Jesus se laaste tye op aarde voor hy opgevaar het.

  6. 143

    Opstanding Sondag // Jaco Schutte

    Een oomblik in tyd, twee duisend jaar terug, het die wêreld en die mensdom op n nuwe trajek gesit. Vandag kuier Jaco Schutte saam ons rondomo die opstanding van Jesus.

  7. 142

    Goeie Vrydag (Engels) // Jaco Schutte

    Jaco Schutte lei ons in vandag se Goeie Vrydag boodskap deur weer oor die storie van die kruis te gaan. Hebreërs 12:13 moedig ons aan om toe te laat dat hierdie storie ons bron van nuwe lewe word.

  8. 141

    Nie My Will Nie, Maar U Wil // Neels Janse van Rensburg // Oomblikke Voor Die Kruis Deel 2

    Die meeste van ons weet wat ons moet doen -- maar weet en doen is twee verskillende dinge. In Deel 2 van Oomblikke Voor die Kruis volg ons Jesus van die Boonste Vertrek na die Tuin van Getsemane, en ons ontdek wat dit werklik beteken om die teorie van bly in lewende geloof te omskep.

  9. 140

    Bly In My Gewortel // Jaques van Wyk // Oomblikke Voor Die Kruis Deel 1

    Wat as die geheim van 'n vrugbare lewe niks te doen het met harder probeer nie? In hierdie boodskap uit ons 'Oomblikke Voor die Kruis'-reeks, ondersoek ons wat Jesus vir Sy dissipels gesê het net ure voor Sy arrestasie — en hoekom die woord 'bly' dalk die mees lewensveranderende woord is wat jy hierdie Paasfees sal teëkom. Luister nou en ontdek hoe om verbonde te bly aan die Bron alles verander."

  10. 139

    Gemeenskap Met Die Heilige Gees // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 4

    Hoe gebeur ware transformasie in die lewe van ’n volgeling van Jesus? Om Verander te Word, kyk ons na Paulus se woorde in 2 Korintiërs 3:18 en ontdek ons dat geestelike groei nie deur ons eie wilskrag, emosies of kennis gedryf word nie, maar deur die Heilige Gees. Wanneer ons God se heerlikheid aanskou en eerlike gemeenskap met Hom geniet, gebeur iets merkwaardig: ons word geleidelik verander na die beeld van Jesus.

  11. 138

    Die Genade van Jesus Jesus // Neels Janse van Rensburg // Becoming Love Deel 3

    Wat is die verskil tussen om Christelik te klink en werklik Christus-agtig te word?Vandag kyk ons na Paulus se kragtige uitdaging aan die gemeente in Korinte. Selfs met geestelike gawes, passievolle aanbidding en diep kennis, het iets noodsaaklik ontbreek. Sonder liefde was dit net geraas.Hierdie boodskap nooi ons om nie net die genade van Jesus te ontvang nie, maar om die genade van Jesus te word. Wanneer ons Christus aanskou, in Hom bly en toelaat dat Sy karakter ons vorm, begin geduld en vriendelikheid natuurlik uit ons lewens vloei. Dissipelskap gaan nie net daaroor om Jesus te bewonder nie, maar om werklik in Sy beeld verander te word.

  12. 137

    Die Liefde Van Die Vader // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 2

    Wat as geestelike volwassenheid nie gaan oor om méér vir God te doen nie, maar om dieper deur Hom liefgehê te word?Vandag ontdek ons hoe Paulus die Korintiërs—en ons—lei na die ware oplossing vir onvolwassenheid: om God as Vader te ken. Hierdie boodskap wys hoe liefde identiteit voorafgaan, identiteit aktiwiteit voorafgaan, en hoe die liefde van die Vader ons verander van “gewone mense” na geliefde seuns en dogters wat Sy liefde in die wêreld word.

  13. 136

    Liefde, ń Beter Manier // Neels Janse Van Rensburg // Becoming Love Deel 1

    "Becoming Love" is ’n uitnodiging om God se heerlikheid te leef. Ontdek hoe geestelike volwassenheid gemeet word nie deur prestasie of kennis nie maar deur transformasie in liefde.

  14. 135

    Geken Deur Sy Liefde // Jaques van Wyk // Becoming Love Deel 1

    Ons glo vas dat ons by die eindpunt begin. Jesus het dit moontlik gemaak—die kruis was 'n sukses. Die werk is klaar. Ons hoef nie die leer te klim om God te bereik nie. Hy het dit vir ons gedoen—maar meer nog, Hy het dit met ons gedoen en Hy doen dit in ons. As dit is waar ons begin, waarna mik ons? Ons streef daarna om lief te hê—om Sy liefde te wees, Sy getroue teenwoordigheid in hierdie wêreld.

  15. 134

    Nuwe Identiteit In Christus // Andreas van Tonder

    In Christus is jy nie meer wie jy was nie, jy is wie God sê jy is. Ontdek die 11 identiteitverskuiwings wat jou geloof en lewe herskep.

  16. 133

    Familie Op Misie // Jaques van Wyk // 30 Jaar Van Genade

    n Woord van God verander alles. In hierdie boodskap ontdek ons hoe Doxa Deo op ’n Goddelike belofte gebou is, hoe deernis lei tot aksie, en hoe God gewone mense gebruik om stede te transformeer. Hierdie is jou uitnodiging om deel te wees van God se missie.

  17. 132

    Die Krag Van Bekering // Jaques van Wyk // Nuut en Anders Deel 3

    Bekering gaan nie oor skuld nie, maar oor belyning. Leer hoe nuut dink ware transformasie bring. Die Here is reeds besig met ’n goeie werk in jou. Bekering is jou uitnodiging om saam Hom te werk.

  18. 131

    Klein Dinge Wat Groot Geloof Kweek // Andreas van Tonder // Nuut en Anders Deel 2

    God sê Hy maak alles nuut, maar ware verandering gebeur deur daaglikse samewerking met Hom. Hierdie boodskap wys hoe klein, getroue gewoontes vorm gee aan wie ons word en hoe God volhoubare transformasie bring deur gehoorsaamheid en getrouheid.

  19. 130

    Die Krag Van Nuwe Ritmes // Jaques van Wyk // Nuut en Anders Deel 1

    Dis belangrik om die nuwe jaar te begin nie net met goeie intensies nie, maar goeie ritmes. Vandag deel Jaques oor hoe ons kan verseker dat ons alles wat die Here oor ons lewens droom ń werklikheid kan maak in ons lewens.

  20. 129

    Die Storie Van Die Koning // Neels Janse van Rensburg

    Ons kyk deur Jesaja 9:6 na die name wat gegee is om Jesus te beskryf. Hierdie name dien as 4 verskillende lense waarmee ons die nuwe jaar moet in gaan.

  21. 128

    Dankdiens 2025 // Jaques van Wyk

    Hierdie week kyk ons terug met dankbaarheid en vorentoe met vertroue. In n wereld vol druk en onsekerheid anker dankbaarheid ons in die genade van God en vertroue berei ons voor vir wat kom. Sluit aan soos ons ontdek hoe dankbaarheid en vertroue ons verhouding met Jesus vorm.

  22. 127

    Diep Wortels, Groot Vrug // Neels Janse van Rensburg // Dankbaarheid Deel 2

    In hierdie week se boodskap kyk ons hoe dankbaarheid nie iets is wat ons probeer afdwing nie, maar ’n vrug wat natuurlik groei wanneer ons in Christus bly. Wanneer aanbidding uit verhouding vloei, verander ons hele houding teenoor God. Luister saam hoe dankbaarheid ons aanbidding én ons getuienis vorm.

  23. 126

    Koninkryks Dankbaarheid // Jaques van Wyk // Dankbaarheid Deel 1

    Die Skrif wys dat ware dankbaarheid vloei uit die wete dat ons n Koninkryk ontvang het wat nooit geskud kan word nie. Wanneer ons kies om dankbaar te wees in elke omstandigheid begin ons God anders sien ons harte word voorberei vir vreugde en volwassenheid en ons leefstyl van aanbidding word gevorm deur die onveranderlike waarheid van wie Hy is. Hierdie boodskap help jou om jou hart in die ewige vas te maak en n lewe van dankbaarheid te kweek wat jou alledaagse lewe verander.

  24. 125

    Die daaglikse ritme van vernuwing // Jaques van Wyk // Een Lewe Deel 3

    Ritmes is belangrik. Dit impliseer herhaling en beweging.  En dit het te doen met tydsberekening. Dit organiseer wat andersins 'n kakofonie sou wees. As ons praat oor integriteit in die proses van heiligmaking, is ritme belangrik in al sy aspekte en dinamika.In Ef 4:22-24 nooi Paulus ons uit om die nuwe ritme vir ons lewens te verstaan:"dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou mens moet aflê, wat as gevolg van sy misleidende drange vergaan. Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word. Ja, trek die nuwe mens as kleed aan, wat in ware geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is."Ontdek saam wat dit beteken wanneer Jesus sê:  "bly in my".   Ons hoef nie harder te probeer nie, ons het net nodig om aan Jesus verbind te bly en in pas te bly met die ritme wat Hy verskaf.

  25. 124

    Heiligmaking // Neels Janse van Rensburg // Een Lewe Deel 2

    Watter gedagtes kom by jou op as jy die woord HEILIGMAKING hoor?Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak. (Heb 10:14)As ons vir ewig volmaak gemaak is, waarom voel ons dan nie altyd volmaak nie?  Wees eerlik: Voel jy altyd volmaak?  Voel jy altyd heilig?  Die Bybel sê jy is volmaak gemaak en jy is heilig.  Maar jy voel nie altyd so nie, of hoe?  Ons worstel nogsteeds met slegte gewoontes, swakhede en sonde.Kom ontdek Sondag saam met ons hoe dit lyk wanneer ek my ou self af lê en my ware (nuwe) self op neem sodat ek al meer in lyn kom met my ware identiteit (integriteit) in Christus.

  26. 123

    Wandel Waardig van jou Roeping // Jaques van Wyk // Een Lewe Deel 1

    Ontdek wat dit werklik beteken om met integriteit te leef deur jou lewe in lyn te bring met God se waarheid eerder as om net te doen wat reg lyk. In hierdie boodskap van ’n Studie oor Integriteit word ons geroep om waardig te wandel en een ware lewe in Christus te leef.

  27. 122

    'n Studie oor Integriteit // Jaques van Wyk // Een Lewe.... Deel 1

    Baie mense dink integriteit beteken om te doen wat REG is… maar wat as dit meer is as dit?Wat as integriteit beteken om te doen wat WAAR is — om eerlik te leef vanuit wie God sê jy is, selfs wanneer niemand kyk nie? Integriteit is nie gedrags verandering nie — dis 'n karakterhouding wat uit waarheid vloei."Die opregtes se wandel beskerm hulle, maar die ontroues word vernietig deur hulle valsheid." – Spreuke 11:3Kom ondek saam met ons - wat is waar en hoe lyk dit in jou lewe?

  28. 121

    Die Kerk se Rol in die Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 3

    God het nie ons stad opgegee nie — Hy roep ons om deel te wees van Sy plan om dit te vernuwe. Kom ontdek hoe ons as kerk ware verandering kan bring deur nie terug te trek van die wêreld nie, maar deur met liefde, genade en Koninkryksdoel daarin te leef.”

  29. 120

    Geloof Vir ń Stad // Jaques van Wyk // Family On Mission Deel 2

    “Hierdie week kuier ons oor Geloof vir ’n Stad. God se missie is meer as net redding — dit gaan oor vernuwing. Ontdek hoe die kerk die draer van Sy Koninkryk kan wees.

  30. 119

    Ambassadeurs Van Sy Koninkryk // Andreas van Tonder // Family On Mission Deel 1

    Wat as sending nie gaan oor om ver te gaan nie, maar oor hoe jy leef waar jy nou is? In hierdie boodskap deel Andreas die hart van Ambassadeurs van die Koninkryk — gewone mense wat ’n buitengewone teenwoordigheid dra. Ontdek hoe jy saam met God geskape is om sy goedheid in jou huis, jou werk en jou wêreld te bring. Jy is die verteenwoordiger van die hemel op aarde — en die sending begin waar jy staan.

  31. 118

    Waneer Dit Net Te Veel Raak // Andreas van Tonder

    Angs is iets wat ons almal beleef—of dit nou in die druk van familie, finansies, verhoudings of die onsekerhede van môre is. Die waarheid is dat die las van die lewe nooit bedoel was om net op ons skouers te rus nie. In hierdie boodskap ontdek ons hoe God ons nooi om ons fokus opwaarts te verskuif, onsself onder Sy sorg te verneder, en elke bekommernis op Hom te werp. In plaas daarvan om onderdruk te word deur vrees en stres, kan ons stap in die vryheid en rus wat net Jesus bied.

  32. 117

    Lewe Vanuit Die Wingerdstok // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 3

    Wat beteken dit om werklik te floreer in die lewe? Jesus wys vir ons dat ware vrugbaarheid nie kom uit harder probeer nie, maar uit om in Sy liefde te bly. In hierdie boodskap ontdek ons hoe ongebroke gemeenskap met God ons perspektief op uitdagings verander en ons verhoudings met ander radikaal hervorm.

  33. 116

    Ware intimiteit met God // Jaques van Wyk // Unbroken Fellowship Deel 2

    Het jy al ooit vir té lank uit 'n tas geleef? Jy is tegnies "in", maar dit voel nie soos huis nie. Baie mense leef só met God—hulle besoek Hom soms, maar voel onseker of hulle regtig behoort. As gevolg van wat Christus gedoen het, nader ons God nie met huiwering nie. Ons kom met vrymoedigheid nader. (Hebreërs 10:19–22).  Jesus nooi ons nie net uit om Sy teenwoordigheid te besoek nie. Hy plaas ons daarin.Sluit by ons aan waar ons verder gesels oor ware intimiteit met God.  Dit is iets wat ons nie self kan bewerkstellig nie - ons ontvang dit uit die openbaring van God se genade!

  34. 115

    Gemaak Om Hom Te Ken // Neels Janse Van Rensburg // Unbroken Fellowship Deel 1

    Voordat die skepping begin het, het God al in volmaakte verhouding en intimiteit bestaan—en Hy nooi ons in daardie lewe in. In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe ongebroke verhouding met God nie net moontlik is nie, maar die rede waarom jy geskape is.

  35. 114

    Wat Gebeur Waneer Ek God Vertrou? // Neels Janse van Rensburg // In God We Trust Deel 3

    Wat gebeur wanneer ons regtig God vertrou met ons lewens? In hierdie week se boodskap ontdek ons hoe vertroue stabiliteit, vrede en vrugbaarheid voortbring. Kom leer hoe God se storie van oorvloed nie net jou hart verander nie, maar ook die wêreld rondom jou kan raak.

  36. 113

    Hoe Weet Ek Ek Vertrou Werklik Die Here? // Andreas van Tonder // In God We Trust Deel 2

    Die lewe trek ons dikwels na bekommernis, vergelyking en die konstante soeke na meer. Maar God nooi ons in ’n ander pad—’n lewe gekenmerk deur vertroue, vryheid en vrede. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit beteken om die vreugde van vergenoegdheid en die vryheid wat kom as ons ons lewens werklik in Hom anker.

  37. 112

    Op God Vertrou Ons // Week 1 // Jaques van Wyk // Plant die saad

    Die lewe het sy seisoene van hitte, droogte en onsekerheid — maar God se Woord belowe dat dié wat op Hom vertrou, nie sal verdor nie. In ons nuwe preekreeks, Op God Vertrou Ons, gaan ons ontdek hoe om ons harte in Sy trou te anker, diep geestelike wortels te groei en met onwankelbare sekerheid te leef, maak nie saak wat kom nie.Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. (Jer 17:7–8)Kom ontdek die seën, vrede en vrugbaarheid wat wag vir elkeen wat sy vertroue volkome in die Here stel.

  38. 111

    Die Geregtigheid van God // Jaques van Wyk

    Baie van ons leef ons lewens vasgekyk in die truspieël — gedefinieer deur ons foute, vasgevang in ou opinies, en vas in wat agter ons lê. Maar God se waarheid roep ons na iets baie groter. In Christus is jy ’n nuwe skepping en die geregtigheid van God self. In hierdie boodskap ontdek jy hoe om los te breek van die greep van jou verlede, duidelik te sien wat God voor jou geplaas het, en met die vertroue te leef van iemand wat weet hy of sy behoort in Sy teenwoordigheid.

  39. 110

    Jy Moet Weer Gebore Word // Andreas van Tonder

    In hierdie boodskap breek Andreas een van Jesus se mees uitdagende uitsprake oop: “Jy moet weer gebore word.” Dit gaan oor om ’n totale nuwe identiteit te ontvang—een wat nie gegrond is op jou pogings, moraliteit of selfwaarde nie, maar op die transformerende krag van God se Gees.

  40. 109

    Eenheid Met Die Vader // Alan Platt

    Intimiteit met Die Vader was die eienskap wat Jesus so aantreklik gemaak het vir al die mense wat hy in aanraking mee gekom het en spesifiek die sondaars. Dit is presies hierdie intimiteit met Die Vader wat Jesus vir ons ook kom bewerkstellig het. Die stigter en vader van Doxa Deo, Alan Platt, deel n boodskap rondom eenheid en intimiteit met Die Vader.

  41. 108

    Is my aanbidding aanneemlik vir God? // Jaques van Wyk // Response Deel 2

    In 'n tyd waar aanbidding dikwels gekoppel word aan styl, atmosfeer of persoonlike voorkeur, moet ons onsself eerlik afvra: Is dit wat ek aan God bring, werklik wat Hý vra?Aanbidding is nie net 'n emosionele oomblik of 'n mooi lied nie. Dit is 'n lewe wat oorgegee is, geanker in waarheid – in gehoorsaamheid aan God se Woord. God is nie beïndruk deur uiterlike vorm sonder innerlike waarheid nie. Hy soek aanbidders wat Hom aanbid in gees en in waarheid (Joh. 4:24).In vandag se 08:30 diens gesels ons verder oor aanbidding en staan ons stil by die vraag: "Is my aanbidding aanneemlik vir God – en in lyn met Sy Woord?" Laat ons nie tevrede wees met oppervlakkigheid nie, maar streef na 'n aanbidding wat Hom eer uit 'n hart van waarheid en oorgawe.

  42. 107

    Ware Aanbidding Is Uit Die Hart // Jaques van Wyk // Response Deel 1

    Ontdek 'n dieper begrip van aanbidding. Aanbidding is 'n belangrike deel van elke gelowige se lewe, maar baie van ons is daarby betrokke op grond van persoonlike ervaring eerder as 'n ware skriftuurlike grondslag. Hierdie boodskap sal jou toerus met Bybelse insigte oor wat ware aanbidding is.

  43. 106

    It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Deel 2

    Ons het die afgelope Sondag saam gekuier rondom die waarheid dat God se Heerlikheid IN ons leef.  Sy Heerlikheid vereis nie perfeksie van ons nie.  Inteendeel, dit is juis sigbaar in ons menslikheid en gebrokenheid. Want God wat gesê het, "Laat daar uit die duisternis lig skyn," dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus.  Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie. (2 Kor 4:6-7)

  44. 105

    It's Inside, Not On Top // Neels Janse Van Rensburg // The Glory Within Part 1

    As jy die Cremora advertensie, "it's not inside, it's on top" onthou gee dit dalk nou bietjie van jou ouderdom weg. 😉  Dankie tog dat dit nie so werk met die Heerlikheid (Doxa) van God (Deo) nie!  God se Heerlikheid in ons is nie afhanklik van perfektheid nie maar is juis sigbaar in ons menslikheid. Ons menslike gebrokenheid is nie n briek/blok vir sy Heerlikheid nie.

  45. 104

    Julle Sal My Getuies Wees // Jaques van Wyk // Die Vervulling Storie Deel 3

    Hoe help die Helige Gees ons om getuies te wees van Christus? Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

  46. 103

    Ek Stuur Vir Julle ń Helper // Jaques van Wyk // Storie van Vervulling Deel 2

    Die Heilige Gees is die Helper wat die Here vir ons gegee het. Hy is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

  47. 102

    Jy Is God Se Woon Adress // Jaques van Wyk // Storie Van Vervulling Deel 1

    Die Heilige Gees is die manier waardeur die Vader in ons woning maak. Dit is die kragtige invloed in ons lewens waardeer God sy teenwoordigheid vestig in ons lewens. Ontdek saam ons die waarhede oor wie die Heilige Gees is en wat dit vir ons beteken.

  48. 101

    Geduld. Liefde wat weet hoe om te wag // Andreas van Tonder // Wen Liefde? Deel 3

    Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gevoel is nie, maar 'n daad – en uiteindelik die kragtigste antwoord op die uitdagings van ons tyd.

  49. 100

    Hoe kan ek Vergewe? // Jaques van Wyk // Wen Liefde? Deel 2

    Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gevoel is nie, maar 'n daad – en uiteindelik die kragtigste antwoord op die uitdagings van ons tyd.

  50. 99

    Wen Liefde Regtig? // Week 1 // Jaques van Wyk

    Het jy al gekyk na die dinge wat in die wêreld om jou gebeur, of die goed wat mense doen en gewonder of liefde dan regtig wen?Die Sondag begin ons 'n nuwe reeks waar ons gaan delf in Kolossense 3:12–14 en die eerlike vraag vra: Wen liefde regtig? Te midde van 'n wêreld wat dikwels hard, ongeduldig en selfgesentreerd is, herinner Paulus ons aan 'n ander manier van leef – een gekenmerk deur medelye, vergifnis, nederigheid en bo alles: liefde. Hierdie reeks nooi ons om selfondersoek te doen, ons harte oop te stel vir God se transformerende liefde en dit aktief uit te leef in ons daaglikse verhoudings. Kom ontdek saam hoe liefde nie net 'n gevoel is nie, maar 'n daad – en uiteindelik die kragtigste antwoord op die uitdagings van ons tyd.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

HOSTED BY

Doxa Deo New Zealand

URL copied to clipboard!