Skip to content
Groeipyne podcast artwork

PODCAST · kids

Groeipyne

by RSG

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 9, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Groeipyne: “Skep gesonde voedselomgewings vir beter voeding”

    15 Oktober 2026: Die tema van vanjaar se Nasionale Voedingsweek is “Skep gesonde voedselomgewings vir beter voeding.” Dieetkundige en borsvoedingskonsultant Natascha Olivier verduidelik wat voedselomgewings is.

  2. Groeipyne: Hoe belangrik is spelling?

    8 Oktober 2026: Spelling vorm die boustene vir effektiewe kommunikasie en kognitiewe groei. Die Woorde Open Wêrelde-projek (WOW) van die Universiteit Stellenbosch bied die afgelope paar jaar die grootste nasionale spelfees van sy soort aan. Die finale ronde is die afgelope naweek op die…

    more
  3. Groeipyne: Die laaste twee maande van die skooljaar

    1 Oktober 2026: Dis skoolvakansie, maar die dolle gejaag van die laaste skoolkwartaal is om die draai. Met prysuitdelings en skoolkonserte wat wag, is dit soms moeilik om al die balle in die lug te hou. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou Yolandi van den Heever gee raad oor hoe om...

  4. Groeipyne: Wiskundige geletterheid

    24 September 2026: September is Geletterheidsmaand in Suid-Afrika. Ons fokus op wiskundige geletterheid. Hoe leer kinders wiskundige begrippe die maklikste aan? Wilna van Rooyen, onderwyskundige en vroeë kinderontwikkellingspesialis verbonde aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk sê dat wiskundige...

  5. Groeipyne: Leesgeletterdheid

    17 September 2026: Wat is fonologiese en fonemiese bewustheid? Tessa Arendse is 'n oudhoërskoolonderwyser wat nou private onderwysopleiding verskaf met 'n spesifieke fokus op leesbegrip.

  6. Groeipyne: Hoe om demensie aan 'n kind te verduidelik

    9 September 2026: September is Wêreld Alzheimers-bewusmakingsmaand. Hoe verduidelik 'n mens aan 'n jong kind wat demensie en Alzheimers is? Lillian Kruger van die Assossiasie vir Demensie en Alzheimers van Suid-Afrika (ADASA) verduidelik hoe om kinders te ondersteun as grootouers se geheue…

    more
  7. Groeipyne: Vroue se versorgingslas

    3 September 2026: 'n Verslag deur die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Geslagsgelykheid het in 2024 bevind dat die verantwoordelikheid vir kindersorg en huishoudelike werk steeds op die skouers van vroue rus. Erika Jooste, die opvoeding- en genderbestuurder by Sesame Workshop International South...

  8. Groeipyne: Spelterapie is doeltreffend om kinders se emosies te verwerk

    27 Augustus 2026: Watter rol speel spelgebaseerde intervensie by kinders wat trauma ervaar het, of wat sukkel om hulle emosies te reguleer? Marie-Louise van Heerden is ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker en spelterapeut, wat in ‘n veilige omgewing met jong kinders werk. Deur middel van...

  9. Groeipyne: Ontluikende geletterdheid

    20 Augustus 2026: Wat is ontluikende geletterdheid, en watter rol speel voorlees en stories om dit te bevorder? Renie Theron, projekbestuurder van Bazoo, vertel van die werk wat hulle op en weg van die verhoog doen.

  10. Groeipyne: Sensoriese integrasie en emosionele regulering

    13 Augustus 2026: Wat is sensoriese integrasie? Watter rol speel dit in kinders se ontwikkeling? Christelle Koekemoer is ‘n arbeidsterapeut betrokke by ‘n spesiale skool. Sy bied insig oor sensoriese integrasie en emosionele regulering. Sy vertel ook van die werk wat haar organisasie, Wiggly...

  11. Groeipyne: Borsvoedingdieet

    6 Augustus 2026: Borsvoedingsweek 2026 se tema is BORSVOEDING VIR ‘N VOLHOUBARE LEWENSBEGIN: VERSTERK WAT WERK. Dieetkundige en borsvoedingskonsultant Natascha Olivier gee raad aan borsvoedende mammas oor ‘n gesonde dieet.

  12. Groeipyne: Hoe gemaak as jou graad 1-kind nie die mas opkom nie?

    30 Julie 2026: Hoe gemaak as jy deur jou kind se skool ingeroep word omdat jou kleintjie blykbaar nie die mas kan opkom in Graad 1 nie? Karin Visser deel haar gesin se ervaring hiervan, hulle soeke na hulp, en hoe sy uiteindelik ‘n neuro-kognitiewe opleidingsprogram begin het om ander ouers en...

  13. Groeipyne: Borsvoeding

    23 Julie 2026: Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat mamma’s hulle suigelinge eksklusief borsvoed vir die eerste ses maande ná geboorte. Maar gebeur dit in praktyk? Professor Christine Taljaard-Krugell van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Uitnemendheid in Voeding het ‘n artikel...

  14. Groeipyne: Musiekterapie

    16 Julie 2026: Wat is die waarde van musiekterapie vir kinders se algehele welstand en ontwikkeling. Musiekterapeut Anja Pollard vertel wat dié soort terapie behels.

  15. Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 3

    9 Julie 2026: Deur vir 'n kind voor te lees en stories te vertel, ontsluit jy soveel meer as net hulle verbeelding. Dis ‘n verrykende ervaring vir sowel leser as luisteraar. Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans vertel van hulle Zoe-leesprojek vir Graad R tot Graad 3…

    more
  16. Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders

    2 Julie 2026: Sig is een van die mens se vyf tradisionele sintuie. Ons oë help ons om die wêreld om ons te kan sien en verken. Natasha Pieterse, ‘n pediatriese oogkundige, vertel van die oogprobleme wat by voorskoolse kinders kan opduik, en ons hoor of die eet van wortels wel help om goeie sig te...

  17. Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders

    25 Junie 2026: Ouers vind dit soms moeilik om oënskynlike negatiewe opmerkings oor hulle kinders se onaanvaarbare gedrag te aanvaar. Hulle is dadelik op die aanval en gereed die kinders te verdedig, want heel dikwels sien ouers hulle kinders as ‘n verlengstuk van wie hulle is....

  18. Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’

    18 Junie 2026: Wanneer ons dink aan leer, dink ons aan boeke, oefeninge en formele onderrig. Maar is dit wat jong kinders nodig het? Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeëkinderontwikkelingspesialis, glo dat leer, veral in die voorskoolse fase, prettig moet wees.

  19. Groeipyne: Die belangrikheid van speel

    11 Junie 2026: Met Wêreld-Speeldag wil die Verenigde Nasies die aandag te fokus op die belangrike rol van speel in kinders se ontwikkeling. Ons praat hieroot met spelterapeut en kliniese sielkundige, Jo-Marie Bothma.

  20. Groeipyne: Wat doen ons om kinders te beskerm?

    4 Junie 2026: Kinderbeskermingsweek is ’n tyd waarin bestek geneem moet word van kinders in onveilige situasies en omgewings, en wat ons as ‘n samelewing kan doen om hulle te beskerm. Maatskaplike werker Edith Kriel vertel van haar organisasie, JellyBeanz, wat dienste verskaf aan kinders en hulle...

  21. Groeipyne: Irlen-sindroom (Deel 2)

    28 Mei 2026: Irlen Sindroom is ’n visuele persepsieprobleem, wat soms verkeerd gediagnoseer word. Irlen-diagnostikus Martelean Venter praat verder oor hoe die toetsing geskied, en die rol van ‘n gekleurde bril in die behandelingsproses.

  22. Groeipyne: Irlen-sindroom (Deel 1)

    21 Mei 2026: Irlen-sindroom is ‘n visuele persepsieprobleem, wat verkeerd gediagnoseer kan word. Martelean Venter, is een van slegs drie Irlen-diagnostici in Suid-Afrika. Sy verduidelik wat die sindroom beheld.

  23. Groeipyne 14 Mei 2026

    Kinders kan met verskillende leeruitdagings presenteer. Een daarvan is disleksie. Disleksie-terapeut Marguerite Koch verduielik wat hierdie leergestremdheid behels.

  24. Groeipyne 7 Mei 2026

    Arbeidsterapeut Charlene Cruickshank praat oor die rol van arbeidsterapie om kinders se fisieke en emosionele funksionaliteit optimaal te versterk.

  25. Groeipyne 30 April 2026

    Konflik binne gesinsverband is onvermydelik. Hoe hanteer ‘n ouer konflik met veral ‘n voorskoolse kind? Voorligtingsielkundige Fiona Doman-Olivier bespreek die verskillende soorte konflik, en gee raad oor konflikhantering.

  26. Groeipyne 23 April 2026

    Byna elke nuwe ouer sal kan getuig van slapelose nagte met ‘n nuwe kleinding. Wat het voeding en baba se slaappatrone met mekaar uit te waai? Slaapkonsultant Jolandi Becker vertel watter rol voeding speel, en hoe dit slaap beïnvloed.

  27. Groeipyne 16 April 2026

    Wêreld Stemdag word elke jaar op 16 April gevier. Een van die mooiste klanke vir ‘n ouer is dié van ‘n kind. Hanlie Degenaar, spraakterapeut en oudioloog verbonde aan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noordwes-Universiteit, vertel wat elke kind se stem so uniek maak.

  28. Groeipyne 9 April 2026

    Om leesbaar te kan skryf, is een van die vaardighede wat al van kleins af vir kinders aangeleer word. Die kollig val op skryf as ‘n basis vir leer, saam met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeë kinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk.

  29. Groeipyne 2 April 2026

    Volgens die Wêreld Gesondheidsoganisasie is daar wêreldwyd ongeveer 1,25 miljoen kinders tussen 0 en 14 jaar oud wat tuberkulose het. Dr. Cordelia Elly, ‘n pediater verbonde aan die Brooklyn Chest TB-hospitaal in Kaapstad, praat oor die impak van tuberkulose op voorskoolse kinders.

  30. Groeipyne 26 Maart 2026

    Die eerste kwartaal van die 2026-akademiese jaar is verby. Ons fokus op die vorderingsverslag van kinders in kleuterskole.

  31. Groeipyne 19 Maart 2026

    Marie Schoeman van Downsindroom SA praat oor die werk wat hulle doen.

  32. Groeipyne 12 Maart 2026

    Hoe ernstig is die probleem van gehoorverlies onder Suid-Afrikaanse kinders? Agneta Grove, ‘n oudioloog en spraakterapeut, vertel van navorsing in dié verband,

  33. Groeipyne 5 Maart 2026

    Wat is aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom, en wat is van die wanpersepsies wat steeds hieroor bestaan? Lana Theron, ‘n geregistreerde berader, gee wenke en strategieë vir ouers en onderwysers.

  34. Groeipyne 26 Februarie 2026

    Hoe hanteer ons gesprekke met kinders oor ingewikkelde onderwerpe soos identiteit, insluiting en ‘n gevoel van behoort? Mari Payne, Seniordirekteur: Opvoeding en Programme by Sesame Workshop International South Africa het raad.

  35. Groeipyne 19 Februarie 2026

    Die wêreld kan soms baie wreed wees. Wat ons kan doen om ons kinders veilig te hou en paraat te maak? Ons fokus op lyfie-veiligheid. Wat is dit, en wat is dit nie? Lana Theron, 'n geregistreerde berader en tans besig met haar doktorale tesis met haar navorsing gerig op lyfieveiligheid, gee...

  36. Groeipyne 12 Februarie 2026

    Volgens ‘n internasionale studie wat elke paar jaar gedoen word, is Suid-Afrikaanse kinders swak lesers. Die regering is besig met intervensieprogramme, soos ‘n aanpassing aan die leerplan. Reinette Lombard, ‘n remediërende terapeut en skrywer, vertel hoe hierdie planne vorder, en hoekom lees...

  37. Groeipyne 5 Februarie 2026

    Dis vandeesweek Nasionale Swangerskap-bewusmakingsweek. Ons weet hoe belangrik ‘n gesonde swangerskap is - nie net fisies nie, maar ook geestelik. Natascha Olivier, ‘n dieetkundige en borsvoedingskonsultant, het wyshede en raad vir verwagtende vroue, hulle binnekring en hulle gemeenskappe.

  38. Groeipyne 29 Januarie 2026

    Suid-Afrika het elf amptelike landstale, met gebaretaal wat ook amptelike erkenning geniet. Kinders word groot in ‘n meertalige omgewing. Hoe raak dit hulle? Spraakterapeut en skrywer Christien Neser praat oor moedertaal en meertaligheid.

  39. Groeipyne 22 Januarie 2026

    Die Minister van Basiese Onderwys , Siviwe Gwarube, het harde woorde laat val oor boeliegedrag, spesifiek by skole. Skole het beleid hieroor, hou praatjies en bewusmakingsdae, maar tog voel ouers dikwels dat daar min werklike optrede is. Kleinkinder-onderrigspesialis en kleuterskooljuffrou…

    more
  40. Groeipyne 15 Januarie 2026

    Vroeë-kinderontwikkelingskenners gee raad vir akademiese jaar wat voorlê.

  41. Groeipyne 8 Januarie 2026

    Sweminstrukteur Ida van Wyk vertel hoekom dit uiters belangrik is om kinders op ‘n jong ouderdom aan swem en waterveiligheid bloot te stel.

  42. Groeipyne 1 Januarie 2026

    Is speel net vir kinders? Wat is die voordele verbonde aan ongestruktureerde spel, of te wel vryspel. Spraakterapeut en oudioloog Hanlie Degenaar van die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noordwes-Universiteit het die antwoorde.

  43. Groeipyne 18 Desember 2025

    Is skermtyd die nuwe kinderoppasser? Watter uitwerking het dit op kinders? Hanlie Degenaar, ‘n spraakterapeut en oudioloog verbonde aan die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie aan die Noodwes-Universiteit, het navorsing hieroor gedoen.

  44. Groeipyne 11 Desember 2025

    Die skooljaar is verby, en 'n welkome verposing en 'n tyd van samesyn lê voor. Hoe moet ons hierdie tyd die beste benut? Wilna van Rooyen, ’n vroeë kinderontwikkelingspesialis verbonde aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk, gee raad.

  45. Groeipyne 4 Desember 2025

    Wat het skoolgereedheid met Graad 12-uitslae uit te waai? Ontwikkelingskenner en opvoeder dr. Melodie de Jager verduidelik die verband tussen die twee.

  46. Groeipyne 27 November 2025

    Die vakansie is op hande, en baie gesinne gaan op reis na ‘n vakansiebestemming. Hoe gemaak as jy ‘n kleuter of ‘n pienkvoet het? Hoe maak jy reisplanne? Hoe beïnvloed die vakansie hulle slaap en roetine? Slaapkonsultant Jolandi Becker gee raad.

  47. Groeipyne 20 November 2025

    Hoe beïnvloed fisieke aktiwiteit ‘n kind se skoolgereedheid? Kinderkinetikus Karyna le Roux praat oor die belangrike rol wat beweging en fisieke aktiwiteit speel in die holistiese ontwikkeling van kinders.

  48. Groeipyne 13 Oktober 2025

    Is jou kind emosioneel gereed vir skool? Ons kyk na die emosionele voorbereiding van jou kind vir Graad 1.

  49. Groeipyne 6 November 2025

    Lizette van Huysteen, ‘n vroeëkinderontwikkelinspesialis, praat verder oor die boublokke om ‘n grondslag vir wiskundeprestasie te lê.

  50. Groeipyne 30 Oktober 2025

    Lizette van Huysteen, ‘n vroeëkinderontwikkelingspesialis, praat oor die boublokke om ‘n grondslag vir wiskundeprestasie te lê.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Groeipyne have?

Groeipyne currently has 633 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Groeipyne about?

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

How often does Groeipyne release new episodes?

Groeipyne releases new episodes frequently with a large back catalog of 633 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Groeipyne?

You can listen to Groeipyne on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Groeipyne?

Groeipyne is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!