PODCAST · religion
InJesus Bybelstudie
by Jacques Loots
n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld.Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park
-
238
Geskep na Sy gelykenis - Wat beteken dit? - Ep.1
Het jy al ooit gewonder wat beteken dit om na God se gelykenis geskep te wees?Is ons steeds in Sy gelykenis? Wat van sonde?Kom luister saam en rys saam met my deur die Woord.
-
237
Wat van Doop - Ep.2
Doop is nie iets wat ons moet uitstel nie. Ek weet nie hoekom ons op 'n plek gekom het waar ons uitstel om gedoop te word vir 'n meer gerieflike tyd, plek of omstandighede nie, maar dis nie wat ek in die Handelinge kerk sien nie. Vir hulle was daar 'n dringendheid om gedoop te word wanneer jy tot bekering kom.Kom kyk saam met ons na die Woord, en los gerus vir ons jou gedagtes, of vrae.
-
236
Wat van Doop - Ep1
Hoe belangrik is dit om gedoop te word?Wat gebeur wanneer jy gedoop word? Is dit iets wat ons doen omdat ons denominasie dit doen, of nie doen nie?
-
235
Geloof wat Berge Verskuif - Ep25
Wanneer ons in geloof bid, in ooreenstemming met die Woord, dan het ons reeds ontvang waarvoor ons gebid het. Reeds, Verlede tyd...
-
234
Geloof wat Berge Verskuif - Ep24
Ongeloof het selfs Jesus gekeer om te kan doen wat Hy graag wou doen in Nasaret, Sy eie tuisdorp.
-
233
Geloof wat Berge Verskuif - Ep23
Dis absoluut moontlik vir 'n wedergebore gelowige, om ook ongeloof en twyfel te hê. En ons moet die guts hê om dit te erken, te bely, en dit los te sny sodat ons kan beryk wat God in en deur ons wil beryk.
-
232
Geloof wat Berge Verskuif - Ep22
Ons moet ernstig wees daaroor om twyfel en ongeloof uit ons lewens te verwyder, want dit kan verhoed dat ons bereik wat God in en deur ons wil bereik.
-
231
Geloof wat Berge Verskuif - Ep.21
As ek en jy 'n afspraak maak vir 'n spesifieke tyd, moet ons seker maak dat ons hou by ons woord, want so leer ons ons vlees dat ons bedoel wat ons sê.
-
230
Geloof wat Berge Verskuif - Ep20
Jou woorde, wat glo en saamstem met God se Worode, het die krag en die mag om die verloop van die toekoms, en sodoende geskiedenis, te verander.
-
229
Geloof wat Berge Verskuif - Ep19
Ons geloof word deur ons woorde geaktiveer. As dissipels van Jesus is ons veronderstel om 'n honger en verwagting hê na die bonatuurlike wat God vir ons beskikbaar het.
-
228
Geloof wat Berge Verskuif - Ep18
Daar is soveel meer krag in ons woorde as wat ons besef.
-
227
Geloof wat Berge Verskuif - Ep17 - Geloof is 'n bewys van dit wat ons nog nie sien nie
Hebr 11:1 sê "Geloof dan ... is 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."Hoe bewys ons wat ons glo?
-
226
Geloof wat Berge Verskuif - Ep16
Volgens Hebr 11:1 is Geloof is vaste vertroue in die dinge wat ons hoop. Bybelse hoop is nie 'n 50/50 storie soos wat ons aan gewoond geraak het in ons elke dag manier van praat nie. Bybelse hoop is 'n verwagting in iets definitiefs. Kom luister gerus saam soos ons hierdie bietjie bekyk.#GeloofwatBergeVerskuif#Geloof#Hoop
-
225
Geloof wat Berge Verskuif - Ep15
Ons kan nie lief hê sonder God nie. Dis onmoontlik. God is liefde. Hy is ons verwysingsraamwerk. Hy is ons BRON van liefde. Ons kan net lief hê as ons van Hom trek, as ons weet hoe lief Hy ons het.En wat is die bewys van Sy liefde?Is dit 'n gevoel?Is dit daai hoendervleis teen my rugraat af in die kerk?Kom luister saam wat sê die Woord
-
224
Geloof wat Berge Verskuif - Ep14
Geloof wat deur Liefde werk - Dis waar die krag is.
-
223
Geloof wat Berge Verskuif - Ep13
As Jesus sê, ons sal kan doen wat Hy gedoen het, wat het Hy daarmee bedoel?
-
222
Geloof wat Berge Verskuif - Ep12
Soek Hom. Dit is die antwoord op al ons bekommernis en om te keer dat geld ons verlei. Ons moenie probeer om minder verkeerde dinge te doen nie, ons moet fokus op Hom en Hom soek. Jesus is ons oplossing!!!
-
221
Geloof wat Berge Verskuif - Ep.11
Hoe kom jou bekommernisse jou vrug steel
-
220
Geloof wat Berge Verskuif - Ep.10
Twyfel kan veroorsaak dat die Woord van God SY krag in ons lewens verloor.
-
219
Geloof wat Berge Verskuif - Ep.9
Markus 4:16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word — wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.
-
218
Geloof wat Berge Verskuif - Ep8
In Matt 14:19 sê Jesus dat die Woord wat ons nie verstaan nie, dat Satan daardie Woord uit ons hart uit kan steel, wat beteken dat daai Woord nooit enige vrug in ons lewe gaan oplewer nie.
-
217
Geloof wat Berge Verskuif - Ep.7
Markus 7:13 sê "So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het..." Dit is moontlik vir my en jou om die krag van die Woord, kragteloos te maak in ons lewens.
-
216
Geloof wat Berge Verskuif - Ep6
Wat hoor mense van Jesus by ons?
-
215
Geloof wat Berge Verskuif - Ep5
Wat is God se nommer 1 manier om geloof in ons aan te wakker?
-
214
Geloof wat Berge Verskuif - Ep4
Geloof wat berge verskuif kom nie van ons wat harder probeer nie, maar dit kom van ons wat ons oë op Jesus gefokus hou.
-
213
Geloof wat Berge Verskuif - Ep3
Genesing is God se idee
-
212
Geloof wat Berge Verskuif - Ep2
Jesus sê in Joh 14:12 "Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan."Is hierdie op ons radar? Om te kan doen wat Jesus gedoen het?
-
211
Geloof wat Berge Verskuif - Ep1
Markus 11:22 - 24 gaan ons doelwit wees deur hierdie reeks."22) Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.23) Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.24) Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
-
210
Ep9 - Die Pasga en Paasnaweek
Hoekom moes hulle die lam wat oorbly, gebrand het?
-
209
Ep8 - Die Pasga en Paasnaweek
Hoekom moes die Pasga lam gebraai word?
-
208
Ep7 - Die Pasga en Paasnaweek
Die bloed van die Pasga lam moes met hisop aan gesmeer word, 'n teken van geloof.Die bloed moes aan die buitekant van die deur aan gesmeer word, want net God kon die regte waarde aan die bloed heg,Die bloed moes ook aan die sy kante en aan die bo kant aan gesmeer word, maar nie onder nie, want die bloed is nie om op te trap nie.Lewe is in die bloed.
-
207
Ep6 - Die Pasga en Paasnaweek
EXODUS 12:5Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.
-
206
Ep5 - Die Pasga en Paasnaweek
EXODUS 12:4Maar as 'n huisgesin te klein is vir 'n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. '
-
205
Ep4 - Die Pasga en Paasnaweek
Die Pasga lam het in die 5dae wat hy in die huis van die Israeliete was, verander van "die" lam, na "sy" lam. Daar was 'n baie persoonlike verhouding teen die tyd wat die lam geslag is
-
204
Ep3 - Die Pasga en Paasnaweek
Kyk saam met ons vandag hoekom moes die pasgalam juis 5 dae voor hy geslag sou word, in die huis in geneem, en hoe stem dit ooreen met Jesus, en die week voor Hy gekruisig is.
-
203
Ep2 - Die Pasga en Paasnaweek
Palm SondagWaar kom die naam vandaan?Was dit toevallig of was dit intensioneel?
-
202
In watter Adam is jy?
I Kor 15:45 leer ons dat daar 'n eerste Adam en 'n laaste Adam is.En ons is almal in die eerste Adam gebore, totdat ons wedergebore word in Jesus, die laaste Adam.So dit maak nie saak hoe goed of heilig jy leef in die eerste Adam nie.Wat saak maak is die geregtigheid van God in die laaste Adam, naamlik Jesus.
-
201
Ep1 - Die Pasga en Paasnaweek
Ons begin 'n nuwe reeks om vir jou te wys hoedat Jesus ook die Pasga vervul het.
-
200
Ep18 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Deel 5 - Paulus se doring in die vlees.Was Paulus besig om blind te word?
-
199
Ep17 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Paulus se doring in die vlees - Deel 4Ons is nie gevrywaar van vervolging nie
-
198
Ep16 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Paulus se doring in die vlees - Gedeelte 3Toe Jesus vir Paulus sê "My genade is vir jou genoeg" het Hy nie bedoel "Suck it up" nie. Hy het hom herhinder aan wat alles tot sy beskikking is.
-
197
Ep15 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Paulus se omstrede doring in die vlees - Deel 2Dit was nie God wat hom die doring gegee het nie.
-
196
Ep14 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Paulus se doring in die vlees... Dit was nooit 'n fisiese siekte in sy vlees nie, maar 'n Ou Testamentiese metafoor. Kom reis saam met ons.
-
195
Ep13 - Antwoorde op moeilike Skrifte - Job
Job het in Job 1:21 gesê dat dit God se skuld is dat sy kinders dood is, God het hulle geneem. Maar wat sê Jesus hieroor?
-
194
Ep12 - Antwoorde op moeilike Skrifte - Job
Kom kyk asseblief vandag saam met ons wat sê Job in hoofstuk 42, nadat hy vir 4 hoofstukke deur God ondervra en geleer is.
-
193
Ep11 - Antwoorde op moeilike Skrifte - Job
Job - Nie alles wat in die Bybel opgeteken is, is deur God gesê en is waarheid nie. Alles is deur die Heilige Gees geïnspireer, maar nie alles is wat God gesê het nie. Soms het mense dinge kwyt geraak uit hulle vlees... Kom luister gerus saam sodat ek kan verduidelik.
-
192
Ep10 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Job - Met wie vereenselwig jy jouself, Job of Jesus?
-
191
Ep9 - Antwoorde op moeilike Skrifte - Job
Job, onder watter verbond het hy gestaan?
-
190
Ep8 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Die Nagmaal - Deel 5Dit gaan nie oor watse brood jy gebruik of wat in jou beker is nie. Dit gaan oor waaraan dit jou herinner!!
-
189
Ep7 - Antwoorde op moeilike Skrifte
Nagmaal - Deel 4Die nagmaal is nie 'n nuwe weergawe van die pasga nie.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld.Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park
HOSTED BY
Jacques Loots
CATEGORIES
Loading similar podcasts...