Nuus podcast artwork

PODCAST · news

Nuus

Nuusmakers in hul eie woorde.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jul 11, 2026 · Source feed

  1. 26

    Nuus in nét 2 minute - 16 Januarie 2026

    Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24

  2. 25
  3. 24

    LUISTER | Carike Keuzenkamp gesels oor Kraaines

    Nuusmakers in hul eie woorde. Netwerk24

  4. 23
  5. 22
  6. 21
  7. 20
  8. 19

    EKSKLUSIEF | LUISTER SELF: Kleuterzone-belegger: Só het Bougas my ingekatrol

    Anthonie Bougas, stigter van die Kleuterzone Groep van Skole, het daarin geslaag om op groot skaal duisende beleggers met leë beloftes te lok om in sy kleuterskole-skema te belê. ’n Belegger, wat slegs as Alicia geïdentifiseer wil word, het in Augustus 2023 betrokke geraak en saam met haar man, suster en swaer saam sowat R1,5 miljoen in die skema verloor. Alicia het met Netwerk24 stemboodskappe tussen haar en Bougas gedeel waarin ’n mens self kan hoor hoe Bougas haar met “geoliede verkoopsmanpraatjies” en “leë beloftes” ingelok het. Netwerk24

  9. 18

    Luister | Eksklusief - Bougas praat oor Liebenberg, ponzi's en hoe hy slaap in die nag

    Enkele dae nadat die bom om Anthonie Bougas, stigter van die Kleuterzone Groep van Skole, se kop gebars het, het Jana van der Merwe, Netwerk24 se ondersoekende redakteur, self met hom gesels. Luister hier na uittreksels van die gesprek op 20 Februarie, voordat hy landuit is. Netwerk24

  10. 17

    Julano King sing die Paulus Joubert Sekondêre Skool se derby-liedjie

    Julano King (18) was die hoofseun van die Paulus Joubert Sekondêre Skool in die Paarl. Hy is op 17 Julie dood nadat hy glo deur 'n familielid in die nek gesteek is. Julano was ’n rymkletser wat voor sy dood, die skool se derby-liedjie opgeneem het. Netwerk24

  11. 16

    Des Rohde, bestuurder: SAVF Die Anker, vertel aan Quinton Lourens meer oor die brand by die tehuis

    Des Rohde, bestuurder: SAVF Die Anker, vertel aan Quinton Lourens, Netwerk24-joernalis, meer oor die brand by die tehuis in Germiston waarin een inwoner dood is. Netwerk24

  12. 15

    LUISTER | Dreigboodskap van 'n vermeende Colombiaanse dwelmkartel

    Dit is die stemboodskap waarin beweer word dat Peter Jaggers ontvoer is na Suid-Amerika toe. Netwerk24

  13. 14

    LUISTER | Stemboodskappe tussen kunstenaar, kliënt

    Stemboodskappe wat Santha Vermaas, 'n Pretoriase kunstenaar, aan een van haar vermeende slagoffers gestuur het nadat die vrou vrae begin vra het oor geld wat sy betaal het vir goedere wat sy glo nie ontvang het nie. Netwerk24

  14. 13

    LUISTER | Steenhuisen betuig medelye

    John Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag sy medelye oor die dood van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, uitgespreek. Netwerk24

  15. 12

    LUISTER | Telefoongesprek oor Cloete Murray maak opslae

    ’n Telefoongesprek tussen twee likwidateurs enkele dae ná die koelbloedige moorde op die bekende likwidateur Cloete Murray, en sy seun Thomas, maak wyd opslae. Karen Keevy, wat vandeesweek as mededirekteur van Commonwealth Trust in Alberton bedank het, beweer in die gesprek met Johan Engelbrecht hulle het almal geweet “dis net ’n kwessie van tyd” voordat iemand vir Cloete Murray leed sou aandoen. Netwerk24

  16. 11

    LUISTER | Kwessie van betogings lei bykans tot rasseherrie in komitee

    Thapelo Mogale, ANC-LP, het tydens Dinsdag se sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor hoër onderwys, wetenskap en innovering gesê hy vind dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP, se uitlatings aanstootlik. Video: YouTube/ParliamentofRSA Netwerk24

  17. 10

    Op die toneel - Zuma-ondersteuners dwing N3 tot stilstand

    Dennis Delport berig daar is tans grootskaalse verkeersontwrigting op die N3 tussen Durban en Pietermaritzburg. Netwerk24

  18. 9

    Netwerk24 in Nkandla - Ambulans glo vir 'siek' Zuma

    Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou. Netwerk24

  19. 8

    Netwerk24 in Nkandla - Ambulans toegang geweier na Nkandla

    ’n Ambulans het pas by die hoofhek na die Nkandla-woonkompleks opgedaag, maar die dansende Zuma-ondersteuners weier om pad te gee en die ambulans te laat ingaan. Netwerk24-joernalis, Dennis Delport, doen regstreeks verslag uit Nkandla soos die Zuma-saak ontvou. Netwerk24

  20. 7

    LUISTER: Netwerk24 se joernalis vertel uit Nkandla

    Só dans en sing ondersteuners nou voor Zuma se Nkandla-huis. Dennis Delport vertel op die toneel. Netwerk24

  21. 6

    'n standbeeld vir Diana, prinses van harte

    'n Standbeeld van Diana, ontslape prinses van Britanje word op wat haar 60ste verjaardag sou wees in die gesonke tuin van Kensingtonpaleis in London onthul. Haar twee seuns, Prins William en Prins Harry het in 2017 opdrag vir die standbeeld gegee - toe hulle nog met mekaar gepraat het. Koninklike waarnemers soos Netwerk24 se Arlene Prinsloo, hoop dat die onthulling die twee broers daaraan sal herinner dat hulle ma wou hê hulle moet beste vriende bly. Netwerk24

  22. 5

    'Toe soen die prins haar sommer twee keer!'

    'n Groot Suid-Afrikaanse vlag het tien jaar gelede langs die pad gepryk waar Engeland se Prins William en sy nuwe bruid, duisende mense gegroet het. Netwerk24 se eie Arlene Prinsloo het die vlag daardie dag in Londen laat wapper. Netwerk24

  23. 4

    'n Afskeid vol simboliek in Brittanje

    'n Statige begrafnisdiens gestroop van oordaad is hoe Prins Philip van Brittanje se afskeid beskryf word. Desondanks was dit steeds 'n afskeid waarin simboliek 'n groot rol gespeel het, vertel Arlene Prinsloo van Netwerk24 wat regstreeks daaroor verslag gedoen het. Netwerk24

  24. 3

    Prins Philip se anderster begrafnisdiens

    Koninklike protokol en tradisie moet die knie voor Covid-19-regulasies buig met die begrafnisdiens van Brittanje se prins Philip Saterdag. Is dié anderster begrafnis dalk tekenend van nog veranderinge wat vir die koningsgesin voorlê? Arlene Prinsloo, 'n webredakteur van Netwerk24, gee haar mening. Netwerk24

  25. 2

    Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa

    Die dood van prof. Christof Heyns het nie net as as ‘n skok gekom vir vriende en familie nie, maar ook vir talle mense in akademiese- en regskringe. Linda van Tilburg, oud TV-joernalis, het hierdie onderhoud in Oktober verlede jaar met hom gevoer nadat hy besluit het om hom nie weer beskikbaar te stel as lid van die Verenigde Nasies se Menseregte-komitee nie hoewel die regering wou gehad het hy moes vir nog ‘n termyn dien. Heyns was die afgelope dekade instrumenteel in die herskryf van internasionale protokolle oor menseregte, eers as ‘n spesiale rapporteur van die VN en die afgelope vier jaar as ‘n lid van die Menseregte-komitee. Hy was as ‘n spesiale rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings lid van ‘n span wat die Minnesota Protokol herskryf het. Dié ervaring het hom in staat gestel om protokolle te verander wat tot ‘n beter ondersoek kon gelei het na die moord op sy pa, prof. Johan Heyns voormalige moderator van die NG Kerk. Sy pa is op die aand van Guy Fawkes-dag in 1994 deur ‘n sluipmoordenaar doodgeskiet. Sy moordenaar is nooit gevind nie. Heyns het in die onderhoud vertel van sy werk as ‘n internasionale menseregtekenner wat meegebring het dat hy by by verskeie internasionale universiteite klas gegee het, hoe hy die bekende menseregte-prokureur Amal Clooney ontmoet het, die land waarin hy verbied is om ooit weer sy voete te sit, wat hy van sy pa se onopgesloste moord en die toekoms van menseregte in die wêreld dink. Netwerk24

  26. 1

    RSG en herstrukturering by die SAUK

    Magdaleen Krüger, hoof van Radio Sonder Grense, het op Spektrum, dié radiostasie se middagaktualiteitsprogram, gesê dit is fopnuus dat Afrikaans bedreig word deur herstrukturering by die SAUK. Netwerk24

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Nuusmakers in hul eie woorde.

HOSTED BY

Netwerk24 Klankgolwe

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Nuus have?

Nuus currently has 26 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Nuus about?

Nuusmakers in hul eie woorde.

How often does Nuus release new episodes?

Nuus has 26 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Nuus?

You can listen to Nuus on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Nuus?

Nuus is created and hosted by Netwerk24 Klankgolwe.
URL copied to clipboard!