Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa episode artwork

EPISODE · Mar 29, 2021 · 15 MIN

Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa

from Nuus · host Netwerk24 Klankgolwe

Die dood van prof. Christof Heyns het nie net as as ‘n skok gekom vir vriende en familie nie, maar ook vir talle mense in akademiese- en regskringe. Linda van Tilburg, oud TV-joernalis, het hierdie onderhoud in Oktober verlede jaar met hom gevoer nadat hy besluit het om hom nie weer beskikbaar te stel as lid van die Verenigde Nasies se Menseregte-komitee nie hoewel die regering wou gehad het hy moes vir nog ‘n termyn dien. Heyns was die afgelope dekade instrumenteel in die herskryf van internasionale protokolle oor menseregte, eers as ‘n spesiale rapporteur van die VN en die afgelope vier jaar as ‘n lid van die Menseregte-komitee. Hy was as ‘n spesiale rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings lid van ‘n span wat die Minnesota Protokol herskryf het. Dié ervaring het hom in staat gestel om protokolle te verander wat tot ‘n beter ondersoek kon gelei het na die moord op sy pa, prof. Johan Heyns voormalige moderator van die NG Kerk. Sy pa is op die aand van Guy Fawkes-dag in 1994 deur ‘n sluipmoordenaar doodgeskiet. Sy moordenaar is nooit gevind nie. Heyns het in die onderhoud vertel van sy werk as ‘n internasionale menseregtekenner wat meegebring het dat hy by by verskeie internasionale universiteite klas gegee het, hoe hy die bekende menseregte-prokureur Amal Clooney ontmoet het, die land waarin hy verbied is om ooit weer sy voete te sit, wat hy van sy pa se onopgesloste moord en die toekoms van menseregte in die wêreld dink. Netwerk24

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 29, 2021

Embed this episode

Ready to play

Prof. Christof Heyns praat oor sy loopbaan, menseregte en die moord op sy pa

0:00 15:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Nuus?

This episode is 15 minutes long.

When was this Nuus episode published?

This episode was published on March 29, 2021.

Can I download this Nuus episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!