Skip to content
RSG Dokumentêr podcast artwork

PODCAST · society

RSG Dokumentêr

by RSG

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Sep 25, 2026 · Source feed

Episodes

  1. PLEKTRUM deur Esté de Klerk

    ‘n Plektrum is ‘n klein stukkie gereedskap wat gebruik word om snaarinstrumente mee te tokkel. Vir die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz, is ‘n plektrum deel van sy persoonlike arsenaal, en versinnebeeld dit dat iets klein - ook in die lewe - ‘n groot…

    more
  2. GESTEEL UIT DIE GROND: VETPLANTE VIR DIE WÊRELDMARK deur Jacqui January

    Jacqui January neem ons na ‘n verlate klipkoppie waar mans douvoordag skaars vetplante stroop vir die wêreldmark. Kenners gesels oor versamelaars se beheptheid met vetplante, en ons hoor wat die verskil tussen en vetplant en ’n kaktus is. Skrywer Irna van Zyl vertel hoe ‘n onskuldige potplant ’n...

  3. SUID-AFRIKA SE KAALVOETKONINGIN, ZOLA BUDD deur Jody Hendricks

    Zola Budd is bekend is vir haar kaalvoetstyl, wêreldrekords en ’n Olimpiese loopbaan, waarin sy vir twee lande deelgeneem het. Sy het die 5000 m-wêreldrekord in 1984 verbeter, maar dit is nie internasionaal erken nie. Sy het ook vir Groot Brittanje by die 1984 Olimpiese Spele aan die 3000 m...

  4. KOEBAAI KELDERS VAN GEHEIME deur Haidee Muller-Isaacs

    KELDERS VAN GEHEIME was eTV se eerste plaaslik vervaardigde Afrikaanse daaglikse drama oor al die intrige, liefdeskinkels en donker geheime op die fiktiewe wynplaas, Soebatskloof, in die Kaapse wynlande. Die uitsaaier het ná net twee seisoene besluit om die reeks te kelder, in weerwil daarvan dat...

  5. DIE GIF IN JOU HAND: DIE ONSIGBARE PRYS VAN E-ROMMEL deur Lizelle de Bruin

    Ons almal het daardie laai vol ou selfone, kabels en toestelle wat ons lankal nie meer gebruik nie, en niemand weet wat daarmee gebeur as jy dit weggooi nie. Lizelle de Bruin en Niel Roux het besluit om hulle kantoor skoon te maak, en met ’n klomp ou elektroniese toestelle na ’n afvalfasiliteit…

    more
  6. DIS JOU PAD, MAGDA deur Ina Strydom

    Magda van Biljon sal vir baie mense altyd die “Wielie Walie-tannie” wees, want sy het dié program op SAUK-televisie vir 14 jaar lank aangebied. Maar haar talent én haar bydrae tot die kuns- en vermaakbedryf strek baie verder. Sy vertel onder meer van die verskillende aspekte van haar loopbaan…

    more
  7. SIEKEFONDS OF SKYNVEILIG? deur Mari Hudson

    As die ongebreidelde styging in mediesefondspremies en private gesondheidsorg aanhou voortduur, kan private sorg buite bereik van nog meer mense raak. Is dit enigsins nog die moeite werd om aan ‘n mediese fonds te behoort? Mari Hudson het gaan uitvind hoe werk mediese fondse in Suid-Afrika…

    more
  8. DIE GEVAAR IN ONS GROEN ARE deur Esté de Klerk

    Hoe besoedel is Suid-Afrika se riviere? Wat veroorsaak dit? Wie is verantwoordelik daarvoor? Ontbreek daar ‘n politieke wil? Is daar ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid op regeringsvlak om ‘n toenemende natuurramp af te weer? Is dit te laat om hierdie situasie om te keer? Esté de Klerk stel…

    more
  9. DIE LANGPAD deur Ettienne Ludick

    Om ’n langafstand-vragmotorbestuurder te wees, is nie in elke mens se bloed nie. Dis lang ure weg van jou geliefdes, en gevare op die pad wat genavigeer moet word. Ons pak ‘n reis aan saam met drie langafstanddrywers, wat die menswees agter die stuur van tonne vrag ontbloot. Hoor die passie, die...

  10. NIE VIR HAAR GEBOU: DIE GESLAGSGAPING IN DIE ONGELUK deur Martelize Brink

    Vroue is meer geneig om ernstig beseer te word, of te sterf, in motorongelukke as mans, met 'n 73% hoër waarskynlikheid van ernstige beserings in vergelykbare ongelukke. Vroue ly meer beserings aan die onderste ledemate, buik en bors, terwyl mans meer geneig is tot rugbeserings en, oor die...

  11. MET DIE HELM GEBORE deur Flip Loots

    Die sien van rampe, voorbodes, geluk, besonder gelukkig wees - dit is alles woorde wat gebruik word vir iemand wat in die volksmond bekendstaan as “met die helm gebore” te wees. Maar wat beteken dit? Die verskynsel dat baba’s met die vrugwatersak (helm) oor die kop gebore word, is baie skaars.…

    more
  12. MUSIEK IN DIE ARE: GESLAGTE VAN PAPIER-MUSIEK deur Carla Mackenzie

    Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis. Sedert 1932 weerklink die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hulle gemeenskap...

  13. ’N PADDA IS ‘N DING WAT SPRING, OF NIE? deur Kobus Rudolph

    Hoekom kry mens paddas in jou huis? Kan ‘n padda muurklim? Hoekom verdrink paddas as hulle amfibieërs is? Kry mens vratjies van paddas? Is paddas giftig? Reën dit paddas as daar dan so baie paddas is wanneer dit reën? Hoekom kwaak ‘n padda? Hoe lank slaap ‘n padda in die winter? Waar bly paddas?...

  14. WAT LAG JY? deur Ina Strydom

    Humor is so oud soos die berge – en deel van die menslike bestaan. Daar is ook talle genres van humor, en dit word in talle vorme aangebied. Verskeie kenners praat oor lag en humor: waarvoor en hoekom lag mense; wat gebeur in die brein as ‘n mens lag; en hoe word humor deur die tydsgees beïnvloed.

  15. IN DIE SKADU VAN VERSLAWING deur Jaco de Waal

    Verslawing begin nie altyd met ’n groot besluit nie. Soms begin dit stil, en voor jy dit besef, het dit jou hele lewe oorgeneem. Jaco de Waal kyk na wat werklik gebeur wanneer iemand verslaaf raak – van die brein se reaksie tot die emosionele en persoonlike stories daaragter. Ons hoor van…

    more
  16. O, VLOEK! OM TE SWETS OF NIE? deur Esté de Klerk

    Is jy ‘n chroniese vloeker? Vloek jy nét wanneer jy tussen jou vriende is, en glad nie wanneer jy by jou ma is nie? Swets jy meestal in Afrikaans, of in Engels? Wat bewys die navorsing hieroor? Wat is die kraswoord wat Suid-Afrikaners die meeste gebruik? Gebruik mense vloekwoorde in verskillende...

  17. VRYLOOP: IS DIT WAARLIK “VRY”? deur Martelize Brink

    Jy koop vryloop, of te wel “free range”-produkte, want jy wil die gesondste moontlike produk eet, of jy gee om vir die lewenskwaliteit van die dier en hulle welsyn. Maar, weet jy wat daardie etiket op die produk waarlik aandui? Beteken vryloop altyd gelukkige diere wat vrylik beweeg? Indien dit…

    more
  18. DIE SOEKTOG NA LUITENANT MULLER MEIRING SE RATEL deur Kobus Rudolph

    Honderd en vyf oudsoldate en ouddienspligtes het in 2018 na Angola gereis op die ou paaie van slagvelde en gevegte. Dié toer is aangebied deur 61 Gemeganiseerde Bataljon se Militêre Veteranevereniging. Baie van die mans wroeg al vir jare oor die hartseer en pyn wat hulle as jong seuns ervaar het....

  19. ROGER SEDRES WÊRELDKLAS-SPORTFOTOGRAAF SONDER AANSIT deur Haidee Muller-Isaacs

    Met verskeie Olimpiese Spele en ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Span SA se amptelike sportfotograaf. Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le…

    more
  20. HET ONS NOG GROEN VINGERS? deur Tharien Oosthuizen

    Het jy geweet die krag van groen vingers lê nie net in wat ons kan kweek nie, maar in hoe die praktyk van tuinmaak ons psige voed. Om ’n tuin te beplan, plante te versorg, en te sien hoe saadjies lewe bring, het ’n terapeutiese waarde wat fokus, rus en emosionele stabiliteit bevorder. Tharien...

  21. AGTER DIE MUSIEK: VAN SKOUSPEL TOT GROOT deur Wihann Nel

    Van Huisgenoot Skouspel se glansdae tot Afrikaans is Groot se twee naweke van uitverkoopte vertonings – hierdie dokumentêr neem jou op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika. Wihann Nel ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se...

  22. REUSE WAT REKORDS LAAT SPAT deur Flip Loots

    Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater...

  23. OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan

    Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by 'n glykitaar-byeenkoms. Die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy...

  24. ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard

    Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.

  25. DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker

    Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En...

  26. STYL SONDER 'N HAP UIT JOU BEURSIE deur Sue Pyler-Slabbert

    Jy sal veel eerder 'n motor tweedehands aanskaf as wat jy enige iets anders sommer sal koop, maar hier is 'n wêreld wat jou twee keer sal laat dink. Thrifting of snuffelkoop is 'n florerende, globale verskynsel met 'n mark ter waarde van miljarde, gedryf deur die begeerte na bekostigbare, unieke...

  27. CHRISTO VAN DER RHEEDE: GOEDGEMAAK OP GOEDVERWACHT deur Haidee Muller-Isaacs

    Christo van der Rheede is gebore op Goedverwacht, anderkant Piketberg in die Wes-Kaap. Desjare was hy eers ‘n musiekonderwyser en later skoolhoof. Toe beland hy by die Stigting vir Bemagtiging Deur Afrikaans (SBA) as uitvoerende hoof. Later het Christo homself geanker as sleutelfiguur in...

  28. EK MIS MY KIND deur Esté de Klerk

    Ouervervreemding is die ergste vorm van emosionele kindermishandeling wat toegepas kan word, omdat die kind - wat doelbewus deur sy een ouer van sy ander ouer vervreem word - tot só ‘n mate geïndoktroneer word, dat hy of sy gevoelens van haat teenoor die teikenouer begin koester. In die meeste...

  29. LAURIKA: LIED VAN ’N LEWE deur Jacqui January

    ’n Dokumentêre program oor die lewe en werk van Laurika Rauch. Van “Kinders van die Wind” tot die hartklop van die land, volg ons haar reis deur musiek, herinnering en menswees. Dis ’n eerbetoon aan ’n ikoon, wat nie net gesing het nie, maar ons laat voel het.

  30. MATIES-RUGBY 150: ‘N NALATENSKAP WAT INSPIREER deur Jody Hendricks

    Die bekende Maties-rugbyklub is vanjaar 150 jaar oud - ’n beduidende mylpaal in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis. Sedert die klub se ontstaan in 1875 met ’n wedstryd op Die Braak (gespeel met ’n ronde bal) het die klub gegroei tot een van die mees gedugte instellings in die geskiedenis van die spel.

  31. Bonuspotgooi: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK

    Tydens die maak van JEFFREYSBAAI: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK het Ilse Salzwedel ook gaan inloer by die Jbay Recycling Project, ‘n nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om die omgewing rommelvry te hou. Hulle doen dit op ‘n manier wat ook die kinders van Jeffreysbaai bemagtig. Die...

  32. DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK deur Ilse Salzwedel

    Jeffreysbaai is een van die die top-10 branderry-bestemmings ter wêreld, maar ‘n bankrot munisipaliteit het byna veroorsaak dat toeriste die dorp begin vermy het. Toe spring die inwoners self in... Deesdae is dit weer een van die drie gewildste kusdorpe in die land, en ‘n model vir goeie...

  33. DURBANVILLE 200: VAN PAMPOENKRAAL TOT DURBANVILLE deur Johan Rademan

    Durbanville is ‘n landelike dorpie, skaars 25 km van Kaapstad af, wat al die Suiwelboer van die Jaar, Die Graanboer van die Jaar en driemalige Generaal Smutstrofee neffens die betonoerwoud verower het. Die kerk en skool het, soos in baie Suid-Afrikaanse dorpe, ‘n groot rol gespeel in die vorming...

  34. VAN POOL TOT POOL: ARKTIESE EN ANTARKTIESE SEE-YS deur Martelize Brink

    See-ys is vir die oseaan se ekostelsel soos grond vir die woud. Wanneer seewater koud genoeg word om te vries, verdryf dit sout, wat veroorsaak dat kanale in die ys vorm. Alge groei binne hierdie kanale, en vorm ‘n integrale basis van die voedselketting. Satellietdata-opnames van see-ys het in…

    more
  35. MARIA’S MANOR: DIE KUNS EN LEWE VAN PORTCHIE deur Carla MacKenzie

    Hy is die seun van ‘n groenteboer van die Vrystaat. Sy opgang in die kunswêreld is opspraakwekkend. Carla McKenzie vind uit hoekom Portchie se kuns tot soveel mense spreek. Sy kunswerke is 'n handelsmerk van helder kleure, vorms, fietse, hoenders en blou bome. Die vleulklavier, beelde en…

    more
  36. AGTER GESLOTE DEURE deur Heindrich Wyngaard

    Die pandemie van geslagsgeweld in Suid-Afrika word in hierdie dokumentêr deur Heindrich Wyngaard ondersoek. Hy stel ’n aantal vroue aan die woord – ’n politieke wetenskaplike, aktiviste, ’n regsgeleerde, ’n sangeres en ’n oorlewende van GBV. Die joernalis, Julian Jansen, skrywer van Die moord op...

  37. VEELSYDIGE VAKMEESTER: WOUTRINE THERON deur Ina Strydom

    Aktrise, dosent, skrywer, teaterbeoordelaar, en stigter van die Nasionale Toneelkompetisie is maar net ván die beskrywings wat van Woutrine Theron gegee kan word. Sy het algemene bekendheid verwerf as Grieta in die destydse televisiereeks, Nommer Asseblief; was vir 30 jaar as dosent verbonde aan...

  38. OP ELKE STRAATHOEK: IS DAGGA DIE NUWE WONDERKUUR? deur Jaco de Waal

    Dagga, vir jare ’n taboe, is nou ’n alledaagse gesprekspunt. Van pynverligting tot geestesgesondheid word cannabis toenemend as ’n natuurlike alternatief voorgestel. Maar hoeveel daarvan is medies geregverdig, en hoeveel is bloot bemarking? Jaco de Waal ondersoek die opkoms van mediese cannabis…

    more
  39. TACO KAMSTRA: OP SY EIE WERF deur Kobus Rudolph

    In Taco Kamstra se werf is daar ‘n kerktoring en kerkklok, wat uittroon bo sy vliegtuig in sy voorplaas! ‘n 1919 Model T-Ford, wat nog met ‘n slinger aangedraai word, en vele ander voertuie, begroet die mense wat verby sy huis/museum in Pretoria ry of besoek aflê. Taco moes leer om die miniatuur...

  40. DIE KLEUR VAN LAKENS deur Tharien Oosthuizen

    Persone wat trauma beleef is bang en onseker, en het ondersteuning nodig om hulle deur hierdie donker tyd te neem. Dit is hier waar traumaberaders ‘n baie belangrike rol speel. Hulle is die spreekbuis tussen die familie, die pasiënt, en die traumachirurg. Tharien Oosthuizen het tyd spandeer met...

  41. TAFELBERG SE KABELKAR deur Johan Rademan

    Die afgelope 96 jaar word Tafelberg se kabelkar ingespan om mense en goedere op en af te laat ry. Johan Rademan het in die skadu van ou Tafelberg gaan kuier.

  42. LIEDJIEBOER: DIE ANTON GOOSEN-VERHAAL deur Ettienne Ludick

    Ettienne Ludick vat die pad Gansbaai toe, waar hy delf in die ryk geskiedenis van 'n lewende legende. Van sy dae op skool toe 'n sielkundige vir hom gesê het musiek is nie vir hom beskore is, tot sy jongste album, Sirkels, met 'n 49 jaar lange reis tussen in. Anton Goosen vertel sy storie nes 'n...

  43. DIE PROBLEMATIEK VAN PAROOL deur Ilse Salzwedel

    Ilse Salzwedel ondersoek ‘n kwessie wat die laaste paar maande dikwels voorbladnuus gehaal het: Behoort geweldsmisdadigers parool te kry, of nie? (Die program is nie geskik vir sensitiewe luisteraars of kinders nie, aangesien dit beskrywings van geweld bevat)

  44. SWARTKOPS-SOUTPANNE: VAN SEE TOT SOUT deur Jacques Arendt

    Langs die kus van die Oos-Kaap, waar die Swartkopsrivier sy sout water in die see uitstort, lê ’n storie gewortel in die aarde, die see, en die hande van mense. Dit is die verhaal van Swartkops-seesout – ’n natuurlike skat wat met geduld en sorg geskep word. Jacques Arendt neem jou op ’n reis na...

  45. DIE SKATKIS VAN DIE SAUK deur Elsje van Jaarsveld

    Iewers in ‘n kelder by die nasionale uitsaaisentrum in Aucklandpark lê ‘n skatkis. ‘n Skatkis met pêrels van uitsaaiwese, wat strek oor langer as ‘n eeu. Dié skatte behoort aan elke Suid-Afrikaner. Dis volksbesit. Elsje van Jaarsveld ontdek weer hierdie juwele. Hier tref sy die voetspoere van...

  46. HIER VOLG DIE NUUS deur Ina Strydom

    Mariëtta Kruger se uitsaailoopbaan strek oor meer as vier dekades, en sy is ewe bekend op radio as op televisie. Sy is bekend vir haar keurige taalgebruik, haar werksetiek en uiterste professionaliteit, en haar kundigheid.

  47. JAMESTOWN: 'N STUKKIE PARADYS deur Haidee Muller-Isaacs

    Haidee het afgesit na Jamestown, ook bekend as Webersvallei, 'n hegte gemeenskap met 'n ryk erfenis. Daar het sy die mooiste stories gehoor van ‘n gemeenskap wat passievol is oor dié dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch. Vandag nog deel hulle in mekaar se lief en leed.

  48. DIE VERDWYN VAN DIE AFRIKAPIKKEWYN deur Martelize Brink

    Volgens sommige omgewingskundiges is dit nie meer ‘n vraag of die brilpikkewyn, ook bekend as die Afrikapikkewyn, sal uitsterf nie. Die pikkewyn, endemies tot Afrika, is krities bedreig. Met só min individuele voëls in die natuur, sal die bevolking funksioneel uitgesterf wees teen 2035. Martelize...

  49. KAALKOP DIE WAARHEID deur Flip Loots

    Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen.

  50. DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA deur Kobus Rudolph

    Die Bergklub van Suid-Afrika is een van die oudste bergklubs in die wêreld, met 6 000 lede wat passievol is oor die natuur, bewaring, berge, stap, klim, rotsklim, die buitelewe en gewaagde vryklim. Hulle soek- en reddingspanne is die mense wat dwarsoor die land verantwoordelik is vir soek- en...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

HOSTED BY

RSG

Frequently Asked Questions

How many episodes does RSG Dokumentêr have?

RSG Dokumentêr currently has 365 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is RSG Dokumentêr about?

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

How often does RSG Dokumentêr release new episodes?

RSG Dokumentêr publishes regularly with 365 episodes available. Check the episode list for the typical release schedule.

Where can I listen to RSG Dokumentêr?

You can listen to RSG Dokumentêr on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts RSG Dokumentêr?

RSG Dokumentêr is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!