Skip to content
Sterre en Planete podcast artwork

PODCAST · science

Sterre en Planete

by RSG

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 4, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Sterrre en planete: Ruimteweerraaisel opgeklaar; Nobelprys vir Fisika

    11 Oktober 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer en verduidelik hoe wetenskaplikes onlangs ’n 1840’s ruimteweerraaisel opgeklaar het. Hy verklaar ook ’n skielike afname van 30% in atmosferiese straling wat studente in 2024 met instrumente op ballonne gemeet het. Prof. Matie Hoffman…

    more
  2. Sterre en planete: “Cubesats”; Lagrange-wentelbaan

    4 Oktober 2026: Ons praat oor sogenaamde “cubesats” - een wat sowaar van hout gemaak is! Ons praat ook oor hoekom die materiale waarvan ruimtetuie gebou word, baie versigtig gekies moet word. Die span verduidelik die spesiale Lagrange-wentelbaan waarin die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop…

    more
  3. Sterre en planete: Starlink-flitse is VVV’s?

    27 September 2026: Ons hoor by Johan le Roux watter interessantehede voorlê in Oktober se nagte, asook die interessanthede wat in die geskiedenis in Oktober gebeur het. Hoekom rapporteer mense dikwels sogenaamde Starlink-flitse as VVV’s? Ons kon toe sowaar die skip wat SpaceX se Starship…

    more
  4. Sterre en planete: Sterrekunde in Namibië

    20 September 2026: Ons kuier in Namibië en hoor van die Africa Millimeter Projek, en hoe baie sterrekundige aktiwiteite daar in dié land is. Ons gaste, Zandré en Ndu, vertel van hulle betrokkenheid by sterrekundeuitreike en onderwys. Ons hoor ook van Namibië se deelname aan die NASA...

  5. Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig

    13 September 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en beantwoord ’n luiteraarsvraag oor die invloed van sonweer op langafstand-radiokommunikasie. Die Parker Solar Probe het weer ’n rekord nabyverbyvlug van die son gedoen, binne 6,2 miljoen kilometer van die sonoppervlak, en teen 700 000…

    more
  6. Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop

    6 September 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop, en hoe dit vergelyk met Hubble en James Webb. Kan Hubble se lewe verleng word deur sy wentelbaan te verhoog? Daar is dalk ’n kans dat ons die herwinde Starship om die Kaap kan sien verbyvaar.

  7. Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het

    30 Augustus 2026: Komete het dikwels die geskiedenis herskryf. Kort ná Julius Caesar se dood het daar ’n komeet verskyn wat so helder was, dat dit in die dag sigbaar was. Dit het die mense oortuig dat dit sy siel is, wat op pad na die hemel is. Nóg ’n dagkomeet het die fotografiese era in...

  8. Sterre en planete: Africa2Moon-projek

    23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is 'n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te...

  9. Sterre en planete: Sterrekundiges meet iets wat Einstein voorspel het, wat te klein is om te meet

    16 Augustus 2026: Ons gas is ’n Suid-Afrikaner wat sy doktorsgraad in Australië doen, waar hulle dit kon regkry om iets te meet wat Einstein voorspel het. Dit word moontlik gemaak deur data van die Meerkat-teleskoop van sterre wat tot ’n duisend keer per sekonde om hulle eie as roteer.…

    more
  10. Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan

    9 Augustus 2026: Dr. Stefan Lotz vertel van ‘n besonderse sonuitbarsting aan die begin van Augustus. Prof. Matie Hoffman vertel die storie van die SpaceX-vuurpylstadium wat met die maan gebots het. Botsings het nogal ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die heelal, asook die ontstaan...

  11. Sterre en planete: Maan-na-Mars-marathon; 20 Julie; Herwinning van vuurpyle

    2 Augustus 2026: Jim Adams vertel van ’n Maan-na-Mars-marathon, en hoekom 20 Julie ’n spesiale datum is vir die Maan en Mars, met ’n besonderse Suid-Afrikaanse verbintenis. Ons hoor hoe StarShip gebou word om te verhoed dat die vuurpyl swig onder die geweldige lanseringskragte, en dat daar nou…

    more
  12. Sterre en planete: Maansverduistering in Augustus

    26 Julie 2026: Augustus se hoogtepunte sluit in ‘n besonderse maansverduistering. Ons word ook weer herinner aan interessante Russiese sendings destyds, soos Spoetnik 5 in 1960 waarin twee honde, ’n konyn, veertig muise en twee rotte ‘n rit na die ruimte meegemaak het en weer veilig teruggebring…

    more
  13. Sterre en planete: Agter die skerms

    19 Julie 2026: Het jy geweet dat Sterre en Planete oorspronklik as ’n vyfminuut insetsel in Hennie Maas se kontinuïteitskof begin het? Willie Koorts se eerste regstreekse uitsending op RSG was in Desember 2002 op die “Verduisteringstrein” vanaf die hoogste stasie in Suid-Afrika. Ons luister na...

  14. Sterre en planete: Hoekom flikker sommige hemelliggame in verskillende kleure?

    12 Julie 2026: Dr. Stefan Lotz het die jongste ruimteweervoorspelling. Ons hoor watter invloed die son op die ander planete in ons sonnestelsel het. ’n Luisteraar wil weet hoekom flikker party hemelliggame in verskillende kleure, terwyl ander net wit lyk? En, hoekom word die Hubble- en James Webb...

  15. Sterre en planete: Voyager 1; Perseverance Marskarretjie

    5 Julie 2026: Die 50-jaar oue Voyager 1-ruimtetuig moes nóg ’n instrument afskakel weens ’n tekort aan krag. JPL ingenieurs het ’n blink plan uigedink sodat die Perseverance Marskarretjie nou op Mars kan navigeer sonder GPS. Die volgende groot ruimteteleskoop het in Florida aangekom om binnekort...

  16. Sterre en planete: Planete wat stilstaan, of agteruitbeweeg?

    28 Junie 2026: Ons praat oor planete wat stilstaan en selfs agteruitbeweeg, na sterrekundiges wat 12 voet onder die grond of selfs op die maan begrawe is, en hoe NASA ’n boete opgelê is vir rommelstrooi van ’n ruimtestasie.

  17. Sterre en planete: Die lewe van ‘n tegnikus by ’n afgeleë sterrewag

    21 Junie 2026: Hoe is die lewe om as tegnikus by ’n afgeleë sterrewag op ’n koppie in die middel van nêrens te bly, en om diep in die nag uitgeroep te word om ’n fout op ’n teleskoop reg te maak? Toe die Covid-inperkings destyds toegeslaan het, was die Sutherland Sterrewag toevallig slaggereed,...

  18. Sterre en planete: Wat veroorsaak die kring om die maan?

    14 Junie 2026: Wat is helioseismologie? Dit is soos om aardbewings op die son te meet, maar vanaf die aarde! Waarvoor word dit gebruik? Hoe vorm die kring om die maan, en voorspel dit wind? Kan jy dieper in die ruimte kyk deur jou verkyker se fokus te verstel?

  19. Sterre en planete: Blue Origin-vuurpyl ontplof; kernafval in die ruimte

    7 Junie 2026: Daar was ’n massiewe ontploffing van ’n reuse Blue Origin-vuurpyl tydens ’n roetinetoets op die lanseerplatform by die Cape Canaveral Space Force Station in Florida in die VSA. Dit word gereken as die tweede kragtigste vuurpylontploffing ooit. ’n Luisteraar wil weet of dit moontlik…

    more
  20. Sterre en planete: Die Suiderkruis en Wysersterre lyk soos kameelperde se koppe?

    31 Mei 2026: Johan le Roux vertel wat Junie se naghemel inhou, en ons hoor wat in daardie maand in die geskiedenis gebeur het. Hierdie tyd van die jaar sit die Suiderkruis en Wysersterre soggens baie laag, en verdwyn selfs in sekere dele van die land. Dit het aanleiding gegee tot interessante...

  21. Sterre en planete: 'n Tipiese nag in SALT se beheerkamer

    Hoekom word ontdekkings van nuwe eksoplanete nie meer met aardgebonde teleskope gedoen nie? Hoe verloop ’n tipiese nag in die beheerkamer van die SALT-teleskoop? Wat is die mees dramatiese observasies wat gereeld met SALT gedoen word?

  22. Sterre en planete 17 Mei 2026

    Hoe werk tydsones? Is dit waar dat die aarde se magneetveld veroorsaak word deur ‘n reuse magnetiese klip onder die noordpool? Het jy geweet daar is amper 40% verskil in die sonskyn wat Suid-Afrika ontvang tussen midsomer en midwinter?

  23. Sterre en planete 10 Mei 2026

    Hoe voorspel sterrekundiges wanneer die son super-fakkels gaan voortbring? Het jy geweet die ringstelsel om Uranus is byna 50 jaar gelede ontdek deur ’n Suid-Afrikaanse sterrekundige vanaf die sterrewag in Kaapstad? En hoe werk ’n vuurpylmotor in die vakuum van die ruimte waar daar niks is om…

    more
  24. Sterre en planete 3 Mei 2026

    Jim Adams beantwoord luisteraarsvrae oor of daar ’n internasionale liggaam is wat lanserings reguleer, hoe warm die Artemis-kapsule is wanneer dit in die see neerplons, en hoeveel Boeing 747’s sou nodig wees om dieselfde stukrag te verskaf om Artemis te lanseer en maan toe te stuur.

  25. Sterre en planete 26 April 2026

    Johan le Roux vertel wat in Mei in die hemelruim te sien sal wees. Het jy geweet dat die definisie van ’n bloumaan wat ons vandag gebruik, eintlik spruit uit ‘n fout van ’n joernalis in ’n sterrekundetydskrif in 1946. En ons kyk na die geskiedkundige gebeure in Mei deur die eeue.

  26. Sterre en planete 19 April 2026

    Ons verrassingsgas het dit reggekry om die Artemis II-ruimtetuig vir ‘n paar uur af te neem terwyl dit nog meer as 200 000 km van die aarde af was, op pad terug van die maan af. Ons kyk ook na die toerusting en metodes om asemrowende astrofoto’s te neem.

  27. Sterre en planete 12 April 2026

    Prof. Matie Hoffman en Willie Koorts praat oor die hoogtepunte en verrassings wat die Artemis II-maansending opgelewer het, soos voorstelle vir die benaming van twee kraters, ‘n boodskap van die destydse bevelvoerder van Apollo 13, en meteoor-impakte wat reg voor hulle oë gebeur het! Die gebruik...

  28. Sterre en planete 5 April 2026

    Jim Adams en Prof Matie Hoffman praat oor die geskiedkundige Artemis II-sending na die maan. ‘n Luisteraar het vrae oor ruimtevaarderopleiding, en ‘n reddingoperasie van 33 Chileense mynwerkers waarby NASA destyds betrokke was.

  29. Sterre en planete 29 Maart 2026

    Wat hou die Aprilnagte vir ons in? Daar is Venus wat nou weer die aandster word, en vir vroegopstaners is daar ‘n pragtige groepering van die sekelmaan en drie planete. Ons hoor ook hoe die veskyning van Halley se Komeet meegewerk het dat Engeland ‘n oorlog teen Normandië verloor het! Ons sluit…

    more
  30. Sterre en planete 22 Maart 2026

    Na aanleiding van ‘n luisteraarsvraag, praat ons met dr. Nic Erasmus, oor sogenaamde City Killer-asteroïede. Nuwe waarnemings deur die James Webb-teleskoop het onlangs ‘n belangrike bepaling gedoen oor die veelbesproke asteroiëd wat die maan sou tref in 2032. En, die botsing tussen twee…

    more
  31. Sterre en planete 15 Maart 2026

    John Booth vertel wat agter die skerms gebeur van hoe SALT uit sy Amerikaanse tweeling ontstaan het, en van die verbeteringe wat die Suid-Afrikaanse span aangebring het. Ons hoor ook die storie hoe dit gebeur het dat ‘n teleskoop in Texas vandag nog ses koeëlgate in sy hoofspieël het!

  32. Sterre en planete 8 Maart 2026

    Vir die eerste keer in 1 355 dae was die son vlekkeloos, d.w.s. geen sigbare sonvlekke aan die aardgerigte kant van die son nie. Dr. Stefan Lotz verduidelik wat dit beteken. Professor Matie Hoffman beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor kwantumverstrengeling.

  33. Sterre en planete 1 Maart 2026

    Jim Adams bring ons op hoogte van die jongste stand van die Artemis II-sending na die maan. Die praat oor hoe lanserings en satelliete botsings vermy, en hoe die bestuurders van die Marskarretjies hulle lewens- en slaapptrone moet sinkroniseer met dag en nag op Mars.

  34. Sterre en planete 22 Februarie 2026

    Ons kyk uitgebreid na die hoogtepunte van Maart se naghemel, wat interessante komeetnuus bevat. Het jy geweet dit is moontlik om van Jupiter se mane met die blote oog te sien? Het ons son ‘n naam?

  35. Sterre en planete 15 Februarie 2026

    Ons verrassingsgas neem ons op ‘n lang reis met ‘n paar staaltjies van hoe dit is om vrou alleen deur lang nagte in Sutherland se koepels te werk, hoe hulle vir 18 maande lank ‘n fout herstel het in een van SALT se mees delikate optiese stelsels, asook ‘n agter-die-skerms-kyk hoe SALT bedryf…

    more
  36. Sterre en planete 8 Februarie 2026

    Jim Adams beantwoord ‘n skynbaar eenvoudige kort luisteraarsvraag oor hoe satelliete gelanseer word, wat op ‘n uitgebreide bespreking uitloop, voordat die span die jongste nuus oor die redes vir die uitstel van die lansering van die Artemis 2-sending na die maan in perspektief bring.

  37. Sterre en planete 1 Februarie 2026

    Dr Stefan Lotz praat oor die geweldige getalle betrokke toe die onlangse massa-uitbarsting van die son, die aarde getref het. Dit het rare groen aurora, of te wel suiderligte, veroorsaak in Suid-Afrika. Met die duisende satelliete, word die kans dat die lae-aarde-wentelbaan sonder waarskuwing kan...

  38. Sterre en planete 25 Janaurie 2026

    Ons vind meer uit oor ’n gedeeltelike sonsverduistering in Februarie. Net soos die slimfoon ons lewe drasties verander het, so het die slim-teleskoop gekom om astrofotografie radikaal op sy kop te draai. Hoor hoe Johan le Roux te werk gegaan het om komeet, 3i/ATLAS, met sy splinternuwe...

  39. Sterre en planete 18 Januarie 2026

    Ons praat met Adriaan Peens-Hough van die SA Radio-astronomie Sterrewag oor ‘n belangrike mylpaal wat by die SKA bereik is.

  40. Sterre en planete 11 Januarie 2026

    Dr. Stefan Lotz van SANSA praat oor die vooruitsigte vir 2026. Die res van die program kom weer uit die oorskietstukkie-leêr op Willie se rekenaar, waar hy waardevolle brokkies bêre wat voorheen gesny moes word wanneer ’n opname te lank geraak het. Eers hoor ons van Sirius, wat in die verre…

    more
  41. Sterre en planete 4 Januarie 2026

    Jim Adams skop 2026 af met sy lys van hoogtepunte van die afgelope jaar. Daarna kyk ons na interessante ruimtesendings waarna ons kan uitsien in 2026, wat Amerikaanse, Chinese, Europese, Japanese en Indiese sendings insluit.

  42. Sterre en planete 28 Desember 2025

    In die laaste program van 2025, kyk ons terug op die hoogtepunte van die jaar in die naghemel, en gee ’n opsomming van die afgelope jaar se programme. Ons kyk ook vooruit na 2026, en die interessanthede wat ons te wagte kan wees. So tussendeur kyk ons na die betekenis van die termologie wat ons...

  43. Sterre en planete 21 Desember 2025

    As Sterre en Planete se bydrae tot die Afrikaans-100-viering, huldig ons iemand wat aan sowel die eerste as tweede taalbeweging deelgeneem het, en meer as ’n eeu gelede ’n wonderlike skat van inheemse Afrikaanse sterstories vir ons opgeskryf het.

  44. Sterre en planete 14 Desember 2025

    Jim Adams bring ons vir oulaas vanjaar op hoogte van verskeie ruimtesendings, soos die Artemis 2.

  45. Sterre en planete 7 Desember 2025

    Dr. Stefan Lotz praat oor die ruimteweer, met ‘n fokus op ’n reuse-sonvlekgroep, wat vergelykbaar is in grootte aan die berugte Carrington-gebeurtenis van 1859, wat tans oor die son beweeg. Professor Matie Hoffman en twee van sy kollegas vertel van die SAASTEC-konferensie wat vanjaar die eerste...

  46. Sterre en planete 30 November 2025

    Lafras Smit vertel watter interessanthede ons in Desember se naghemel kan sien. Prof. Matie Hoffman beantwoord luisteraarsvrae oor die Meerkat- en SKA-projekte, en die geweldige snelhede waarteen die aarde om sy as draai, terwyl dit terselfdertyd om die son wentel, sowel as rondom die Melkweg…

    more
  47. Sterre en planete 23 November 2025

    As jy na samesweringsteorieë luister oor Komeet 3i/ATLAS, nou dat dit weer agter die son herverskyn het, hoor jy stellings dat dit nou “getransformeer” het en nie meer die tipiese profiel van ’n komeet het nie. Dat dit nou vier keer helderder is en die helderheid skielik begin varieer het, dat…

    more
  48. Sterre en planete 16 November 2025

    Dit is SALT se 20ste verjaarsdag. Sterre en Planete het by die destydse projekbestuurder, Kobus Meiring, gaan kuier, om meer van hierdie reuse ingenieursprestasie te gaan uitvind. Ons hoor hoe die ingenieurspan gekies is, hoe hulle die ontwerp aangepas het vir Suid-Afrikaanse omstandighede om…

    more
  49. Sterre en planete 9 November 2025

    Die son is tans taamlik aktief. Dr. Stefan Lotz van SANSA vertel wat alles daar gebeur. Studies met die wêreld se grootste sonteleskoop het pas ’n dekadesoue vraag opgelos oor hoekom die son se atmosfeer tot miljoene grade Celcius verwarm, terwyl sy oppervlak skaars 6000° C is. Prof. Matie…

    more
  50. Sterre en planete 2 November 2025

    Jim Adams en prof. Matie Hoffman bespreek die moontlikheid dat twee ruimtesendings dalk deur die stert van die veelbesproke komeet 3i/ATLAS sal kan vlieg, om baie waardevolle inligting oor hierdie interessante buiteruimtelike besoeker te bekom. Die span beantwoord ook ’n luisteraarsvraag oor...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Sterre en Planete have?

Sterre en Planete currently has 772 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Sterre en Planete about?

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

How often does Sterre en Planete release new episodes?

Sterre en Planete releases new episodes frequently with a large back catalog of 772 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Sterre en Planete?

You can listen to Sterre en Planete on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Sterre en Planete?

Sterre en Planete is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!