Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
by Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is ʼn navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is ʼn geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. VivA se hoofbesigheid is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur: 1) die beskrywing en bestudering van Afrikaans in sy volle omvang;2) die ontwikkeling van omvattende digitale en ander hulpbronne, hulpmiddele en platforms vir gesproke en geskrewe Afrikaans; en3) die lewering van praktiese Afrikaanse taaldienste deur middel van tegnologie.VivA se stigterslede is: • Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK);• Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV);• Die Dagbreek Trust; en• Noordwes-Universiteit (NWU).
Episodes
-
Mag ek "hul" as 'n persoonlike voornaamwoord gebruik?
In hierdie podsending word die alternatiewe vorm wat die persoonlike voornaamwoord "hulle" kan neem (naamlik "hul") onder die loep geneem. Taalonderrig Klaskamerhulpmiddels · VivA se webwerf
-
“Gee die Duiwel [en die digter] wat hom toekom” (Henry IV Part I)
Vir die meeste mense is die blote naam “Shakespeare” genoeg om hulle hartkloppings te besorg. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. “Gee die Duiwel [en die digter] wat hom toekom” (Henry IV Part I) · VivA se webwerf
-
Die peetkind wat in die wyk lê
Die feit is, vertaalwerk doen jy in een rigting: in jou moedertaal in. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die peetkind wat in die wyk lê · VivA se webwerf
-
Athlone
Om te kan sien, om te kan lees, om te kan naslaan, om te kan vra... (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Athlone · VivA se webwerf
-
Oor -krasieë en kloake
Die -krasieë en hul plek in die woordeboek. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Oor -krasieë en kloake · VivA se webwerf
-
Daai liederlike loef ...
Sophia Kapp verklaar wat "'iemand die loef afsteek" werklik beteken? Voorgelees deur Karen Loots. Daai liederlike loef ... · VivA se webwerf
-
Op megafter se spoor
Wat is 'n megafter? Jana Luther spoor die leksikografie van ''megafter'' na. Voorgelees deur Karen Loots. Op megafter se spoor · VivA se webwerf
-
'n Ode aan die moeder
Die moeder is die bron, die oorsprong, die broeiplek, die ontluikplek. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. 'n Ode aan die moeder · VivA se webwerf
-
Woorde wek, maar voorbeelde trek
Dit help nie ons verwag van ons kinders optrede, gedrag, gewoontes, lewenswyses, opvattings, uitkyke, insigte, beginsels en etiese kodes wat ons nie vir onsself aangekweek het nie. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Woorde wek, maar voorbeelde trek · VivA se webwerf
-
“Woorde is oorgehaalde pistole” – Jean-Paul Sartre
Woorde wat geweld aanwakker, toelaat en toesmeer. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. “Woorde is oorgehaalde pistole” – Jean-Paul Sartre · VivA se webwerf
-
Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert
Hoe kan 'n ding wat in Amerikaanse boelieballet ses punte werd is sommer in 'n Afrikaanse teks 'n drie word? (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert · VivA se webwerf
-
Om 'n storie te maak
As ʼn skrywer kry ʼn mens baie keer die vraag: Waar kry jy jou stories vandaan? (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Om 'n storie te maak · VivA se webwerf
-
Internasionale Moedertaaldag
Onthou vandag, op hierdie dag, dat jou moedertaal jou trots mag en moet wees, dat jou hart daarvoor mag klop en dat jy hard mag werk om Afrikaans te beskerm en te bevorder. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Internasionale Moedertaaldag · VivA se webwerf
-
Fopnuus
Daar is niks snaaks, satiries, lighartig of eers aanvaarbaar aan fopnuus nie. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Fopnuus · VivA se webwerf
-
Om oor taal te klets
Hoekom word “awesome” nie opgeneem nie? Die reaksies op so ʼn vraag is voorspelbaar: “Ja, almal praat so” of “Nee, dit is aaklig”. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Om oor taal te klets · VivA se webwerf
-
Oor soldate, orrels en engele
In hierdie episode spoor Sophia Kapp die etimologie van "serfyntjie" na. Voorgelees deur Karen Loots. Oor soldate, orrels en engele · VivA se webwerf
-
Slegte medisyne
Sophia Kapp wonder waarom dit mense so kwaad maak wanneer hulle uitvind dat hulle 'n taalfout gemaak het. Voorgelees deur Karen Loots. Slegte medisyne · VivA se webwerf
-
Die vers is 'n refrein en die gesang 'n requiem
Ja, jy het reg geraai: Vers volgende van die wat-is-die-versamelnaamwoord-vir-X-gesang het vandag opgeklink. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die vers is 'n refrein en die gesang 'n requiem · VivA se webwerf
-
Die bulle se boeke
Kyk, ek is bereid om oor baie beledigings my oë te rol en stil te bly, want nie alles is 'n oorlog werd nie, maar 'n taalbul was ek wragtig nog nooit. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die bulle se boeke · VivA se webwerf
-
Die duiwel se franchise - vers 2 oor anglisismes
Die antwoord op die vraag wat ʼn anglisisme is, word onderlê deur die beginsel van “soveel hoofde, soveel sinne”. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die duiwel se franchise - vers 2 oor anglisismes · VivA se webwerf
-
Kaplaks! loop sy in die ruit vas
Flaps-flaps stap sy met haar stewels deur die water. Klankekspressies soos klanknabootsing en klankskildering. (Jana Luther) Voorgelees deur Karen Loots. Kaplaks! loop sy in die ruit vas · VivA se webwerf
-
Intensiewe vorme, Noag en die kanon
Een van die gereeldste (en lastigste) navrae wat ek kry, is oor intensiewe vorme. Versamelname, vergelykings en intensiewe vorme is groot griewe, vir onderwysers, vir leerders, en vir hulle ouers wat moet help huiswerk doen, want dié goed het in die taal versteen geraak en die jonger geslag moet...
-
Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn
Daar is kwalik beter klikaas op ʼn taalforum as die woord "anglisisme". (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn · VivA se webwerf
-
Taalsuiwerheid – die plek van die standaardvariëteit
Enige taal se sprekersgemeenskap is ʼn losse mengsel van moedertaal-, tweedetaal- en vreemdetaalsprekers, van oumense en tieners, van geleerdes en gewones, van vaandeldraers en knutselaars. Almal het die reg om deel te wees van die taalgemeenskap, en almal se bydrae, hoe krom en skeef dit nou ook…
more -
Trap versigtig as jy nie kan sien nie
Die internet en sy taalgrot trolle. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Trap versigtig as jy nie kan sien nie · VivA se webwerf
-
Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is
Jy mag op die strand praat nes jy wil, maar as daar ʼn aandrokgeleentheid is en jy praat verflenterde sweetpak, gaan die wenkbroue lig. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is · VivA se webwerf
-
Versamelnaamwoorde, vers 2
In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde. Voorgelees deur Karen Loots. Versamelnaamwoorde, vers 2 · VivA se webwerf
-
BEKENDSTELLING VAN TAALPORTAAL EN TAALONDERRIGPORTAAL
Dr Theuns Eloff van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) gesels oor die uitdagings wat Afrikaans in die gesig staar. Prof Gerhard van Huyssteen van die Noordwes-Universiteit stel VivA se grammatikawêreld vir Afrikaans bekend. Merlyn van der Rheede van die Afrikaanse Taalraad verduidelik waarom...
-
Wurgpatat sluk is swaar sowaar
Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit. Is jou aartappel ’n ertappel? · VivA se webwerf
-
Kaatjie en klaar
In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue…
more -
Bord, bordeel, van tafel tot bed
Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van...
-
Pampoen tot pampoesie
Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer. Lees die blog · VivA se webwerf
-
Deund, wrik, hekel en snert
Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans. VivA se webwerf
-
Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?
Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van…
more -
Pase, Pasga, hase en bolletjies
Pase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies. VivA se webwerf
-
SADiLaR vier Jaar van Inheemse Tale
SADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”. VivA se webwerf
-
Antjie en kie
Antjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander. VivA se...
-
"Ken jy die see, Meneer?"
"Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe. VivA se webwerf
-
Hempie-raak-my-nie
Hempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing. VivA se webwerf
-
Koffieklets
Koffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker. Lees die blog · Lees in Beeld · VivA se webwerf
-
Dikstertmerries en feite soos koeie
Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie...
-
Sewe opdragte vir taalonderrig
Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot...
-
Gawies, japies, en brawe Hendrikke
Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel…
more -
Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans
Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige...
-
“Sneupe vol sneus”
“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en...
-
Skitter in Afrikaans: Woordeboeke
Skitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied....
-
Awendrood, water in die sloot
Awendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu...
-
'n "Poenankies"-podsending
'n "Poenankies"-podsending (Gerhard van Huyssteen). "Poenankies" beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord "cute". In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word "poenankies" vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken. In hierdie podsending kyk…
more -
Proe hoe soet ’n ghoukom smaak
“Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n...
-
Meerkatmededelings
Meerkatmededelings (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord meerkat vandaan? Wat noem hulle Timon in The Lion King in Engels? Is ʼn meerkat en ʼn Engelse suricate dieselfde ding? Wat is die verband tussen ʼn Engelse vervet en grivet, Nederlandse groene meerkat en ʼn Afrikaanse blouaap? Wat vir ʼn...
About this show
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is ʼn navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is ʼn geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk. VivA se hoofbesigheid is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur: 1) die beskrywing en bestudering van Afrikaans in sy volle omvang;2) die ontwikkeling van omvattende digitale en ander hulpbronne, hulpmiddele en platforms vir gesproke en geskrewe Afrikaans; en3) die lewering van praktiese Afrikaanse taaldienste deur middel van tegnologie.VivA se stigterslede is: • Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK);• Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV);• Die Dagbreek Trust; en• Noordwes-Universiteit (NWU).
Hosted by
Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)