Wêreldwys met Jaco Kleynhans podcast artwork

PODCAST · news

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

  1. 93

    Wêreldwys | Twee konings in die Withuis | Ep. 89

    In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek ons die koninklike besoek aan Washington DC, sowel as die jongste nuus oor die stryd tussen die VSA en Iran, veranderende globale oliemarkte met die Verenigde Arabiese Emirate wat uit OPEC onttrek en belangrike begrotingsverskuiwings in Europa met meer lande wat besef dat hulle welsynstate onvolhoubaar is, terwyl besteding aan verdediging verhoog moet word.

  2. 92

    Wêreldwys | Doodsnikke van ’n regime | Ep. 76

    Wêreldwys | Doodsnikke van ’n regime | Ep. 76

  3. 91

    Wêreldwys | 'n Jaar van strategiese skuiwe en geopolitieke herskikking | Ep. 75

    Wêreldwys | 'n Jaar van strategiese skuiwe en geopolitieke herskikking | Ep. 75 Lees ook Jaco Kleynhans se artikel oor 2026 se belangrikste gebeure op Maroela Media. Lees hier: https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/belangrikste-gebeure-om-in-2026-in-die-wereld-dop-te-hou/ #maroelamedia #nuus

  4. 90

    Wêreldwys | Die Trump-tsoenami bly die grootste nuus van 2025 | Ep. 74

    In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar kyk Jaco Kleynhans na die politieke golf wat 2025 oorheers het: die Trump-administrasie en die wêreldwye gevolge daarvan. Wat in Washington gebeur het, het nie daar gebly nie, dit het internasionale beleid, ekonomiese strategieë en selfs die posisie van Afrikalande, insluitende Suid-Afrika, geraak. Daarna ontleed hy ook die belangrikste gebeure van elke kontinent in 'n besige jaar van politieke skuiwe, onstabiliteit, herskikking, konflik en verandering.

  5. 89

    Wêreldwys | Radikale Islam broei in Europa | Ep. 73

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys praat Jaco Kleynhans met die Nederlandse joernalis Wierd Duk oor die groot politieke verskuiwings in Europa die afgelope jare, veral oor die broei van radikale Islam wat die vasteland al hoe meer beïnvloed.

  6. 88

    Wêreldwys | ’n G20 van verspilde geleenthede | Ep. 72

    In hierdie week se Wêreldwys sluit Jaco Kleynhans aan by die vorige week se tema oor die G20-beraad in Suid-Afrika. Hy ontleed onder meer hoe die beraad al hoe meer ’n geleentheid is wat verlore gegaan het.

  7. 87

    Wêreldwys | Suid-Afrika se verlore G20-geleentheid | Ep. 71

    In hierdie week se Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans wêreldpolitieke gebeure wat tans die nuus oorheers – vanaf Oekraïne en Rusland tot Venezuela en die VSA – maar veral Suid-Afrika se verlore kans met die komende G20-beraad in Johannesburg.

  8. 86

    Wêreldwys | Groot linkse oorwinnings in die VSA, nié in Nederland | Ep. 70

    In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die jongste politieke verskuiwings in Nederland, die VSA, Afrika en Europa – en wat dit oor die wêreld se politieke klimaat verklap. In Nederland was daar, ten spyte van wat baie berig het, géén noemenswaardige skuif na links nie. In die VSA het die prentjie egter anders gelyk die afgelope week.

  9. 85

    Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69

    In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid. Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie met die terugkeer van die laaste gyselaars en soldate. Tog bly die letsel van 7 Oktober 2023 terselfdertyd diep én vlak in die land se psige gegraveer.

  10. 84

    Wêreldwys | Gaan Nederland soos wat ons dit geken het bly voortbestaan? | Ep. 68

    Minder as twee jaar ná die vorige algemene verkiesing in Nederland, kry dié land se byna veertien miljoen stemgeregtigde kiesers 29 Oktober weer die geleentheid om die 150 lede van die Nederlandse laerhuis te verkies. ʼn Groot meerderheid Nederlanders is tans egter diep ongelukkig oor die rigting waarin die land beweeg. Faktore soos massa-immigrasie, ʼn ernstige behuisingstekort, stygende lewenskoste en ʼn algemene onsekerheid oor die toekoms van Nederland en Europa dryf die ontevredenheid onder die kiesers aan.

  11. 83

    Wêreldwys | Amerikaanse skakeltoer kom tot ’n einde | Ep. 67

    In hierdie week se aflewering Wêreldwys kom die Solidariteit Beweging se Amerikaanse skakeltoer tot ʼn einde. Ná drie weke op die pad – vanaf Mackinac Republikeinse Leierskapskonferensie in Michigan drie weke gelede, eindig die toer weer terug in Michigan. Jaco Kleynhans is terug ná die verskillende state, hul geskiedenis, mense en politiek wat die afgelope drie weke op die reis beleef is.

  12. 82

    Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66

    Wêreldwys | Jongste oor VSA-sluiting, vredesplan en Solidariteit-besoek Ep. 66

  13. 81

    Wêreldwys | Afrikaners se storie verder in die VSA vertel | Ep. 65

    Luister na hierdie week se episode opgeneem vanuit die Amerikaanse hoofstad Washington DC – wat heelwat anders lyk, dink en funksioneer onder Trump. Volgende week se episode kom vanuit Texas. Die wêreld luister, praat saam terwyl Afrikaners hul stem laat hoor.

  14. 80

    Wêreldwys | Solidariteit Beweging se inligtingsveldtog in die VSA voortgesit | Ep. 64

    Die Solidariteit Beweging begin sy inligtingsveldtog oor die volgende drie weke in die VSA met ’n besoek aan die staat Michigan – ’n belangrike staat met ’n sterk Republikeinse tradisie en groot invloed in Amerikaanse politiek. Die boodskap aan Republikeinse verteenwoordigers en invloedrykes gaan duidelik wees – Suid-Afrika is nie net nog ’n ontwikkelende land met plaaslike probleme nie, maar ’n strategiese spilpunt wat groot gevolge vir die VSA en die vrye wêreld kan hê.

  15. 79

    Wêreldwys | Van vrede na Trump se departement van oorlog | Ep. 63

    Hierdie simboliese skuif wys hoe die VSA homself nie meer net as ʼn verdedigende mag sien nie, maar toenemend as ʼn land wat bereid is om konflik aan te gaan ter wille van sy eie belange en dié van sy bondgenote. Terselfdertyd het China dit duidelik gemaak dat hy nie langer deur Westerse militêre oorheersing geïntimideer gaan word nie. Met toenemende tegnologiese vernuf en ʼn magtige weermag begin Beijing openlik wys dat die Chinese reus nie konflik vrees nie.

  16. 78

    Wêreldwys | China se militêre magsvertoon teen die Weste | Ep. 62

    Die boodskap was tweevoudig. Aan die Weste dat die Stille Oseaan nie meer slegs ʼn Amerikaanse invloedsfeer is nie en aan Asiatiese lande dat China nie uitgedaag moet word nie.

  17. 77

    Wêreldwys | Die geopolitiek, identiteit en mag van taal | Ep. 61

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na die kragtige rol van taal in geopolitiek en identiteit. Hierdie jaar is belangrik vir Afrikaners met groot herdenkings en geleenthede, maar dien terselfdertyd ook as ʼn toets. Gebruik Afrikaanssprekendes en Afrikaners hierdie momentum om onsself en ons taal met trots internasionaal uit te dra? Of laat ons die internasionale kollig wat tans op ons skyn vergeefs verbygaan?

  18. 76

    Wêreldwys | Trump se wortel-en-stok-benadering tot Poetin | Ep. 60

    Die groot vraag is hoe lank Trump se geduld gaan hou. Hy is bekend vir sy wispelturigheid, maar vir nou lyk dit of hy bereid is om die tyd en ruimte te gee wat nodig is om ʼn skietstilstand en moontlike vredesooreenkoms te bereik. Wat duidelik bly, is dat nie net Rusland en Oekraïne nie, maar ook die hele Europa, dringend ʼn uitweg uit hierdie verwoestende oorlog nodig het. Luister hierdie week se aflewering van Wêreldwys vir hierdie historiese konteks asook ’n blik op die moontlike pad na vrede.

  19. 75

    Wêreldwys | Erkenning van Palestynse staat is nie nou die oplossing nie | Ep. 59

    Is die erkenning van ʼn Palestynse staat die oplossing vir die huidige krisis? Speel dit nie juis in die hande van groepe soos Hamas wat met geweld internasionale simpatie vir die Palestyne probeer aanwakker nie? Wat is die historiese konteks van die bevolkingsontwikkeling en beheer van die Gasastrook, en hoe het ons by ʼn punt gekom waar die drome van ʼn tweestaatoplossing tussen Israel en die Palestyne oor die korttermyn nie meer werkbaar lyk nie?

  20. 74

    Wêreldwys | 80 jaar ná Hirosjima: Die wêreld se nuwe kern-onsekerheid | Ep. 58

    In hierdie aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met kernpolitieke kundige van Unisa, prof. Jo-Ansie van Wyk, oor die moontlikheid van ’n hernude kernwapenwedloop 80 jaar na die gebruik van dié wapens tydens die Tweede Wêreldoorlog.

  21. 73

    Wêreldwys | Suid-Afrika se plek in globale finansiële stelsels | Ep. 57

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys help dr. Sandra Adendorff, senior dosent in ekonomie en internasionale handel aan Akademia, sin maak van ʼn vraagstuk wat meer kompleks is as wat dit oënskynlik voorkom: hoe steek die wêreld se finansiële stelsels in mekaar en waar pas Suid-Afrika in dié komplekse prentjie in?

  22. 72

    Wêreldwys | Ekonomiese herskikking binne globale spanning | Ep. 56

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na hoe die wêreldpolitiek en -ekonomie toenemend besig is om teen die grein van globalisme en die voorheen gevestigde orde te draai – en wat dit vir Suid-Afrika beteken.

  23. 71

    Wêreldwys | Ekonomiese nasionalisme stoot terug teen globalisme | Ep. 55

    Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme en wat dit vir ons in Suid-Afrika ook kan inhou.

  24. 70

    Wêreldwys | Demografie: Die Weste se dilemma en Afrika se geleentheid | Ep. 54

    Vrydag is Wêreldbevolkingsdag, en wêreldwyd bots twee demografiese kragte: bevolkingsontploffing in die ontwikkelende wêreld en bevolkingsinploffing in die Weste. Hierdie tendense bepaal die wêreld se toekoms – en Afrikaners se plek daarin. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut oor die wyse waarop huidige demografiese tendense die toekoms gaan smee.

  25. 69

    Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53

    Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump besig is om sy sin te kry in hierdie tweede presidensiële termyn van hom?

  26. 68

    Wêreldwys | Die aanslag op begrensing | Ep. 52

    In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met prof. Danie Goosen van Akademia oor ’n tema wat vele verskyningsvorms in die moderne wêreld het – die postmoderne aanslag op begrensing. In ’n tyd waarin grense as verdag en onderdrukkend beskou word, herinner hierdie gesprek aan die diepe wysheid van begrensing as die grondslag van vryheid, identiteit en gemeenskap.

  27. 67

    Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51

    Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie. Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het, waarna Iran gereageer het, lê die dieper betekenis van hierdie botsing in Iran se eeueoue, dog konstant veranderende aard as beskawing.

  28. 66

    Wêreldwys | Immigrasie, ingrypings en internasionale onsekerheid | Ep. 50

    Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ontledings van die 10 grootste internasionale gebeurtenisse van die afgelope week. Die wêreld blyk op vele vlakke onrustig te wees – luister na Jaco Kleynhans se uiteensitting van die belangrikste onderhandelinge, onluste, verkiesings en vooruitsigte.

  29. 65

    Wêreldwys | Europa beweeg steeds na regs | Ep. 49

    In hierdie week se episode van Wêreldwys word al hierdie en ander politieke verwikkelinge in Europa bespreek. Ook die huidige verskuiwings in steun in die Verenigde Koninkryk en die toename in steun vir Skotse onafhanklikheid word bespreek. Die podsending is opgeneem voordat die Nederlandse koalisieregering Dinsdag tot ʼn val gekom het, maar die opbou daartoe word wel in hierdie episode bespreek en daarmee saam die uitdagings van baie regerings in Europa om aan die eise van kiesers te voldoen.

  30. 64

    Wêreldwys | Europa se bedreiging van binne | Ep. 48

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid in die aangesig van eksistensiële bedreiging.

  31. 63

    Wêreldwys | Afrikaners 125 jaar later weer in die kollig | Ep. 47

    In hierdie week se episode van Wêreldwys kyk ons in diepte na die wyse waarop Afrikaners in die internasionale kollig geplaas is, hoekom dit gebeur het, wat die aanloop daartoe was en wat werklik steek agter Trump se vermoeidheid met dié groepie aan die suidpunt van Afrika. Op die keper beskou was dit ʼn suksesvolle ontmoeting – die ANC-geleide regering het nou geen anders keuse as om met Afrikaners in gesprek te tree nie. Trump het Ramaphosa mooi laat verstaan dat hy nou met Afrikaners moet skakel en een of ander ooreenkoms met die kultuurgemeenskap moet sluit. Dié gesprekke moet gouer eerder as later gebeur.

  32. 62

    Wêreldwys | Europa is in diep moeilikheid | Ep. 46

    In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans vanaf die Spaanse eiland Ibiza met twee bekende Nederlandse kommentators – Marlies Dekkers en Wierd Duk – oor die toekoms van Nederland, Europa en die Westerse beskawing.

  33. 61

    Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45

    Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45

  34. 60

    Wêreldwys | VSA sterk in die nadraai van Trump-tariewe | Ep. 44

    In hierdie week se Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans hoe Trump se tariewe, onderhandelings en siening van soewereiniteit nie net die Amerikaanse ekonomie nie, maar ook die internasionale magsbalans beïnvloed. Is Amerika besig om sy posisie te versterk, en is China regtig so veerkragtig soos dit voorgee? Dié vrae raak elke land op aarde – ook Suid-Afrika.

  35. 59

    Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43

    Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43

  36. 58

    Wêreldwys | Ou diplomasie uitgedien in ’n komplekse wêreld Ep. 42

    In die jongste aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, oor die manier waarop diplomasie oor die afgelope dekades verander het. ou modelle van diplomasie is nie meer voldoen nie. In hierdie werklikheid is dit nodig om ʼn nuwe balans te vind tussen dialoog en druk. Om hierdie balans te vind en strategies te kan toepas, is wat groepe op dié komplekse speelveld sal kan onderskei.

  37. 57

    Wêreldwys | SA kán verhouding met VSA regruk, as... | Ep. 41

    In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Pollak oor die verhouding tussen SA en die VSA en wat nodig is om dit reg te ruk. Joel Pollak is ʼn senior redakteur by Breitbart in Los Angeles in die VSA. Breitbart is een van die grootste en mees invloedryke bronne van konserwatiewe, alternatiewe media in Amerika.

  38. 56

    Wêreldwys | Die jaar van geopolitieke herskikking | Ep. 40

    In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys gesels ons oor hoe Trump die globale herskikking van magte versnel en hoe lande soos China, Indië, Iran, Rusland, verskeie Europese reuse soos Duitsland en andere hierop reageer en wat dit vir die toekoms inhou.

  39. 55

    Wêreldwys | Europa staan koud teenoor vrede in Oekraïne | Ep. 39

    In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Europa het ook grootliks sy vermoë om self wapens te vervaardig, verloor.

  40. 54

    Wêreldwys | SA weer laer, maar Afrikaners hoog op Trump se agenda | Ep. 38

    Wat sê ʼn sterk staatsrede van pres. Donald Trump oor die rigting waarin Amerika op pad is en hoe dit Suid-Afrika kan beïnvloed – veral in die lig van die feit dat Trump nie eers na Suid-Afrika in sy staatsrede verwys het nie.

  41. 53

    Wêreldwys | Solidariteit Beweging se boodskap val op vrugbare grond in Washington | Ep. 37

    Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang word.

  42. 52

    Wêreldwys | SA-weermag verdoem tot mislukking in die DRK | Ep. 36

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding.

  43. 51

    Wêreldwys | Trump gewild ten spyte van globale onvergenoegdheid | Ep. 35

    Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd of gewillig is om te doen wat hul kiesers van hulle verwag nie.

  44. 50

    Wêreldwys | Selfs oorlog het reëls | Ep. 34

    Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale humanitêre reg, oor die tientalle oorloë wat vandag reg oor die wêreld woed en hoe ons daaroor kan dink.

  45. 49

    Wêreldwys | Man op ‘n missie in ‘n deurmekaar wêreld | Ep. 33

    Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se steun behou? Ons bespreek dit alles in hierdie week se uitgawe van Wêreldwys.

  46. 48

    Wêreldwys | Trump gaan Washington DC op sy kop keer | Ep. 32

    In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.

  47. 47

    Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31

    2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop die wêreld in 2024 verander het. Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31

  48. 46

    Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30

    Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika moontlik om in die lig van hierdie protes ʼn herlewing van die Westerse beskawing in te lei? Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30

  49. 45

    Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29

    Trump se tweede termyn as Amerikaanse president gaan reuseveranderinge vir Amerika inhou, maar ook vir globale handel en internasionale magsverhoudinge. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die belangrikste kwessies wat ons tydens die tweede Trump-termyn moet dophou. Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29

  50. 44

    Wêreldwys | Die val van beskawings | Ep. 28

    In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met dr. Ernst Roets oor die krisis waarin die Westerse beskawing verkeer – die dubbele krisis van skuld (guilt) en skuld (debt). Geen ander beskawing dra dié swaar eksistensiële las nie, omdat net die Weste hulself hierteen meet. Wêreldwys | Die val van beskawings | Ep. 28

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

HOSTED BY

Maroela Media

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Wêreldwys met Jaco Kleynhans have?

Wêreldwys met Jaco Kleynhans currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Wêreldwys met Jaco Kleynhans about?

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak."Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.

How often does Wêreldwys met Jaco Kleynhans release new episodes?

Wêreldwys met Jaco Kleynhans has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Wêreldwys met Jaco Kleynhans?

You can listen to Wêreldwys met Jaco Kleynhans on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Wêreldwys met Jaco Kleynhans?

Wêreldwys met Jaco Kleynhans is created and hosted by Maroela Media.
URL copied to clipboard!