PODCAST · business
2025 Telkom Radio Awards Winner Kuns Met Kontant is proudly sponsored
by Portfolium
Financial Advice
-
26
Who you gonna call? (As jy aftree)
Charl Swart, besturende direkteur van Portfolium, gesels oor Portfolium se perspektief op aftrede.
-
25
Kuns met kontant 6 Augustus 2025
Deel 1: Breyton Paulse, gebore op 25 April 1976 in die Koue Bokkeveld, het op ‘n plaas grootgeword met ‘n eenvoudige leefstyl. Hy het nooit beplan om ‘n professionele rugbyspeler te word nie. Rugby was eerder ‘n passie as ‘n leefstyl. Terwyl hy aan Stellenbosch Universiteit studeer het, wou hy net sy studies voltooi en ‘n kliniese sielkundige word. Toe rugby in die laat 1990’s professioneel draai, het Breyton sy kans gekry, maar dit was nooit sy aanvanklike motivering om ryk te word nie. Hy het in 2007 sy tokse opgehang ná 64 toetswedstryde en 26 drieë. Hy het daarna aktief in sportkommentaar en televisie betrokke geraak. Professionele rugby het ‘n tydelike inkomste verskaf, maar hy het vroeg reeds besef dat dit nie vir ewig sal hou of vir sy oudag sorg nie. Hy het belanggestel in bemarking en media as loopbaankeuses ná sy speeljare. Breyton se pad weerspieël ‘n balans tussen eenvoud, passie en realisme. Hy het nie met geld of rykdom as doel begin nie – eerder het hy sy opleiding en liefde vir sport aangepak, en toe rugby professioneel word, het hy daarin geslaag om 'n loopbaan te bou.
-
24
Kuns met kontant 3 September 2025
Deel 1: Schalk Brits sê sy verhouding met geld het oor die jare gegroei. As jong rugbyspeler was sy fokus op prestasie en die spel, en hy het nie altyd baie aandag gegee aan spaarsamigheid en langtermynbeplanning nie. Soos sy loopbaan gevorder het – veral tydens sy jare as Springbok waar hy die wêreld deurkruis het tot by die hoogtepunt van ’n Wêreldbeker-oorwinning – het hy besef hoe belangrik dit is om finansieël gedissiplineerd te leef en nie net vir vandag te speel nie, maar ook vir die dag ná rugby. Hy beklemtoon dat geld vir hom nooit die einddoel was nie, maar ’n middel om sekuriteit en vryheid vir hom en sy gesin te skep. Vandag bly hy steeds baie bewus van hoe hy sy inkomste bestuur, en sien hy finansiële beplanning as ’n spanpoging – net soos rugby – waar jy strategies moet dink en jou kanse benut.
-
23
Kuns met kontant 27 Augustus 2025
Deel 2: CJ van der Linde gesels oor die belangrikheid van familie, ondersteuning en finansiële verantwoordelikheid in sy lewe en loopbaan. Hy en sy gesin het doelbewus besluit om bymekaar te bly, eerder as om ver van mekaar oor internasionale waters te woon, en dit het gehelp om ’n gebalanseerde lewe te lei, veral noudat hulle sedert Julie vanjaar permanent in Pretoria woon. Hy deel ook finansiële foute vroeër in sy loopbaan, soos die bestuur van ’n verkoelingvervoerbesigheid, en hoe die leiding van sy pa en ’n betroubare finansiële adviseur hom gehelp het om verantwoordelike finansiële besluite te neem.
-
22
Kuns met kontant 17 September 2025
Deel 1: David Kramer vertel van sy reis van Worcester se stofstrate tot internasionale verhoë. Hy praat openlik oor ’n ernstige longsiekte wat sy energie beperk en sy fokus na ander prioriteite verskuif het. Hy gesels oor herinneringe aan sy tekstielstudies by die Universiteit van Leeds en as fabriekswerker voordat sy eerste langspeelplaat kultusaanhang in die Kaap geniet het, ondanks die SAUK se verbanning van sy musiek. Hy vertel hoe slim hy sy Volkswagenmikrobus-advertensies onderhandel het (ongewone hoë fooie in daardie die tyd én elke tweede jaar ’n nuwe bus ontvang het) en dié inkomste in aandele en eiendom belê het om uiteindelik ’n huis af te betaal. Hy vertel ook van sy rooi velskoene, en hoe hy geld daaruit gemaak het, asook van sy familieherkoms uit Litoue, hoe sy van na Kramer verander is, en dat “Onnerwater” sy allergunsteling lied van hom is.
-
21
Kuns met kontant 10 September 2025
Deel 2: Schalk Brits sê sy verhouding met geld het oor die jare gegroei. As jong rugbyspeler was sy fokus op prestasie en die spel, en hy het nie altyd baie aandag gegee aan spaarsamigheid en langtermynbeplanning nie. Soos sy loopbaan gevorder het – veral tydens sy jare as Springbok waar hy die wêreld deurkruis het tot by die hoogtepunt van ’n Wêreldbeker-oorwinning – het hy besef hoe belangrik dit is om finansieël gedissiplineerd te leef en nie net vir vandag te speel nie, maar ook vir die dag ná rugby. Hy beklemtoon dat geld vir hom nooit die einddoel was nie, maar ’n middel om sekuriteit en vryheid vir hom en sy gesin te skep. Vandag bly hy steeds baie bewus van hoe hy sy inkomste bestuur, en sien hy finansiële beplanning as ’n spanpoging – net soos rugby – waar jy strategies moet dink en jou kanse benut.
-
20
Kuns met kontant 24 September 2025
Deel 2: David Kramer vertel van sy reis van Worcester se stofstrate tot internasionale verhoë. Hy praat openlik oor ’n ernstige longsiekte wat sy energie beperk en sy fokus na ander prioriteite verskuif het. Hy gesels oor herinneringe aan sy tekstielstudies by die Universiteit van Leeds en as fabriekswerker voordat sy eerste langspeelplaat kultusaanhang in die Kaap geniet het, ondanks die SAUK se verbanning van sy musiek. Hy vertel hoe slim hy sy Volkswagenmikrobus-advertensies onderhandel het (ongewone hoë fooie in daardie die tyd én elke tweede jaar ’n nuwe bus ontvang het) en dié inkomste in aandele en eiendom belê het om uiteindelik ’n huis af te betaal. Hy vertel ook van sy rooi velskoene, en hoe hy geld daaruit gemaak het, asook van sy familieherkoms uit Litoue, hoe sy van na Kramer verander is, en dat “Onnerwater” sy allergunsteling lied van hom is.
-
19
Kuns met kontant 1 Oktober 2025
Deel 1: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saadjies en plante wat jou beleggings in die lewe is. Sy deel ook nostalgiese stories uit haar kleurryke loopbaan in radio en televisie, en vertel van die lewenslesse wat sy oor dekades in die mediawêreld geleer het – lesse wat jou kan help om met groter insig oor geld te dink en beter finansiële keuses te maak.
-
18
Kuns met kontant 8 Oktober 2025
Deel 2: Henco Kruger praat met een van die groot name in Afrikaanse joernalistiek en uitsaaiwese, die bekroonde Suzaan Steyn, voormalige radio-omroeper en televisienuusleser, en nou aanbieder van ‘n gewilde potgooireeks op Spotify. Suzaan gesels oor geld, grond en goeie besluite. Sy vertel ook van haar en RSG se boek, RAND EN SENT – JOU GIDS TOT SUKSESVOLLE FINANSIËLE BESTUUR, wat sy sewe jaar gelede uit dié geliefde RSG-program saamgestel het. Met haar kenmerkende stem vergelyk Suzaan slim finansiële beplanning met die versorging van ’n tuin – van die regte grond tot son, skaduwee en water op die regte tyd vir jou saadjies en plante wat jou beleggings in die lewe is. Sy deel ook nostalgiese stories uit haar kleurryke loopbaan in radio en televisie, en vertel van die lewenslesse wat sy oor dekades in die mediawêreld geleer het – lesse wat jou kan help om met groter insig oor geld te dink en beter finansiële keuses te maak.
-
17
Kuns met kontant 15 Oktober 2025
Deel 1: Lianie May vertel vir die eerste keer dat sy en haar man drie kinders aangeneem het toe hulle klein was. Vandag is hulle volwassenes, en die paartjie voel trots en dankbaar om uiteindelik dié deel van hulle lewensverhaal te deel. Henco Kruger en Lianie May gesels ook oor haar ander groot passie — boerdery. Weeksdae werk sy voltyds saam met haar man op hulle plaas, waar sy met verstommende kennis oor landbou praat, van vee tot kontantvloei. Oor naweke verruil sy haar werkstewels en khakiklere vir verhoogskoene, wanneer sy weer die sangeres word wat gehore regoor die land bekoor. Sy vertel hoe hulle oor geld dink, hoe die plaas se finansies bestuur word, hoe haar musiekloopbaan as ’n besigheidsmodel funksioneer, en hoe dié finansiële beginsels deur die jare aan hulle drie kinders oorgedra is.
-
16
Kuns met kontant 20 Augustus 2025
Deel 1: CJ van der Linde gesels oor die belangrikheid van familie, ondersteuning en finansiële verantwoordelikheid in sy lewe en loopbaan. Hy en sy gesin het doelbewus besluit om bymekaar te bly, eerder as om ver van mekaar oor internasionale waters te woon, en dit het gehelp om ’n gebalanseerde lewe te lei, veral noudat hulle sedert Julie vanjaar permanent in Pretoria woon. Hy deel ook finansiële foute vroeër in sy loopbaan, soos die bestuur van ’n verkoelingvervoerbesigheid, en hoe die leiding van sy pa en ’n betroubare finansiële adviseur hom gehelp het om verantwoordelike finansiële besluite te neem.
-
15
Kuns met kontant 13 Augustus 2025
Deel 2: Breyton Paulse, gebore op 25 April 1976 in die Koue Bokkeveld, het op ‘n plaas grootgeword met ‘n eenvoudige leefstyl. Hy het nooit beplan om ‘n professionele rugbyspeler te word nie. Rugby was eerder ‘n passie as ‘n leefstyl. Terwyl hy aan Stellenbosch Universiteit studeer het, wou hy net sy studies voltooi en ‘n kliniese sielkundige word. Toe rugby in die laat 1990’s professioneel draai, het Breyton sy kans gekry, maar dit was nooit sy aanvanklike motivering om ryk te word nie. Hy het in 2007 sy tokse opgehang ná 64 toetswedstryde en 26 drieë. Hy het daarna aktief in sportkommentaar en televisie betrokke geraak. Professionele rugby het ‘n tydelike inkomste verskaf, maar hy het vroeg reeds besef dat dit nie vir ewig sal hou of vir sy oudag sorg nie. Hy het belanggestel in bemarking en media as loopbaankeuses ná sy speeljare. Breyton se pad weerspieël ‘n balans tussen eenvoud, passie en realisme. Hy het nie met geld of rykdom as doel begin nie – eerder het hy sy opleiding en liefde vir sport aangepak, en toe rugby professioneel word, het hy daarin geslaag om 'n loopbaan te bou.
-
14
Kenners antwoord luisteraarsvrae
Nico Matthee, welvaartbeplanner by Portfolium en Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
-
13
Bykans elke vrou sal op ’n dag volle beheer oor haar finansies moet neem
Corné Welman, welvaartbeplanner by Portfolium, gesels oor die belangrikheid daarvan dat vroue beheer oor hul finansies neem.
-
12
Kenners antwoord luisteraarsvrae
Corné Welman en Nico Matthee, welvaartbeplanners by Portfolium, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
-
11
Kenners antwoord luisteraarsvrae
Corné Welman, welvaartbestuurder by Portfolium, en Nerina Visser, ETF-strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
-
10
Kenners antwoord luisteraarsvrae
Jannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium en Nerina Visser, ETF strateeg en adviseur by etfSA, beantwoord die vrae wat luisteraars sakke raak.
-
9
Portfolium mik na waarde vir beleggers
Charl Swart, stigter en uitvoerende hoof van Portfolium, gesels oor Portfolium se aanbieding.
-
8
Kenners antwoord luisteraarsvrae
Corné Welman en Jannie Louw, welvaartbeplanners by Portfolium, beantwoord vrae wat luisteraars se sakke raak.
-
7
Wat behels die staat se vroeë aftree- en vrywillige skeidingsopsies?
Jannie Louw, welvaartbeplanner by Portfolium, verduidelik wat die staat se vroeë aftree- en vrywillige skeidingsopsies behels.
-
6
Kenners antwoord luisteraarsvrae
Nico Matthee, welvaartbeplanner by Portfolium, en Elke Brink, direkteur by PSG Wealth R21, beantwoord luisteraarsvrae.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...