PODCAST · religion
Stellenbosch Gemeente Preke
by Stellenbosch Gemeente
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe.Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.
-
150
10 Mei 2026 || Herken Die Opstanding Kom Tuis || Pieter Roeloffse
Voel jy soms ontuis in jou vel, ons land, die tydsgees? Drome jy soms hemelse ontvlugtingsdrome? Wat as die hemelvaart ons dalk juis uitnooi en aanmoedig om tuis te kom in ’n lewe saam met die Tuisteskepper-God? - Pieter
-
149
03 Mei 2026 || Herken Die Opstanding In Die Alledaagse || Deon Botha
“Wat as ‘n opstandingslewe baie meer toeganklik of beskikbaar is, as wat ons dink? Jy hoef nie een of ander spesiale wonderwerk te beleef of geestelike hoogtepunt te bereik om te ervaar hoe die opstanding ook in jou gebeur nie. Jy sal hopelik vandag ervaar en sien dat die opstanding in ons alledaagse lewens herkenbaar is.” - Deon
-
148
26 April 2026 || Herken Die Opstanding In Wonde || Pieter Roeloffse
’n Vrede wat wonde vermy, verdoof of ignoreer, is nie vrede nie - dit is net vertraagde verweer. ’n Opstandingsgeloof weier, al is dit vrek moeilik, seer, ongemaklik en selfs twyfelagtig, om met hierdie fatalistiese houding óf met vermyding te leef. Die opstanding bekeer ons idee oor wonde-as-littekens na wonde-as-wondertekens. Jesus nooi ons, soos vir Tomas “Kom in voeling met my wonde en wees nie langer ongelowig nie, maar gelowig.”
-
147
19 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik Deur Sy Woorde || Heinrich Dry
"En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?"Lukas 24:30
-
146
12 April 2026 || Herken Die Opstanding Persoonlik || Pieter Roeloffse
In ’n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I’ve seen it too many times, not to believe it.” Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het. Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe God-bedoelde lewe, in lewende lywe gesien of ervaar?” Kom gee die eerste tree saam met ons in die nuwe reeks “Herken die opstanding”.
-
145
05 April 2026 || Opstandingsondag || André Serfontein
Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.
-
144
03 April 2026 || Goeie Vrydag || André Serfontein
Jaarliks word ons herinner aan Kersfees, maar Paasfees is dié simbool wat die Christelike tradisie kenmerk. Ons gaan die nagmaal saam gebruik, 'n besondere simbool vir hierdie dag. Kry gerus vir jou ook hierdie tekens gereed vir vandag se diens saam met ons, waar jy ookal is.
-
143
29 Maart 2026 || Onverwags | Ontvang || Pieter Roeloffse
Ons loop die gevaar in hoe die wêreld nou lyk dat ons harte verhard. Dat ons op die maat van die wêreld in die naam van God op verwoestende kruistogte gaan en dan is ons verras dat ons maar min van die nuwe wêreld sien. Om ’n aktiewe sagmoedige in hierdie wêreld te wees vra dat jy geweldig groot en sterk moet wees. Jy sal moet vertrou dat God in beheer is. Jy sal hierdie Paasfees helder moet sien wat Sy herstel-plan vir die nuwe, herskepte aarde is: dat genoeg mense die man op die geleende donkie sal volg…want so sal ons die nuwe aarde ontvang.
-
142
15 Maart 2026 || Onverwags | Vertroos || André Serfontein
“Psalms of lament are powerful expressions of the experience of disorientation. They express the pain, grief, dismay, and anger that life is not good. They also refuse to settle for things as they are, and so they assert hope.” - Walter Brueggemann
-
141
08 Maart 2026 || Onverwags | Behoort || Pieter Roeloffse
Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” Skielik besef ons: Die Koninkryk van God werk anders, en dit is vir ons gekondisioneerde manier van dink, kyk en leef moeilik om hierdie verkeerd-om lewe te verstaan, te vertrou en te leef. Kom kry Sondag saam met ons helderheid oor die onbegryplike.
-
140
01 Maart 2026 || Onverwags | Versadig || Heinrich Dry
Ons begin vandag met ’n nuwe reeks: Onverwags, ’n reeks wat handel oor die Saligspredikinge en ook die eerste boodskap van Jesus aan die volk. Ons wil almal salig (geseënd/blessed) wees, die Here se seën ontvang, in Matteus 5 leer Jesus ons wat dit sal kos om Sy seëninge te ontvang. Oor die volgende paar weke staan ons stil, en brei meer uit, oor hierdie Saligspredikinge. Reis saam met ons.
-
139
22 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Luister || Deon Botha
Ons kan heeldag in isolasie Bybel lees en die groot geskenk van Saam mis, dan mis ons die plek waar geloof en liefde beoefen word. Ons kan verbruikers van geloofsgemeenskap wees en steeds mis dat ons siele is met ‘n diep soeke na betekenis. Ons kan al die kennis oor geloof hê en steeds nie anders leef binne die kultuur van ons dag nie. Vandag se kontoerlyn is een van die mees invloedryke tradisies in Joodse geskiedenis omdat dit funksioneer as ‘n geloofsbelydenis en ‘n loflied waarmee God geprys word. - Deon
-
138
15 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Anders || Pieter Roeloffse
Soms voel dit met goeie rede of daar ’n grootskaalse erosie op die landskap van die lewe gebeur. Asof daar ’n meesleurende stroom, onkeerbaar deur ons uitsigte vloei. Ons is nie uniek nie, dis ’n eeu-oue patroon. In elke selfvernietigende era was daar individue en groepe wat keerwal kontoere geleef het en die storme help opdam het tot plantasies. Hulle was anders, “heilig” is die Bybelse woord. In Eks 33 pleit Moses dat die Here saam met hulle deur die woestyn moet gaan en hulle nie moet los nie. Hy sê in :16 “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.” Kom onthou Sondag langs die kontoerlyn van die Nagmaaltafel dat God en Sy lewegewende weg anders is en kom laat toe dat die Gees jou tot hierdie anders-wees beweeg.
-
137
08 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Siel || André Serfontein
Siel is ’n woord wat jou hele menswees beskryf… “Soul carries with it resonance of God-created, God-sustained and God-blessed. It is our most comprehensive term for designating the core being of men and women.” - Eugene Peterson
-
136
01 Februarie 2026 || Kontoerlyne | Saam || Heinrich Dry
’n Nuwe stem en gesig by SG! Ons verwelkom vir Heinrich Dry terug by die gemeente wat hy 25 jaar gelede help vorm het! Ons sien uit na hierdie nuwe journey saam met jou en jou gesin! " Jesus leer ons dat Hy self die waarheid is, en Hy openbaar Homself aan ons op, en deur verskillende maniere. Ons ervaar Hom deur Sy Woord, deur gebed, die sakramente maar ook deur verhoudinge. Gemeentelewe is verhoudingslewe, en saam ondek ons die waarheid oor onself, ons doel en Ons Vader se pad wat hy met ons stap.” - Heinrich
-
135
25 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Verhouding || André Serfontein
Ons ervaring van menslike verhoudings is waarskynlik die bron van ons grootste vreugde én seer in die lewe. Die landskap van verhoudings maak ons bewus van ons diep soeke na konneksie, maar ook ons diep worsteling met belonging. Verhouding is egter ook ’n beskrywing van wie God is: Vader, Seun en Gee in verhouding met mekaar. Hoe kan verhouding ’n kontoerlyn word wat ons prentjie van God verhelder, definisie gee aan spiritualiteit en ons nooi tot betekenisvolle konneksie met mekaar?
-
134
18 Januarie 2026 || Kontoerlyne | Die skepping || Pieter Roeloffse
Hier aan die begin van die jaar waar die lewe soos ’n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting terwyl ’n skare stemme ons wil oorrompel met “Leef hierlangs!” In hierdie landskap fluister God deur die eeu-oue kontoerlyne vir ons ’n voetpad na die lewe — die kontoerlyne van God se beweging. Kom volg Sondag saam met ons die eerste kontoerlyn van Die skepping. “In light of the Genesis story, we would say that the possibility of this universe overflowed into actuality as God, the Creative Spirit, uttered the original joyful invitation: Let it be!” Brian McClaren
-
133
11 January 2026 || Oor Ons Verwagtinge || André Serfontein
“Agter só baie van die dinge wat ons doen skuil die verwagting om erkenning te kry vir wie ons is, vir wat ons doen. Die uitnodiging van Bybelse spiritualiteit is egter die volgende: Gee dit prys, neem ’n postuur in waar hierdie verwagting nie eens ’n opsie is nie; gaan sit heel agterhierdie verwagting nie eens ’n opsie is nie; gaan sit heel agter…” - André
-
132
04 January 2026 || Nuwejaarsrefleksie || Deon Botha
Nadat ons kon terugkyk op ‘n jaar wat verby is wil ons ons uitstrek na wat voor ons lê, ‘n nuwe jaar met nuwe kanse. ‘n Nuwe begin, nuwe voornemens, nuwe ideale. Ek kon leer uit die vorige jaar en daag op met nuwe hoop. Ons wil soos Moses sê: Here ons wil nie van hierdie plek verder gaan as U nie saam met ons gaan nie. So wil ons ‘n oomblik stilstaan om onsself weer te belyn met dit waarmee God besig is. - Deon Botha
-
131
28 December 2025 || Oujaarsrefleksie || André Serfontein
Refleksie op die Oujaar - 2025 "Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde. Wat impliseer dit vir jou reis van 2025 na 2026? Hierdie kort opname nooi jou tot ’n refleksie op hierdie vraag." Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap: [powerpress] Hier is ons aan die einde van 2025. Dis regtig so bietjie van ’n déjà vu gevoel - dit voel of ons baie onlangs hier was. En tog het daar 365 dae verloop. Dis ’n geskenk om die einde van nog ’n jaar te sien. Bloot omdat ons elkeen steeds die geskenk van lewe vashou - en ons weet dis nie ’n gegewe nie. Raak stil. Raak bewus van jou omgewing. Skuif die fokus na jouself - raak bewus van jou asemhaling. “Deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons…” Gebed Daar is ’n woord wat hierdie tyd van die jaar goed omskryf, en dit is die woord oorgang. Ons beleef die oorgang van een jaar na ’n ander. Daar is baie oorgange in die lewe - oorgange in tyd - skooltoe, wanneer jou kind van laerskool na hoërskool oorgaan, of skool verlaat, wanneer jy aftree. Oorgange in plek - wanneer jy verhuis van een provinsie na ’n ander; oorgange in rol - bestaande werk agterlaat vir ’n nuwe een. ’n Oorgang het ’n unieke karakter: dit begin met ’n einde. Dink vir ’n oomblik hieroor na: ’n Oorgang begín met ’n einde. Dit is nogal belangrik om hierdie aspek van ’n oorgang te omhels, want wanneer jy dit - vir watter rede ookal - nie doen nie, kan jy die nuwe begin ook nie omhels nie. Dink maar aan die voorbeelde wat ek vroeër genoem het - of dalk oorgang in jou eie lewe - en oorweeg die implikasies binne elke scenario indien jy nie aanvaarding kan kry vir dít wat eindig nie. Hierdie vasgelooptheid speel homself op verskillende maniere uit en beïnvloed ons op verskillende vlakke. Terug na die oorgang wat ons tans beleef - van die oujaar na die nuwejaar. Die oorgang na 2026 begin met ’n einde. Wat is dit wat vir jou eindig? Wat is daar wat vir jou voel soos verlies - iets waarvan jy nie noodwendig wíl afskeid neem nie, maar waaroor jy nie regtig ’n keuse het nie, want die oorgang noodsaak dit? Wat is daar wat jy agterlaat, wat voel soos ’n verligting? Iets waarvan jy wíl afskeid neem - ’n ingrypende ervaring of gebeurtenis. Ek wil jou uitnooi om die opname hier te stop, jou respons op die vrae hierbo neer te skryf, en dan daaroor te reflekteer: Wat gebeur vir jou wanneer jy oorweeg dat hierdie oorgang met ’n einde begin? Wat impliseer die einde vir jou? Wat maak dit vir jou moeilik om hierdie einde te omhels? Wat stel jou in staat om vorentoe te beweeg? Wat ontdek jy van jouself in die proses? Hoe kan ’n goeie einde jou posisioneer vir ’n goeie begin? Ek wil sommer ’n paar tekste deel wat dalk jou refleksie kan aanvul: Prediker 3 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd…En dan beskryf die Prediker die sikliese aard van die lewe. Wanneer ons rondom ons kyk, is eindes is nie noodwendig onderbrekings in God se plan nie; dit is deel van Sy ritme van genade. Dis deel van die ritme van die natuur. Son wat sak Maan wat al meer op ’n skrefie trek Gety wat uitsak Herfs wat winter word Oes wat ryp word Ons ontdek die organiese proses van nuwe lewe wat moontlik is omdat daar eindes is; sonsopkoms, ’n volmaan, ’n hooggety, lente, nuwe wyn. Dit vra ’n aanvaarding van hierdie ritme, en ’n omhelsing daarvan. Soms is ’n omhelsing genoeg. Maar soms vereis die omhelsing iets groter; oorgawe. Johannes 12<...
-
130
25 December 2025 || Die geskenk van LIEFDE wat mens word || Pieter Roeloffse
Geseënde Kersfees vir jou en jou mense! Die digter R.S Thomas skryf in “The coming” van God en Jesus wat uit die ewigheid deur die wasige atmosfeer na die weerlose aarde kyk. Die aarde word beskryf as ’n verinnerweerde landskap en êrens op ’n heuwel staan ’n kruis met mense se smekende arms na die kruis toe uitgesteek…en dan sê die Seun vir die Vader “Let me go there.” Mag jy hierdie Kersfees, hoe verinneweer óf geseën jou lewe ookal lyk, iets van Jesus se “Let me go there” ervaar - want die hoop, vrede, vreugde en liefde wat Hy gee kom tasbaar, menslik en naby. In ’n gedig oor Jesus se geboorte beskryf Gerard Manley Hopkins die misterie as “God’s infinity dwindled to infancy.” God se ewigheid kwyn tot klein, tot toeganklik, tot ’n stal dat herders kan tuiskom, dit flonker as ’n ster sodat sterrekykers dit kon volg. Die ewigheid krimp tot ’n kind sodat die ewigheid in my en jou kan kom nesskrop — want Hy is Immanuel, God by ons. Daarom wil Hy ook hierdie hoop, vrede, vreugde en liefde tasbaar toeganklik in ons en deur ons laat mens word. Groete en vrede vir jou en jou mensePieter & die span
-
129
21 December 2025 || Die geskenk van HOOP wat mens word || Deon Botha
Gedurende Advent word ons genooi om te reflekteer oor Jesus se koms na die wêreld, na God wat mens geword het, maar nie net dit nie, ook Sy wederkoms. Ons leef tussen hierdie twee. Advent moedig ons aan om Jesus se menswees na te volg, om hoopvol te wag, om ‘n dapper vredemaker te wees, om met blywende diep vreugde te leef en om self-opofferende liefde te hê vir ‘n gebroke wêreld.
-
128
14 December 2025 || Die geskenk van VREUGDE wat mens word || André Serfontein
“Are you in touch with what gives you joy?” - Trevor Hudson
-
127
30 November 2025 || Die geskenk van VREDE wat mens word || Pieter Roeloffse
Kom stap saam met ons hierdie Advent na die krip in die stal in Betlehem en ontvou saam met ons die geskenk van Vrede, Hoop, Vreugde en Liefde wat mens word.
-
126
23 November 2025 || 'n Spiritualiteit Van Omgee || André Serfontein
“Every great moral and spiritual tradition points to the truth that in the giving of self lies the discovery of a deeper self. When that happiness, security and well-being of others become real to us, we come into our own. Creativity, meaning, resilience, health and even longevity can be enhanced as a surprising byproduct of contributing to the lives of others. This is perennial wisdom, and science now says it is so.” – Dr. Stephen Post
-
125
16 November 2025 || Want Aan U... || Pieter Roeloffse
By die besef van God se teenwoordigheid, sorg, verlossing, begeleiding…reageer mense dieselfde op verskillende maniere: Jakob bou ’n altaar; Mirjam maak musiek; Israel sing; Dawid dans uit sy klere; Een melaatse draai om, juig, kniel en erken die wonder in dankbaarheid. Hierdie dankbaarheids-geloof, lees ons, het hom gered. “Die Here is God, Hy skenk ons die lewe. Begin die fees!” (Ps 118:27)Hoe sal ons dan nou reageer? Kom juig, buig, sing; kom sê en vertel; kom word ’n oomblik stil saam met ons - wanneer ons vier en onthou “Hy skenk ons die lewe.” - Pieter Roeloffse
-
124
09 November 2025 || Soos in die Hemel | Met Hoop || Deon Botha
Dieselfde hoop wat in Dawid en Jesus se harte geleef het, leef in ons. Hulle het beide vir ons gewys hoe hierdie hoop in aksie lyk. Hoe kan dit vir my en jou lyk? - Deon
-
123
02 November 2025 || Soos in die Hemel | Wanneer Ons Saam Is || André Serfontein
“Kingdom people seek first the Kingdom of God and its justice; church people often put the church work above concerns of justice, mercy and truth. Church people think of how to get people in church; Kingdom people think about how to get the church into the world. Church people worry that the world might change the church; Kingdom people work to see the church change the world.” - H Snyder
-
122
26 October 2025 || Soos in die Hemel | In Voeling || André Serfontein
“Their service is offered in the form of the ongoing life of the Christian community in shops, villages, farms, cities, classrooms, homes, law offices, in counselling, politics, statecraft, and recreation.” - David Bosch
-
121
19 October 2025 || Soos in die Hemel | Deur 'n Splinterruit || Pieter Roeloffse
Ons leef in ’n tyd waarin gerief en beheer as die hoogste waarde en daarom strewe gesien word. Heel menslik vermy ons pyn, verdoof verlies en meet sukses en vooruitgang aan hoe gerieflik jou lewe is. Laat ek dit weer sê: Hierdie maak in terme van ons leeftyd heeltemal sin, dit is heel menslik.
-
120
12 October 2025 || Soos in die Hemel | Eenheid || Pieter Roeloffse
"Ons verlang meeste vir die tyd vir vrede vir onsself, en ons doen alles in ons vermoe om dit te soek. Maar as die ander — wieookal die ander is – hulle heelheid en shalom ervaar, het dit ook 'n effek op jou heelheid en rustigheid." - Pieter Roeloffse
-
119
05 October 2025 || Soos in die Hemel…So ook op die aarde || Deon Botha
Ons begin vandag met ‘n reeks wat gaan fokus op hoe ons elke dag die koninkryk van God kan reflekteer. Ons hou daarom God se Woord ook as spieël op om te sien waar en wanneer ons nie so lyk nie - want net soos Jona moet ons ook daagliks in onsself sterf om ‘n beter refleksie te wees van ‘soos in die hemel’. - Deon
-
118
28 September 2025 || herWaardeer | Vrygewigheid || André Serfontein
“En die Here sal jou oorvloedig laat wees in voorspoed, in die vrug van jou moederskoot... Die Here sal Sy goeie skatkamer oopmaak... om al die werk van jou hande te seën.” - Deuteronomium 28:11–12
-
117
21 September 2025 || herWaardeer | Om verantwoordelik te lewe || André Serfontein
“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.” - 2 Korintiërs 3
-
116
14 September 2025 || herWaardeer | Integriteit || Pieter Roeloffse
…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede. (Efesiërs 4:2-3 ) Wat as die grootste waarde in ‘n hiper-kunsmatige wêreld dalk juis ons omhelsing van menslikheid sou wees? - Pieter Roeloffse
-
115
7 September 2025 || herWaardeer | Leerbaar || Pieter Roeloffse
Vergeet van “Hulle weet nie wat ons weet nie” en ontdek weer “Ons weet nie wat ons nie weet nie…” — behalwe as God iemand stuur om dit vir my te kom wys en ek leerbaar genoeg is om die misterie van Christus te ontdek. - Pieter Roeloffse
-
114
31 Augustus 2025 || herWaardeer | Gasvryheid || André Serfontein
“The stranger is not simply one that needs us. We need the stranger. We need the stranger if we are to know Christ and serve God, in truth and love.” - Parker J Palmer
-
113
24 Augustus 2025 || herWaardeer | Waagmoed || Deon Botha
Wat is die eienskappe van geloof? Is dapperheid of waagmoed die waarde wat vir jóú uitstaan as jy oor geloof dink? Ons hoor hoeveel keer: “Moenie bang wees nie!”, kom ons leef ‘n vryer , meer opregte lewe deur waagmoed ‘n eienskap van ons geloof te maak.
-
112
17 Augustus 2025 || herWaardeer | Droom || Pieter Roeloffse
“If the world is to change for the better, it must start with a change in human consciousness, in the very humanness of modern man.” Václav Havel
-
111
10 Augustus 2025 || herWaardeer | Eenvoud || Pieter Roeloffse
Wat is, wat die lewe betref, die mees basiese ononderhandelbare iets wat jy glo die lewe betekenisvol maak?
-
110
03 Augustus 2025 || herWaardeer | Liefde || André Serfontein
Vandag wil ons liefde her-waardeer…Hoe kan liefde toenemend ’n rankraamwerk word waaraan ons ons gedagtes, perspektief, gedrag kan anker en lewe gee? Filippense 1 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. Philippians 1 (NIV)And this is my prayer: that your love may abound more and more in knowledge and depth of insight, so that you may be able to discern what is best and may be pure and blameless for the day of Christ, filled with the fruit of righteousness that comes through Jesus Christ - to the glory and praise of God.
-
109
27 Julie 2025 || herWaardeer | Onthou || Pieter Roeloffse
In hierdie reeks ontdek ons saam die waardes wat nie net ons as individue vorm nie, maar ook as ’n community en gemeente. Herontdek weer jou eie waardes saam met ons.
-
108
20 Julie 2025 || Sabbat | Aanbidding || Deon Botha
Matteus 11:“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace.
-
107
13 Julie 2025 || Sabbat | Verlustig || Deon Botha
Here God, Skepper van alles wat goed en mooi is. Herinner ons vandag weer aan ons menslikheid. Ons staan nie net verwonderd oor alles wat U geskep het nie, ons word ook genooi word om deel te neem aan die herskeppingsproses, en daarmee saam ontvang ons die gawe van Sabbat – om te stop, te rus, en om ons te verlustig in U. Maak ons harte oop om nie net U opdragte te hoor nie, maar die goedheid daarin raak te sien en te ervaar. Herstel weer ons vreugde, O Heer. Amen.
-
106
06 Julie 2025 || Sabbat | Rus || André Serfontein
"We have a choice. It is one or the other. In our context it is a choice of restlessness or restfulness" - Walter Brueggemann
-
105
29 June 2025 || Sabbat | Stop || Pieter Roeloffse
“Sabbath is not about time off. It is about time up—time to be in the presence of God, time to listen and be renewed.” Dan Allender
-
104
-
103
15 June 2025 || Kinesis | Water || André Serfontein
Dink aan die plek wat water het in die Bybel. Ons sou so baie historiese gebeurtenisse kon opnoem - dink aan die see waardeur Israel moes trek; die riviere wat hulle moes oorsteek; die invloed van reën; droogte.
-
102
8 June 2025 || Kinesis | Vuur || Pieter Roeloffse
“The Church was born in wind and fire, not to be a place of comfort but a people of courage.” – David Bosch
-
101
1 June 2025 || Kinesis | Beweging || André Serfontein
Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waarheen hy gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is. - Johannes 3:8
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Ons dink ons beweeg nader aan 'n lewe met betekenis wanneer ons dit regkry om die verskillende dimensies van ons lewe, spiritualiteit en daaglikse menswees, met mekaar te integreer, verweef tot een lewe.Ontdek saam met ons hoé, luister hier na die preke.
HOSTED BY
Stellenbosch Gemeente
CATEGORIES
Loading similar podcasts...