Gesondheid

PODCAST · health

Gesondheid

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

  1. 623

    Gesondheid 13 Mei 2026

    Hoe kry tennisster Alexander Zweref dit reg om op die hoogste tennis te speel al is hy ‘n tipe 1 diabeet? Marí Hudson gesels in die eerste episode van ‘n kort reeks oor tipe 1 diabetes met ’n internis oor wat dit is en hoe dit ontstaan. Kan skielike trauma tipe 1 diabetes veroorsaak?

  2. 622

    Gesondheid Ekstra 6 Mei 2026

    Luister na die kankerreis van Dirk Malan, voormalige laerskool- wiskundeonderwyser en adjunkhoof van Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hulle ervaring van diagnose, behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA tweekampkampioenskap deelgeneem en voltooi het.

  3. 621

    Gesondheid 6 Mei 2026

    “Dokter, gaan ek nou dood?” het ‘n 26-jarige jonggetroude gevra toe sy met borskanker gediagnoseer is. Watter emosies moes sy en haar man verwerk? Hoe het hulle fisiek en emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis? Marí Hudson gesels met Janika Theron en haar man oor hulle ervaring met kanker en kankerbehandeling.

  4. 620

    Gesondheid 29 April 2026

    Die eerste Alzheimer-pasiënt wat twee weke gelede die eerste geword om ‘n delikate limf-omleidingsoperasie in Suid-Afrika te ondergaan, toon reeds beterskap. Word operasies op nog pasiënte beplan en wanneer? Wie is geskikte kandidate? Marí Hudson praat met die chirurg, dr. Ben Moodie van Pretoria.

  5. 619

    Gesondheid 22 April 2026

    Marí Hudson praat met drie spesialiste oor doeltreffende behandeling vir chroniese blaasinfeksies, galblaasverwydering se uitwerking op die spysverteringstelsel, en harsingskudding.

  6. 618

    Gesondheid 15 Maart 2026

    Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel, sodat blaaslek onder beheer gebring kan word. En vir stres-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling. Marí Hudson gesels in deel 1 van ‘n kort reeks oor blaasprobleme met prof. Stephen Jefferey van Kaapstad.

  7. 617

    Gesondheid 8 April 2026

    Verskeie foute is gemaak in hoe die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika die Covid-pandemie in 2020/21 hanteer het. Die voorspellings was foutief, die streng inperkings te laat en oorbodig, en die raadgewende medici het soos dogmatiese outokrate opgetree en geen debat geduld nie. En die korrekte inligting oor die entstowwe is nie gekommunikeer nie. Marí Hudson praat in deel 2 weer met dr. Piet Streicher, wat al die data en patrone ondersoek het.

  8. 616

    Gesondheid 1 April 2026

    Verskeie foute is gemaak in hoe die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika die Covid-pandemie in 2020/21 hanteer het. Die streng inperkings was eintlik mosterd na die maal, en die Imperial College of London, die enigste raadgewer van die WGO, het erg drooggemaak met sy voorspellings. Marí Hudson praat hieroor met dr. Piet Streicher wat al die data en patrone ondersoek het.

  9. 615

    Gesondheid 25 Maart 2026

    Het jy geweet ‘n sleutelgatprosedure op jou heupgewrig kan ‘n heupvervanging uitstel, of selfs voorkom? Dié atroskopiese prosedure is veral geskik vir jonger mense wat op pad is na ‘n heupvervanging, en is soortgelyk aan ‘n skouer- of knie-atroskopie. Die rehabilitasie ná die prosedure moet baie getrou gevolg word. Marí Hudson praat hieroor met dr. Hennie Bosch, ortopeed van Durbanville.

  10. 614

    Gesondheid 18 Maart 2026

    As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

  11. 613

    Gesondheid 11 Maart 2026

    Gloukoom is ‘n algemene oogprobleem waar die oogsenuwee beskadig word, maar weens onkunde onder die publiek word te veel pasiënte nie opgespoor voordat oogsenuwee-skade intree nie. Indien dit vroeg opgespoor en behandel word, kan dit verhoed dat jy blind word. Hoe werk gloukoom? Waar kom die oormatige vog in die oogbol vandaan? Wat loop skeef, en hoe word dit behandel? Speel oorerwing ‘n rol? Marí Hudson vind meer uit by ‘n oogspesialis.

  12. 612

    Gesondheid 4 Maart 2026

    CTX is ‘n seldsame metaboliese siekte wat tot gestremdheid en blindheid kan lei. As ouers hierdie siekte se simptome bestyds kan uitken sodat die siekte vroeg gediagnoseer en behandel kan word, kan breinskade voorkom word. Marí Hudson praat hieroor met ‘n kenner op die gebied van siektes wat te make het bloedvette, vetsure en cholesterol.

  13. 611

    Gesondheid 25 Februarie 2026

    Nuwe tegnologie maak die behandeling van atriale fibrillasie nog veiliger en meer suksesvol. Atriale fibrillasie is die mees algemene hartritme-defek in mense ouer as 60, en ablasiebehandeling is die behandeling van keuse om die risiko vir beroerte en sterftes te verminder. Medikasie is ongelukkig redelik toksies.

  14. 610

    Gesondheid 18 Februarie 2026

    Lede van Discovery Health het onlangs groot geskrik toe dié mediese fonds skielik sowat R130 miljoen van hulle wou terugverhaal. Gelukkig is dié terugverhalings in die kiem gesmoor. Maar dié terugeise vind al oor jare en jaar-vir-jaar plaas, en voedingkundiges, dieetkundiges, fisioterapeute, perfusietegnoloë en talle dokters moes in gevalle elk meer as R1 miljoen terugbetaal, al was die eise voorheen goedgekeur. Hoe werk “claw backs”, herhaalde administratiewe foute, en wat bepaal die wet? Marí Hudson praat met ‘n regsgeleerde.

  15. 609

    Gesondheid 11 Februarie 2026

    Is daar dalk nog veiliger middels met peptiedmolekules op pad as Ozempic? En ons kyk na die werklike feite oor hormoonvervangingsterapie, want dit kan baie vroue se lewenskwaliteit verbeter.

  16. 608

    Gesondheid 4 Februarie 2026

    Wat het chronies-verhoogde kortisolvlakke met jou gewig, jou gemoed en jou gesondheid te doen? Wat het dit te doen met die groot vetrol om jou maag, die skof agter jou nek, moegheid, depressie en die gesukkel om gewig te verloor? Baie! Slegs drastiese behandeling sal help. Marí Hudson praat hieroor met ‘n endokrinoloog.

  17. 607

    Gesondheid 28 Januarie 2026

    Eierstokkanker is ‘n tameletjie, want dit word dikwels laat opgespoor, en is aggressief. Maar as jy ‘n familiegeskiedenis van bors- en eierstokkanker het (dis in in die helfte van gevalle só) kan genetiese toetse jou help om ‘n besluit te neem om jou eie lewe te red. Nuwe medikasie is baie doeltreffend juis teen die geneties en oorerflike vorms van eierstokkanker. Marí Hudson praat hieroor met ‘n onkoloog.

  18. 606

    Gesondheid 21 Januarie 2026

    Koskenner Marinda Engelbrecht het oor etlike jare 53 kg verloor. Sy het van 114 kg tot 61 kg, en van ‘n nommer 26 tot ‘n nommer 10, gegaan. Sy vertel hoe sy dit reggekry het en gee ook wenke wat kan werk. Sy het die gewig afgeskud sonder pille, inspuitings of kitsdiëte, en deurgedruk al het sy meer as een keer van die wa afgeval.

  19. 605

    Gesondheid 14 Januarie 2026

    Hoe kry iemand dit reg om 53 kg te verloor – van 114 kg tot 61 kg, van ‘n nommer 26 tot ‘n nommer 10 – en die gewigsverlies boonop te handhaaf? Dít alles sonder pille, inspuitings of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht vertel hoe sy op ‘n gesonde manier gewig verloor het.

  20. 604

    Gesondheid 7 Januarie 2026

    In ons tweede en finale terugblik op 2025, fokus ons op obesiteit, nie-mediese mense wat Ozempic bemark, Tik-verslawing, demensie, artritis en genetiese toetse vir borskanker.

  21. 603

    Gesondheid 31 Desember 2025

    Ons kyk terug op gesondheidsprogramme wat in 2025 uitgesaai is, en fokus op vroeggebore babas en op ovum-bevriesing.

  22. 602

    Gesondheid 24 Desember 2025

    Aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam deel openhartig haar reis van hartseer en vreugde tot waar sy uiteindelik haar babaseun in haar arms kon vashou, danksy skenkereierselle.

  23. 601

    Gesondheid 17 Desember 2025

    Kate Borthwick se reis met aggressiewe miëloom was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Marí Hudson.

  24. 600

    Gesondheid 10 Desember 2025

    Die eerlike en onstellende vertelling van ‘n borskankerpasiënt lê bloot hoe ‘n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Marí Hudson gesels met ‘n borskankerpasiënt, ‘n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die kort reeks oor borskanker en gene.

  25. 599

    Gesondheid 3 Desember 2025

    Slegs ‘n klein persentasie van borskanker-pasiënte dra een van die foutiewe gene wat ‘n rol in borskanker speel, en het dan ongelukkig ‘n groot risiko om borskanker te kry. Maar as jy weet jy het een van dié gene, kan jy besluite neem wat jou lewe kan red. Marí Hudson praat met ‘n onkoloog oor borskanker en gene.

  26. 598

    Gesondheid 26 November 2025

    Watter soort kontaklens sal jou oë die beste pas? Hoe werk droë oë terwyl jou oë traan? Marí Hudson praat met ‘n oogkundige oor al die geheime wat jou oë kan verklap.

  27. 597

    Gesondheid 19 November 2025

    As jy na ‘n oogkundige gaan vir ‘n oogtoets, kan die oogkundige deur oogondersoeke nie net sien of jou retina, makula en lens gesond is nie, maar ook of jy tekens van diabetes, hoë bloeddruk en hoë cholesterol toon. Dan kan tekens van harsingskudding en selfs ‘n breingewas duidelik word. Marí Hudson gesels met ‘n oogkundige oor al die geheime wat jou oë kan verklap.

  28. 596

    Gesondheid 12 November 2025

    Is daar ‘n verband tussen sekere gene en kanker? En wat van die genetika van die kankerselle self? Kan dié kennis help om sekere kankersoorte beter te behandel? Marí Hudson praat met ‘n genetikus wat bevestig dat die bekende borskankergene 1 en 2 inderdaad jou risiko vir verskeie kankersoorte verhoog, en dit kan nie deur lewerdetoksifikasie verander word nie.

  29. 595

    Gesondheid 5 November 2025

    Hoe werk neuropatie? Is dit die gevolg van veroudering, ’n vasgeknypte senuwee, of is daar ander oorsake? Kan dit behandel word?

  30. 594

    Gesondheid 29 Oktober 2025

    ‘n Kankerknoppie in die bors kan nou in sommige gevalle in ‘n radioloog se spreekkamer deur koue-ablasie vernietig word. Watter vroue en watter soorte borskanker kan met dié minder ingrypende metode behandel word, en hoe werk dit?

  31. 593

    Gesondheid 22 Oktober 2025

    Wat sien ‘n radioloog op ‘n breinskandering wat aandui dat die pasiënt ‘n breinbloeding het, en nie ‘n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? ‘n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat ‘n breinskandering verklap.

  32. 592

    Gesondheid 15 Oktober 2025

    Die meeste vroue wat borskanker kry, is ouer as 50 jaar. Vroue in hulle twintigs en dertigs kan ook borskanker kry, en dikwels een van die aggressiewe vorms van borskanker. Wat kan ‘n jonger vrou doen om te verseker dat borskanker vroeg by haar opgespoor word?

  33. 591

    Gesondheid 8 Oktober 2025

    In die derde aflewering in ons reeks oor Tik, fokus ons op rehabilitasie, en op waarnemings wat tydens die ondersoek aan die lig gekom het.

  34. 590

    Gesondheid 1 Oktober 2025

    Met Tik-gebruik word massas dopamien in die brein vrygestel en die senuselle beskadig. Dit lei tot paranoïese skisofrenie, wat tydelik of permanent kan wees. Ons kyk na dieTik-probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Hierdie is die tweede episode in ‘n kort reeks oor Tik.

  35. 589

    Gesondheid 24 September 2025

    Die gebruik van Tik is ‘n allemintige en groeiende probleem in Suid-Afrika. Ons kyk na die probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Wat gebeur met iemand wat Tik gebruik, en wat gebeur in sy brein? Tik maak die gebruiker letterlik ‘mal’. Hierdie episode is die eerste in ‘n kort reeks oor Tik.

  36. 588

    Gesondheid 17 September 2025

    ‘n Ortopeed van die Paarl was een van die eerstes in Suid-Afrika en die wêreld om met ‘n nuwe tweesleutelgat-prosedure rugoperasies soos fusies te doen. Al meer ortopede leer nou dié tegniek aan. Dit behels ‘n kwaai leerkurwe. Hoe weet die pasiënt of die ortopeed al vaardig genoeg is om dié prosedure op lewende mense uit te voer?

  37. 587

    Gesondheid 10 September 2025

    Watter soort pasaangeër is die beste vir watter pasiënt? Wat is die verband tussen goeie mondgesondheid en hartprobleme? In die derde en laaste program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.

  38. 586

    Gesondheid 3 September 2025

    Hoekom en hoe bou vog in die longe op met hartversaking? Hoe kan ‘n middel soos Ozempic help in die behandeling van hartversaking? Hoe klink hartversaking? In die tweede program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.

  39. 585

    Gesondheid 27 Augustus 2025

    Een uit ses mense sal later hartversaking ontwikkel. Kan dit voorkom word? Wat is die oorsake, en hoe word dit behandel?

  40. 584

    Gesondheid 20 Augustus 2025

    Hoe verskil ADHD in meisies en vroue teenoor dié in seuns en mans? Vir watter simptome moet mens uitkyk? Hoe steek meisies die simptome weg? Wat is die verband tussen ADHD en angstigheid, of depressie en post-natale depressie?

  41. 583

    Gesondheid 13 Augustus 2025

    Vir die eerste keer is ‘n middel om Alzheimer-siekte te behandel, en selfs om te keer, in die vooruitsig. ‘n Neuroloog praat oor Alzheimer-siekte en ander voms van demensie.

  42. 582

    Gesondheid 6 Augustus 2025

    Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie.

  43. 581

    Gesondheid 30 Julie 2025

    Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes.

  44. 580

    Gesondheid 23 Julie 2025

    Hipertensie, of hoë bloeddruk, is ‘n stil siekte sonder simptome. Iemand met onbehandelde hipertensie, of ‘n hipertensielyer wat self voorskrifmedikasie staak, kan met ernstige en lewensbedreigende komplikasies soos beroerte, ‘n hartaanval of nierversaking in ‘n waaksorgeenheid beland.

  45. 579

    Gesondheid 16 Julie 2025

    Mediese studente het die land se eerste Lifepod-waaksorgbed vir potensiële orgaanskenkers, wat ná ‘n ongeluk in die hospitaal breindood verklaar word, by die Tygerberg Hospitaal ingerig. Wat is breindood? En hoekom benodig ‘n breindood persoon spesiale sorg om sy organe aan die gang te hou vir skenking?

  46. 578

    Gesondheid 9 Julie 2025

    Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is.

  47. 577

    Gesondheid 2 Julie 2025

    Tydens harsingskudding rek van die neurone in jou brein so erg dat dit tot biochemiese veranderings in jou brein lei, wat minstens 28 dae neem om te herstel. Studies bewys dat herhaalde harsingskudding tot ‘n groter risiko vir vroëe demensie, Parkinson-siekte, Motorneuronsiekte en ander neurologiese probleme lei.

  48. 576

    Gesondheid 25 Junie 2025

    Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig?

  49. 575

    Gesondheid 18 Junie 2025

    Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook.

  50. 574

    Gesondheid 11 Junie 2025

    Moenie dat die damprookgeure jou flous nie - aarbei, vanielje en die ander partytjiegeure bevat uiters toksiese stowwe wat onomkeerbare veranderings aan ‘n jongmens se brein kan veroorsaak. Dit kan tot depressie lei, asook swak konsentrasie, impulsiewe gedrag en swak besluitneming, wat blywend is.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

URL copied to clipboard!