PODCAST · education
Podvoeding
by Maroela Media
Podvoeding, ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum en Maroela Media, is ’n reeks gesprekke oor die toekoms van begronde, Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika. Daar is talle krisisse in die onderwys, maar daar is ook oplossings. Daar is hoop en die hoop is ’n omvattende opvoedingsideaal. Dink saam met ons, praat saam met ons en doen dan ook saam met ons. Saam sal ons ’n blink toekoms verseker.
-
19
Kurrikulum en KABV is nie sinonieme
In hierdie episode van die "Podvoeding"-reeks bespreek ons al die sake rondom kurrikulum met dr. Chris-Mari Le Hanie.
-
18
Probleemgebaseerde leer berei leerders op die werklike wêreld voor
Luister na Jhani Pottas, 'n dosent in opvoedkunde by Akademia en 'n kundige in probleemgebaseerde leer, wat die potensiaal van hierdie metodologie om die onderwysstelsel te transformeer, in hierdie episode bespreek.
-
17
Hoe lyk die onderwysvraagstuk van ons tyd?
In hierdie episode van die Podvoeding-reeks oor onderwys delf ons dieper in die onderwysvraagstuk van ons tyd saam met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Ons ondersoek die uitdagings wat Afrikaanse onderwys vandag in die gesig staar en bespreek oplossings vir hierdie uitdagings.
-
16
Luister: Die toekoms van die intermediêre fase
Elsabé Joubert en Leani Meintjies is meesteronderwysers wat die toekoms van onderwys reeds ʼn realiteit in hul klaskamers gemaak het. Hierdie twee geroepe opvoeders vertel jou van die suksesse van kringonderrig, Meesterkringe™, die omgekeerde klaskamer en leerervarings wat jou verbeelding sal aangryp.
-
15
Goeie assessering is deel van ’n blink onderwystoekoms
Hendrik de Kock, die gasspreker vir hierdie episode, sal die Podvoeding-span se stem kry as die minister van assessering, sou daar ooit so ʼn pos geskep word. In dié episode gesels ons oor die hede, die verlede en die toekoms van assessering en ons droom saam oor die krag wat goeie assessering in die blink toekoms van Afrikaanse onderwys kan hê.
-
14
Is huiswerk nog sinvol vir leerders?
Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel. In hierdie episode van die reeks Podvoeding, gesels ons met ’n gesoute onderwyseres en projekkoördineerder, Hildegard Brummer, oor die opwindende verandering in die onderwys wat sy al kon implementeer. Die span aanbieders hoor wat die waarde van voorbereiding is en ook hoe die omgekeerde klaskamer, nuwe hoogtes in leerderprestasie kan bereik. Skink ʼn koppie boeretroos en kom luister saam na die volledige gesprek oor die toekoms van onderwys boaan hierdie teks.
-
13
Die toekoms van die grondslagfase
Vroeë kinderontwikkeling en die grondslagfase is in die onderwyssektor amper ʼn soort heilige plek. Dit is daardie eerste jare van kleuterskool en “grootskool” wat die grondslag van ons kinders se akademiese geletterdheid vorm. Die uitwerking wat ʼn opvoeder en onderrigstrategieë op daardie jonges het, is groot. In hierdie episode gesels die span aanbieders van die Podvoeding-reeks oor die toekoms van die grondslagfase met ʼn meesteronderwyseres en skoolhoof, Marietjie Havenga.
-
12
Luister: Nuwe hoogtes met ou beginsels
Hoe het die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum se onderrig- en leermodel ontstaan, wat is die uitdagings ten opsigte van nuwe konsepte, wat behels die nuwe rol van die onderwyser, waar kom kringonderrig vandaan en watter rol speel Christelike waardes in ʼn toenemend veranderende wêreld?
-
11
Luister: Anderkant die KABV
In hierdie insiggewende aflewering gesels dr. Celia Booyse oor die Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum, hoe dit ontstaan het en hoe die professionele rol van die onderwyser daardeur drasties afgeskaal is – tot nadeel van ons kinders se opvoeding.
-
10
Gelykheid teenoor uitnemendheid
Wonder jy oor die strewe van gelykheid in die onderwys? Het jy al die term “inklusief” gehoor? In hierdie episode gesels die Solidariteit Skoleondersteuning (SOS)-span met Werner Human, adjunkbestuurshoof van regsake en navorsing by Solidariteit, oor ʼn paar ernstige sake wat die onderwys raak en hoe ons daaraan aandag kan gee.
-
9
Onderwys oor die volgende 200 jaar
Prof. Irma Eloff, ʼn bekende leier in die onderwyssektor, gesels in hierdie episode onder meer oor hoe geen onderwysstelsel die gehalte van sy onderwysers kan uitpresteer nie, hoekom ʼn stelselverandering wel moet plaasvind en hoe ons so ʼn stelselverandering kan teweegbring.
-
8
Skole en gemeenskappe moet hande vat
Die gemeenskap waarin ʼn skool gevestig is, moet in vennootskap met daardie skool staan. Sonder hierdie vennootskap sal jy sien hoe skole tydens vakansies beskadig word, asook hoe skole se infrastruktuur verval en skole se deure uiteindelik gesluit word. Só sê Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), en sy benadruk weereens: Gemeenskappe wat eienaarskap van hul skole neem, bou skole wat floreer.
-
7
Hoe lyk ’n Christelike skool?
Dr. Wikus Buys, uitvoerende direkteur van Begrond Instituut, vertel ons in hierdie episode oor die profetiese deel van onderwys, die aard van ’n Christelike skool en die rol van die gemeenskap in onderwys.
-
6
Karakter, waardes is belangriker as punte
Dr. Jeanette De Klerk-Luttig is ’n kenner in karakterontwikkeling en sy meen karakterontwikkeling in skole is ononderhandelbaar. Daaroor gaan niemand kan stry nie, maar hoe ontwikkel ʼn mens leerders se karakter en dra goeie waardes aan hulle oor? In hierdie gesprek word daar met De Klerk-Luttig gesels oor hoe ʼn mens dit kan doen.
-
5
Plaaslik geanker, maar vir die hele wêreld toegerus
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels in hierdie episode oor die groter prentjie van ons skole se kultuur.
-
4
Opvoeding as ʼn Bybelse opdrag
Ds. Christiaan Jooste gesels in hierdie episode vanuit die Skrif oor die taak om kinders op te voed en te leer, asook wie se verantwoordelikheid dit nou regtig is.
-
3
Die era van die kind
Hoekom onderrig ons? Wat is die doel van onderwys en opleiding? Is dit om ʼn jong mens so vinnig as moontlik in ʼn beroep in te stoot? In hierdie episode gesels ons met prof. Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, oor hoekom jy leerders in verwondering moet laat oor die ware, die goeie en die skone.
-
2
Die belewenis van opvoeding
Onthou jy nog daardie een onderwyser wat jou lewe verander het? Johan Koekemoer het gesels met prof. Gawie du Toit, die gasspreker in hierdie episode en die dekaan van opvoedkunde by Akademia. Kom luister na die volledige gesprek boaan hierdie podsending.
-
1
Ja, daar is ’n toekoms vir Afrikaanse onderwys
In hierdie wegspringepisode van Podvoeding gesels ons oor die krisis in onderwys, maar meer belangrik as dit, ook oor die oplossing. Leon Fourie, die gasspreker, is die uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS).
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Podvoeding, ’n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum en Maroela Media, is ’n reeks gesprekke oor die toekoms van begronde, Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika. Daar is talle krisisse in die onderwys, maar daar is ook oplossings. Daar is hoop en die hoop is ’n omvattende opvoedingsideaal. Dink saam met ons, praat saam met ons en doen dan ook saam met ons. Saam sal ons ’n blink toekoms verseker.
HOSTED BY
Maroela Media
CATEGORIES
Loading similar podcasts...