EPISODE · Nov 15, 2015 · 1H 26M
RSG Kunstefees
from RSG Kunstefees · host RSG
Met die onlangse viering van Afrikaans se 90ste verjaardag is die uitgewer Leon Rousseau gevra om sy lys van die tien beste en invloedrykste boeke van die afgelope nege dekades saam te stel. Rousseau, een van die stigterslede van die uitgewer Human & Rousseau, het wyle Andre P. Brink se Lobola vir die lewe (1962) as die tweede beste Afrikaanse roman tot nog toe bestempel. Lobola vir die lewe handel oor die belewenisse van 'n verbitterde, ontnugterde jong skrywer-joernalis wie se lewe weens tragiese gebeure dreig om in duie te stort. Hulp uit 'n onverwagse oord bring egter hoop en die geleentheid om van voor af te begin. Wyle Andre P. Brink sou in Mei vanjaar 80 jaar oud wees. Met Johann Nel, Anrich Herbst, Deirdre Wolhuter, Ronel Geldenhuys, Piet Beyers, Ivan Abrahams en Pieter Cillie. Die RSG-verwerking van hierdie roman word uitgesaai met die vergunning van die Andre P. Brink Literêre Trust. Regie: Eben Cruywagen.
Embed this episode
Ready to play
RSG Kunstefees
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.