Skrywers en Boeke podcast artwork

PODCAST · tv

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Sep 6, 2026 · Source feed

  1. 735

    Skrywers en boeke: UJ-Pryse vir Afrikaans en Literêre Vertaling

    8 September 2026: Die Universiteit van Johannesburg se pryse vir Afrikaans en die vertaalprys is op 4 September aan die wenners oorhandig. Luister na ‘n geredigeerde weergawe van dié geleentheid om te hoor wat die keurpaneel te sê gehad het oor Antjie Krog se BINNERYM VAN BLOED, Shane van der Hoven (debuutpryswenner) se KRUIPER/CRAWLER, en Wium van Zyl se vertaling van DIE ONGELUKKIGE EN TREURIGE VERHAAL VAN DIE SKIP DIE GOUDEN BUYS 1963. Jy kan ook luister na die skrywers se aanvaardingstoesprake. In sy internasionale bydrae het Johan nuus oor die kortlyste vir vanjaar se Kirkuspryse, en hy bring hulde aan Péter Nádas, die Hongaarse skrywer, en Wendell Berry, die Amerikaanse digter en skrywer. Albei is onlangs oorlede.

  2. 734

    Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R.

    2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede week oorlede is – oor haar boekprogram vir kinders gevoel het. Hy stel ons voor aan die Nederlandse skrywer, Anjet Daanje, wat deur kenners genoem word as moontlike wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Hy vertel ook meer oor die Inside-letterkundeprys in die VSA waarvoor gevangenes die beoordelaars was. Die skrywer en resensent, Stefaans Coetzee, vertel hoe boeke sy lewe agter tralies verander het. Daar is ook ‘n argiefinsetsel oor die lewe en werk van M.E.R. Sy was een van die baanbrekerskrywers en joernaliste in Afrikaans. Jy kan ook hoor hoe sy skryf benader het.

  3. 733

    Skrywers en boeke: Elmarie Dercksen - Wat Die Witbors Wou Sê

    26 Augustus 2026: Elmarie Dercksen gesels oor haar tweede roman, WAT DIE WITBORS WOU SÊ. Johan Myburg het nuus oor internasionale boeke, soos DREAM COUNT van Chimamanda Ngozi Adichie, Rachel Cusk se nuwe roman LIFE OF M, THE SCHOOL OF NIGHT van Karl Ove Knausgård, en DISCONTENT van Beatriz Serrano. Hy vertel ook meer oor die onlangse verering van Ann Patchet, en jy kan hoor wat – volgens haar – boeke laat verkoop. As jy in die Noord-Kaap en omstreke woon en graag ‘n gratis skryfskool wil bywoon, moet jy nie Theo Kemp van die Jakes Gerwel-stigting se insetsel misloop nie.

  4. 732

    Skrywers en boeke: Carel van der Merwe

    19 Augustus 2026: Carel van der Merwe is bekend as bekroonde skrywer van nie-fiksie. Hy gesels oor sy loopbaan en DIE SERWIËR, ‘n spanningsroman uit sy pen. Ons kyk na die finaliste vir die gesogte KykNET/Rapport-boekpryse. Johan Myburg het heelwat nuus uit die internasionale boekewêreld. Uit Australië is daar nuus oor FIERCELAND, die wenner van die Miles Franklin-prys, asook die boeke op die kortlys vir die Australiese eerste minister se literêre toekennings. Johan vertel meer oor EXIT PARTY, ‘n nuwe distopiese roman uit die pen van Emily St. John Mandel, ‘n Kanadese skrywer, en ‘n nuwe roman uit die pen van William Boyd. En vir aanhangers van spekulatiewe fiksie het Johan nuus oor E.J. Swift se WHEN THERE ARE WOLVES AGAIN, wat aangewys is as die wenner van die Arthur C Clarke-prys vir wetenskapsfiksie. Annemarie van der Walt, die organiseerder van die jaarlikse Innibos-boekenaweek op Kaapschehoop, vertel meer oor hierdie heerlike fees wat van 28-30 Augustus plaasvind.

  5. 731

    Skrywers en boeke: Wenners van LAPA-jeugromankompetisie; Martin Versfeld 115 jaar

    12 Augustus 2026: Anschen Conradie gesels oor die wenners van die LAPA-jeugromankompetisie. (Fanie Viljoen se DIE SEUN MET DIE SWAELTJIE, Zelda Bezuidenhout se DIE TUSSENINNERS, en DIE FLUISTERAAR deur Jacolet van den Bergh.) Sy vertel ook meer oor drie boeke vir jonger kinders: Hannes Barnard se GRAPGAT en die eerste twee boeke in die BOBBOB-reeks. Dis geskryf deur Marion Erskine en Heléne de Clercq. Ons herdenk ook die skrywer en filosoof Martin Versfeld se geboortedag 115 jaar gelede. In Johan Myburg se drie bydraes kan jy meer uitvind oor die bibliotekaris van die beroemde Bodlian-biblioteek in Oxford. Hy vertel ook van Wang Jibing,‘n Chinese kos-afleweraar wat met ‘n groot Chinese letterkundeprys bekroon is, en MAY WE FEED THE KING deur Rebecca Perry, wat aangewys is as die wenner van die Waterstones debuutprys vir fiksie.

  6. 730

    Skrywers en boeke: Nie-fiksie boeke; Zirk van den Berg

    5 Augustus 2026: Anschen Conradie gesels oor vier nie-fiksie boeke wat sy kan aanbeveel: Graham Coetzer se ZAMA ZAMA, Ryan Blumenthal se TRACE, Dominique Olivier se LESSONS FROM LOSS en BETHULIE: MY LEWE IN DIE KAMP deur Rensche van der Walt. Zirk van den Berg gesels oor sy nuwe roman, MY SKADUWEE LOOP LOS. Johan Myburg praat oor die sogenaamde Booker Dozen, of langlys van 13 boeke wat vir die Bookerprys benoem is. Hy bespreek ook twee klassieke boeke – THE SUN ALSO RISES deur Ernest Hemingway, en JD Salinger se THE CATCHER IN THE RYE.

  7. 729

    Skrywers en boeke: Bettina Wyngaard (1971 – 2026)

    29 Julie 2026: ‘n Huldigingsprogram vir die skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, wat op 24 Julie oorlede is. Kerneels Breytenbach, Ingrid Jones, Marni Bonthuys, Fourie Botha, Suzette Myburg, Naomi Bruwer, Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Theo Kemp deel hulle herinneringe aan Bettina, en gesels oor haar bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.

  8. 728

    Skrywers en boeke: Allen Grootboom - AS DIE VUUR HUIL

    22 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met die skrywer Allen Grootboom oor sy debuutroman, AS DIE VUUR HUIL. Ilse Salzweddel praat met Anchen Conradie oor twee belangrike boeke wat gemik is op jong kinders. Die een handel oor emosies (MY GEVOELENS DAGBOEK), en die ander een (SKERMSLIM) gee handige raad oor hoe om jou kind in die digitale era aanlyn te beskerm. Johan Myburg het ‘n bydrae waarna jy moet luister as jy na die epiese rolprent, THE ODYSSEY, wil gaan kyk. Hy gesels ook oor topverkoperboeke soos UNRELIABLE NARRATOR deur Araminta Hall. Hy het ook nuus oor Ian McEwan se roman, WHAT WE CAN KNOW, en Arundhati Roy se memoir, MOTHER MARY COMES TO ME.

  9. 727

    Skrywers en boeke: Daniëlla van Heerden; Jeanne Goosen

    15 Julie 2026: Ilse Salzwedel gesels met Daniëlla van Heerden oor haar bundel onderhoude met ma’s, DIE HART VAN ‘N MA. Johan Myburg bring hulde aan die Iranese vroueskrywer, Shahrnush Parsipur, en vertel meer oor Tom Stoppard se nalatenskap. Hy het ook nuus oor 'n hele klomp nuwe boeke deur bekende internasionale skrywers waarna jy in die res van die jaar kan uitsien. Jy kan ook luister na ‘n 1995-onderhoud met wyle Jeanne Goosen. Sy is vandeesweek 88 jaar gelede gebore.

  10. 726

    Skrywers en boeke: Theolla Langenhoven; Annemarie van Niekerk

    8 Julie 2026: Suzette Myburg gesels met Theolla Langenhoven oor haar treffende debuutroman, SOET ROOS VAN SARON. Annemarie van Niekerk vertel vir Ilse Salzwedel meer oor haar debuutroman, DIE OORKANT, en haar bekroonde memoir, ONDER ‘N BLOEDROOI HEMEL. In Johan Myburg se wêreldbydraes kan jy meer uitvind oor die nuwe borgskap vir die International Bookerpryse, die omstrede wenverhaal van die Commonwealth se kortverhaalkompetisie, en Agatha Christie wat in ‘n seldsame opname oor haar werk gesels.

  11. 725

    Skrywers en boeke: Zelda Bezuidenhout & Naomi Morgan

    1 Julie 2026: Ilse Salzwedel vra Zelda Bezuidenhout uit oor haar roman, MEI EN ALLES DAARNA, en haar jeugroman, DIE TUSSENINNERS, waarmee sy ‘n tweede plek losgeskryf het in LAPA se jeugromankompetisie. Die Franse kenner, prof. Naomi Morgan, gesels oor die immergewilde verhaal van DIE KLEIN PRINSIE, wat vanjaar 80 jaar gelede gepubliseer is. Sy vertel ook meer oor die spesiale produksie waarmee die Prinsie by vanjaar se Vrystaat Kunstefees herdenk sal word. Johan Myburg het interessante nuus oor Joyce Carol Oates en Ann Pratchet. Hy vertel ook van die polemiek waarvoor KI onlangs gesorg het in Commonwealth se kortverhaalwedstryd. Fanie Viljoen vertel ook meer oor DIE SEUN MET DIE SWAELTJIE, wat onlangs as wenner van LAPA se jeugromankompetisie aangewys is. Dié kompetisie vind weer vanjaar plaas.

  12. 724

    Skrywers en boeke: Irma Joubert & Alwyn Roux

    24 Junie 2026: Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, WEERSKYN, en vertel ook meer oor MERANG, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, REBEKKA VAN KAMEELDOORNPLAAS. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die Women’s Prize se fiksie en nie-fiksieprys. Hulle is Lyse Doucet vir THE FINEST HOTEL IN KABUL: A PEOPLE'S HISTORY OF AFGHANISTAN (nie-fiksie) en Virginia Evans met THE CORRESPONDENT (fiksiewenner). Johan het ook nuus oor Kazuo Ishiguro se nuwe roman, MISS LAMBERT STEPS ABOARD DANGER. Aanhangers van Cormac McCarthy sal bly wees om te hoor van Tracy Daugherty se nuwe biografie oor hom.

  13. 723

    Skrywers en boeke: Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE

    17 Junie 2026: Francois Bekker gesels oor drie nie-fiksie boeke wat hy kan aanbeveel - VALSKERMBATALJONVERHALE, saamgestel deur Mike Bolhuis, PARLEMENTPRAATJIES deur Pieter Mulder en MY LIFE deur Bill Clinton. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-stigting se nuwe kortverhaalbundel, ALL AROUND THE WORLD, saamgestel deur Rodney Doyle, Sarah Wynn-Williams se onthullende boek, CARELESS PEOPLE, oor haar jare by Facebook, en Spaanse eer vir die 80-jarige Julian Barnes, skrywer van DEPARTURES. Jy kan ook luister na die heruitsending van ‘n 2024-onderhoud met die gewilde kunstenaar Portchie oor sy outobiografie, VAN TWEELING TOT TRAFALGAR SQUARE.

  14. 722

    Skrywers en boeke: Nuwe romans van Rudie van Rensburg, Irna van Zyl & Anton Roodt

    9 Junie 2026: Rena Rauch gesels oor haar aangrypende debuutroman, BEAUTY. Francois Bekker gesels oor Irna van Zyl se KANNIEDOOD, Rudie van Rensburg se ENIGMA en Anton Roodt se AAN DIE HEMELTRANS. Johan Myburg sorg vir drie bydraes uit die internasionale letterkunde: die wenners van die James Tait Black-prys, ‘n nuwe boek uit die pen van Ruth Ozeki, en ‘n huldeblyk oor die skrywer en digter Maureen Duffy.

  15. 721

    Skrywers en boeke: Lynthia Julius, medewenner van Eugene Maraisprys vir poësie

    3 Junie 2026: Ilse Salzwedel gesels met die digter Lynthia Julius, wat onlangs aangewys is as die medewenner van die Eugene Maraisprys vir poësie. Gielie Hoffman gesels met Frederick Botha, skrywer van SEUNS WEET, oor sy debuut. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die tweede Climate-fiksieprys, die wenner van die gesogte Dublin-letterkundeprys, en ‘n belangrike internasionale poësieprys wat aan Margaret Atwood toegeken is.

  16. 720

    Skrywers en boeke: Anoeschka von Meck oor TWA DIE TYDLOPER; Laaste slypklasse vir radiodramaskrywers

    27 Mei 2026: Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar boek, TWA DIE TYDLOPER. Johan Myburg het bydraes oor die wenners van twee gesogte internasionale letterkundepryse, die Dylan Thomas-prys en die Booker International. Hy gesels ook oor nuwe boeke vir jou leeslysie. Vir radiodramaskrywers is daar twee laaste slypklasse met raad oor die ontwikkeling van ‘n storielyn en die gebruik van byklanke. Jy kan ook hoor van die eer wat Dalene Matthee onlangs te beurt geval het toe sy postuum met die Orde van Ikamanga (Brons) vereer is.

  17. 719

    Skrywers en boeke: Madelein van Biljon gesels met Daniël Hugo oor lees; Skryfhulp vir radiodramaskrywers.

    20 Mei 2026: Luister na ‘n onderhoud uit 1996 waarin wyle Madelein van Biljon met Daniël Hugo gesels oor lees. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewereld. Hy gesels oor die wenners van die British Book Awards, of Nibbies, en vertel ook meer oor Haruki Murakami se jongste roman en ‘n Engelse vertaling van die skrywer Mario Vargas Llosa se jongste roman. Voornemende skrywers – veral van radiodramas, maar eintlik sommer almal wat daarvan droom om fiksie te skryf – moet ook ingeskakel bly vir nog twee bydraes wat Ina Strydom en Kobus Burger saamgestel het as skryfhulp vir radiodramaskrywers. Jy kan ook hoor wie aangewys is as wenners van LAPA se Jeugromankompetisie.

  18. 718

    Skrywers en boeke 13 Mei 2026

    Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, wie se boek, TROEP, onlangs met die LW Hiemstraprys vir nie-fiksie bekroon is. Johan Myburg gesels oor literêre toerisme, en vertel meer oor ANGEL DOWN deur Daniel Krause, wat as die wenner van die Pulitzerprys vir fiksie aangewys is. Hy bring ook hulde aan die Britse digter, Carol Rumens, wat onlangs oorlede is. Radiodramaskrywers moet inskakel vir Ina Strydom se raad oor die skryf van dialoog.

  19. 717

    Skrywers en boeke 6 Mei 2026

    Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, wie se debuutbundel, NOU IN INFRAROOI, onlangs met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink van die gedigte uit die bundel. In Johan Myburg se drie insetsels uit die internasionale boekewêreld, kan jy meer uitvind oor die Miguel de Cervantes-prys vir Spaanse letterkunde. Hy vertel ook meer oor Marcia Hutchinson, ‘n 63-jarige vrou van Nigerië, wie se debuutroman gekortlys is vir die gesogte Women’s Prize for Fiction. Johan bring ook hulde aan die Australiese skrywer, David Malouf, wat onlangs oorlede is. Daar is nuus oor die Dalene Matthee-boekefees op Herold in die Outeniqua-berge. Ina Strydom gee in twee insetsels goeie skryfraad vir almal wat ‘n radiodrama wil skryf.

  20. 716

    Skrywers en boeke 29 April 2026

    Luister na ‘n hoorbeeld oor die digter Ina Rousseau, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is. Dis in 1996 saamgestel vir haar 70e verjaarsdag. Sy praat oor haar lewe en werk, en kenners soos Danie van Niekerk, Braam de Vries, Koos Human en Danie Botha kan ook gehoor word. Wyle Margot Luyt lees van Rousseau se gedigte voor. Johan Myburg praat oor die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, en vertel meer oor Harper Lee en die wetenskapfiksieskrywer Arthur C. Clarke. Jy kan ook luister na die eerste van ‘n reeks insetsels wat Kobus Burger en Ina Strydom saamgestel het waarin hulle praktiese raad gee vir voornemende radiodramaskrywers. Dis nou vir almal wat wil inskryf vir RSG en die ATKV se radiodramaskryfkompetisie, waarin R130 000 se prysgeld op die spel is.

  21. 715

    Skrywers en Boeke

    Ilse Saltzwedel praat onder andere met Ivan Vladislavic en Chanette Paul, en Johan Myburgh vertel wat in die internasionale boekwêreld gebeur.

  22. 714

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel praat met Gerard Scholtz oor sy reisboek HIER GAAT ONS! Sy praat ook met Tobie Wiese, die samesteller van die bundel essays WREED ÉN MOOI IS DIE DOOD. In sy bydrae oor die internasionale boekwêreld vertel Johan Myburg onder andere meer oor die Suid-Afrikaanse kosskrywer Prue Leith se gesprek tydens die onlangse Hay-letterkundefees in Brittanje.

  23. 713

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy roman STRAFJAART, en Petrovna Metelerkamp vertel meer van Cas van Rensburg se boek MANS EN HUL WONDE. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor die wenners van die Man Bookerprys, die Rathbones-prys en die Walt Whitman-vieringe in die VSA.

  24. 712

    Skrywers en Boeke

    Luister na 'n argiefonderhoud waarin die digter en skrywer, Petra Müller, gesels oor haar werk en lewe. Ilse Salzwedel gesels oor bekende Afrikaanse boeke wat nou ook in Engels verskyn het, en ander nuusgebeure in die Afrikaanse boekewêreld. In sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.

  25. 711

    Skrywers en Boeke

    Wat doen 'n skrywer as die lewe se branders haar voete onder haar uitslaan? Sy skryf daaroor, en vandeesweek val die fokus op spanningskrywer Madelein Rust se boek KANKER SCHMANKER! waarin sy skryf oor haar stryd teen borskanker. Sy gesels ook oor haar jongste spanningsroman DOODSENGEL. Ilse Salzwedel gesels met Lanie van Reenen oor haar boek NET MOOI FINE, die opvolg van C'EST LA VIE. Johan Myburg gesels oor interessante verwikkelinge in die internasionale boekwêreld.

  26. 710

    Skrywers en Boeke

    Die skrywer Elsa Joubert het in 2017 haar 95e verjaarsdag gevier met die publikasie van SPERTYD, die derde deel van haar outobiografie. Suzette Kotze-Myburgh het met haar gesels oor haar lewe en skryfwerk.

  27. 709

    Skrywers en Boeke

    Jeanette Ferreira gesels oor haar nuwe roman BLOEDLELIE, 'n historiese roman met 'n moderne verhaallyn wat die verband tussen bloed en grond ondersoek. Dit fokus op Magdalena Retief, die vrou van die Voortrekkerleier Piet Retief. Fanie Viljoen praat oor DIE GROOT BOEK VAN SPOKE EN GRILLE, en Ilse Salzwedel kyk na 'n klompie ander lekkerleesboeke vir kinders. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor 'n nuwe manuskrip uit die pen van die skrywer Anthony Burgess wat onlangs gevind is. Burgess was die skrywer van die bekende A CLOCKWORK ORANGE.

  28. 708

    Skrywers en Boeke

    Prof. Lizette Rabe gesels oor haar boek OM TOT VERHAAL TE KOM, 'n boek oor skryf as terapie en ook 'n waardevolle gids vir voornemende skrywers. Fanie Viljoen gesels oor hoe sy boek DIE DAG TOE DIE DRAAK KOM kan help om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig m.b.t. die seksuele misbruik van kinders. Johan Myburg is weer in die ateljee met wetenswaardighede uit die internasionale boekewêreld.

  29. 707

    Skrywers en Boeke

    Wyle Madeleine van Biljon word onthou as een van die beste rubriekskrywers wat Afrikaans nog opgelewer het. Luister na 'n onderhoud wat in 1992 met haar opgeneem is. Theo Kemp vertel ook waarna lesers kan uitsien tydens die Suidoosterfees, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

  30. 706

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar nuwe bundel Vrystaat-vertellinge, THE MESSIAH'S DREAM MACHINE. Die wenners van die 2019 UJ-pryse word aangekondig, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer nuus oor Milan Kundera.

  31. 705

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman, DIE VEREVROU. Daar's 'n kykie na nuwe Afrikaanse boeke, en Johan Myburg deel interessanthede oor die internasionale letterkunde.

  32. 704

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met Zakes Mda oor sy nuwe boek The Zulu's of New York. Rudie van Rensburg vertel meer oor sy jongste spanningsroman Medusa. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekwêreld.

  33. 703

    Skrywers en Boeke

    Deon Maas woon deesdae in Duitsland, en kom gesels oor WITBOY IN BERLYN, sy nuwe boek oor hierdie interessante stad. Kom vind ook meer uit oor oulike nuwe kinderboeke, Duitse speurromans wat in Afrikaans vertaal is, en 'n memoir oor die lewe in Angola voor die uitbreek van die Grensoorlog. Johan Myburg gesels in sy insetsel oor die internasionale boekewereld onder andere oor 'n boek uit die pen, en kwas,van die folksangeres Joni Mitchell.

  34. 702

    Skrywers en Boeke

    Die digter en akademikus, Lina Spies, het onlangs haar tagtigste verjaarsdag gevier. Jy kan luister na 'n onderhoud wat Daniel Hugo in 1989 ter viering van haar vyftigste verjaarsdag met haar gevoer het. Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor haar jongste spanningsroman, JAGTER, waarin 'n eeu oue historiese stryd in die Midde-Ooste 'n Kaapse kinkel kry. In Johan Myburg se internasionale bydrae kan jy onder meer luister na die skrywer Margaret Atwood, wat meer vertel oor die inspirasie agter werk soos THE HANDMAID'S TALE.

  35. 701

    Skrywers en Boeke

    Dit was onlangs die geboortedag van die digter Elisabeth Eybers, en in hierdie episode kan jy luister na argiefmateriaal waarin sy gehuldig word. Jy kan ook luister na 'n seldsame opname waarin Eybers vyf van haar eie gedigte voorlees. Ilse Salzwedel gesels ook met Zirk van den Bergh oor sy nuwe romans, EK WENS, EK WENS en DIE VERTES IN. Johan Myburg vertel meer oor drie internasionale letterkundepryse wat tans in die nuus is.

  36. 700

    Skrywers en Boeke

    Hans Pienaar vertel vir Ilse Salzwedel van sy roman DIE GENERAAL. Nog 'n Tolkien-boek is onlangs in Afrikaans vertaal - kom vind uit hoe die vertaler Janie Oosthuysen die groot taak aanpak. Johan Myburg gesels in sy insetsel onder meer oor 'n nuwe roman, gebasseer op die klassieke DR. ZHIVAGO, wat die internasionale boekwêreld aan die gons het.

  37. 699

    Skrywers en Boeke

    Die skrywer Dolf van Niekerk word vandeesweek 90 jaar oud. Luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude wat presies 40 jaar uitmekaar met hom gevoer is. In Johan Myburg se insetsel is daar nuus oor vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde.

  38. 698

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met Karin Cronje oor THERE GOES ENGLISH TEACHER, haar boek oor die twee jaar wat sy in Korea skoolgehou het. Rouxnette Meiring gesels oor haar twee wetenskapfiksie-jeugromans KRAAK en SNAK, en Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder andere oor die Britse skrywer Rosamund Pilcher, wat onlangs oorlede is.

  39. 697

    Skrywers en Boeke

    Die digter Lina Spies vertel meer oor D.J. Opperman, haar dosent en mentor, se impak op haar lewe en ook op Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n opname uit die argiewe waarin Opperman self vertel van sy Letterkunde-laboratorium. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.

  40. 696

    Skrywers en Boeke

    Erika Murray-Theron vertel meer van haar jongste roman, 'N SKERFIE GLAS, wat handel oor vier geslagte sterk vroue. Jos Palmer en Reinette Lombaard gesels oor hulle oulike leesreeks ONTDEK IN AFRIKAANS, en hoe dit leesvaardighede by kinders ontwikkel. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy onder andere oor die skrywer Diana Athill, wat verlede week op 101 oorlede is.

  41. 695

    Skrywers en Boeke

    Sheila Cussons se digkuns en lewe het mense aangegryp, veral nadat sy byna gesterf het in 'n gasontploffing. In hierdie program kan jy luister na uittreksels uit 'n onderhoud wat in 1984 met haar opgeneem is, en sy lees ook van haar gunsteling-gedigte voor. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor die digter Mary Oliver, wat onlangs oorlede is, en Joyce Carol Oates se jongste toekenning.

  42. 694

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels oor die 2016 Costa-pryswenner Gail Honeyman se ELEANOR OLIPANT IS COMPLETELY FINE en Rebecca Davis se SELFHELPLESS. Wendy Maartens, kinderboekskrywer en oud-onderwyseres, gesels met Ilse oor die terapeutiese waarde van boeke vir kinders. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die finaliste vir die 2018 Costa-pryse.

  43. 693

    Skrywers en Boeke

    Charl-Pierre Naude vertel vir Ilse Salzwedel van sy nuwe roman DIE ONGELOOFLIKE ONSKULD VAN DIRKIE VERWEY. In die insetsel oor internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n stukkie onderhoud met die skrywer Amos Oz, wat onlangs oorlede is. Ilse gesels ook oor 'n paar oulike kinderboeke.

  44. 692

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor haar tien gunstelingboeke vir 2018. In sy internasionale letterkunde-insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Suid-Afrikaans gebore Britse skrywer Justin Cartwright wat onlangs oorlede is.

  45. 691

    Skrywers en Boeke

    Phyllis Green vertel vir oulaas vir Ilse Salzwedel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor die benoemings vir 'n prys waarvoor skrywers nie juis toustaan nie. Want wie wil nou benoem word as die skrywer wat die slegste liefdestoneel van die jaar geskryf het?

  46. 690

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae van die Amerikaanse boeke wat tydens die land se amptelike National Book Awards bekroon is.

  47. 689

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel gesels met prof. Franci Greyling van die NWU oor 'n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie ingestel is om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Jy kan ook luister na van die materiaal wat in die projek gebruik is. Phyllis Green gesels oor nog 'n paar boeke vir jou Kersfeesboeklysie, en Johan Myburg vertel in sy internasionale bydrae van die Amerikaanse boeke wat tydens die land se amptelike National Book Awards bekroon is.

  48. 688

    Skrywers en Boeke

    Ilse Salzwedel praat met Martin Steyn oor LOSPRYS, sy nuutste roman. Phyllis Green vertel van 'n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. En Johan Myburg gesels onder meer oor Suid-Afrika se nuwe amptelike staatsdigter.

  49. 687

    Skrywers en Boeke

    Sophia Kapp se nuwe roman KANTELPUNT, Deon Meyer se PROOI en Pieter-Dirk Uys se biografie WEERKLANK VAN 'N WANKLANK word bespreek. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor Roald Dahl se MATILDA, wat vanjaar 30 jaar gelede gepubliseer is.

  50. 686

    Skrywers en Boeke

    Die program word gewy aan die digter Olga Kirsch. Ilse Salzwedel gesels met Egonne Roth oor haar Kirsch-biografie, OLGA KIRSCH: 'N LEWE IN GEDIGTE. Jy kan ook luister na uittreksels uit 'n dokumentêre program wat Daniel Hugo in 1994 saamgestel het, waarin Kirsch haar eie gedigte voorlees. Johan Myburg vertel in sy insetsel meer oor die wenner van die Manbookerprys.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Skrywers en Boeke have?

Skrywers en Boeke currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Skrywers en Boeke about?

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.

How often does Skrywers en Boeke release new episodes?

Skrywers en Boeke has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Skrywers en Boeke?

You can listen to Skrywers en Boeke on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Skrywers en Boeke?

Skrywers en Boeke is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!