EPISODE · Nov 10, 2023 · 22 MIN
RSG Landbou 10 November 2023
from RSG Landbou · host RSG
Mense in groot dele van Richardsbaai het onlangs alles in die stryd gewerp om ‘n brand onder bedwang te kry, wat ononderbroke by ‘n houtspaandermeule gewoed het.Toe die brandweer by die toneel aankom, was een van die houtspaanderhope reeds heeltemal deur die vlamme verswelg. Die Direkteur van Navorsing en Beskerming by Bosbou Suid-Afrika, dr. Ronald Heath, praat oor die ekonomiese impak van die brand, en hoe dit boomboere raak. Die wynlandgoed wat die Robertson-vallei as een van Suid-Afrika se premium wynboustreke help vestig het, Bon Courage, het nog 'n eerbewys vir sy hoëgehalte wyne ingepalm. Dit het die Grand Prix-trofee as top Suid-Afrikaanse produsent by die 2023 Michelangelo internasionale wyn-en-spiritualieë-kompetisie verower.
Embed this episode
NOW PLAYING
RSG Landbou 10 November 2023
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.