Skip to content
Kerksondermure (KSM) podcast artwork

PODCAST · religion

Kerksondermure (KSM)

by Kerksondermure

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 12, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Johan Smith | Jesus leer ons mooi sien

    Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die wêreld ‘n mooier en beter plek vir jouself en ander te maak. Kom leer om te sien soos...

  2. Stehan Joubert | Kyk mooier: Kyk lewende water in lewende lywe raak

    Jesus vat kortpad deur Samaria. Nee Hy moet! Hy het ‘n afspraak met die “verkeerde” persoon - ‘n Samaritaanse vrou by die put van Sigar wat nie juis bekend is vir haar mooi sedelike lewe nie. Jesus sien haar egter in genade raak. Hy wys vir haar sy is in die teenwoordigheid van God Self. Haar…

    more
  3. Colin Smith | Ontdek die Jesus wat mooi maak in die nag

    Hoe donker is donker werklik? Hierdie week gaan loer ons in op ‘n gesprek wat in die nag plaasgevind het en ontdek ons die Jesus wat mooi maak – selfs daar in die NAG van iemand wat verward is, nuuskierig is, aangespreek word en uiteindelik ‘n keuse maak...

  4. Stefan Fourie | Jesus maak ons mooi

    Wie is Jesus – en wat doen Hy met ’n mens se lewe? Jesus is meer as net ’n goeie mens of ’n profeet. Hy is God wat mens geword het – die Lig wat in ons donkerte inkom om ons nuut te maak. Kom ontdek hoe Jesus ons mooi maak.

  5. Stefan Fourie | Nuwe mense, leef nuut.

    Jesus word sigbaar deur die brood wat ons uitdeel – dit is wat Jesus-volgelinge hulle mee besig hou wanneer hulle weet hulle is gered, en hulle is vrygespreek... hulle kies om Jesus sigbaar te maak vir mense rondom hulle. Hoekom? Want die wêreld word ‘n beter plek wanneer mense in Jesus glo.

  6. Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 5 en 6

    Ons leef in ‘n wêreld wat sê jou identiteit het iets ekstra nodig. Wie jy is, + goeie lewe, Wie jy is, + geld? Galasiërs het nuus wat ons vry maak: Jou identiteit is in Christus, en dit help jou nuut dink oor die + in jou lewe.

  7. Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 4

    Heel dikwels is ons alleen, gedaan en moeg. Soms kry ons seer, ons verkeer in pyn en ander kere weer is ons beangs en benoud. In sulke tye is dit vertroostend en bemoedigend dat ons die Here God as Vader kan aanspreek. Die Gees van Jesus wat in ons harte is, stel ons in staat om na God as Abba,...

  8. Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 4

    Die Evangelie (die Goeie nuus oor Jesus) is so mooi! Paulus wys ons in Galasiërs 4 dat hoe dieper mens delf in die Evangelie, hoe mooier word dit. Kom ontdek in hierdie boodskap saam met ons die skoonheid van die Evangelie.

  9. Johan Smith | Word wie jy is – Galasiërs 3

    Paulus is kwaad, ontwrig, teleurgesteld…….ja, jy lees reg, dis Paulus as hy skryf aan die Galasiërs in Galasiërs 3. Dalk is ‘n beter beskrywing: hy spoeg vuur. Mense verdraai die Evangelie. Hulle gaan soek hulle identiteit in werke en die wet. Hy wat Paulus is, het die Evangelie aan hulle...

  10. Stefan Fourie | Word wie jy is – Galasiërs 3

    God se wiskunde werk anders as ons wiskunde. As ons in ons gedagte iets by iets plus, kom ons by ‘n groter en beter plek uit, maar God se wiskunde werk nie so nie. As ons iets bytel by wat God gedoen het, dan trek ons eintlik af. In hierdie boodskap hoor ons wat Paulus bedoel in Galasiërs 3…

    more
  11. Fanie Venter | Word wie jy is – Galasiërs 2

    Dit is ‘n pragtige Bybelse gedagte om God te wil tevrede stel, om Hom te behaag. In Gal. 2 ontdek ons dat daar ‘n verkeerde en regte manier is, om dit te probeer doen.

  12. Stephan Joubert | Goeie (en minder goeie) mense benodig godsdiens, begenadigdes benodig Christus

    Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet God se guns probeer wen deur gehoorsaamheid aan sy voorskrifte. Paulus was ook deel van…

    more
  13. Gerrit Visser | Word wie jy is – Galasiërs 1

    Elkeen van ons vra van jongs af vrae oor wie ek is. In elke seisoen van die lewe speel daardie vrae verskillend uit in ons lewens. Galasiërs help ons om iets te ontdek van hoe om te word wie ons is. Paulus kon getuig dat Jesus sy lewe verander het, en ons kan dit vandag ook doen.

  14. Neels Marais | Word wie jy is – Galasiërs 1

    Wie definieer ons? Watter hoofstuk in ons lewe het die finale sê oor ons lewe? Paulus leer ons dat ons slegste en donkerste hoofstuk ons nie hoef te definieer nie. Die Here het die finale sê oor ons én in Sy grootheid en liefde kan Hy ons lewenstorie vat en dit omvorm in ‘n verhaal wat Sy Naam...

  15. Johan Smith | Vriende maak seer

    Vriendskap is goud werd. Goeie vriende is onontbeerlik in jou en my lewe. Daardie vriend of vriendin wat nader is as ‘n broer of suster leer Salomo ons so mooi in Spreuke. Maar dan: daardie ontnugtering as een van hierdie vriende, vriendinne jou seermaak of te na kom. Daardie onverwagse en…

    more
  16. Colin Smith | Wanneer vriende seermaak

    Hoe gemaak as iemand die naaste aan jou, jou seer maak? Wanneer jou hart in twee wil skeur en jou wêreld skielik baie onveilig voel. Jesus weet en daarom staan ons dié week stil by Hom op die aande tot Hy ‘n paar keer bitter seer gemaak is deur hulle die naaste aan Hom.

  17. Stefan Fourie | Vriende wat stilbly

    In Job se verhaal, kan ons baie leer oor hoe vriende moet en nié moet optree nie. In hierdie verhaal sien ons hoe hulle eers baie goed begin, maar dan later nie die beste voorbeeld van ‘n vriend is nie. In hierdie boodskap ontdek ons wat dit is.

  18. Johan Smith | Vriende wat stilbly: Job

    Vriendskap is gewoonlik ‘n heerlike ding en saam met vriende is die lewe gewoonlik een groot fees. MAAR dan kom daardie tye van seer, pyn en beproewing in ‘n vriend se lewe – daardie tye wat jy wonder: Wat doen ek? Wat sê ek? Hoe moet ek optree? Kom ons leer by Job se vriende (en ander) hoe om...

  19. Colin Smith | Vriende vat jou na Jesus toe

    “Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms” lui die woorde... maar watter toekoms praat ons van? Hierdie week staan ons stil by vier manne wat ware vriende is, en juis waarom ons elkeen sulke vriende nodig het, en sulke vriende moet wees.

  20. Fanie Venter | Vriende vat jou na Jesus toe

    In ‘n wêreld wat arm is aan ware vriendskap, het ons nodig om daaroor te gesels. In die verhaal van Markus 2 is daar ‘n paar belangrike ontdekkings oor vriendskap. Die duidelikste ontdekking is dalk op ‘n plek waar ons dit nie sou verwag nie

  21. Stephan Joubert | Gee my jou laste

    Vriendskap is lojaliteit. By Rut leer ek dat dit alles van my vra. Ek gee myself vir my vriende. Ek beskerm hulle rug, soos wat Jonatan vir Dawid gedoen het. Ek dra hulle laste, soos wat die Bybel van my vra. Ek is self bereid om al die goeie plekke in die lewe, en selfs my eie lewe, vir hulle te...

  22. Neels Marais | Vriende wat ons naby aan die HERE hou

    Naomi moedig Rut aan om in Moab agter te bly waar sy familie, sekuriteit en 'n toekoms het, maar Rut kies om saam met Naomi te gaan, al weet sy dit kan haar álles kos. Haar woorde wys dat sy nie net van Israel se God gehoor het nie, maar reeds die verbondsnaam Jahwe gebruik, wat wys op 'n...

  23. Gerrit Visser | Vriendskap as verbintenis

    Rut en Naomi is meer as familie. Hul verbintenis word ‘n vriendskap waarin elkeen kan leer om saam te groei oor generasies heen.

  24. Stephan Joubert | Tyd vir 'n dringende taalkursus by die Here!

    Ons woorde wys wat in ons harte aangaan. Ons taal moet uit ons hart kom, uit 'n hart wat die Here aangeraak het. Daarom moet ons leer om reg te praat. Dit vra meer as om net nie lelik te praat nie. Ons praat reg as ons die Here verheerlik en ander mense opbou met ons taal. Daarom skryf ons graag…

    more
  25. Fanie Venter | Om beter (groter) te sien...

    Die manier waarop ‘n mens na iets of iemand kyk, bepaal dikwels ons optrede. In die verhaal van die man wat van geboorte af blind is, ontdek ons iets daarvan.

  26. Stefan Fourie | As U nie saam gaan nie, gaan ons Nêrens!

    Die Jesuslewe dring ons om nader aan Jesus te leef. Moses wys vir ons opnuut, dat die grootste geskenk van God is nooit dit wat Hy gee nie, die grootste geskenk is God self.

  27. Fanie Venter | “Here, as U nie saamgaan nie...”

    Op ons pad om die Jesuslewe te ontdek, staan ons vandag stil by Moses se woorde: “As U nie saamgaan nie, moet ons nie hiervandaan laat optrek nie.” Die vraag is: “Wat is vir jou die belangrikste - God se teenwoordigheid of God se gawes?”

  28. Stephan Joubert | Geloof kos my meer as die regte woorde

    Daar's 'n verskil tussen tydbepaalde gebruike en tydlose norme in die Bybel. Dit sien ons duidelik in Eksodus 22 wat wemel van tydbepaalde gebruike aan Israel van ouds. Al volg ons nie meer sulke tydbepaalde voorskrifte na nie, vra ons onsself af watter tydlose norme is steeds geldig ook hier in...

  29. Gerrit Visser | Wette oor die gewone goed wys God se liefde

    Wanneer God vir Sy mense wette gee om te leef, bemagtig Hy hulle om mekaar te versorg. Meer as 1000 jaar na hierdie wette gegee word bring Jesus dit in perspektief wanneer ons die Vader se liefde in Hom sien. Om mekaar te versorg moet deel wees van die identiteit van hoe ons vandag leef.

  30. Colin Smith | Leer die musiek van die hemel

    Sleep jou oorfone nader, sit jou ear pods in en luister saam na die musiek van die hemel, want die Bybel leer ons dat musiek ‘n integrale deel van ons bestaan is. Dit was so vir Moses, dit is so vir ons.

  31. Stephan Joubert | Ek leef 'n nuwe lewenslied vir U

    Ons elkeen het 'n paar gunsteling liedere. Maar ons elkeen het ook 'n lifesong of twee. Dit is daardie liedere wat die doel van ons lewe verwoord. Moses se lied in Eksodus 15 is ook so 'n lifesong. Hierdie lied het Israel se vreugde verwoord na God se ingrype teen die vyand. So kragtig was dit…

    more
  32. Fanie Venter | Van vasgevang na gevorm – gehoorsaamheid

    Die 10 plae is God se antwoord op die Farao se arrogante vraag: wie is die Here, dat ek na Hom sal luister. Uit hierdie antwoord gaan ons vandag riglyne kry vir ons lewe van gehoorsaamheid

  33. Neels Marais | Van vasgevang na gevorm – nog een nag saam met die paddas

    Baie van die verhale in die Ou Testament gee vir ons ‘n “prentjie” wat ons help om ons eie lewe of lewensituasie te verstaan of om dit te interpreteer. Die verhaal van "Nog een nag saam met die paddas" (Eksodus 8:10) illustreer dat ons as mens dikwels kies om langer in ons ellende te bly, al bied...

  34. Gerrit Visser | Van vasgevang na gevorm: Die begin

    In Eksodus sien ons hoe God Homself bekend maak aan mense vir wie Hy baie lief is. Hy wys hoe groot Sy mag is. Hy wys wat dit beteken om te gaan van vasgevang na gevorm.

  35. Stefan Fourie | God se guns, te midde van onderdrukking

    In hierdie boodskap sien ons hoe God se krag sigbaar word en opdaag in die lewens en situasies van sy mense. Ons sien dat God se mense groei en floreer, selfs onder die druk van bose magte. Dit laat ons met die vraag: Wat kan God doen met situasies wat onoorkombaar vir my lyk?

  36. Mike Burnhard | Die wêreld op ‘n mespunt

    Die wêreld op ‘n mespunt: wat leer ons as die bomme val?

  37. Fanie Venter | Ons Vader

    Wys my iemand wat nog nooit gesukkel het met gebed nie en ek wys jou iemand wat nog nooit probeer bid het nie. Een van die belangrikste dinge en die grootste voorregte van ons geloofslewe is dat ons kan en mag bid. Tog sukkel ons daarmee. Vandag probeer ons verstaan waarom ons sukkel en wat om...

  38. Colin Smith | Bekommernis – die klippie in my skoen

    Ons elkeen ken die gevoel van ‘n klippie in die skoen. Dit skaaf en skuur en dwing jou om te stop en dit uit te haal, want anders lei dit tot verdere ongemak en gevolge. Bekommernis is soos daardie klippie wat knaag, wat pla, wat jou aandag vra. Wat daarmee gemaak? Feit is: Ons almal raak van tyd...

  39. Gerrit Visser | Iets om regtig oor bekommerd te wees

    Daar is baie dinge wat jou vandag bekommerd kan maak. Die Bybel help om te gaan van bekommerd wees oor aardse dinge na gemotiveerd wees oor die dinge wat regtig ons kommer nodig het. Jesus kom plaas al die dinge waaroor ons bekommerd kan wees in perspektief

  40. Stephan Joubert | Alles in een nag: Ver tot in God se familie!

    Wat kan nie alles in een aand gebeur nie! Vat maar Handelinge 16. In een aand verskuif die evangelie mense vanaf dood na lewe, en vanaf donker na lig.

  41. Colin Smith | Die belangrikste vraag wat jy kan vra

    Wat dink jy sou die belangrikste vraag wees om te vra? Google bied vir ons gereeld die nuutste top 50 vrae, en tog is nie een van hulle so belangrik dat elkeen op aarde die antwoord daarvan moet weet nie. Die vraag wat ons moet vra vereis ‘n antwoord. Ken jy die vraag? Nog meer: Ken jy die antwoord?

  42. Johan Smith | Jy is uitgekies

    Ek en jy is uitgekies? Met al ons verkeerde keuses, skewe verledes en tekortkominge? Ja, “ jy is op jou naam geroep. Jy is Myne”. Vra vir Moses met al sy verskonings. Leer by Dawid na al sy droogmaak. Om nie te praat van Paulus wat Jesus se volgelinge vervolg het nie. Kom kry hoop. Hoor weer…

    more
  43. Stefan Fourie | Uitgekies en aangetel

    Wat beteken dit as Paulus skryf: “Alles sal goed uitwerk?”. In my lewe sien ek dan nie raak dat “alles” goed is nie. Wat maak ons met die teëspoed en aaklige dinge wat met ons gebeur?

  44. Gerrit Visser | Die Gees as advokaat

    Die Heilige Gees wys nie net vir ons hoe groot God se liefde vir ons is nie. Hy wys ons ook, soms in ‘n oomblik, hoe om anders te leef. Dit kan soos ‘n aanklag voel, maar dis vir ons beskerming. Sodat ons Hom nog meer kan leer ken, en ook onsself.

  45. Neels Marais | Die Heilige Gees pick ‘n fight met jou

    Die Heilige Gees is nie net ons Trooster nie — Hy is ook die Een wat ons aanspreek wanneer ons afdwaal. Soms fluister Hy sag in ons binneste en ander kere daag Hy ons uit met waarhede wat ons eerder wil vermy. Sy doel is egter nie om ons te breek of af te skryf nie, maar om ons nader aan Jesus en...

  46. Stefan Fourie | Maak skoon jou huis

    Die Heilige Gees is God se Gees in beweging in jou lewe. Paulus sê dat die Heilige Gees in jou lewe kom woon, hy trek in jou in, en maak van jou sy huis. Wanneer die Heilige Gees inkom, dan kom kuier hy nie net nie, maar hy kom woon permanent. Dit beteken, dat die Heilige Gees begin om die huis...

  47. Colin Smith | Maak skoon jou huis

    Wanneer gaste kom, word ons huise skoongemaak. Wanneer ons mense verwag, kry ons tyd om reg te maak, voor te berei... maar daardie dag wanneer jy onkant betrap word met ‘n onverwagse gas, daardie dag kan jy nie skielik wegwens of wegsteek nie. Wanneer God by ons intrek, verander alles en kan ons...

  48. Gerrit Visser | Wag, en gaan dan!

    Net voor Jesus opvaar hemel toe, gee Hy aan Sy dissipels ‘n belangrike opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe!” Ons ken daardie opdrag. Hy gee ook ‘n ander opdrag: “Wag op die geskenk wat ek julle sal gee.” Ons sukkel met daardie gedagte: “Wag.” Wanneer ons daardie opdrag verstaan, leer ons leef…

    more
  49. Colin Smith | Die Hemelvaart is goeie nuus

    Om te groet is nooit lekker nie. Om ‘n geliefde se vertrek te aanskou bring verlange en diepe seer... en tog is daar een datum van vertrek wat JUIS GOEIE NUUS IS... waar een groet met ‘n beter een vervang word.

  50. Colin Smith | Kinders van die Koning

    Wie is ek? Waarom is ek hier? Wat moet ek met my lewe maak? Hierdie vrae vorm die basis waar rondom elkeen van ons, ons identiteit bou. Kom luister saam na ‘n gesprek wat ek en jy broodnodig het om te hoor.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

HOSTED BY

Kerksondermure

Produced by kerksondermure

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Kerksondermure (KSM) have?

Kerksondermure (KSM) currently has 141 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Kerksondermure (KSM) about?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na...

How often does Kerksondermure (KSM) release new episodes?

Kerksondermure (KSM) publishes regularly with 141 episodes available. Check the episode list for the typical release schedule.

Where can I listen to Kerksondermure (KSM)?

You can listen to Kerksondermure (KSM) on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Kerksondermure (KSM)?

Kerksondermure (KSM) is created and hosted by Kerksondermure.
URL copied to clipboard!