Kerksondermure (KSM) podcast artwork

PODCAST · religion

Kerksondermure (KSM)

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jun 8, 2026 · Source feed

  1. 104

    Stefan Fourie | As U nie saam gaan nie, gaan ons Nêrens!

    Die Jesuslewe dring ons om nader aan Jesus te leef. Moses wys vir ons opnuut, dat die grootste geskenk van God is nooit dit wat Hy gee nie, die grootste geskenk is God self. 

  2. 103

    Fanie Venter | “Here, as U nie saamgaan nie...”

    Op ons pad om die Jesuslewe te ontdek, staan ons vandag stil by Moses se woorde: “As U nie saamgaan nie, moet ons nie hiervandaan laat optrek nie.” Die vraag is: “Wat is vir jou die belangrikste - God se teenwoordigheid of God se gawes?”

  3. 102

    Stephan Joubert | Geloof kos my meer as die regte woorde

    Daar's 'n verskil tussen tydbepaalde gebruike en tydlose norme in die Bybel. Dit sien ons duidelik in Eksodus 22 wat wemel van tydbepaalde gebruike aan Israel van ouds. Al volg ons nie meer sulke tydbepaalde voorskrifte na nie, vra ons onsself af watter tydlose norme is steeds geldig ook hier in God se Woord wat ons vandag steeds getrou moet gehoorsaam en navolg. Hierdie norme sluit in dat ons God onvoorwaardelik sal dien en liefhê. En dat ons geloof sigbaar sal word in hoe ons teenoor vreemdelinge, armes, en ander randfigure in die samelewing optree. As ons geloof in die Here nie ons daaglikse lewe verander nie, is dit papierdun. 

  4. 101

    Gerrit Visser | Wette oor die gewone goed wys God se liefde

    Wanneer God vir Sy mense wette gee om te leef, bemagtig Hy hulle om mekaar te versorg. Meer as 1000 jaar na hierdie wette gegee word bring Jesus dit in perspektief wanneer ons die Vader se liefde in Hom sien. Om mekaar te versorg moet deel wees van die identiteit van hoe ons vandag leef.

  5. 100

    Colin Smith | Leer die musiek van die hemel

    Sleep jou oorfone nader, sit jou ear pods in en luister saam na die musiek van die hemel, want die Bybel leer ons dat musiek ‘n integrale deel van ons bestaan is. Dit was so vir Moses, dit is so vir ons.

  6. 99

    Stephan Joubert | Ek leef 'n nuwe lewenslied vir U

    Ons elkeen het 'n paar gunsteling liedere. Maar ons elkeen het ook 'n lifesong of twee. Dit is daardie liedere wat die doel van ons lewe verwoord. Moses se lied in Eksodus 15 is ook so 'n lifesong. Hierdie lied het Israel se vreugde verwoord na God se ingrype teen die vyand. So kragtig was dit dat dit uiteindelik ook die hemelse skares se nuwe lifesong geword het (Openbaring 15). Ek leer om dit agterna te sing en te leef. Ek leer om God te loof en te aanbid met my ganse lewe. Ek leer om Hom te eer. Ek besing die grootheid van die Here in alles wat ek doen en sê.

  7. 98

    Fanie Venter | Van vasgevang na gevorm – gehoorsaamheid

    Die 10 plae is God se antwoord op die Farao se arrogante vraag: wie is die Here, dat ek na Hom sal luister. Uit hierdie antwoord gaan ons vandag riglyne kry vir ons lewe van gehoorsaamheid

  8. 97

    Neels Marais | Van vasgevang na gevorm – nog een nag saam met die paddas

    Baie van die verhale in die Ou Testament gee vir ons ‘n “prentjie” wat ons help om ons eie lewe of lewensituasie te verstaan of om dit te interpreteer.Die verhaal van "Nog een nag saam met die paddas" (Eksodus 8:10) illustreer dat ons as mens dikwels kies om langer in ons ellende te bly, al bied ons Hemelse Vader onmiddellik bevryding aan. Die paddas simboliseer die slegte dinge waaraan ons vashou, al weet ons dit steel ons vrede. Die boodskap roep elke gelowige op om nie langer "môre" vir God te sê nie, maar vandag sy bevryding en genade te aanvaar

  9. 96

    Gerrit Visser | Van vasgevang na gevorm: Die begin

    In Eksodus sien ons hoe God Homself bekend maak aan mense vir wie Hy baie lief is. Hy wys hoe groot Sy mag is. Hy wys wat dit beteken om te gaan van vasgevang na gevorm.

  10. 95

    Stefan Fourie | God se guns, te midde van onderdrukking

    In hierdie boodskap sien ons hoe God se krag sigbaar word en opdaag in die lewens en situasies van sy mense. Ons sien dat God se mense groei en floreer, selfs onder die druk van bose magte. Dit laat ons met die vraag: Wat kan God doen met situasies wat onoorkombaar vir my lyk?

  11. 94

    Mike Burnhard | Die wêreld op ‘n mespunt

    Die wêreld op ‘n mespunt: wat leer ons as die bomme val?

  12. 93

    Fanie Venter | Ons Vader

    Wys my iemand wat nog nooit gesukkel het met gebed nie en ek wys jou iemand wat nog nooit probeer bid het nie. Een van die belangrikste dinge en die grootste voorregte van ons geloofslewe is dat ons kan en mag bid. Tog sukkel ons daarmee. Vandag probeer ons verstaan waarom ons sukkel en wat om daaraan te doen.

  13. 92

    Colin Smith | Bekommernis – die klippie in my skoen

    Ons elkeen ken die gevoel van ‘n klippie in die skoen. Dit skaaf en skuur en dwing jou om te stop en dit uit te haal, want anders lei dit tot verdere ongemak en gevolge. Bekommernis is soos daardie klippie wat knaag, wat pla, wat jou aandag vra. Wat daarmee gemaak? Feit is: Ons almal raak van tyd tot tyd bekommerd. Ons sit hierdie week by die voete van Jesus, langs die mooie see van Galilea en hoor hoe Hy ons leer oor die sorge van die lewe, oor bekommernis.

  14. 91

    Gerrit Visser | Iets om regtig oor bekommerd te wees

    Daar is baie dinge wat jou vandag bekommerd kan maak. Die Bybel help om te gaan van bekommerd wees oor aardse dinge na gemotiveerd wees oor die dinge wat regtig ons kommer nodig het. Jesus kom plaas al die dinge waaroor ons bekommerd kan wees in perspektief

  15. 90

    Stephan Joubert | Alles in een nag: Ver tot in God se familie!

    Wat kan nie alles in een aand gebeur nie!  Vat maar Handelinge 16. In een aand verskuif die evangelie mense vanaf dood na lewe, en vanaf donker na lig. 

  16. 89

    Colin Smith | Die belangrikste vraag wat jy kan vra

    Wat dink jy sou die belangrikste vraag wees om te vra? Google bied vir ons gereeld die nuutste top 50 vrae, en tog is nie een van hulle so belangrik dat elkeen op aarde die antwoord daarvan moet weet nie. Die vraag wat ons moet vra vereis ‘n antwoord. Ken jy die vraag? Nog meer: Ken jy die antwoord?

  17. 88

    Johan Smith | Jy is uitgekies

    Ek en jy is uitgekies? Met al ons verkeerde keuses, skewe verledes en tekortkominge? Ja, “ jy is op jou naam geroep. Jy is Myne”. Vra vir Moses met al sy verskonings. Leer by Dawid na al sy droogmaak. Om nie te praat van Paulus wat Jesus se volgelinge vervolg het nie. Kom kry hoop. Hoor weer opnuut God se hartklop vir jou. Ja, jy is uitgekies!

  18. 87

    Stefan Fourie | Uitgekies en aangetel

    Wat beteken dit as Paulus skryf: “Alles sal goed uitwerk?”. In my lewe sien ek dan nie raak dat “alles” goed is nie. Wat maak ons met die teëspoed en aaklige dinge wat met ons gebeur? 

  19. 86

    Gerrit Visser | Die Gees as advokaat

    Die Heilige Gees wys nie net vir ons hoe groot God se liefde vir ons is nie. Hy wys ons ook, soms in ‘n oomblik, hoe om anders te leef. Dit kan soos ‘n aanklag voel, maar dis vir ons beskerming. Sodat ons Hom nog meer kan leer ken, en ook onsself.

  20. 85

    Neels Marais | Die Heilige Gees pick ‘n fight met jou

    Die Heilige Gees is nie net ons Trooster nie — Hy is ook die Een wat ons aanspreek wanneer ons afdwaal. Soms fluister Hy sag in ons binneste en ander kere daag Hy ons uit met waarhede wat ons eerder wil vermy. Sy doel is egter nie om ons te breek of af te skryf nie, maar om ons nader aan Jesus en God se wil vir ons lewe te bring. Kom ontdek hoe God se Gees ons in liefde lei na waters van rus en vrede.

  21. 84

    Stefan Fourie | Maak skoon jou huis

    Die Heilige Gees is God se Gees in beweging in jou lewe. Paulus sê dat die Heilige Gees in jou lewe kom woon, hy trek in jou in, en maak van jou sy huis. Wanneer die Heilige Gees inkom, dan kom kuier hy nie net nie, maar hy kom woon permanent. Dit beteken, dat die Heilige Gees begin om die huis waarin Hy woon, skoon te maak. 

  22. 83

    Colin Smith | Maak skoon jou huis

    Wanneer gaste kom, word ons huise skoongemaak. Wanneer ons mense verwag, kry ons tyd om reg te maak, voor te berei... maar daardie dag wanneer jy onkant betrap word met ‘n onverwagse gas, daardie dag kan jy nie skielik wegwens of wegsteek nie. Wanneer God by ons intrek, verander alles en kan ons nie meer wegsteek nie, want Hy is nie ‘n gas nie, Hy woon nou hier.

  23. 82

    Gerrit Visser | Wag, en gaan dan!

    Net voor Jesus opvaar hemel toe, gee Hy aan Sy dissipels ‘n belangrike opdrag: “Gaan dan na al die nasies toe!” Ons ken daardie opdrag. Hy gee ook ‘n ander opdrag: “Wag op die geskenk wat ek julle sal gee.” Ons sukkel met daardie gedagte: “Wag.” Wanneer ons daardie opdrag verstaan, leer ons leef op ‘n nuwe manier.

  24. 81

    Colin Smith | Die Hemelvaart is goeie nuus

    Om te groet is nooit lekker nie. Om ‘n geliefde se vertrek te aanskou bring verlange en diepe seer... en tog is daar een datum van vertrek wat JUIS GOEIE NUUS IS... waar een groet met ‘n beter een vervang word.

  25. 80

    Colin Smith | Kinders van die Koning

    Wie is ek? Waarom is ek hier? Wat moet ek met my lewe maak? Hierdie vrae vorm die basis waar rondom elkeen van ons, ons identiteit bou. Kom luister saam na ‘n gesprek wat ek en jy broodnodig het om te hoor.

  26. 79

    Gerrit Visser | Kinders van die Koning

    Die Heilige Gees bevestig dat ons kinders van God is en lei ons na ‘n dieper verstaan van ons nuwe identiteit in God. Om dit te weet is ‘n waarheid, om dit elke dag te leef is ‘n avontuur. Kies vandag om die avontuur aan te pak in die waarheid dat jy ‘n kind van die Koning is.

  27. 78

    Stephan Joubert | Ek is ‘n kind van God

    Ek is ‘n kind van God. Romeine 8 leer my God se straf is af. Ek is regtig vry. Sonde is nie meer my baas nie. Ek is Gees-deurdrenk. Hy roep oor en oor uit in my hart dat ek aan God behoort. Ek praat nou die Gees se nuwe taal.

  28. 77

    Stefan Fourie | As die opstanding nie waar was nie, sou hulle dit anders vertel

    ‘n Kern waarheid van die Christen geloof, is dat Jesus Christus, doodgemaak is, begrawe is, en uit die dood opgestaan het.  As dit waar is, kan ons dit op eis, dat Christene die enigste ware God aanbid. Maar as dit nie waar is nie, wat doen ons dan? 

  29. 76

    Neels Marias | Christus se opstanding verander alles

    Ons geloof is nie nutteloos nie. Ons hoop is nie leeg nie en ons toekoms is nie onseker nie. As kinders van die Here kan ons dit met vrymoedigheid sê want God het iets in ons midde kom doen. Jesus het uit die dood opgestaan, God het Hom opgewek en dít verander alles! Christus anker ons geloof en hoop en ons toekoms is ín Hom.

  30. 75

    Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is

    Jesus nooi ons in sy verhaal in. Dis nooit andersom nie. In Jesus se nabyheid deel ons in sy oorwinning oor die bose magte. ByJesus hoor ons ook hoe klink "the roar of the lambs." So klink die nuwe oorwinningsverhale wat Jesus se uitgestuurdes kom vertel met hulle terugkoms (Lukas 10:1-16). Dan nooi Jesus hulle selfs nog dieper in sy eie narratief in as hulle by Hom hoor dat hulle grootste vreugde moet wees dat hulle name in die hemel opgeteken is. So klink die nuwe verhaal van meer lewe waaraan meer mense vir altyd mag deelhê.

  31. 74

    Neels Marais | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is

    Hoe kan ek geluk vind? Hoe kan ek meer blydskap ervaar? Is ons “high performance culture” die antwoord? Daar is iets in ons almal wat hou van prestasie. Dit is lekker om te wen. Ons geniet dit om eerste te kom. Sukses smaak soet. Dis betekenisvol om vir die Here te werk. Maar tog leer die Here ons dat ons nie primêr ons vreugde in hierdie tipe goed moet vind nie. Die bron van ons diepste vreugde lê daarin dat God ons ken. Hy weet alles van ons en kies steeds om ons name in die hemel op te skryf

  32. 73

    Gerrit Visser | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig is

    Wanneer die 72 volgelinge van Jesus terugkom is hulle vol vreugde. Hulle vertel van wonderwerke en getuig van God se liefde vir ander. Daardie verhale kan deel wees van jou lewe ook.

  33. 72

    Stefan Fourie | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!

    Om mense van Jesus te vertel, is baie keer vir Christene moeilik. Waar begin ek? Wat moet ek sê? Hoe moet ek dit doen? En is dit selfs my plek om dit te doen? Die Lukas evangelie is duidelik: Christene is boodskappers, boodskappers van ‘n iets groter as hulself. 

  34. 71

    Colin Smith | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!

    In die nuus vandag, of eerder die NUUS SOPAS ONTVANG! Met gespitste ore luister almal aandagtig na dié gebeure wat die wêreld indringend gaan verander... Ons ken hierdie tipe aankondigings al te goed, en tog is daar ‘n aankondiging wat selfs groter is, genoem die euangellion. Hierdie week sien ons hierdie NUUTSTE NUUS, DIE BESTE NUUS in aksie.

  35. 70

    Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!

    Jesus is nie net ons Verlosser aan die kruis nie. Dit ook, Goddank! Maar Hy is ook die Here van ‘n nuwe koninkryk. En ons is sy weerlose weermag van lammers tussen die wolwe. Ons “wapens” is seënende hande, gebed, en die Goeie Nuus dat God aangebreek het. Nogtans is ons uitgestuur op gesag van Jesus en God Self.

  36. 69

    Gerrit Visser | Meer lewe vir meer mense – Missio Dei – God is reeds daar

    God weet wat ons as mense nodig het. Wanneer ons getuig van die liefde wat in ons harte is aan onbekendes, is God reeds daar. Jesus stuur ons na plekke waar die Heilige Gees reeds besig is. Ons sluit aan by Sy werk in die wêreld.

  37. 68

    Neels Marais | Meer lewe vir meer mense – Die Missio Dei

    Ons as kinders van die Here het geen rede om te twyfel oor wie ons is nie. Ons identiteit lê daarin dat die Here ons as sy getuies in die wêreld instuur. Jesus sê self: “Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle.” Hy stuur ons egter nie om God êrens heen te vat waar Hy nog nie is nie. Die Here stuur jou om raak te sien waar Hy lankal reeds aan die werk is. Hy gaan ons vooruit en beloof om ons besoeke op te volg.

  38. 67

    Neels Marais | Daar is ‘n beter opstanding

    Ons Christelike hoop is nie blote optimisme nie, dit word gebou op dit wat God in Christus gedoen het. Hebreërs 11:35b beskryf mense wat marteling, verlies en selfs die dood verduur het, omdat hulle gehoop het op ’n “beter opstanding”. Hierdie “beter opstanding” beteken méér as om net weer lewendig te word soos bv. Lasarus of Jaïrus se dogter. Dit verwys na die finale opstandingslewe saam met God, waar lyding en die dood finaal oorwin is.

  39. 66

    Colin Smith | Daar is ‘n beter opstanding

    “Hy leef, Hy leef, Hy leef hier in my hart”, lui die lied... maar hoe is dit moontlik en wat beteken dit as ons sê daar is ‘n beter opstanding vir die gelowiges? Kom hou stil by Heb.11 en ontdek die beter opstanding in Jesus.

  40. 65

    Stefan Fourie | Jesus smeer aan ons af

    Ons kyk na die Heilige week, deur die lens van die Hebreër skrywer. Hebreërs probeer die gordyn weg trek, sodat ons iets anders en nuut kan sien, van wie Jesus is en wat Hy doen.

  41. 64

    Neels Marais | Jesus as finale offer

    Wie bid vir jou? Wie dra jou op die hart? Wie is ‘n 100% vir jou? Wie is die een, die enigste een, wat jou sonde kan wegneem? Vanuit Levitikus 16 leer ons dat die Hoëpriester al hierdie dinge tot ‘n mate gedoen het. Maar in Christus het ons ‘n nuwe Hoëpriester. ‘n Hoëpriester wat vir ewig bly en wat vir eens en altyd ál ons sonde weggeneem het. Die opgestane Christus is die een wat jou op die hart dra en deurentyd vir jou bid.

  42. 63

    Colin Smith | Jesus as finale offer

    Die Tabernakel en al sy elemente klink dalk vir ons vreemd, totdat ons oë opgemaak word vir elke element daarin. Hebreërs help ons om verder te kyk, dieper te kyk en te sien hoe elke deel van die Tabernakel op Jesus, die volmaakte offer, dui. 

  43. 62

    Gerrit Visser | Jesus smeer af aan ons

    Jesus se dood aan die kruis is die grootste gebeurtenis in die wêreld. Wanneer ons weer daarna kyk het dit ‘n impak op ons – dit smeer af aan ons.

  44. 61

    Stefan Fourie | Jesus is meer as net ‘n Verlosser – Jesus is die Voorloper!

    Die Hebreër skrywer begin sy brief deur te sê: “Daar is niemand soos Jesus nie!” Jesus is die absolute Middelpunt, maar daar is meer aan Hom as wat ons baie keer raaksien. Jesus se werk het nie net by die kruis gestop nie, maar ons word uitgenooi om verder te kyk, verby die kruis en die GOUD van ons geloof raak te sien. 

  45. 60

    Gerrit Visser | Jesus as voorloper

    Die skrywer van die brief van Hebreërs kyk verder as die kruisiging van Jesus. Hy wys vir ons hoe Jesus vandag in ons lewens is. Hy wys vir ons dat Jesus voor loop, maak nie saak waar ons gaan nie.

  46. 59

    Stephan Joubert | Min of Meer – vra vir Petrus

    Petrus se ontbyt saam met Jesus is in een woord aardskuddend. Pleks dat Jesus hom herinner aan die feit dat hy Hom drie keer verloën het vra Jesus drie keer vir Petrus: “Het jy my lief?” Hierdie aardskuddende vrae en antwoorde word opgevolg deur drie opdragte aan Petrus. Jesus leer hom dat liefde meer as lippetaal is. Dit lei tot ‘n nuwe lewe van diens en medelye

  47. 58

    Stefan Fourie | Min of Meer ... Nikodemus

    Die realiteit van ons wêreld is dat meeste mense nie kerk toe gaan nie. Hulle is nie kwaad vir die kerk nie, en wil dit ook nie afbrand nie, maar loer van buite af in. Nikodemus, ‘n karakter wat selfs Johannes in sy evangelie van skryf, is ook so ‘n persoon wat van buite af inloer, en dan stadig maar seker nader aan Jesus beweeg. 

  48. 57

    Neels Marais | Min of Meer ... Nikodemus

    Ons as mens wonder dikwels oor baie aspekte van ons geloof. Ons wonder oor die oorlog in Iran en of ons gebede ‘n verskil sal maak. Ons wonder oor al die leed en swaarkry in die wêreld. Andere kere weer het ons baie vrae oor dit wat ons in die Bybel lees. Nikodemus was ‘n gelowige wat baie vrae gehad het. Wat merkwaardig is, is dat hy met al sy vrae na die Here Jesus toe gegaan het. Ons Here het sy vrae verwelkom en oor tyd heen sien ons hoe sy geloof in Hom gegroei het – soveel so dat hy die man was wat Jesus Christus ná die kruisiging begrawe het.

  49. 56

    Stephan Joubert | Min of Meer ... Tomas

    Spyt kom altyd te laat, sê hulle. Gelukkig het Tomas 'n tweede kans gekry. Hy was afwesig toe Jesus die eerste Sondagaand na sy opstanding aan die dissipels verskyn het. Hy was nie oortuig dat Jesus leef nie. Tomas wou sy eie post mortem doen. Maar toe daag Jesus die tweede Sondagaand weer op. En Hy nooi Tomas na Hom toe. Daar en dan het sy oë oopgegaan. Tomas se belydenis: "My Here en my God," verwoord sy nuwe ontmoeting met Jesus. Dit is jou en my belydenis ook as Jesus ons met oop arms ontvang.

  50. 55

    Johan Smith | Min of Meer ... Tomas

    Jesus moet meer word en jy minder. Jesus moet belangriker word en jy onbelangriker. Dis geestelike groei. Dis hoe jou geestelike pad moet wees en moet lyk. Met hierdie boodskap leer ons meer deur te kyk na die lewe van Tomas. Ja, daardie Tomas wat die merke aan Jesus se hande wou sien. Hy kom in ‘n diep en uiters intieme verhouding met Jesus - so ‘n mooi verhouding dat elkeen van ons daarna moet smag en streef.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

HOSTED BY

Kerksondermure

Produced by kerksondermure

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Kerksondermure (KSM) have?

Kerksondermure (KSM) currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Kerksondermure (KSM) about?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na...

How often does Kerksondermure (KSM) release new episodes?

Kerksondermure (KSM) has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Kerksondermure (KSM)?

You can listen to Kerksondermure (KSM) on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Kerksondermure (KSM)?

Kerksondermure (KSM) is created and hosted by Kerksondermure.
URL copied to clipboard!