Laat ons Boekevat podcast artwork

PODCAST · religion

Laat ons Boekevat

'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Sep 25, 2026 · Source feed

  1. 112

    Lukas 22(a)

    Send us Fan MailDit is die tyd vir die fees van die ongesuurde brode, die Pasga, oftewel die Paasfees, en dit is by hierdie geleentheid waar Jesus die nagmaal instel.

  2. 111

    Lukas 21

    Send us Fan MailHierdie hoofstuk handel hoofsaaklik oor die profetiese rede van Jesus, wat gevolg het op 'n vraag van die dissipels.

  3. 110

    Lukas 20

    Send us Fan MailJesus is nou in Jerusalem waar Hy die mense leer deur gelykenisse te vertel en met hulle te gesels, maar deurentyd is die skrifgeleerdes en Fariseërs en Sadduseërs besig om Jesus uit te lok om iets te sê waarvoor hulle Hom kon aankla of gevange neem. 

  4. 109

    Lukas 19

    Send us Fan MailIn Jerigo gaan Jesus tuis by die hoof tollenaar Saggeus, en dan vertel Jesus die baie belangrike en insiggewende gelykenis van die tien goue muntstukke. Dit is 'n profetiese gelykenis wat vooruit wys na die kerk van Jesus op aarde.Dan reis Jesus verder tot by Betfage en Betanië voordat Hy jerusalem binnegaan.Die eerste ding wat Jesus in Jerusalem doen, is om die tempel te reinig deur die handelaars uit te jaag.

  5. 108

    Lukas 18

    Send us Fan MailJesus is op reis na Jerusalem om daar gekruisig te word, en op Sy pad gaan Jesus nou deur Jerigo loop. Hy vertel nog gelykenisse, antwoord die vraag van die ryk jongman en genees die blinde man by Jerigo.

  6. 107

    Lukas 17

    Send us Fan MailJesus genees tien melaatse mans, maar net een kom terug om God te prys en te dank. Jesus leer ons ook oor die krag van geloof, en Hy leer ons oor die koms van die koninkryk van God.

  7. 106

    Lukas 16

    Send us Fan MailVandag se Bybelstudie gaan oor die gelykenis van die oneerlike bestuurder, en die verhaal van die ryk man en Lasarus. 

  8. 105

    Lukas 15

    Send us Fan MailVandag lees ons van die verlore skaap, die verlore muntstuk, en van die verlore seun.Jesus vertel vir ons van die vreugde wat tot in die hemel heers, wanneer net een sondaar tot bekering kom.

  9. 104

    Lukas 14

    Send us Fan MailJesus maak nog mense gesond en vertel nog gelykenisse.Jesus leer ons lesse van nederigheid en van vrygewigheid, en dat ons die sout van die aarde moet wees.

  10. 103

    Lukas 13

    Send us Fan MailJesus is nog steeds op reis na Jerusalem, en op die pad gaan Hy deur 'n aantal dorpe en stede.Hy leer die mense met gelykenisse, en Hy maak die siekes gesond. Hy vertel ons van die smal deur wat lei tot die lewe, en Hy dring by die mense aan om tot bekering te kom.

  11. 102

    Lukas 12

    Send us Fan MailIn hierdie hoofstuk leer Jesus die dissipels 'n hele aantal belangrike lesse, en vertel Hy ook 'n aantal gelykenisse vir die skare.Jesus waarsku teen die soeke na rykdom, en gee die volgende waarskuwing: "Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees." Jesus waarsku ons ook om te alle tye gereed te wees vir Sy wederkoms.

  12. 101

    Lukas 11

    Send us Fan MailOp die versoek van die dissipels, leer Jesus hulle om te bid. Jesus beklemtoon ook weer die belangrikheid van die Woord van God.Dan beland Jesus in 'n onderonsie met die Fariseërs en die skrifgeleerdes. Hy wys hulle op hul sonde en skynheiligheid, en dit maak hulle baie opstandig.Jesus bestraf hulle, en spreek selfs 'n vloek oor hulle uit.

  13. 100

    Lukas 10

    Send us Fan MailIn Lukas hoofstuk 10 lees ons van die 72 dissipels wat Jesus uitgestuur het op 'n sending in Samaria, en ons hoor ook die gelykenis van die barmhartige Samaritaan.ons leer ook 'n baie belangrike les as Jesus die huis van Marta en Maria besoek.

  14. 99

    Lukas 9b

    Send us Fan MailJesus is nou op pad vanaf die berg Hermon, terug na Galilea. Op die pad, dryf Hy 'n bose gees uit 'n seun uit, kondig die tweede keer Sy eie dood aan, en leer die dissipels dat die mens se eie ego en status, nie belangrik is in die koninkryk van God nie.Jesus vertrek na Jerusalem, en besluit om deur Samaria te reis, maar die mense in 'n Samaritaanse dorp wou Hom nie huisvesting gee nie.Deur Sy interaksie met die mense wat by hulle is, leer Jesus ons wat nodig is, en wat ons moet doen, as ons Hom wil volg. 

  15. 98

    Pinkster 2026 Bid in die Heilige Gees

    Send us Fan MailSover het ons Pinkster reeks vir hierdie jaar ingesluit: "Christelike gebed", "Bid tot die Vader", en "Bid deur Jesus Christus."Vandag sluit ons die reeks af met "Bid in die Heilige Gees."Ons wens julle almal 'n geseënde Pinkster Sondag toe.

  16. 97

    Pinkster 2026 Bid deur Jesus

    Send us Fan MailDie bloed van Jesus gee ons toegang tot die Vader, en Jesus is ons Voorspraak en Advokaat by God.Jesus leer ons om te bid, en Hy is vir ons 'n voorbeeld van gereelde en opregte gebed. En die grootste voorreg wat ons het, is om in die Naam van Jesus tot ons Vader te bid.

  17. 96

    Pinkster 2026 Bid tot die Vader

    Send us Fan MailVerlede keer het ons geleer oor Christelike gebed.Vandag kyk ons na gebed tot ons hemelse Vader, en gebed in geloof.

  18. 95

    Pinkster 2026 Christelike gebed.

    Send us Fan MailIn ons Pinkster biduur en Bybelstudie reeks gaan ons hierdie jaar meer leer oor gebed. Ons wil graag leer wat gebed id en hoe om effektief te bid.En ons wil ons in die tyd toelê op gebed om te vra dat die Heilige Gees ons weer opnuut sal vul, en besit sal neem van ons lewens. 

  19. 94

    Lukas 9a

    Send us Fan MailJesus doen nog wonderwerke, en hy leer die dissipels en al die mense wat Hom volg.Dan lees ons van Petrus se belydenis, en van Jesus se verheerliking op die berg.Net daarna begin Jesus om vir die dissipels te vertel van Sy komende lyding en kruisiging.

  20. 93

    Hemelvaart 2026

    Send us Fan MailVandag herdenk ons die Hemelvaart van Jesus Christus, ons Verlosser.Ons kyk na die lewe van Jesus, van voor die grondlegging van die aarde af, tot na Sy opstanding uit die dood.

  21. 92

    Lukas 8

    Send us Fan MailIn hierdie hoofstuk van Lukas leer Jesus die mense deur gelykenisse, en doen Jesus 'n aantal wonderwerke.In hierdie gedeelte is daar weereens 'n hele aantal lewenslesse vir ons om te leer.

  22. 91

    Luke 7

    Send us Fan MailIn hoofstuk 7 gaan Jesus voort om mense gesond te maak en om dooies op te wek. Jesus antwoord ook 'n vraag van 'n ongeduldige Johannes die Doper, en Hy gaan eet aan die huis van Simon die Fariseër, waar Hy 'n sondige vrou se sondes vergewe.

  23. 90

    Lukas 6

    Send us Fan MailJesus genees die man met die gebreklike hand, en dan kies Hy sy twaalf apostels nadat Hy die hele nag lank tot Sy Vader gebid het.Dan lees ons weer die bergrede van Jesus, waar Hy vir ons 'n groot klomp kosbare lesse leer.

  24. 89

    Lukas 5

    Send us Fan MailJesus roep sy eerste dissipels om Hom te volg, naamlik Simon Petrus, Jakobus en Johannes. Jesus genees ook 'n melaatse man en 'n verlamde man.Dan roep Jesus die tollenaar Levi, oftewel Matteus, om Hom te volg.

  25. 88

    Lukas 4

    Send us Fan MailNa Sy doop word Jesus deur die duiwel versoek in die woestyn. Drie maal probeer die duiwel om vir Jesus sover te kry dat Jesus hom moet aanbid en gehoorsaam, maar telkens gebruik Jesus skrifgedeeltes om die versoeking van die duiwel te weerstaan.Daarna begin Jesus om die mense te leer in die sinagoges. Eers in Nasaret, sy tuisdorp, waar die mense Hom verwerp, Hom uit die dorp uitjaag, en selfs dreig om Hom dood te maak.Jesus preek ook in Kapernaum, waar Hy Simon Petrus se moeder genees het, en ook 'n bose gees uit 'n man verdryf het, sodat hy weer gesond was.

  26. 87

    Paasdiens 2026

    Send us Fan MailTydens ons Paas diens hierdie Vrydag, gaan ek en ses ander persone elkeen 'n 7-minute boodskap lewer oor een van Jesus se sewe kruiswoorde.My opdrag is om te praat oor Johannes 19 vers 28 waar Jesus sê: Ek is dors.Ek deel graag my kort Paas boodskap met julle, en dit dien dan ook sommer as ons Boekevat Paas boodskap.

  27. 86

    Lukas 3

    Send us Fan MailJohannes die Doper kry die opdrag van die Here om te begin met sy bediening, en hy doop ook vir Jesus.Jesus bid tot God, en ontvang die Heilige Gees, en die goedkeuring van Sy Vader in die hemel.Ons leer ook meer uit die geslagsregister van Jesus.

  28. 85

    Lukas 2

    Send us Fan MailVandag lees ons van die geboorte en besnydenis van Jesus, en ons lees van die herders in die veld en die engelekoor wat Jesus se koms aangekondig het.Ons lees van Simeon en Anna in die tempel, en dat hulle gevul was met die Heilige Gees. Ons lees ook die besondere verhaal van Jesus op 12-jarige ouderdom in die tempel. 'n Verhaal wat slegs in Lukas se evangelie vir ons opgeteken is.

  29. 84

    Lukas 1b

    Send us Fan MailHoofstuk 1 sluit af met Maria se besoek aan Elisabet, en haar loflied aan die Here.Dit vertel ons ook van die geboorte van Johannes die Doper, en van Sagaria se loflied aan die Here.In hierdie gedeelte kom ons onder die indruk van die kragtige teenwoordigheid van die Heilige Gees in die lewens van die kinders van die Here.

  30. 83

    Lukas 1a

    Send us Fan MailOns begin vandag met die evangelie volgens Lukas, en ons gaan lees van die aankondigings van twee geboortes, naamlik die van Johannes die Doper, en die van Jesus Christus.

  31. 82

    2 Petrus Hoofstuk 3

    Send us Fan MailVandag gee Petrus ons weer die versekering van Jesus se wederkoms, en waarsku hy ons om gereed te wees daarvoor.Hy waarsku weer teen die vals leraars en beginsellose mense wat 'n verkeerde uitleg van die skrif gee. Hy sluit sy brief af deur ons aan te spoor om toe te neem in die genade en die kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

  32. 81

    2 Petrus Hoofstuk 2

    Send us Fan MailPetrus waarsku die gemeentes, en vir ons vandag, teen die vals leraars en die dwaalleer wat hulle verkondig. Ons word aangemoedig om te volhard in die geloof, en om getrou te bly aan die Weg van die waarheid.

  33. 80

    2 Petrus Hoofstuk 1

    Send us Fan MailOns begin vandag met die tweede brief van die apostel Petrus aan die uitverkorenes in Klein-Asië.Die hoofstuk handel meestal oor die Christene se geloof en hulle kennis van God en van Jesus Christus, en hulle word aangespoor tot liefde vir alle mense.

  34. 79

    1 Petrus 4 en 5

    Send us Fan MailPetrus sluit sy brief af met die bemoediging aan die Christene wat vervolg word, en met die opdrag aan die ouderlinge wat die gemeentes moet bedien.Hy sluit die brief af met die versekering dat die beginsels wat hy in die brief oorgedra het, die ware genade van God is.

  35. 78

    1 Petrus Hoofstuk 3

    Send us Fan MailOns leer vandag meer oor die gesagstrukture van die Here, met verwysing na die verhouding tussen man en vrou in die huwelik. Ons leer ook hoe elkeen homself moet gedra in die samelewing.Verder leer ons dat dit 'n voorreg is om te ly ter wille van ons geloof in Jesus Christus, en ons getuienis vir Hom.

  36. 77

    1 Petrus Hoofstuk 2

    Send us Fan MailJesus, die steen wat deur die bouers verwerp is, die Verlosser wat deur die mense gekruisig is, het die Hoeksteen van ons geloof geword.As kinders van God is ons burgers van die koninkryk van Jesus, en daarom is ons vreemdelinge en bywoners hier op aarde. Ons leef met die vooruitsig van ons ewige tuiste by ons Hemelse Vader.

  37. 76

    1 Petrus Hoofstuk 1

    Send us Fan MailPetrus begin deur ons verlossing te beskryf op grond van ons egte geloof: Geloof wat getoets is deur vervolging en beproewing, soos wat goud gesuiwer word deur vuur.Hy beskryf ons verlossing op grond van die kosbare bloed van Jesus Christus, 'n heilige lewe, en die lewende en ewige woord van God.

  38. 75

    Nuwejaar 2026

    Send us Fan MailNou is Kersfees verby. Dit was die eerste koms van Jesus Christus.Nou sien ons uit na Sy tweede koms, Sy wederkoms. Ons leef in die eindtyd, en ons sien al die tekens waarvan Jesus ons vertel het, daarom kan ons ons hoop vestig op Sy belofte dat Hy weer sal kom om Sy Bruid te kom haal.

  39. 74

    Kersfees 2025

    Send us Fan MailDit is Kersfees tyd, en vandag lees ons die Kersboodskap soos dit vir ons in die Bybel opgeteken is.Ons gaan lees van die voorspellings van die profete van ouds, en ook die Kersverhaal in die evangelies van Lukas en Johannes.Mag dit vir almal wat saam met ons lees en luister, 'n geseënde Kerstyd wees!

  40. 73

    Jakobus 5

    Send us Fan MailJakobus sluit sy brief af met 'n paar belangrike boodskappe.Eerstens rig hy 'n waarskuwing aan die rykes in die gemeentes, om eerder vir hulle skatte bymekaar te maak in die hemel.Dan spoor hy die broers aan om te volhard in die geloof. Om te volhard totdat die Here weer kom. Hy waarsku ook teen die aflê van 'n eed.Laastens beklemtoon hy die krag van 'n gelowige gebed. Kom lees en leer saam met ons uit hierdie brief, sodat ons dit sal doen tot eer van die Here.

  41. 72

    Jakobus 4

    Send us Fan MailIn hierdie episode leer ons oor die stryd wat ons voer teen hoogmoed en selfsugtige begeertes, en ons leer ook weer om ons tong te beheer, en nie kwaad te praat van ander nie, en ook om mekaar nie te oordeel nie. Daar is net een Wetgewer en net een Regter, en dit is die Here.Ons leer ook van ons afhanklikheid van God, en dat ons Sy wil in ag moet neem in al ons besluite en toekomplanne.

  42. 71

    Jakobus 3

    Send us Fan Mail"So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag."Die tong is soos 'n vuur. As dit buite beheer is, kan dit ons hele lewe aan die brand steek. Die bybel waarsku ons daarteen, maar die bybel gee ook vir ons raad oor hoe ons die probleem kan oorkom.Jakobus leer ons ook in hierdie hoofstuk, dat daar twee soorte wysheid is. Kom lees en luister saam met ons om meer uit te vind.

  43. 70

    Jakobus 2

    Send us Fan MailJakobus leer ons om nie ons medemens te oordeel volgens die uiterlike nie. Ons leer ook van die beginsel van 'n mens se koninkrykswaarde.Dan leer ons van die beginsel ban "geloof in aksie." Geloof wat dood is as dit nie aanleiding gee tot goeie werke nie.Kom lees en luister saam met ons om meer te leer uit hierdie praktiese brief van Jakobus. 

  44. 69

    Jacobus 1:9-27

    Send us Fan MailHoe bepaal ek die waarde van myself en van my medemens? Armoede, rykdom, beroemdheid? Kom ons lees wat sê Jakobus daarvan.En wat is die kenmerke van 'n egte en suiwer godsdiens? Ons leer dit ook uit hierdie gedeelte.

  45. 68

    Jakobus 1:1-8

    Send us Fan MailDie brief van Jakobus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.Jakobus vertel ons dat die Here ons toets en beproef, en hy leer ons hoe om te reageer daarop, en wat om te doen daarmee.

  46. 67

    Markus 16

    Send us Fan MailOns lees vandag die laaste hoofstuk van die evangelie volgens Markus. Die boek sluit af met Jesus se opstanding en Hemelvaart. Ons lees ook ban Jesus se sending opdrag. Kom lees en leer gerus saam met ons.

  47. 66

    Markus 15

    Send us Fan MailJesus word deur Pilatus verhoor, Hy word ge-gesel en gespot, Hy word gekruisig en begrawe.Dit is 'n hartseer dag vir Jesus se volgelinge, maar hulle moet onthou dat Sondag naby is, en dan sal Jesus weer by hulle wees!

  48. 65

    Markus 14

    Send us Fan MailIn Markus 14 word Jesus se dood beplan, Hy word gesalf, vier die Paasfees en stel die nagmaal in. Daarna gaan Jesus en Sy dissipels na Getsemane waar Hy verraai word en gevange geneem word.

  49. 64

    Markus 13

    Send us Fan MailMarkus 13 is Jesus se profetiese rede, waar Hy ons leer van die wegraping, die groot verdrukking en van Sy wederkoms.Jesus leer ons van al die tekens waarop ons moet let om te weet dat Sy koms baie naby is.

  50. 63

    Markus 12

    Send us Fan MailEers vertel Jesus die gelykenis van die landbouers en die wingerd, en daarna antwoord hy die kerkleiers se vrae.Vrae oor belasting, oor die grootste gebod, en oor die ewige lewe. Jesus bewonder ook die arm weduwee wat so'n groot offergawe in die skatkis gegooi het.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.

HOSTED BY

Jan Smit

Frequently Asked Questions

How many episodes does Laat ons Boekevat have?

Laat ons Boekevat currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Laat ons Boekevat about?

'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.

How often does Laat ons Boekevat release new episodes?

Laat ons Boekevat has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Laat ons Boekevat?

You can listen to Laat ons Boekevat on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Laat ons Boekevat?

Laat ons Boekevat is created and hosted by Jan Smit.
URL copied to clipboard!