Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste podcast artwork

PODCAST · religion

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste

Baie welkom!Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jun 12, 2026 · Source feed

  1. 141

    Sondagoggend 19 Julie 2026

    Sondagoggend 19 Julie 2026Charl het met ons gesels oor die feit dat genesing op twee moontlike vlakke kan gebeur, naamlik geestelik en fisies. Ons het dit gesien uit Handelinge 9 en hoe Paulus se genesing vir ons 'n voorbeeld van genesing kan wees

  2. 140

    Sondag 28 Junie 2026

    Sondag 28 Junie 2026: Die uiteinde van ons geloofIn hierdie week se boodskap het Charl met ons gesels oor waarnatoe ons geloof ons lei. Charl het vanuit Hebreërs 11 ons geleer dat ons geloof altyd 'n gewillige aktiewe gehoorsaamheid aspek behels.

  3. 139

    Sondag 21 Junie 2026

    Sondag 21 Junie: Die Bron van ons GeloofOns geloof kan nie uit ons self uit kom nie, want ons is te veel feilbaar vir dit. Ons het 'n standvastige bron nodig en daai bron is Jesus.

  4. 138

    Sondagoggend 14 Junie 2026

    14 Junie 2026: Gevorderde GeloofCharl gesels met ons die feit dat geloof soms vereis dat ons moeilike vrae moet vra sonder om die antwoord te kry. Ons het ook gesien dat ons geloof gebaseer is op Jesus meer as op ons emosies

  5. 137

    Sondagoggend 7 Junie 2026

    Sondagoggend 7 Junie 2026Ons is almal feitlik in 'n geloofskrisis. Ons weet ons moet glo, maar soms dink ons dat ons baie moet glo en vergeet dat geloof nie gemeet kan word nie. Geloof moet in iets wees, geloof moet in Jesus wees

  6. 136

    Sondagoggend 2 Junie 2026

    Sondagoggend 31 Mei 2026:Ons het 'n boodskap deur Neville Goodchild ontvang van Lewende Woord Bloemfontein. Neville se boodskap het gehandel oor dat ons lewe gevul moet wees met die Heilige Gees, meer as wat ons net oomblikke van die Heilige Gees beleef

  7. 135

    Sondagoggend 17 Mei 2026

    Sondagoggend 17 Mei 2026Charl het ons bedien oor die toets van ons gawes. Die Here gee vir elkeen van ons vermoëns en gawes en die gebruik daarvan is nie aldag die uitdaging nie, die motivering vir die gebruik is. Ons hou daarvan om ons gawes uit te leef as ons weet dit gaan ons aansien gee en ons verhinder dit soms uit vrees dat ons verwerping gaan beleef

  8. 134

    Sondagoggend 10 Mei 2026

    Sondagoggend 10 Mei 2026: Die PottebakkerZuleika deel met ons die waarde van rustig wees in God se hande en die wete dat Hy alles van ons weet en ons nogsteeds lief het

  9. 133

    Sondag 3 Mei 2026

    Sondag 3 Mei 2026: Die vyand van HeiligOns as christene word nie geroep om goed te wees nie, ons word geroep deur God om heilig te wees. Inteendeel die vyand van heilig, is goed. Satan het vir lank die kerk oortuig dat solank ons goed is gaan ons gered word.

  10. 132

    Sondag 26 April 2026

    Sondag 26 April 2026: Ek weet vir seker!Kan ons as christene seker wees oor die feit dat ons 'n kind van God is? Die bewysse van ons kindskap is die feit dat ons in 'n oorlog teen sonde is, nie net sonde orals om ons nie, maar ook die sonde binne in ons

  11. 131

    Sondag 19 April 2026

    Sondag 19 April 2026: Ons het heerskappyPierre Strydom van Lewende Woord Kuruman het ons bedien oor die feit dat ons as Christene die Heilige Gees het wat ons help om te heers oor sonde en terugslae

  12. 130

    Sondagoggend 12 April 2026

    Sondagoggend 12 April 2026As ons kyk na die waarheid kan die verwarrend wees in vandag se tye, omdat meeste mense glo elke persoon kan sy eie waarheid leef. Tog sien ons in die Bybel dat Jesus ons waarheid is en dat Hy alleen die waarheid is. Charl gesels met ons die week oor hoe ons die prakties in ons lewe kan maak

  13. 129

    Opstanding Sondag 5 April 2026

    Opstanding Sondag 8 April 2026Wat is die doel van die Opstanding van Jesus? Het dit eninge effek op ons vandag?Charl leer ons in hierdie boodskap dat sonder die opstanding is daar nie 'n Evangelie nie!

  14. 128

    Goeie Vrydag 3 April 2026

    Goeie Vrydag 3 April 2026Jesus het vir ons die Paaslam geword, Hy is letterlik vir ons geslag, maar hoekom? Is daar nie dalk 'n makliker manier wat God ons kan red nie?Hierdie is die vrae wat Charl vir ons beantwoord in die boodskap

  15. 127

    Sondag 22 Maart 2026

    Sondagoggend 22 Maart 2026: En Toe?Ons lewens gaan oomblikke van uitdaging beleef en dit is vir seker, maar wat nie vir seker is nie is ons reaksie op ons uitdagings. Charl het die week met ons gesels oor die feit dat ons nie met ons oë moet kyk nie, maar deur ons oë. Wanneer ons dan later die storie oor vertel gaan die gehoor wat luister met opgewondenheid vra "en toe?"

  16. 126

    Sondagoggend 8 Maart 2026

    Sondagoggend 8 Maart 2026: God se Plan BOns is vir lank geleer om nie vrae te vra oor lering en die Bybel nie, maar in die boodskap gesels Charl met ons oor hoe waardevol dit is om te dink. Dink oor die Evangelie, dink oor Jesus en dink oor God. Ons leer ook dat hoe meer ons dink kom ons agter dat God werklik nie 'n Plan B het nie

  17. 125

    Sondagoggend 1 Maart 2026

    Sondagoggend 1 Maart 2026: Verstaan jy dit?In Kolossense skryf Paulus vir die gemeente dat hy en Timoteus elke dag God dank vir hulle getrouheid aan die Evangelie. Hy noem dat hulle getrouheid sy oorsprong vind in die feit dat die Evangelie hulle toekoms vir seker. Ons moet ons lewe leef nie met die oog op wat ons nou het nie, maar met die oog op wat ons gaan kry.

  18. 124

    Sondagoggend 22 Februarie 2026

    Sondagoggend 22 Februarie 2026Paul het met ons gedeel oor ons CV en die impak wat dit op ons geestelike lewe het.

  19. 123

    Sondagoggend 15 Februarie 2026

    Sondagoggend 15 Februarie 2026Willem van der Berg het met ons gesels oor salwing en hoe ons moet en kan salf

  20. 122

    Sondagoggend 8 Februarie 2026

    Sondagoggend 8 Februarie 2026Ons is besig om te kyk hoe ons gemaksones moet skuif en hoe ons die Evangelie moet verkondig. Hierdie week het ons saam gekyk na Fillipus en Ethiopiër en wat gehoorsaamheid gedoen het. Ons moet gehoorsaam wees aan God, want ons het weet nie aldag met watter mense ons te doen kry nie.

  21. 121

    Sondagoggend 1 Februarie 2026

    Sondagoggend 1 FebruarieOns het saam gesels oor die idee dat ons gereed moet wees om die Evangelie te verkondig en dat ons as Christene regtig goeie nuus het om te deel en dat ons van elke geleentheid.

  22. 120

    Sondagoggend 25 Januarie 2026

    Sondagoggend 25 Januarie 2026: Waarnatoe?Ons het elkeen 'n persoonlike visie nodig, maar hoe determineer ons daai visie? Ons het ook nodig om te weet dat ons visie onderdadig moet wees aan God se Koninkryk.

  23. 119

    Sondagoggend 18 Januarie 2026

    Jou rigtingwysers vir 2026Hierdie jaar gaan vir seker twee goed vir ons in hou. Die eerste is tye wat 'n reaksie verlang, of dit goeie, slegte uitdagende tye is, dit vereis dat ons reageer. Die tweede is dat ons in hierdie jaar voor keuses gaan staan. Charl gesels met ons in hierdie boodskap hoe ons moet reageer op daai tye asook hoe ons moet keuses uitoefen

  24. 118

    Sondagoggend 11 Januarie 2026

    Verander, vir anderOns tema vir die jaar 2026 is "Verander, vir ander" en Charl het in hierdie boodskap met ons begin gesels oor waar ons moet verander en die nood vir ons om die Evangelie te verkondig. As ons die Evangelie wil verkondig gaan ons sekere veranderinge moet maak, sodat die wêreld ons boodskap glo

  25. 117

    Sondagoggend 4 Januarie 2026

    Wat is Kerk?Baie mense besluit in Januarie om meer betrokke te raak by 'n gemeente, maar wat is 'n gesonde gemeente? Charl het met ons gesels oor wat is die model vir kerk volgens Handelinge 2. Ons het ook gesien wat die plan van Lewende Woord Hartenbos is vir 2026

  26. 116

    Sondagoggend 28 Desember 2025

    Nou wat Nou?As Kerfees verby is beleef ons soms 'n depressie. Dit kan wees omdat ons besef die vakansie is verby, maar Charl glo dit is omdat Jesus gevier het en nou minder tyd het om oor Hom te gesels. Maar die opgewondenheid kan en moet blywend wees, want ons weet daar kom nog 'n dag wat Jesus gaan kom! En dan gaan Hy ons nooit weer los nie

  27. 115

    Kersoggend 25 Desember 2025

    Die Heiland is GEBOREDie klimaks van ons Desember Boodskappe is vanoggend en dit is waar ons sien dat Jesus het nie bonatuurlik verskyn nie, Hy is gebore soos 'n normale mens. Ons het ook gesien dat sonder die geboorte van Jesus het ons nie 'n Evangelie nie.

  28. 114

    Sondagoggend 21 Desember 2025

    Die Heiland IS geboreDie boek Jona beskryf vir ons 'n verhaal van profeet wat 'n bekeringsboodskap bring en dan sien ons hoe Jesus dieselfde boodskap bring jare daarna. Dit moet beteken dat Jesus se koms profeties voorspel was, asook dat Hy die vervulling van die profesieë is

  29. 113

    Sondagoggend 14 Desember 2025

    Die HEILAND is geboreOns kyk vandag na wat dit beteken as ons Jesus die titel "Heiland" gee? Van wat red Hy ons? Wat gee Hy vir ons? Hierdie is die tipe antwoorde wat Charl gee in hierdie boodskap

  30. 112

    Sondagoggend 7 Desember 2025.mp3

    DIE Heiland is geboreVir die maand Desember kyk ons elke dag na die wonder van die geboorte en koms van Jesus.In vandag se boodskap fokus Charl op die feit dat Jesus die Messias is

  31. 111

    Sondagoggend 23 November 2025

    Sondagoggend 23 November 2025: Die Krag van FamilieHierdie week het ons saam geluister na die krag wat familie vir ons in hou en dat deel van 'n familie wees juis dit is wat ons krag gee. Ons het ook gesien dat elkeen van ons 'n funksie het, maar die funksie bepaal nie ons waarde nie.Let asseblief op dat ons gaste van Amerika gehad het en Charl dus in engels moes preek

  32. 110

    Sondagoggend 16 November 2025

    Sondagoggend 16 November 2025: Die Wonder van FamilieFamilie is nie altyd bloed nie, familie kan ook 'n groep mense wees wat jy kies om van deel te wees. Charl het hierdie week met ons gesels oor die belangrikheid van 'n familie wat jou beste belange op die hart het, asook dat elkeen van ons so familielid moet wees

  33. 109

    Sondagoggend 9 November 2025

    Sondagoggend 9 November 2025: 'n Nuwe FamilieCharl het met ons gesels oor die belangrikheid van identiteit en dat ons 'n nuwe identiteit in Christus het. Ons het ook gesien dat omdat ons opgewonde is oor die nuwe familie van ons wil ons soveel as moontlik mense deel maak van hierdie familie

  34. 108

    Sondagoggend 2 November 2025

    Sondagoggend 2 November 2025Ons maandtema vir November is "Ons is Familie" en hierdie week het Charl met ons gedeel dat ons nie net gered is uit sonde nie, maar ook dat ons gered is in 'n nuwe familie in. Christen wees is in beginsel familie wees

  35. 107

    Sondagoggend 26 Oktober 2025

    Sondagoggend 26 Oktober 2025: Die reëls van ontfermingOns as Christene moet ons ontferm oor ander, maar soms doen ons nie wat ons voel hulle sonde is wat hulle laat struikel. Die woord van God leer ons dat sonde ons almal se probleem is, dus moet gesprekke met Christene eintlik vreeslik bevrydend wees. God se wet is eintlik bevrydend, nie verdoemend nie. Hierdie en meer is waaroor Charl hierdie week met ons gesels het.

  36. 106

    Sondagoggend 19 Oktober 2025

    Sondagoggend 19 Oktober 2025: Hoe ontferm ons dan?Ons het saam gekyk die week na Konings en toe die profeet Elia vlug vir Isebel en hoe God self Elia bedien het. Charl het met ons gesels oor wat ons met mense moet doen wat tans ontferming kort en ons het ook gesien dat ons depressie of nood vir ontferming is nie 'n teken van die afwesigheid van God nie

  37. 105

    Sondagoggend 12 Oktober 2025

    Sondagoggend 12 Oktober 2025: Siestog!Ons tema vir die maand Oktober is "Ons is Ontfermers".Ons as Christene behoort nie net te praat of vir mense te sê "Siestog!" nie, ons woorde moet oorgaan na dade toe. As ons wil ontferm moet ons iets gee wat ons kos, ons moet offer.

  38. 104

    Sondagoggend 5 Okotber 2025

    Sondagoggend 5 Oktober 2025Willem van der Berg het met ons gesels oor "Jou Waarborg" en watse waarborg God vir ons het.

  39. 103

    Sondagoggend 28 September 2025

    Sondagoggend 28 September 2025: Los my UitOns kyk na die verhoudings wat ons as mense moet hê om God se beeld uit te leef

  40. 102

    Sondagoggend 21 September 2025

    Sondagoggend 21 September 2025: Onder Nuwe BestuurOns is besig om saam te kyk na wat dit beteken om God se beeld te dra en die week het Charl met ons gesels oor hoe ons God se beeld in moraliteit uitbeeld. Ons het saam gesels uit die boek Daniël en gesien hoe Daniël moes verplig was om 'n nuwe moraliteit aan te neem in Babilonië maar dat hy getrou gebly het aan Sy God.

  41. 101

    Sondagoggend 14 September 2025

    Sondagoggend 14 September 2025: Gesels met GodVir ons om die beeld van God uit te beeld moet ons gereeld tyd saam met God spandeer om Sy hart te hoor en beleef. Dit is presies waaroor Paul met ons gesels het in hierdie boodskap

  42. 100

    Sondagoggend 7 September 2025

    Sondagoggend 7 September: In Ons BeeldDie Bybel is duidelik dat ons in die beeld van God geskep is, maar vir ons as mens is dit nie heeltemal so duidelik wat dit beteken as ons in die beeld van God geskep is nie. Lyk ons dan soos God? Moet ons soos God voel? Moet ons soos God leef?Charl gesels met ons die week oor dat ons soos God lyk as ons Sy heerskappy uit oefen asook dat ons soos Hy moet skep

  43. 99

    Sondagoggend 31 Augustus 2025

    Sondagoggend 31 Augustus 2025: Vrede met GodDie lewe werk baie keer nie hoe ons beplan nie, maar kan ons vrede hê met God en ons toekoms as ons planne nie uitwerk nie? Hierdie is die tema waaroor Charl met ons gesels het hierdie week vanuit die geboorte van Samuel.

  44. 98

    Sondagoggend 24 Augustus 2025

    Sondagoggend 24 Augustus 2025: Bewaar net die VredeCharl het met ons gesels oor dat ons soms vrede wil bewaar, maar deur dit te doen vermy ons konflik ek kry ons net werklike vrede nie. Hoe moet ons as christene dan met mekaar stry? Waaroor mag ons stry?

  45. 97

    Sondagoggend 17 Augustus 2025

    Sondagoggend 17 Augustus 2025: Hoekom al die konflik?Ons voel gereeld ons uitlanders in die wêreld. Ons voel ook soos mense wat sukkel om die Bybel en die wêreld met maar te versoen, maar hoekom? Ons sukkel want ons verstaan nie hoe diep sonde alles kom breek het nie. Ons vergeet soms dat sonde ons verhouding met God, met mekaar en met die aarde kom breek het. Hierdie is waaroor Charl met ons gesels het hierdie week.

  46. 96

    Sondagoggend 10 Augustus 2025

    Sondagoggend 10 Augustus 2025: Vrede is 'n werkwoordIn ons reis na verstaan wat 'n vredemaker is het Charl met ons gedeel uit die vrede wat Abigajil gemaak het tussen Dawid en Nabal. Charl het aan ons verduidelik wat konflik is, asook wat vrede is na aanleiding van die storie.

  47. 95

    Sondagoggend 3 Augustus 2025.mp3

    Sondagoggend 3 Augustus 2025: VredemakersIn Matteus 5 sien ons dat Jesus belowe ons is geseënd as ons vredemakers is, maar wat is dit om geseënd te wees? Nie net het Charl met ons gedeel oor wat geseënd is nie, maar Charl het ook die konsep van Vredemakers en kinders van God met ons gedeel.

  48. 94

    Sondagoggend 27 Julie 2025

    Sondagoggend 27 Julie 2025: Rus en VredeOns almal smag na rus en vrede, maar is dit wat ons verstaan as rus en vrede werklik wat die Bybel ons beloof gaan rus en vrede wees? Hebreërs 4 is duidelik oor dat ons deur Christus 'n plek van rus kan binnegaan, maar is dit eendag of is dit nou al?Hierdie is die vrae wat Charl beantwoord in hierdie week se boodskap.

  49. 93

    Sondagoggend 13 Julie 2025

    Sondagoggend 13 Julie 2025: Rus is 'n BevelIn die Tien Gebooie beveel God Sy volk om te rus, dit beteken vir God is dit so belangrik om te rus soos dit is om nie moord te pleeg nie. Maar die vraag bestaan dan oor hoe ons moet rus? Wat is gesonde rus dan? Hierdie is die vrae wat Charl in hierdie week se boodskap antwoord.

  50. 92

    Sondagoggend 6 Julie 2025

    Sondagoggend 6 Julie 2025: Wat is werk danOns begin kyk na die volgende waarde van die gemeente en dit is rus, maar voor ons kan verstaan wat rus is moet ons weet wat werk is. Charl het met ons gesels oor dat werk nie die vloek van God is nie en dat ons werk vir voorsiening en vergifnis wat ons beide net by Jesus kan kry

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Baie welkom!Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste

HOSTED BY

Charl du Toit

Frequently Asked Questions

How many episodes does Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste have?

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste about?

Baie welkom!Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste

How often does Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste release new episodes?

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste?

You can listen to Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste?

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste is created and hosted by Charl du Toit.
URL copied to clipboard!