PODCAST · society
Nostalgooi
by Jacques Basson
’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.comA series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.
Episodes
-
Episode 12: Sonja Herholdt
Sonja Herholdt, die ‘Meisie van Nigel’, is reeds die afgelope bykans 50 jaar die ‘Liefling’ van Afrikaanse musiek. Sy het in die sewentigerjare ’n wegholtreffer met die liedjie ‘Ek verlang na Jou’ gehad, wat haar fenominale sangloopbaan van stapel gestuur het. Met nog ’n rits treffers…
more -
Episode 11: Boet Pretorius
As 'n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker, is Boet Pretorius ongetwyfeld ’n legende, en pionier, in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Volgens Pretorius het hy egter bloot sy passie nagevolg. Van die talle kunstenaars wat hy oor die jare met hul musiekloopbane bygestaan het, sluit in...
-
Episode 10: Annie Malan
Hierdie blonde bondeltjie dinamiet het geen bekendstelling nodig nie. As ’n diep gelowige mens, glo Annie Malan dat ‘die engeltjies’ vir haar op 11-jarige ouderdom die rol van Nina in Fiela se Kind gegee het, 34 jaar gelede… Met opvolgrolle in, onder andere, Saartjie, Supersnuiters, ’n Pot Vol...
-
Episode 9: Lydia Winchester
Lydia Winchester kan nie sing of ’n instrument bespeel nie, maar het een van die skerpste ore in die Afrikaanse musiekbedryf. As promotor, het sy ’n beduidende rol gespeel in die loopbane van huishoudelike name soos Gé Korsten, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, André Schwartz…
more -
Episode 8: Gert van Tonder
‘Daar’s niks soos ware liefde…’ Dit was Groep Twee se wegholtreffer in die sewentigerjare. Gert van Tonder het nog daardie ware liefde vir musiek. Op ’n hupse 81 jaar sing hy steeds en is hy versot daarop om nog soveel genot aan mense te verskaf. As ’n jongman, het Van Tonder homself…
more -
Episode 7: Hannes Noëth
Nostalgooi Seisoen 1 is moontlik gemaak deur Helpende Hand. Ons wou meer weet van hulle dinamiese leier, Hannes Noëth en sy span: Hannes het sy roeping nog altyd beskou as dié van ’n ‘boodskapper wat mense van ’n hooplose einde na ’n lewe vol eindelose hoop help begelei’. As predikant in die...
-
Episode 6: Sandra Prinsloo
Sandra Prinsloo is, soos resensent Barry Ronge dekades gelede opgemerk het, ’n nasionale skat. Haar groot deurbraak op die verhoog was Siener in die Suburbs, terwyl The Gods Must Be Crazy haar internasionale roem laat verwerf het op die silwerdoek. In altwee produksies het Prinsloo teenoor Marius...
-
Episode 5: Anton Goosen
Anton Goosen staan nie verniet as ‘Liedjieboer’ bekend nie. Hy het letterlik as kind op ’n kleinhoewe begin musiekmaak, waar die plaashulp, Jantjie (Lui dit ’n klokkie?), hom geleer melk, rook en kitaarspeel het! ’n Meer plat op die aarde mens is daar nie, maar Goosen se musiek is allermins...
-
Episode 4: Lochner de Kock
Lochner de Kock erken dat hy nooit geweet het wat hy wil doen nie. Toe doen hy maar sy naam gestand. Die naam Lochner is afgelei van die Skotse riddersnaam ‘Lochinvar’, en ’n ridder moet dien. Lochner dien al vir bykans 50 jaar Suid-Afrikaanse gehore, hetsy as akteur, sanger, omroeper, skrywer of...
-
Episode 3: Jannie du Toit
Ek wens dat jy jou liedjie vir ons kon sing… Wel, Jannie du Toit het, vir Nostalgooi, presies dit gedoen. Hierdie gevierde sanger en liedjieskrywer, en pionier van die Musiek-en-Liriekbeweging, gee ook vir ons ’n blik op sy legendariese loopbaan van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir hom...
-
Episode 2: Deon Meyer
Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer…
more -
Episode 1: David Kramer
Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare behaal het met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’, kan David Kramer tereg beskou word as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek. Ironies genoeg, het Kramer op universiteit, gedurende die apartheidsjare, Afrikaans ook...
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.comA series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.
HOSTED BY
Jacques Basson
CATEGORIES
Loading similar podcasts...