Nostalgooi podcast artwork

PODCAST · society

Nostalgooi

’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.comA series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.

  1. 12

    Episode 12: Sonja Herholdt

    Sonja Herholdt, die ‘Meisie van Nigel’, is reeds die afgelope bykans 50 jaar die ‘Liefling’ van Afrikaanse musiek. Sy het in die sewentigerjare ’n wegholtreffer met die liedjie ‘Ek verlang na Jou’ gehad, wat haar fenominale sangloopbaan van stapel gestuur het. Met nog ’n rits treffers, insluitende ‘Die Trein na Matjiesfontein’, ‘Harlekyn’, ‘Jantjie’ en ‘Waterblommetjies’, word sy die enigste Afrikaanse sangeres wat ses jaar in ’n ry aangewys was as SARIE se Beste Sangeres van die Jaar. Herholdt se ereplek in die Afrikaanse musiekbedryf is onteenseglik, maar oor die afgelope klompie jare het hierdie dinamiese blondekop haarself ook onderskei as ’n kampvegter vir ‘vrouwees’ en motiveringspreker van formaat. Haar verhaal is een van ongelooflike inspirasie…

  2. 11

    Episode 11: Boet Pretorius

    As 'n musiekregisseur, -vervaardiger en -verwerker, is Boet Pretorius ongetwyfeld ’n legende, en pionier, in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Volgens Pretorius het hy egter bloot sy passie nagevolg. Van die talle kunstenaars wat hy oor die jare met hul musiekloopbane bygestaan het, sluit in Die Briels, Gé Korsten, Min Shaw, Lance James, Groep Twee en Carike Keuzenkamp. Nadat hy aanvanklik by Brigadiers Musiek sy loopbaan begin het, het Pretorius in 1981 die platemaatskappy Decibel Musiek op die been gebring, wat ongeveer 130 goue en 15 platinum plate sou oplewer. Hoewel daar hope talent daarbuite is, glo Pretorius dat dit nie die kunstenaar is wat ’n liedjie maak nie, maar wel die liedjie wat die kunstenaar maak…

  3. 10

    Episode 10: Annie Malan

    Hierdie blonde bondeltjie dinamiet het geen bekendstelling nodig nie. As ’n diep gelowige mens, glo Annie Malan dat ‘die engeltjies’ vir haar op 11-jarige ouderdom die rol van Nina in Fiela se Kind gegee het, 34 jaar gelede… Met opvolgrolle in, onder andere, Saartjie, Supersnuiters, ’n Pot Vol Winter, en Glaskasteel, het sy haar gevestig as ’n kinderaktrise van formaat. Hoewel sy steeds nou en dan voor die kameras verskyn, het Malan van jongs af ook ernstige besigheidsaspirasies gehad, en, nadat sy aanvanklik naam gemaak het in die versekeringsindustrie, bedryf sy die afgelope 19 jaar haar eie direkte bemarkingsmaatskappy. Volgens haar is entrepreneurskap nie iets wat ’n mens leer nie; dis ’n leefwyse…

  4. 9

    Episode 9: Lydia Winchester

    Lydia Winchester kan nie sing of ’n instrument bespeel nie, maar het een van die skerpste ore in die Afrikaanse musiekbedryf. As promotor, het sy ’n beduidende rol gespeel in die loopbane van huishoudelike name soos Gé Korsten, Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, André Schwartz, Lance James en die grapjas Bill Flynn, en was sy selfs skakelbeampte vir die Reggae-legende Eddy Grant. Winchester se loopbaan in die musiekbedryf het bykans 40 jaar gelede posgevat, toe sy deur die platevervaardiger Boet Pretorius aangestel was as skakelbeampte van die Decibel-platemaatskappy. Hierdie dinamiese vrou is reeds met talle toekennings vereer, onder andere ’n Ghoema vir lewensbydrae, en haar motto is eenvoudig: Die lewe is ’n lied, en môre lyk dit anders…

  5. 8

    Episode 8: Gert van Tonder

    ‘Daar’s niks soos ware liefde…’ Dit was Groep Twee se wegholtreffer in die sewentigerjare. Gert van Tonder het nog daardie ware liefde vir musiek. Op ’n hupse 81 jaar sing hy steeds en is hy versot daarop om nog soveel genot aan mense te verskaf. As ’n jongman, het Van Tonder homself gevisualiseer as ’n sanger, as ’n liedjieskrywer, as ’n omroeper, as ’n akteur. Dit was inderwaarheid metafisika, wat hy later sou bestudeer, en hy kon, danksy harde werk, sy drome verwesenlik. Van Tonder praat padlangs oor hoe hy en sy Groep Twee-sangmaat, wyle Sias Reinecke, Afrikaanse musiek in ’n opwindende nuwe rigting help stuur en selfs die weg gebaan het vir tendense soos die luisterliedjie-beweging.

  6. 7

    Episode 7: Hannes Noëth

    Nostalgooi Seisoen 1 is moontlik gemaak deur Helpende Hand. Ons wou meer weet van hulle dinamiese leier, Hannes Noëth en sy span: Hannes het sy roeping nog altyd beskou as dié van ’n ‘boodskapper wat mense van ’n hooplose einde na ’n lewe vol eindelose hoop help begelei’. As predikant in die Gereformeerde Kerk, het hy vir 17 jaar in die bediening gestaan. Hannes het egter nog altyd ’n passie gehad vir Suid-Afrika en sy mense. Toe die geleentheid hom dus voordoen om direkteur van Solidariteit se Helpende Hand-beweging te word, het hy dit aangegryp en Hannes staan nou reeds vier jaar aan die stuur van die goeie werk wat die organisasie verrig. Hy benadruk egter dat Helpende Hand fokus op gemeenskapsontwikkeling en die opheffing van gemeenskappe, m.a.w. 'n sosiale opbrengs op hulle beleggings eerder as blote skenkings.

  7. 6

    Episode 6: Sandra Prinsloo

    Sandra Prinsloo is, soos resensent Barry Ronge dekades gelede opgemerk het, ’n nasionale skat. Haar groot deurbraak op die verhoog was Siener in die Suburbs, terwyl The Gods Must Be Crazy haar internasionale roem laat verwerf het op die silwerdoek. In altwee produksies het Prinsloo teenoor Marius Weyers gespeel, wat haar verlief laat raak het op toneelspel en met wie sy tot vandag ’n spesiale chemie deel. Na 55 jaar in die bedryf, het hierdie bekroonde aktrise nog geen planne om briek aan te draai nie, en is sy tans te sien in die aanlyn blitssepie Die Testament. Prinsloo se groot wens is dat meer fondse beskikbaar gestel word vir kuns wat mense werklik tot nadenke stem.

  8. 5

    Episode 5: Anton Goosen

    Anton Goosen staan nie verniet as ‘Liedjieboer’ bekend nie. Hy het letterlik as kind op ’n kleinhoewe begin musiekmaak, waar die plaashulp, Jantjie (Lui dit ’n klokkie?), hom geleer melk, rook en kitaarspeel het! ’n Meer plat op die aarde mens is daar nie, maar Goosen se musiek is allermins platvloers. Hy is diep, met ’n ontsaglike kennis van musiek. En, ’n fenominale vermoë as liedjieskrywer. Sy musiek het dikwels die owerhede uitgedaag, soos ‘Boy Van Die Suburbs’, wat meer as 80,000 kopieë verkoop het, maar aanvanklik byna verban was. Wat die gebruik van ironie om protes aan te teken teen sosiale ongeregtighede betref, kan Goosen met reg bestempel word as die Bob Dylan van Afrikaans.

  9. 4

    Episode 4: Lochner de Kock

    Lochner de Kock erken dat hy nooit geweet het wat hy wil doen nie. Toe doen hy maar sy naam gestand. Die naam Lochner is afgelei van die Skotse riddersnaam ‘Lochinvar’, en ’n ridder moet dien. Lochner dien al vir bykans 50 jaar Suid-Afrikaanse gehore, hetsy as akteur, sanger, omroeper, skrywer of sjef. Hy was selfs ’n sweefstokkunstenaar in ’n Londense sirkus! Praat van veelsydigheid! Sy eerste liefde bly egter die verhoog. Want, sê Lochner, die verhoog het geen grense nie, en hy put sy inspirasie uit die wisselwerking van emosies tussen akteur en gehoor.

  10. 3

    Episode 3: Jannie du Toit

    Ek wens dat jy jou liedjie vir ons kon sing… Wel, Jannie du Toit het, vir Nostalgooi, presies dit gedoen. Hierdie gevierde sanger en liedjieskrywer, en pionier van die Musiek-en-Liriekbeweging, gee ook vir ons ’n blik op sy legendariese loopbaan van 50 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Vir hom staan woord-toon verhoudinge voorop, en hy vertel van hoe wyle Christa Steyn sy tekste tot hul reg laat kom en hoe hulle saam blyspele regoor die wêreld op die planke gebring het. Onlangs het die ATKV ook ’n werkswinkel, ‘’n Nuwe Baadjie’, van stapel gestuur waartydens Du Toit met opkomende talent werk om nuwe lewe in van sy ikoniese liedjies te blaas.

  11. 2

    Episode 2: Deon Meyer

    Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ se beroemdste uitvoerprodukte. Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar 14 verdere romans uit sy pen verskyn, wat in 40 lande wêreldwyd gepubliseer en in 27 tale vertaal is. Meyer se pad na roem was egter allermins met rose besaai. In die genadelose leerskool van joernalistiek en later as aspirantskrywer moes hy leer om die onvermydelike kritiek, afkeuring en mislukking wat daarmee gepaardgaan, te verwerk. Nie eens vlymskerp kritiek, soos ‘Hierdie ou sal nooit kan skryf nie’, kon hom egter van stryk bring nie, en na sy deurbraak met die TV-reeks, Orion, in 1998, het Deon Meyer nooit weer teruggekyk nie.

  12. 1

    Episode 1: David Kramer

    Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare behaal het met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’, kan David Kramer tereg beskou word as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek. Ironies genoeg, het Kramer op universiteit, gedurende die apartheidsjare, Afrikaans ook afgemaak as taal van die onderdrukker, totdat hy mettertyd besef het dat dit inderwaarheid nié die witmens se taal was nie. Dit was ook op Leeds Universiteit dat die liedjieskrywer-saadjie, wat tot sy roemryke loopbaan en bekroonde blyspele saam met wyle Taliep Petersen sou lei, geplant is. Vir David Kramer was die belangrikste altyd om die Suid-Afrikaanse identiteit te ondersoek, om iets eg-Suid-Afrikaans te skep… Wat ’n ‘Bakgat’ mens!

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.comA series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.

HOSTED BY

Jacques Basson

Frequently Asked Questions

How many episodes does Nostalgooi have?

Nostalgooi currently has 12 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Nostalgooi about?

’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.Besoek gerus ons webwerf: www.klipkouers.comA series of nostalgic podcast interviews with the trailblazers and legends of the Afrikaans entertainment industry.

How often does Nostalgooi release new episodes?

Nostalgooi is no longer actively publishing new episodes, but the existing catalog remains available.

Where can I listen to Nostalgooi?

You can listen to Nostalgooi on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening.

Who hosts Nostalgooi?

Nostalgooi is created and hosted by Jacques Basson.
URL copied to clipboard!