PODCAST · news
Podlitiek
by Podmedia
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.Met trots aan u gebring deur Podmedia.
-
331
Ep. 291 - Britse dokkie oor SA en Artikel 235 pla die MK.
Callum, die kalm Britse reisiger, het Suid-Afrika besoek en 'n dokumentêr gemaak oor die ont-ontwikkelende land (of is dit dan net 'n wikkelende land?). Een van Podlitiek se aanbieders maak sy verskyning daarin.Intussen is die MK-party gepla deur die moontlikheid van selfbeskikking wat in die Suid-Afrikaanse grondwet vervat is.
-
330
Ep. 290 - Nuutste plaasmoordstatistiek en die MRK word gebriek
AfriForum se 2025 plaasmoordstatistiek en die MRK verloor 'n GROOT hofsaak.Aanbieders:Ernst van Zyl en Louis Boshoff
-
329
Ep. 289 - Malema kry tronsktraf en DA kry nuwe bestuurstaf (oudio)
Podlitiek se gedagtes oor Malema se vonnisverrigtinge en die nuwe DA leierskap.
-
328
Ep. 288 - Fikile vervolg, heffing halveer en 'n nommerplaat-sindikaat?
Ons begin die episode deur vir kameraad Mbalula geluk te wens met sy verjaarsdag. Hulle sê 'n mens moet elke verjaarsdag wat jy vry is, geniet. Dan kom die brandstofheffing aan die beurt. Dis tydelik verminder, maar miskien is die vermindering "tydelik" soos die "tydelike" Covid-toelaag. Laastens gesels ons oor die Mededingingskommissie se bevinding dat die vervaardigers van blanko-nommerplate 'n kartel gevorm het.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van ZylWian SpiesArno Roodt
-
327
Ep. 287 - Hoe lyk n toekoms onder NGV - AfriForum gee vir jou n idee
Louis, Ernst en Wian gesels oor AfriForum se nuwe hofsaak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringswet.Hoekom dit nou belangrik is en wat ons kan verwag.
-
326
Ep. 286 - Bek-en-klou laat vir Steenhuisen vou
Podlitiek het 'n spesiale gas in die ateljee: Wian Spies. Die manne gesels oor die groot nuus van die week (en eintlik al langer as dit). Wian is beter ingegrawe op die wetlike aspekte van BKS inenting en deel sy insigte daaroor.
-
325
Ep. 285 - Solly wil potgooie reguleer en verskonings aan AfriForum word al meer.
Die (DA) Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, wil potgooie laat registreer en reguleer (maar Podlitiek sal ons nie laat keer).Intussen het News24 en The Citizen nwe apologieë geplaas vir foutiewe beriggewing oor AfriForum. Ernst en Louis vra of dit alles net per ongeluk is?Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt
-
324
Ep. 284 - Chinese, Irannese en Russe in die water en Amerika raak al kwater
Tannie Angie se vloot oefen saam met die anti-Westerse magte (of voorsien ten minste die water vir hulle om in te oefen). Gerugte dat die Irannese skepe op die laaste nippertjie moes onttrek, blyk toe vals te wees. Intussen besluit die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers om AGOA te verleng, maar dis nog 'n oop vraag of Suid-Afrika steeds ingesluit sal wees.Die Podlitiek-span bestaan uit:Ernst van ZylArno RoodtLouis Boshoff
-
323
Ep. 283 - 2026 se verwagte nonsens om te ontnonsens
Podlitiek se manne het die vakansie gaan lees, peins, filosofeer en die wêreld rustig bekyk. Nou gesels hulle oor die temas, narratiewe en gebeure wat moontlik 2026 gaan oorheers.Die Podlitek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van ZylArno Roodt
-
322
Ep. 282 - Die regering G20, maar vat alles
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Trump se opmerkings rakende Suid-Afrika se G20-lidmaatskap en die Departement van Gesondheid se planne om NGV te finansier.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van ZylArno Roodt
-
321
Ep. 281 - Cyril wat sy nefie n drukkie gee en Tshwane metro wil vullis-uitspraak appelleer
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die president se berugte ontmoeting voor 'n korrupsiepaleis in Sandton en die Tshwane Metro se besluit om die "City cleansing levy"-uitspraak te appelleer. 'n Paar korter nuusbrokkies kom aan die beurt.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
320
Ep. 280 - Malema se sanksies, singery en skietery.
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor drie kwessies wat met die EFF se CIC (Convicted in court) Julius Malema te doen het:1. Die sing van Kill the Boer op die Puk-kampus. Podlitiek verduidelik waarom dit 'n groter probleem is as Kill the Boer gesing word in die leerruimte van Afrikaanse studente as net in 'n stadion by 'n EFF saamtrek.2. Malema wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte wat verband hou met die onverantwoordelike hantering van 'n vuurwapen.3. Malema se dossier wat oorhandig is aan verskeie hooggeplaastes in die VSA.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffErnst van ZylArno Roodt
-
319
Ep. 279 - Stellenbos(s)e munisipaliteit soek nie wittes hier en Malema se volledige dossier
Podlitiek se aanbieders vind uit dat hulle "deel van die probleem" is en liefs nie moet aansoek doen vir 'n pos by die Stellenbo(s)se dorpsraad nie. Louis en Ernst bespreek wat 'n mens moet doen as jy leef in 'n wêreld waar sulke praktyke aan die orde van die dag is. Intussen het AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid die monumentale taak aangepak om al Malema se sondes te boekstaaf en vir die wêreld uit te stal. Malema Dossier: www.StopMalema.co.za Solidariteit Memo: https://cms.solidariteit.co.za/wp-con... Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis Boshoff Arno Roodt Ernst van Zyl
-
318
Ep. 278 - Malema skuldig aan haatspraak en die nuutste oor die Panyaza-plaat
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Malema se skuldigbevinding aan haatspraak by Brackenfell (plus ietsie oor die omstredenheid rakende wie betrokke was en wie nie). Louis delf ook 'n bietjie rond in die donker wêreld van nommerplaatverskaffing en veral Lesufi se planne vir nuwe Gautengse nommerplate.Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffErnst van ZylArno Roodt
-
317
Ep. 277 - DIRCO sê plaasmoorde is nie uniek nie en Mashatile sê raswette diskrimineer nie
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die Departement van Internasionale Betrekkinge (DIRCO) se jongste verklaring oor plaasmoordstatistiek en Mashatile se mees onlangse poging om rassediskriminasie af te maak. Podlitiek antwoord nugter, maar vra ook: "Wie glo teen die tyd nog enigsins die ANC se stories?" Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl Louis Boshoff Arno Roodt
-
316
Ep. 276 - Mbalula se karwagte en Kunene se kakkerlakke
In vandag se episode gesels Ernst en Louis oor Fikile Mbalula se rassistiese uitlatings tydens die perskonferensie na afloop van die ANC se NUK-vergadering. Hy het onder meer die eerste Afrikanervlugtelinge na die VSA "karwagte" genoem – wat dit ookal veronderstel is om te beteken. Daarna kom die jongste haatspraak-uitspraak ter sprake. Kenny Kunene is deur die hof verbied om Malema voortaan weer 'n kakkerlak te noem, aangesien dit op haatspraak sou neerkom. Terwyl dit vir Malema steeds baie belangrik is dat die hof bepaalde ander uitlatings nié as haatspraak beskou nie.Die Podlitiek-span bestaan uit: Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt
-
315
Ep. 275 - Pretoria het een heffing minder, maar Suid-Afrika 30% meer
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die "city cleansing levy", oftewel stadsreinigingsheffing, van die Tshwane Metro wat onwettig bevind is. (Podlitiek se manne het self 'n aandeel hierin gehad.)Dan bespreek ons ook die 30% invoertarief wat die VSA van 7 Augustus af op Suid-Afrikaanse produkte gaan hef.Die Podlitiek-span bestaan uit:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
314
Ep. 274 - Is mediese fondse rassisties en dalk sien ons gou geteikende sanksies?
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor die ondersoekpaneel na rassisme by mediese fondse wie se verslag onlangs bekendgestel is, sowel as die Amerikaanse wetsontwerp oor die hersiening van diplomatieke verhoudinge met Suid-Afrika. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
-
313
Afrikaanse Geneeskunde met Prof Oppel Greeff
In die tweede onderhoud van ons 2025 onderhoudreeks gesels Louismet Prof Oppel Greeff. 'n Man met 'n indrukwekkende CV en 'n passie vir medisyneontwikkeling en vir Afrikaans. Hoe is die Afrikaanse geneeskundige vaktaal ontwikkel?Wat is die moontlikheid dat ons weer dokters in Afrikaans sal oplei?Hoekom is dit die moeite werd om in Afrikaans te studeer al is dit soms meer moeite?Podlitiek word aangebied deur:Arno RoodtLouis BoshoffErnst van Zyl
-
312
Ep. 273 - Musk se nuwe party en Ramaphosa wil meer as 90 dae kry
In hierdie episode gesels die Podlitiek span oor Trump wat geskerts (of is dit gedreig?) het dat Elon Musk na Suid-Afrika gedeporteer moet word. Musk is op sy beurt vasbeslote om 'n nuwe politieke party in die VSA te stig wat strenger fiskale beheer sal voorstaan. Intussen het die Suid-Afrikaanse regering ekstra tyd versoek om 'n handelsooreenkoms met die VSA te beding voordat heffings inskop.Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffErnst van Zyl Arno Roodt
-
311
Ep. 272 - Dis wat Amerika van SA-regering eis en DA-adjunkminister word die deur gewys
In hierdie episode gesels Arno en Louis oor die jongste Afrikanerafvaardiging se werksaamhede in die VSA en die DA-adjunkminister wat afgedank is. Opwindende tye vir Suid-Afrikaanse politiek ...Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
310
Ken jou geskiedenis_ met Prof Fransjohan Pretorius
Podlitiek spring weg met 'n splinternuwe onderhoudreeks! Louis en Arno gesels met Prof Fransjohan Pretorius oor die waarde daarvan om jou geskiedenis te ken. Hy deel ook 'n interessante staaltjie of twee uit die Afrikaner se geskiedenis. Verskoon die swak klankgehalte. (Ons maak maar asof ons doelbewus van ou tegnologie gebruik gemaak het vir die geskiedenis-episode.)Podlitiek word aangebied deur:Louis BoshoffArno RoodtErnst van Zyl
-
309
Ep. 271 - Ramaphosa by die G7 en SEB verwoes lewens
In hierdie episode gesels Louis en Ernst oor Ramaphosa se besoek aan die G7 beraad en Solidariteit en die Vryemarkstigting se onlangse verslag oor SEB-rassewetgewing.Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
-
308
Ep. 270 - Podlitieke dialoog oor die beoogde dialoog _en nommerplate_
In hierdie episode gesels Louis en Arno oor die ANC monoloog wat voorlê (en verpak word as nasionale dialoog). Die plofbare onderwerp oor plofbare Gautengse nommerplate word ook aangeroer.Podlitiek word aangebied deur:Ernst van Zyl Louis BoshoffArno Roodt
-
307
Ep. 269 - Bestuurslisensies wat agter raak en Cyril wat uit twee monde praat
In hierdie episode gesels Ernst, Arno en Louis oor die agterstand in die uitreik van bestuurslisensiekaarte. Hoe kan dit so moeilik wees om een nuwe drukker te kry? Intussen sing Pres Cyril Ramaphosa 'n heel ander deuntjie in Suid-Afrika as toe hy in Amerika was. Die Podlitiek-span bestaan uit: Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
-
306
Ep. 268 - Die hinderlaag in die Withuis
In hierdie episode gesels Louis en Arno oor gister se ontmoeting tussen Trump en Ramaphosa, plus 'n paar plaaslike nuusbrokkies aan die einde. Wie was die wenner? En hoekom Trump? Wat gaan die gevolge van die gesprek wees?Podlitiek word aangebied deur Ernst van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt
-
305
Ep. 267 - Vlugtelingstatus waaroor die linkses kwaad is
Vandag bespreek Ernst, Louis en Arno die plofbare vlugtelingstatus-onderwerp. Is Trump reg om aan Afrikaners vlugtelingstatus te verleen? Gaan die Podlitiekers self Amerika toe? Hoe lyk die toekoms van die Afrikaners (dié wat bly en die wat gly)?Podlitiek word aangebied deur:Ernst van ZylLouis BoshoffArno Roodt
-
304
Ep. 266 - Nog n News24 flater en Pretoria het net 5 slaggate
In vandag se episode bespreek Louis en Arno News24 se skreiende optrede teenoor Basjan Jooste, die bestuurder van die beroemde Twatterbaas-profiel op X (Twitter). Daarna gesels hulle oor die burgemeester van die Tshwane Metro, Nasiphi Moya, se uitlatings oor slaggate in die stad. Podlitiek word aangebied deur Erns van Zyl, Louis Boshoff en Arno Roodt.
-
303
Ep. 265 - Trump se tariewe ontleding en Zimbabwe-boere ontvang vergoeding
Ernst en Louis bespreek VSA president Donald Trump se lang lys globale tariewe, asook die Zimbabwiese regering wat dollar-effekte uitreik aan boere ter vergoeding vir grondgrype.
-
302
Ep. 264 - Is Trump reg oor Suid-Afrika Gaan die ANC ingee oor BTW vir die DA
Ernst en Louis bespreek AfriForum se nuutste dokumentêr oor raswette, die Onteieingswet, plaasmoorde, en "Kill the Boer, asook waar die debat en stryd oor die nasionale begroting staan.
-
301
Ep. 263 - Trump wil Afrikaners red, Ramaphosa teken Onteieningswet, AfriForum hoogverraad of verset
Ernst en Louis bespreek die gebeure van die afgelope 5 weke wat insluit President Cyril Ramaphosa wat die omstrede Onteieingswet onderteken het, President Donald Trump en Elon Musk se druk op die Suid-Afrikaanse regering en ANC, AfriForum, Solidariteit en die Solidariteit Beweging se besoek aan die VSA, die klagtes van hoogverraad teen die laasgenoemde delegasie, en meer.
-
300
Ep. 262 - Regsektor-rasregulasies uitgedaag in hof, Stilfontein situasie lyk rof
In die eerste episode van 2025, ontnonens Ernst en Louis die internasionale regsfirma Norton Rose Fulbright se saak teen die regering se nuutste rasregulasies in die regsektor, asook die dodelike stand van sake wat onwettige mynwerkers betref in Stilfontein. Podlitiek is ook op iTunes, Spotify, Twitter, Facebook, Telegram en meer.
-
299
Geloftedag en die Voortrekkers se sabbatsbeskouing - Feesrede by Leeubos Geloftefees 2024 - Louis Boshoff
Wat is die oorspronklike bewoording van die Bloedriviergelofte? Hoe het ons gekom by die Afrikaanse weergawe wat vandag gebruik word? Moet ons Geloftedag regtig soos 'n sabbat deurbring? Wat presies het die Voortrekkers bedoel as hulle van 'n sabbat gepraat het?Louis Boshoff gaan delf in die oorspronklike bronne om hierdie vrae te beantwoord en deel 'n paar tydlose lesse uit die Voortrekkers se sabbatsbeskouing.
-
298
Ep 260 Solidariteit en AfriForum skik oor BELA kragtariewe pla min vir NERSA
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Solidariteit Beweging, wat vir AfriForum insluit, se skikking met die regering oor die BELA-wet, asook NERSA se standpunt oor kragtariefverhogings.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl en Louis Boshoff.
-
297
Ep. 258 - Kroeg wen saak oor vals rassisme klagtes, ramptoestand oor spaza-winkel verdagtes
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die hooggeregshof in Kaapstad wat beveel het dat Christopher Logan, wat vir Hank's Olde Irish-kroeg valslik van rassistiese gedrag beskuldig het in 2022, altesaam R1,25 miljoen se skadevergoeding moet opdok, asook die regering wat 'n ramptoestand verklaar oor spaza-winkels se produkte wat mense vergiftig.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
296
EP. 257 - 10 000+ protes teen BELA, Donald Trump die nuwe president van Amerika
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 10 000-sterk protes teen die Bela-wet by die Voortrekkermonument, asook Donald Trump wat die 2024 Amerikaanse verkiesing wen.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
295
Ep. 256 - BELA protes die toekoms van Afrikaans is teminste een dag werd
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die Bela-wet en die Solidariteit Beweging se beplande dag van protes daarteen dien 5de November by die Vootrekkermonument.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
294
Ep. 255 - AfriForum gaan aanhou grassny en Gautengers wat onder dalende lewenskwaliteit ly
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat rug styf maak nadat die EFF aandui dat dit 'n mosie wil kanselleer wat die Tshwane-metro met AfriForum onderteken het, asook 'n nuwe meningspeiling wat aandui dat die inwoners van Gautengers se lewensstandaard aanhou daal.Skakel na die verslag bespreek in die episode: Quality of Life Survey 7 (2023/24) | GCROwww.belaprotes.co.za Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
293
Ep. 254 - Panyaza Lesufi se slegte week, presidensiële mediese eenheid wat die beursie breek
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Gauteng se Premier Panyaza Lesufi wat geïmpliseer word in beweerde toesmeer van korrupsie en dwarsboming van strafregtelike ondersoek, en die presidensiële mediese eenheid se astronomiese rekening.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
292
Ep. 253 - Jan Braai fopnuus skok, News24 wat vir Ernst blok, nog geld vir lisensiekaartdrukker opdok
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die valse rassisme bewerings teen Jan Braai, News24 se amptelike rekening op X wat vir Ernst van AfriForum geblok het, en die nuus rondom 'n tender vir 'n nuwe bestuurslisensiedrukker. Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
291
Ep. 252 - AfriForum kap vir OKOSA oor Starlink, Ramaphosa moet twee keer oor BELA wet dink
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor AfriForum wat vir OKOSA se rassekriteria uitdaag wat vestiging van Starlink in Suid-Afrika dwarsboom, asook President Ramaphosa wat blykbaar etlike dae weg is van die BELA wetsontwerp teken en wet maak.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
290
Ep. 251 - Roman Cabanac in die visier, Telegram-baas agter tronkmuur, Didiza vir Steenhuisen suur
In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die "skandaal" rondom John Steenhuisen se nuutste aanstelling as stafhoof, Roman Cabanac, die arrestasie in Frankryk van sosiale media platform Telegram se uitvoerende hoof, Pavel Durov, asook die voormalige minister van landbou wat haar opvolger kritiseer vir sy uitsprake oor wangedrag in die departement.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
289
Ep. 250 - Dricus du Plessis weet wat ons weet en AfriForum kry vir NERSA beet
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die middelgewigkampioen, Dricus Du Plessis se eerste suksesvolle titelverdediging met 'n oorwinning oor Israel Adesanya, asook AfriForum wat vir NERSA geklop het in die hof oor kragtariewe.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk
-
288
Ep. 249 - EFF se Floyd Shivambu bedank en MRK se magte deur hof vermank
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Floyd Shivambu wat aangekondig het dat hy bedank as adjunkpresident van die EFF en as lid van die party, asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verloor in 'n hofsaak rakende hulle magte.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
-
287
Ep. 248 - Skool beskuldig van _rassisme_ in Pretoria en AfriForum werf steun in Amerika
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die 12 leerders van Pretoria High School for Girls wat geskors is ná bewerings van rassisme, asook AfriForum en die Afrikanerstigting se steunwerwingstoer in die VSA.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
-
286
Ep. 247 - Verkiesing statisties bekyk en ou video's wat rassisties lyk
In hierdie video gesels Louis en Frederik oor Gareth van Onselen se navorsing oor die rasseverdeling van verskillende partye se steun, sowel as die beskuldigings van rassisme teen Renaldo Gouws, Ian Cameron en Andile Mngxitama en of hierdie drie gevalle enigsins dieselfde is.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
-
285
Ep. 246 - Nuwe privaat brandweer in Bloemfontien en Rapport_Beeld gaan dalk verdwyn
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor die nuwe privaat brandweer wat AfriForum in Bloemfontein gestig het, asook Media24 se beweerde planne om die druk van Beeld en Rapport stop te sit.Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl, Louis Boshoff, Arno Roodt en Frederik van Dyk.
-
284
Ep. 245 - 2024 verkiesingsuitslae ontleding
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.
-
283
Ep. 244 - Plaasmoordsyfers steeds hoog, BELA betoog, regstappe teen NGV beoog
In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die nuutste plaasmoorde- en plaasaanval-syfers, die opposisie teen die BELA-wet wat sterk staan, asook die beplande regstappe vanuit vele oorde teen die NGV.
-
282
Ep. 243 - AfriForum/Solidariteit vir ANC kwaad, Zim-boere sonder vergoeding gelaat, kenners wat oor NGV praat
In vandag se episode bespreek ons AfriForum en Solidariteit se ultimatum aan die regering rakende die BELA-wetsontwerp, die konstitusionele hof se uitspraak rakende Zimbabwe se boere en die SAOG tribunaal en die verrigtinge van AfriForum se onlangse NGV konferensie.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans.Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube.Met trots aan u gebring deur Podmedia.
HOSTED BY
Podmedia
CATEGORIES
Loading similar podcasts...