EPISODE · Aug 8, 2017 · 7 MIN
ALLE Oë OP KENIA SE PRESIDENTSVERKIESING
from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs
Kommentators in Afrika se oë sal vandag gerig wees op Kenia met die land se presidentsverkiesing wanneer president Uhuru Kenyatta teen Raila Odinga te staan kom. Daar is vir beide Kenyatta en Odinga baie op die spel. Dit sal Odinga se vierde poging wees om president te word - hy beweer dat die 2007 en 2013 verkiesings onregverdig was en dat hy lankal moes gewen het. Die media berig dat daar tot 180 000 polisie beamptes ontplooi gaan word vir vandag se verkiesing en geestelike leiers van 20 kerke het in Eldoret vergader om te bid vir 'n vreedsame stemproses. Die groot vraag is of die Keniane dit gaan reg kry gegewe die geweld wat in 2007 meer as 'n duisend lewens geeis het na 'n betwisde omstrede verkiesing. Vir antwoorde, praat Monitor met professor Willie Breytenbach van die Universiteit van Stellenbosch.
NOW PLAYING
ALLE Oë OP KENIA SE PRESIDENTSVERKIESING
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Jul 8, 2026 ·14m
Jul 8, 2026 ·49m
Jul 7, 2026 ·20m
Jul 7, 2026 ·14m