PODCAST · news
Nuuspod
by Izak Du Plessis
Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.
Episodes
-
Is Suid-Afrika 'n mislukte staat?
Nuuspod wil by Pieter Mulder, Dawie Roodt en Leon Wessels weet of SA 'n mislukte staat is
-
In gesprek met Patricia de Lille
Nuuspod praat met Patricia de Lille oor bewerings van korrupsie en bedrog
-
Die DA is g'n rassisties nie
Nuuspod praat met Tim du Plessis oor die toekoms van die DA
-
Wie is Ace Magashule?
Die skrywer van die boek Gangster State, Pieter-Louis Myburgh, gee agtergrondinligting oor die man wat met van die grootste korrupsie in die land verbind word.
-
Sal die ANC skeur?
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee hou die naweek ‘n buitengewone vergadering en die verwagtinge is dat daar vuurwerke gaan wees. Dit volg na president Cyril Ramaphosa se brief aan die ANC waarin hy korrupsie voor die deur van die party self lê. Boonop moet sekretaris-generaal Ace Magashule...
-
Net 'n bietjie privaatheid vir my dogtertjie: Die drome van backyard dweller
Die Wes-Kaap word deur talle mense voorgehou as ’n paradys met ’n heelwat beter infrastruktuur as die ander provinsies in Suid-Afrika. ’n Mens sien dit oombliklik raak as jy ’n Wes-Kaapse dorp binnery. Skoon strate, strate sonder slaggate, netjiese dorpe. Maar die provinsie het ook sy kopsere.…
more -
Die ANC wankel, maar Cyril is sterker as wat baie dink - in gesprek met prof Dirk Kotzé
As ’n mens uitsprake op sosiale media asook berigte in die hoofstroom-media moet glo, is die ANC in die moeilikheid na die party se swak hantering van Covid19. Om alles te kroon word bedrog en korrupsie met hulpfondse bykans daagliks blootgelê. Dit het daartoe gelei dat Twittergebruikers die...
-
Die Wes-Kaap is net 'n paradys vir die wat ryk en/wit is - 'n gesprek oor ongelykhede en armoede met Quinton Adams
Daar heers 'n vuurwarm debat oor die afstigting van die Wes-Kaap. Die redes wat aangevoer word is beter infrastruktuur en dienslewering. Op die wyse word die Wes-Kaap voorgehou as 'n paradys teenoor die res van die land. En dit lyk inderdaad soos 'n ander wêreld in Wes-Kaapse dorpe. Maar net tot…
more -
Nou gaan die twak eers spat!
Die verbod op sigaretverkope tydens fase vyf tot drie van die grendeltydperk het die onwettige sigaretbedryf ’n groot hupstoot gegee. Miljarde rand se wins is gemaak en die staat het ’n enorme verlies aan belastinginkomste gely. Die skrywer en oud-inkomstediensman, Johan van Loggerenberg, het aan...
-
CapeXit is 'n poep teen die Suidooster
In die tweede deel van ons gesprek oor CapeXit, praat Nuuspod met die grondwetkenner prof Pierre de Vos oor die vraag of afstigting van die Wes-Kaap moontlik is.
-
So kan CapeXit n werklikheid word
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde sê ’n referendum om die Wes-Kaap van die res van SA te laat afstig is onsinnig en hy sal dit teenstaan. Die gedagte word nou al ’n tyd lank deur verskeie groepe soos die Cape Party voorgestaan en het veral in die laaste paar maande nuwe dryfkrag gekry.…
more -
Cyril het nie genoeg guts om homself te red nie
Die skrywer en politieke kommentator Ismail Lagardien skryf in Daily Maverick dat die moontlikheid om president Cyril Ramaphosa te herroep, nie net wensdenkery is nie. Hy sê die ANC se geskiedenis dui daarop dat dit ’n werklikheid kan word. Volgens die artikel kan ’n groep in die ANC wat Radikale...
-
Die sielkundige impak van korrupsie - in gesprek met prof Erwin Schwella
In die derde deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met prof Erwin Schwella oor die sielkundige impak van korrupsie op individue en die groter samelewing,
-
Volk Jou Ook 19
Volk Jou Ook vat n breek tot 3 Oktober
-
Die praktyk van korrupsie - in gesprek met oudbrigadier Stef Grobler
In die tweede deel van ons reeks oor korrupsie praat Nuuspod met oudbrigadier Stef Grobler, voormalige hoof van die polisie se teenkorrupsie-eenheid.
-
Die siel van korrupsie - In gesprek met prof Piet Naudé
Gewone Suid-Afrikaners sit met hul hande in die hare oor korrupsie wat elke dag deur die media ontbloot en voorgesit word. Talle voel die land is klaar oor die afgrond. Maar hoe werk korrupsie? Nuuspod het met die hoof van Universiteit Stellenbosch se Sakeskool, prof Piet Naudé hieroor gepraat.
-
Nuusbril 2 Augustus 2020 met Marlene van Staden, Juaneé Cilliers en Liela Groenwald
Maatskaplike toelaes, korrupsie, die jagverbod, wapenlisensies, natuurverskynsels en skole is op die spyskaar vir Nuusbril se paneel kundiges. Prof Juaneé Cilliers, Marlene van Staden en dr Liela Groenewald is die gaste.
-
Barnard Beukman: So lyk nuwe toekoms vir nuusmedia
Die redakteur van Beeld, Barnard Beukman, het aan Nuuspod verduidelik hoe die toekoms van nuusmedia lyk in die lig van talle publikasies se sluiting.
-
Facebook trek vermeende plaasaanvaller en moordenaar na ses jaar vas.
’n Voortvlugtende plaasaanvaller en vermeende moordenaar is vasgetrek, ses jaar na die moord van Christine Robinson naby Thabazimbi. Dit volg na ’n suksesvolle FB-veldtog om die Zimbabwiër wat vir jare vrylik in en uit SA beweeg het, vas te trek. Die onafhanklike gemeenskapsveiligheidskenner Ian...
-
In gesprek met John Steenhuisen
Die DA het sy nasionale kongres as 'n aanlyn kongres vir 31 Oktober geskeduleer. Nuuspod het in die lig hiervan met die leier van die party, John Steenhuisen gepraat en aan hom gevra hoe so 'n kongres sal werk. Hy laat hom ook uit oor Helen Zille, plaasaanvalle, BLM en die ANC se swak hantering…
more -
Winkelwerknemer verjaag vrou omdat sy Covid19 gehad het
Toe Cindy Kruger (’n skuilnaam) van Alberton ’n week of drie gelede negatief getoets het na haar stryd met Covid19, het sy gedink sy is gesond. Wat sy inderdaad was, maar sy moes vinnig uitvind dat mense se persepsie oor die virus nie noodwendig ooreenstem met die feite nie. Sy is op Vrydag 24...
-
Pastoor vertel hoe Joost se broer kerkaanval fnuik
'n Groep gewapende mans het vanoggend probeer om 'n kerk in Centurion te beroof. Pastoor Kobus Erasmus wat die diens gelei het, vertel wat gebeur het.
-
Nuusbril 26 Julie met Jody Hendricks en Christo van der Rheede
In die uitgawe van Nuusbril bespreek Christo van der Rheede en Jody Hendricks BLM, Plaasaanvalle, korrupsie, die sluiting van skole.
-
Oom Andries (82) speel bekfluitjie na Covid19
Die 82-jarige oom Andries Truter van Huis Mostertshoek op Wolseley in die Wes-Kaap, is die week genees van Covid19. Hy word beskryf as die bejaardetehuis se eerste oorwinnaar van die siekte. Nuuspod het met hom en sy versorger Karin Lintvelt Klopper gepraat. Luister tot die einde om te hoor hoe…
more -
Skaapskandeerder wys onvrugbare boervrou is swanger
Marlize Burger van die plaas Eureka tussen Wepener en Hobhouse was vir jare lank onvrugbaar. Net toe hulle hoop verloor het op die moontlikheid dat sy swanger kan raak, toe kry sy die grootste verrassing van haar lewe deur middel van 'n skaapskandeerder. Nuuspod het aan haar gevra wat gebeur het.
-
Volk Jou Ook 16
In n bejaarde oomblik het ek hierdie week my hand gebreek of erg verstuit. Ek het begin met Volk Jou Ook 16 maar na 4 songs was dit bietjie erg vir die rekenaar werk. Ek het daarna toe maar die heel Eerste Volk Jou Ook van 16 weke gelede opgelaai wat nog nie voorheen op Nuuspod beskikbaar was…
more -
Anton Goosen oor dood, geloof en liefde.
Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era,...
-
Koes vir misdaadkurwe se piek!
'n Vlaag van geweldsmisdade teister Suid-Afrikaners die laaste tyd landwyd. Nuuspod het aan prof Rudolph Zinn van Unisa gevra of dit erger gaan raak en waarom daar soveel geweld by die jongste voorvalle betrokke is.
-
Steun plaasaanvalle, dan steun ek BLM, sê Boeta Dippenaar aan Lungi Ngidi
Die oud-Proteakrieketspeler Boeta Dippenaar sê om BLM of enige ander kwessie met die nasionale te span te vereenselwig is ‘’n gevaarlike tendens. Dippenaar en ander oudspelers soos Rudi Steyn en Pat Symcox het hulle op sosiale media uitgelaat nadat die naatbouler Lungi Ngidi vandeesweek gesê het…
more -
Gauteng se 1,5 miljoen grafte is korrupsie, sê begrafnisondernemers
’n Sweer van grootskaalse bedrog landwyd in die begrafnisbedryf is moontlik die teelaarde van 1,5 miljoen grafte wat in Gauteng gegrawe word. Dit is die mening van Johan Rousseau, die hoof van die sambreelliggaam vir onafhanklike begrafnisondernemers, Fira. Nuuspod het aan Rousseau gevra of…
more -
Liedjie gedenk driejarige plaasmoordslagoffer Willemientjie
In Desember 2010 het ses plaasaanvallers die driejarige Willemientjie Potgieter en haar ma Wilna koelbloedig op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat doodgeskiet. Willemientjie se pa Attie is wreedaardig met ’n tuinvurk vermoor. Vandag is Willemientjie een van die simbole van wat genoem word ’n...
-
Bendegeweld eis kinderlewens op Kaapse Vlakte
Kinders is die slagoffers van ’n hernieude vlaag van bendegeweld op die Kaapse Vlakte. In een van die jongste voorvalle is ’n sewentienjarige seun dood na hy en ’n vriend in kruisvuur tussen twee bendes beland het. Nathaniel Abrahams van Bonteheuwel is dood weens skietwonde aan sy kop. Volgens...
-
Nog 'n vrou sterf weens plaasaanval
'n Vrou (44) van Grootvlei in Gauteng is dood en haar man wreed aangerand tydens 'n plaasaanval op Grootvlei in Gauteng. Hulle bejaarde moeder is ook tydens die aanval beseer. Marius Muller van Afriforum het aan Nuuspod vertel wat gebeur het.
-
Swanger vrou wreed tydens plaasaanval op Weenen vermoor.
'n Swanger vrou is tydens 'n plaasaanval op Weenen in die vroeë oggendure van 5 Julie vermoor. Annette Steyn van die DA vertel wat het gebeur.
-
Honderde olifante in Botswana vrek onverklaarbaar
Die Britse liefdadigheidsorganisasie National Park Rescue sê hulle het sowat 350 olifantkarkasse van die begin van Mei af in die Okavango Delta in Botswana opgespoor. Volgens dr Niall McCann van die organisasie is die vrektes in Seronga onverklaarbaar. Intussen het die regering van Botswana ‘n...
-
Diabeet vertel hoe hy Covid19 oorwin
Frans Pretorius, 'n diabeet van Roodepoort in Gauteng, is die week uit die hospitaal ontslaan na hy Covid19 opgedoen het. Nuuspod het aan hom gevra hoe hy nou voel.
-
#WhiteJesusmustfall
Standbeelde van Jesus as ‘n wit man is ‘n vorm van wit meerderwaardigheid. Dit is die mening van die Amerikaanse Black Lives Matter aktivis Shaun King. King wil hê die standbeelde moet soos ander standbeelde wat met slawerny en rassisme verbind word, moet ook vernietig of verwyder word. King het...
-
Boer praat na wrede plaasaanval
Wimpie du Toit, die boer van Petrusburg wat die afgelope naweek wreed aangeval is, sê die meeste mense is eintlik goed Hy het aan Nuuspod vertel dat hy nog steeds hoop het vir die land,
-
Plaasaanvalle ontplof, maar boere slaan terug
Plaasaanvalle het die afgelope drie weke ontplof, en die ergste lê nog voor. Nuuspod het met Ian Cameron van Afriforum, Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus en Annette Steyn van die DA hieroor gepraat.
-
Boer vertel hoe hy plaasaanvallers in sy adamspak laat les opsê
David Osborne, 'n boer van Percy Fyfe naby Polokwane het die afgelope naweek plaasaanvallers laat les opsê. Hy het aan Nuuspod vertel hoe hy dit gedoen het
-
Nuusbril 28 Junie met Marlene van Staden, Michael le Cordeur en Willie Spies
Plaasaanvalle, bendegeweld op die Kaapse Vlakte, die rookverbod, Leon Schuster en Helen Zille is van die sake wat deur vandeesweek se paneel bespreek word.
-
Wrede plaasaanval ruk Petrusburg
Frans du Toit vertel aan Nuuspod hoe sy ma en broer wreed aangeval is.
-
Volk Jou Ook 13
Volk Jou Ook het nou 'n permanente tuiste gekry op Nuuspod. Dit sal elke Saterdag verskyn met goeie Suid Afrikaanse en veral Afrikaanse musiek en Eckard Potgieter se opinie oor nuusgebeure van die afgelope week. Hierdie week se program is so net oor n uur lank maar van volgende week af sal dit…
more -
Begrafnisondernemers hanteer minder begrafnisse as verlede jaar, sê Fira
Die verteenwoordigende begrafnisorganisasie Fira sê daar is minder sterftes as verlede jaar die tyd ten spyte van Covid19. Johan Rousseau praat met Nuuspod.
-
Leon Schuster: Ek is nie 'n rassis nie
Showmax se onttrekking van Leon Schuster se flieks, onder druk van die #BlackLivesMatter beweging, het die fliekwêreld geskud. Schuster vertel in 'n openhartige onderhoud met Nuuspod hoe hy hieroor voel.
-
Losing Lerato wen internasionaal
Die fliek Losing Lerato se draaiboek is tydens die Ramsgate Internasionale Filmfees bekroon as beste draaiboek. Nuuspod het die draaiboekskrywer Ricardo Arendse gevra om kommentaar te lewer op die groot toekenning.
-
Nuusbril Episode 6 - 21 Junie. Met Waldimar Pelser, André Duvenhage, Carina Diedericks-Hugo.
Deksametasoon, vroue en kinders, die verloop van Covid19 in SA, VBS Bank, plaasaanvalle en Donald Trump is van die kwessies wat in vandeesweek se program onder die loep kom.
-
Infeksiespesialis: So kan deksametasoon Covid-19 pasiënte help
Die infeksiespesialis dr Jantjie Taljaard van Tygerberg Hospitaal is versigtig optimisties oor deksametasoon wat kan help om Covid-19 pasiënte te genees. Nuuspod het met hom gepraat.
-
Die Nies deur Piet Plagiaat
Piet Plagiaat gooi sy kennersoog oor van die week se nuusgebeure.
-
JustJody maak sy verjaardag 'n fees vir minderbevoorregtes
Die radioman Jody Hendricks verjaar op 22 Junie. In pleks can geskenke, soek hy bydraes vir minderbevoorregtes.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.
HOSTED BY
Izak Du Plessis
CATEGORIES
Loading similar podcasts...