EPISODE · Jul 28, 2026 · 0 MIN
Brandstofprys word die week bepaal met olie wat wipplank ry
from Nuus · host Kosmos 94.1
Voor die onlangse daling het Brent-ru-olie met ongeveer 24 persent gestyg sedert Namibië Julie se brandstofprysverlagings aangekondig het. Die skerp styging volg op hernieude spanning tussen die VSA en Iran, en kommer oor verskeping deur die Straat van Hormuz. Intussen het die Amerikaanse dollar ook versterk. Met ekonome verdeeld oor die impak vir Namibië, het Kosmos 94.1 Nuus met die energieministerie se petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo gepraat, wat sê die brandstofpryskomitee sal later vandeesweek vergader om oor Augustus se brandstofpryse te besin.
Embed this episode
NOW PLAYING
Brandstofprys word die week bepaal met olie wat wipplank ry
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.