Skip to content
HIGHVELD STEEL episode artwork

EPISODE · Feb 16, 2016 · 4 MIN

HIGHVELD STEEL

from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs

Die Vakbond Solidariteit waarsku dat 'n tweede Stilfonten humanitêre krisis hom afspeel in Emalalheni na Highveld Steel sy deure moes sluit. Nagenoeg 2 187 mense is deur die afleggings by onderskeidelik Highveld Steel en Vanchem Vanadium Products geraak. Die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis, sê politieke inmenging op internasionale en plaaslike vlak het die mense hulle werke gekos. Hy sê Solidariteit se helpende hand moet reeds kospakkies begin uitdeel aan behoeftige gesinne, net soos met die skielike sluiting van die Durban Roodepoort Deep myn destyds in Stilfontein, Noordwes. Die departement van Arbeid en omgewingsake het nog nie op Spektrum se navra in die verband gereageer nie. Intussen het die mynreus De Beers vandag in ʼn artikel 189-afleggingskrisis aan die vakbond Solidariteit aangekondig dat hy eersdaags met ʼn grootskaalse afleggingsproses sal begin. Die maatskappy, wat deur Anglo American besit word, beplan om 152 poste by sy Venetia-myn buite Musina af te skaf. Daarby beoog die maatskappy om sowat 214 poste by van sy ander myne in Suid-Afrika af te skaf.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 16, 2016

Embed this episode

Ready to play

HIGHVELD STEEL

0:00 4:20

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of RSG Nuus & Aktualiteit?

This episode is 4 minutes long.

When was this RSG Nuus & Aktualiteit episode published?

This episode was published on February 16, 2016.

Can I download this RSG Nuus & Aktualiteit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!