EPISODE · Aug 17, 2026 · 0 MIN
Landbou sal sowat N$8 miljoen vir ploegseisoen verskaf
from Nuus · host Kosmos 94.1
Petrus Nangolo, adjunk-uitvoerende direkteur by die landbouministerie, sê die fondse wat na verwagting vir die komende ploegseisoen aangewend sal word, sowat 8 miljoen Namibiese dollar beloop. Dit sal gebruik word vir die herstel van toerusting vir boere, die aankoop van onderdele en brandstof, asook vir reiskoste van ministeriepersoneel wat by die proses betrokke is. Die komende ploegseisoen strek van 1 Oktober vanjaar tot 31 Maart 2027, en die ministerie het die publiek aangemoedig om uit te kyk vir die kennisgewing waarin dienste aangevra word. Dit sal op 18 Augustus bekend gemaak word.
Embed this episode
NOW PLAYING
Landbou sal sowat N$8 miljoen vir ploegseisoen verskaf
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.