EPISODE · Sep 13, 2017 · 1 MIN
Monitor
from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs
RSG — Minstens 27 bevestigde gevalle van masels is oor die afgelope paar weke in KwaZulu-Natal aangemeld. Die provinsiale Departement van Gesondheid het 'n groot inentingsveldtog teen masels regoor die provinsie van stapel gestuur. Die department het 'n beroep op ouers gedoen om hul kinders te laat inent. Die LUR vir Gesondheid, Sbongiseni Dlomo, sê die hoër voorkoms van masels kom veral in Moslem-gemeenskappe voor. Dlomo het daarom veral Moslem-ouers wat weens geloofsredes teen inentings gekant is, gevra om aan die oproep gehoor te gee.
NOW PLAYING
Monitor
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Jul 8, 2026 ·49m
Jul 8, 2026 ·14m
Jul 7, 2026 ·20m
Jul 7, 2026 ·14m