EPISODE · Jun 19, 2017 · 3 MIN
MYNBOUHANDVES LOK WYE REAKSIE UIT
from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs
Daar is wye reaksie oor die bekendmaking van die Mynbouhandves deur die Minister van Minerale en Energie, Mosebenzi Zwane, verlede week. Die markte het Donderdagmiddag heftig gereageer en die sektor nagenoeg R30 miljard gekos. Kenners waarsku dat as die handves deurgevoer word dit Suid-Afrika enorme, onomkeerbare skade kan aanrig. Die Handves bepaal onder andere dat mynboumaatskappye hul swartbemagtigingsbelang tot 30 persent moet vergroot, en dat een persent van hul jaarlikse omset aan die swart aandeelhouers uitbetaal moet word voordat 'n uitkering na die ander aandeelhouers gedoen word. Tebelo Chabana van die Kamer van Mynwese sê die kamer gaan 'n dringende interdik kry om die implementeering van die handves te keer.
NOW PLAYING
MYNBOUHANDVES LOK WYE REAKSIE UIT
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
Jul 8, 2026 ·49m
Jul 8, 2026 ·14m
Jul 7, 2026 ·20m
Jul 7, 2026 ·14m