EPISODE · Aug 29, 2026 · 0 MIN
Ses Suid-Afrikaners in Nepal vermis
from Nuus · host Kosmos 94.1
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die departement van internasionale betrekkinge en samewerking werk deur Suid-Afrika se diplomatieke missies in China om ses Suid-Afrikaners op te spoor wat in Nepal vermis word. Die ses, wat vermoedelik uit KwaZulu-Natal kom, is onbereikbaar sedert dodelike kitsvloede Woensdag die Bhote Koshi-riviergebied naby die Tibetaanse grens getref het. Ntshavheni sê DIRCO bly in kontak met die families en die owerhede:
Embed this episode
NOW PLAYING
Ses Suid-Afrikaners in Nepal vermis
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.