EPISODE · Feb 15, 2016 · 2 MIN
SMORENBURG
from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs
Vriende van Mathew Smorenburg gaan klagte van intimidasie en aanhitsing van geweld namens hom indien. Smorenburg is gister op Rapport se voorblad uitgewys as die persoon wat twee studente na bewering geïntimideer het om te erken hulle het rassisties opgetree. Dit volg na die jongste swartgesig-voorval by Stellenbosch Universiteit. Smorenburg word op sosiale media verguis en daar is ook dreigemente van geweld. Dan Roodt van Praag is een van die mense wat op Twitter voorgestel het Smorenburg moet dikgetik word. Die voormalige Menseregtekommissaris Leon Wessels het aan Izak du Plessis gesê sulke stellings is totaal en al onaanvaarbaar.
Embed this episode
Ready to play
SMORENBURG
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.