EPISODE · Aug 4, 2017 · 2 MIN
STEVEN MCGOWN TERUG BY DIE HUIS NA 6 JAAR AS GYSELAAR
from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs
Die vrou van Steven McGown, Cathrine sê haar herontmoeting met haar man, was nie soos dit vir al die jare in haar kop afgespeel het nie. McGown is vir amper ses jaar deur Al-Kaïda in Mali gyselaar gehou. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, het in Pretoria aangekondig dat McGown op 29 Julie in Suid-Afrika aangekom het. McGown was op vakansie in Timbuktu, toe hy en nog twee mans gevang is. Die een man, 'n Sweed is sowat 'n maand gelede vrygelaat, en die ander man is vroeër deur Franse soldate bevry. Liela Magnus doen verslag.
Embed this episode
Ready to play
STEVEN MCGOWN TERUG BY DIE HUIS NA 6 JAAR AS GYSELAAR
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.