EPISODE · Feb 15, 2016 · 2 MIN
WAPEN LIKSENS
from RSG Nuus & Aktualiteit · host SABC News and Current Affairs
Maak seker dat jou vuurwapen lisensie nog geldig is. Dit is die waarskuwing van die SA Jagters en bewaringsverening. Volgens die organisasie het die waarnemende polisie kommisaris, Lt-Generaal K Phahlane verlede week in 'n skrywe gesê dat vuurwapen eienaars wie se lisensies verval het hulle wapens moet inhandig of vervolg moet word. Die uitvoerende hoof van die SA Jagters en wildbewarings-vereniging, Fred Kampfer, sê as jou lisensie verval het, kan jy tot 15 jaar tronkstraf opgelê word. Kampfer is egter van mening dat die polisie nie deurgaans konsekwent optree wanneer dit by die hernuwing van lisensie kom nie. Hy sê elke provinsie hanteer dit anders en dit skep verwarring wat later weer in 'n groot gemors gaan verander soos toe almal aanvanklik moes aansoek doen vir hulle lisensies.
Embed this episode
Ready to play
WAPEN LIKSENS
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.