Skip to content
Gesondheid podcast artwork

PODCAST · health

Gesondheid

by RSG

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 7, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Gesondheid: Krio-ablasie vries kankerselle dood

    14 Oktober 2026: Het jy geweet spesifieke kankergewasse in die niere, lewer, longe en selfs skeletbene kan sonder chirurgie met krio-ablasie weggevries word. Deur ‘n naald in die gewas te druk, en die voorpunt te vries, kan die kankerselle doodgevries word. Watter pasiënte kan met dié...

  2. Gesondheid: LDL cholesterol; Verhoogde cholesterol

    7 Oktober 2026: Met LDL cholesterol wat inderdaad ‘n rol speel om jou bloedvate te beskadig, is dit wel nodig om die vlakke van dié cholesterol in jou bloed te verlaag. Wat is deesdae die beste behandeling? Ons kyk ook na redes vir uiters verhoogde cholesterol- of trigliseriedvlakke in genetiese...

  3. Gesondheid: A-pokke en Ebola

    30 September 2026: Die kollig val op twee aansteeklike virussiektes: A-pokke en Ebola. Die toename in gevalle van A-pokke in Suid-Afrika, veral in Wes-Kaap, maak dit noodsaaklik om meer uit te vind oor dié siekte. Die grootste uitbreking ooit van Ebola in die DRK duur voort, en laat vrae oor die...

  4. Gesondheid: Lipied- en cholesterolmetabolisme

    23 September 2026: Hoe vorm cholesterol plaak in jou bloedvate? Is daar ander faktore betrokke? Tot watter mate kan dieet jou bloedcholesterol en -vette verlaag? Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner oor lipied- en cholesterolmetabolisme.

  5. Gesondheid: Vet- en cholesterol-metabolisme

    16 September 2026: As die dokter sê die cholesterol en vette in jou bloed is te hoog, waar kom dit vandaan? Interessant genoeg vervaardig jou eie liggaam die meeste van jou cholesterol, maar baie van die vette kom van die kos wat jy eet. Mari Hudson praat met ‘n spesialis op die gebied van vet…

    more
  6. Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke

    9 September 2026: Ons hoor baie van bloedvette en bloedcholesterolvlakke, maar wat is die vette in jou liggaam en wat is cholesterol? Waar kom dit vandaan? Hoekom het jou liggaam dit nodig? Mari Hudson gesels met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterolmetabolisme.

  7. Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele

    2 September 2026: Het jy geweet siekefondse moet vir 271 siektetoestande, bekend as PMB’s of Voorgeskrewe Minimumvoordele, betaal en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMB’s is. Mari Hudson praat met ‘n...

  8. Gesondheid: Kommer oor minder orgaanoorplantings in SA

    26 Augustus 2026: Die aantal orgaanoorplantings in Suid-Afrika daal. Dit wek ernstige kommer want duisende Suid-Afrikaners wag op niere, harte, lewer, longe en ander organe. Die grootste probleem is omdat heeltemal te min breindood potensiële skenkers verwys word, die gebrek aan toestemming deur...

  9. Gesondheid: Para-tiroïedkliere; Osteoporose

    19 Augustus 2026: Ons praat oor die funksie van die para-tiroïedkliertjies in jou nek, én oor aspekte van osteoporose. Baie gevalle van para-tiroïend-wanfunksie word nie gediagnoseer nie, maar dié wanfunksie kan lei tot osteoporose, depressie en ander komplikasies. En, as ‘n ouer mens hulle been…

    more
  10. Gesondheid: Post-natale depressie; Manlike onvrugbaarheid

    12 Augustus 2026: Ons sluit die gesprek oor post-natale depressie af, en kyk dan na manlike onvrugbaarheid en die rol van die gebruik van verbode anaboliese steroiede in manlike onvrugbaarheid. Mari Hudson gesels met ‘n psigiater en met ‘n fertiliteitspesials.

  11. Gesondheid: Nageboortedepressie

    5 Augustus 2026: Baie meer ma’s ly aan nageboortedepressie as wat ons dink, en hulle dink selfs aan selfdood. Tog soek baie vroue nie hulp nie omdat hulle prober deurdruk en dink hulle is slegte moeders. Daar is hulp en behandeling. Wie loop die grootste risiko? Kan ‘n swanger vrou…

    more
  12. Gesondheid: Koors by babas en kleuters

    29 Julie 2026: Wannneer is koors in kinders te hoog? Is die oorsake van koors in babas dieselfde as in kinders? Wat moet jy doen as jou kind koorsig is? Mari Hudson praat met ‘n pediater oor koors by babas en kleuters.

  13. Gesondheid: Masels is gevaarlik

    22 Julie 2026: Masels, ‘n gevaarlike kindersiekte, is in Suid-Afrika aan die toeneem. Die VSA beleef ook verskeie uitbrekings van dié hoogs aansteeklike siekte. Die maselsvirus kan ‘n kind se immuniteit aantas, asook sy brein en longe, en kan noodlottig wees. Mari Hudson praat met ‘n pediater oor...

  14. Gesondheid: Wat het swamme met jou gesondheid te doen?

    15 Julie 2026: Swamme is saam met virusse, bakterieë en parasiete, een van die belangrikste organismes wat jou kan siek maak. Dink maar aan toksiese aflatoksien en die lastige Candida infeksies. Maar dit is ook danksy swamgroei wat die antibiotika, penissilien, ontdek is. ‘n Mediese navorser van...

  15. Gesondheid: Longprobleme

    8 Julie 2026: Wat sê jou gehoes van jou onderliggende siekte? En hoe klink longklanke van asma, longomtsteking, longfibrose en ander longprobleme deur die stetoskoop van ‘n dokter? Mari Hudson praat met ‘n longspesialis.

  16. Gesondheid: Jongste oor semiglutied en tirzepatied; longontsteking

    1 Julie 2026: Mari Hudson gesels met ‘n obesiteit spesialis en met ’n longspesialis om die jongste inligting te kry oor semiglutied en tirzepatied, asook longontsteking.

  17. Gesondheid: Bom bars oor Skedule 4-grysmarkmiddels

    24 Junie 2026: Die bom het uiteindelik gebars oor Skedule 4-grysmark semiglutiede en tirzepatiede. Wat is ‘n Skedule 4-middel? Hoekom mag ‘n samestellingsapteek nie dié middels sonder spesiale toestemming vervaardig nie? En mag smaakmakers Skedule 4-middels bemark? Mari Hudson praat hieroor met…

    more
  18. Gesondheid: Wat sien ‘n radioloog as hy ‘n sport- of ander besering ondersoek?

    17 Junie 2026: Wat sien ‘n radioloog as hy ‘n sport- of ander besering ondersoek? Kan hy sien hoe ‘n tendon van die been geskeur het? Kan hy sien of die kraakbeen beseer is, en of daar ‘n stresfraktuur is? Kan hy sien of daar verhoogde bloedvloei na die beseerde area is? Is pyn altyd ‘n…

    more
  19. Gesondheid: Polisistiese ovariële sindroom se naam verander

    10 Junie 2026: Die naam van polisistiese ovariële sindroom het verander. Hoekom? Beteken dit dat dié probleem, wat daartoe lei dat vroue sukkel om swanger te raak, eerder ‘n metaboliese probleem is? Hoe werk die kettingreaksie van oorgewig, insulienweerstandigheid, verhoogde manlike hormoonvlakke...

  20. Gesondheid: Blindederm- en galblaasoperasies

    3 Junie 2026: Ons vind meer uit oor twee baie algemene operasies, naamlik ‘n blindedermoperasie en ‘n galblaasoperasie. Hoe weet die chirurg die fout is werklik by die blindederm of die galblaas? Wat as die blindederm gebars het? En wat as galsteentjies in die lewer beland? Mari Hudson praat...

  21. Gesondheid: Tipe 1 Diabetes (Deel 3)

    Hoe kry tennisster Alexander Zweref dit reg om met tipe 1 diabetes op die heel hoogste vlak tennis te speel? Hoekom moet jou bloedglukose nie te hoog of te laag wees nie? Marí Hudson praat met dr. Marius Wasserfall, ‘n internis by Panorama Mediclinic, in die derde en laaste episode in die reeks…

    more
  22. Gesondheid: Tipe 1 Diabetes (Deel 2)

    20 Mei 2026: Is insulien in enige ander vorm as ‘n inspuiting beskikbaar vir tipe 1 diabete? Hoe werk ‘n insulienpompie en hoe effektief is dit? Hoe kan glukose sensors op die vel help om diabetes beter te beheer? Marí Hudson praat met dr. Marius Wasserfall, ‘n internis by Panorama Mediclinic, in...

  23. Gesondheid: Tipe 1 Diabetes (Deel 1)

    13 Mei 2026: Hoe kry tennisster Alexander Zweref dit reg om op die hoogste tennis te speel al is hy ‘n tipe 1 diabeet? Marí Hudson gesels in die eerste episode van ‘n kort reeks oor tipe 1 diabetes met ’n internis oor wat dit is en hoe dit ontstaan. Kan skielike trauma tipe 1 diabetes veroorsaak?

  24. Gesondheid Ekstra 6 Mei 2026

    Luister na die kankerreis van Dirk Malan, voormalige laerskool- wiskundeonderwyser en adjunkhoof van Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hulle ervaring van diagnose, behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA…

    more
  25. Gesondheid 6 Mei 2026

    “Dokter, gaan ek nou dood?” het ‘n 26-jarige jonggetroude gevra toe sy met borskanker gediagnoseer is. Watter emosies moes sy en haar man verwerk? Hoe het hulle fisiek en emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis? Marí Hudson gesels met Janika Theron en haar man oor...

  26. Gesondheid 29 April 2026

    Die eerste Alzheimer-pasiënt wat twee weke gelede die eerste geword om ‘n delikate limf-omleidingsoperasie in Suid-Afrika te ondergaan, toon reeds beterskap. Word operasies op nog pasiënte beplan en wanneer? Wie is geskikte kandidate? Marí Hudson praat met die chirurg, dr. Ben Moodie van Pretoria.

  27. Gesondheid 22 April 2026

    Marí Hudson praat met drie spesialiste oor doeltreffende behandeling vir chroniese blaasinfeksies, galblaasverwydering se uitwerking op die spysverteringstelsel, en harsingskudding.

  28. Gesondheid 15 Maart 2026

    Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel, sodat blaaslek onder beheer gebring kan word. En vir stres-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling. Marí Hudson gesels in deel 1...

  29. Gesondheid 8 April 2026

    Verskeie foute is gemaak in hoe die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika die Covid-pandemie in 2020/21 hanteer het. Die voorspellings was foutief, die streng inperkings te laat en oorbodig, en die raadgewende medici het soos dogmatiese outokrate opgetree en geen debat geduld nie. En die...

  30. Gesondheid 1 April 2026

    Verskeie foute is gemaak in hoe die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika die Covid-pandemie in 2020/21 hanteer het. Die streng inperkings was eintlik mosterd na die maal, en die Imperial College of London, die enigste raadgewer van die WGO, het erg drooggemaak met sy voorspellings. Marí...

  31. Gesondheid 25 Maart 2026

    Het jy geweet ‘n sleutelgatprosedure op jou heupgewrig kan ‘n heupvervanging uitstel, of selfs voorkom? Dié atroskopiese prosedure is veral geskik vir jonger mense wat op pad is na ‘n heupvervanging, en is soortgelyk aan ‘n skouer- of knie-atroskopie. Die rehabilitasie ná die prosedure moet baie...

  32. Gesondheid 18 Maart 2026

    As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die...

  33. Gesondheid 11 Maart 2026

    Gloukoom is ‘n algemene oogprobleem waar die oogsenuwee beskadig word, maar weens onkunde onder die publiek word te veel pasiënte nie opgespoor voordat oogsenuwee-skade intree nie. Indien dit vroeg opgespoor en behandel word, kan dit verhoed dat jy blind word. Hoe werk gloukoom? Waar kom die...

  34. Gesondheid 4 Maart 2026

    CTX is ‘n seldsame metaboliese siekte wat tot gestremdheid en blindheid kan lei. As ouers hierdie siekte se simptome bestyds kan uitken sodat die siekte vroeg gediagnoseer en behandel kan word, kan breinskade voorkom word. Marí Hudson praat hieroor met ‘n kenner op die gebied van siektes wat te...

  35. Gesondheid 25 Februarie 2026

    Nuwe tegnologie maak die behandeling van atriale fibrillasie nog veiliger en meer suksesvol. Atriale fibrillasie is die mees algemene hartritme-defek in mense ouer as 60, en ablasiebehandeling is die behandeling van keuse om die risiko vir beroerte en sterftes te verminder. Medikasie is…

    more
  36. Gesondheid 18 Februarie 2026

    Lede van Discovery Health het onlangs groot geskrik toe dié mediese fonds skielik sowat R130 miljoen van hulle wou terugverhaal. Gelukkig is dié terugverhalings in die kiem gesmoor. Maar dié terugeise vind al oor jare en jaar-vir-jaar plaas, en voedingkundiges, dieetkundiges, fisioterapeute,...

  37. Gesondheid 11 Februarie 2026

    Is daar dalk nog veiliger middels met peptiedmolekules op pad as Ozempic? En ons kyk na die werklike feite oor hormoonvervangingsterapie, want dit kan baie vroue se lewenskwaliteit verbeter.

  38. Gesondheid 4 Februarie 2026

    Wat het chronies-verhoogde kortisolvlakke met jou gewig, jou gemoed en jou gesondheid te doen? Wat het dit te doen met die groot vetrol om jou maag, die skof agter jou nek, moegheid, depressie en die gesukkel om gewig te verloor? Baie! Slegs drastiese behandeling sal help. Marí Hudson praat…

    more
  39. Gesondheid 28 Januarie 2026

    Eierstokkanker is ‘n tameletjie, want dit word dikwels laat opgespoor, en is aggressief. Maar as jy ‘n familiegeskiedenis van bors- en eierstokkanker het (dis in in die helfte van gevalle só) kan genetiese toetse jou help om ‘n besluit te neem om jou eie lewe te red. Nuwe medikasie is baie...

  40. Gesondheid 21 Januarie 2026

    Koskenner Marinda Engelbrecht het oor etlike jare 53 kg verloor. Sy het van 114 kg tot 61 kg, en van ‘n nommer 26 tot ‘n nommer 10, gegaan. Sy vertel hoe sy dit reggekry het en gee ook wenke wat kan werk. Sy het die gewig afgeskud sonder pille, inspuitings of kitsdiëte, en deurgedruk al het sy…

    more
  41. Gesondheid 14 Januarie 2026

    Hoe kry iemand dit reg om 53 kg te verloor – van 114 kg tot 61 kg, van ‘n nommer 26 tot ‘n nommer 10 – en die gewigsverlies boonop te handhaaf? Dít alles sonder pille, inspuitings of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht vertel hoe sy op ‘n gesonde manier gewig verloor het.

  42. Gesondheid 7 Januarie 2026

    In ons tweede en finale terugblik op 2025, fokus ons op obesiteit, nie-mediese mense wat Ozempic bemark, Tik-verslawing, demensie, artritis en genetiese toetse vir borskanker.

  43. Gesondheid 31 Desember 2025

    Ons kyk terug op gesondheidsprogramme wat in 2025 uitgesaai is, en fokus op vroeggebore babas en op ovum-bevriesing.

  44. Gesondheid 24 Desember 2025

    Aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam deel openhartig haar reis van hartseer en vreugde tot waar sy uiteindelik haar babaseun in haar arms kon vashou, danksy skenkereierselle.

  45. Gesondheid 17 Desember 2025

    Kate Borthwick se reis met aggressiewe miëloom was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Marí Hudson.

  46. Gesondheid 10 Desember 2025

    Die eerlike en onstellende vertelling van ‘n borskankerpasiënt lê bloot hoe ‘n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Marí Hudson gesels met ‘n borskankerpasiënt, ‘n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die…

    more
  47. Gesondheid 3 Desember 2025

    Slegs ‘n klein persentasie van borskanker-pasiënte dra een van die foutiewe gene wat ‘n rol in borskanker speel, en het dan ongelukkig ‘n groot risiko om borskanker te kry. Maar as jy weet jy het een van dié gene, kan jy besluite neem wat jou lewe kan red. Marí Hudson praat met ‘n onkoloog oor...

  48. Gesondheid 26 November 2025

    Watter soort kontaklens sal jou oë die beste pas? Hoe werk droë oë terwyl jou oë traan? Marí Hudson praat met ‘n oogkundige oor al die geheime wat jou oë kan verklap.

  49. Gesondheid 19 November 2025

    As jy na ‘n oogkundige gaan vir ‘n oogtoets, kan die oogkundige deur oogondersoeke nie net sien of jou retina, makula en lens gesond is nie, maar ook of jy tekens van diabetes, hoë bloeddruk en hoë cholesterol toon. Dan kan tekens van harsingskudding en selfs ‘n breingewas duidelik word. Marí...

  50. Gesondheid 12 November 2025

    Is daar ‘n verband tussen sekere gene en kanker? En wat van die genetika van die kankerselle self? Kan dié kennis help om sekere kankersoorte beter te behandel? Marí Hudson praat met ‘n genetikus wat bevestig dat die bekende borskankergene 1 en 2 inderdaad jou risiko vir verskeie kankersoorte...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Gesondheid have?

Gesondheid currently has 644 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Gesondheid about?

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

How often does Gesondheid release new episodes?

Gesondheid releases new episodes frequently with a large back catalog of 644 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Gesondheid?

You can listen to Gesondheid on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Gesondheid?

Gesondheid is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!